Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Barack of Hillary
Barack of Hillary [boodskap #116184] Do, 07 Februarie 2008 00:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie gaan die volgende president van die VSA word?
Wie sit sy geld op Hillary, wie op Obama?

Gloudina
Re: Barack of Hillary [boodskap #116186 is 'n antwoord op boodskap #116184] Do, 07 Februarie 2008 02:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf:

> Wie gaan die volgende president van die VSA word?
> Wie sit sy geld op Hillary, wie op Obama?

Hillary met Obama as vise president. :)
Re: Barack of Hillary [boodskap #116187 is 'n antwoord op boodskap #116184] Do, 07 Februarie 2008 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie gee om?

"Hessie" skryf in boodskap news:728c2c5a-1fb5-4242-b406-6bdb46a0823e@l32g2000hse.google groups.com...
> Wie gaan die volgende president van die VSA word?
> Wie sit sy geld op Hillary, wie op Obama?
>
> Gloudina
>
Re: Barack of Hillary [boodskap #116189 is 'n antwoord op boodskap #116186] Do, 07 Februarie 2008 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf
> Hillary met Obama as vise president. :)

Welkom terug, Katryn. Nou is my beker vol.
Ja, ek hou ook duimvas vir Hillary met Obama
as vise-president.
Ek is bietjie bang vir 'n wen vir die Republikeine
as McCain die kandidaat is.
Ek is veral bly vir Hillary se wen in Massachusetts.
Ek dink die Kennedy's was hovaardig om te dink
hulle kan die situasie beinvloed net met hul Kennedy
naam. Veral ou Ted maak homself belaglik.

Was julle geaffekteer deur gister se tornadoes?

Gloudina
Re: Barack of Hillary [boodskap #116190 is 'n antwoord op boodskap #116186] Do, 07 Februarie 2008 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" < wrote

> Hillary met Obama as vise president. :)

Wel, wel, wel, goed dat jy weer kom inloer het. Hoop jy verdwyn nie so gou
weer in die niet nie.
Re: Barack of Hillary [boodskap #116195 is 'n antwoord op boodskap #116189] Do, 07 Februarie 2008 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf:

> Welkom terug, Katryn. Nou is my beker
> vol.

:)
Dankie, Gloudina. Ja, ek het gesien dat hier 'n hele paar van die
bekende ou name onlangs verskyn het.
Dit was veral gaaf om weer vir Swart Simon ook te sien.

> Ja, ek hou ook duimvas vir Hillary met Obama
> as vise-president.
> Ek is bietjie bang vir 'n wen vir die Republikeine
> as McCain die kandidaat is.
> Ek is veral bly vir Hillary se wen in Massachusetts.
> Ek dink die Kennedy's was hovaardig om te dink
> hulle kan die situasie beinvloed net met hul Kennedy
> naam. Veral ou Ted maak homself belaglik.

Ek stem 100% saam met wat jy hierbo skryf. 'n Groot vrees vir my was
eintlik Romney, en dit is met groot verligting dat ek nou sien dat hy
gaan uittree. Dit gaan interessant wees om te sien hoe McCain gaan
vaar, veral omdat die konserwatiewes hom werklik haat - soveel so dat
die Rush Limbaugh's and Anne Coulter's en ander soortgelyke
eendersdenkendes mos gesê het dat hulle eerder vir Hilary sal stem as
vir McCain - ai - hoe lagwekkend kan die spul tog wees.

> Was julle geaffekteer deur gister se tornadoes?

Ons was/is gelukkig die keer.
Ons het ons beurt verlede jaar gehad. Terwyl ek in SA rinkink het,
was hier vreeslike storms wat groot skade in ons dorpie aangerig het.
O.a het een van die groot bome in ons agtererf omgewaai, en die "deck"
en gedeelte van die kombuis en eetkamer, totaal verpletter. Dit was
omtrent 'n geveg met die versekering maatskappy om ten minste die deur
wat na buite gaan, vinnig te vervang. Dinge is ook maar nie meer so
vinnig en effektief hier in Amerika as wat mense elders in die wereld
dalk mag dink nie. En die effek wat die huidige korrupte gemors wat
"corporate america" met hulle ongelooflik sug na wins en rykdom
verteenwoordig, op basiese aspekte van ons samelewing het, is werklik
ongelooflik. :( Vroeër jare sou dit ondenkbaar wees vir
versekeringsmaatskappye om so onnodiglik te sloer en kanse te vat.
Maar nou ja...dinge gaan beter word. Daarvan is ek oortuig.
My hart gaan regtig uit na daardie mense en families wat lewensverlies
betref, maar ook die finansiële en vele ander aspekte van hulle
lewens wat ernstig beinvloed is. :(
Re: Barack of Hillary [boodskap #116196 is 'n antwoord op boodskap #116190] Do, 07 Februarie 2008 18:35 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Wel, wel, wel, goed dat jy weer kom inloer het. Hoop jy verdwyn nie so gou
> weer in die niet nie.

Hallo Torreke. ;) Dit is goed om te sien dat jy nog hier is. Ai, ek
kan niks belowe nie, maar sal probeer om darem so af en toe in te loer
en hard probeer om myself te gedra. :)
Intussen is ek baie opgewonde oor ons huidige politieke dinge. Dit
voel werklik asof 'n swaar gewig van my gemoed gelig word. Die
onderdrukking en vele ander negatiewe effekte wat die Bush regime het
en gehad het, gaan hopelik nou tot 'n einde kom. Dankie tog.
Daar is weer hoop en iets om na uit te sien. :)
Vorige onderwerp: Ontkenning, ontkenning....
Volgende onderwerp: Siek vir die winter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:44:42 MGT 2024