Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meneer met 'n gespelete tong...(vervolg)
Meneer met 'n gespelete tong...(vervolg) [boodskap #116155] Vr, 01 Februarie 2008 15:07
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, jy kon destyds nie my plasings sien nie. Ek aanvaar jy't ook nie
hierdie een gesien nie.

"Hessie" ons
>> 4-jarige weet sy het uit mama se "maag" gekom.

Ag, tog asseblief. Dit sal seker die eerste
geboorte in die heelal wees, waar die baba
uit die maag gebore word. ( Of het jy bedoel
die baba is uit 'n maagd gebore, soos Christus
veronderstel is om gebore te gewees het?)
Wat is verkeerd daarmee om vir klein kindertjies
die waarheid te vertel, dat die babas in die baar-
moeder is en daaruit gebore gaan word. Dit
verhoed dat hulle dink die baba lê daar tussen
al die kos in die ma se maag. Mens behoort
taamlik spesifiek met die vertel te wees.
Beskryf hoe die baba in water swem.
Beskryf hoe die baba sy voedsel kry. So,
asseblief. Dis nog nie te laat nie. Vertel
vir jou kind die waarheid.

"Ag, tog asseblief"!!!

Gloudina, dis nie die 1e kind wat ek grootmaak nie!!!

'n Mens werk tog binne die bevattingsvermoë en bestaande woordeskat. Vir so
'n ou kleintjie het die woord "maag" weier betekenis as bloot die orgaan
waar mens se kos verteer word en verwys ook na die buik. Trouens,
grootmense gebruik ook die woord "maag" ook om na die buik te verwys. Jy,
met jou opleiding in tale, behoort dit tog te weet! - die verskynsel word
"metonimia" genoem, nie waar nie? Ons sê ons het maagpyn, wanneer ons
eintlik bedoel ons dikderm wil sy werk doen. Ek het in my jongdae met 'n
meisie uitgegaan wat my gesê het sy het "maagpyn", met 'n baie unieke klem
gesê, om daarmee na dismenorea te verwys.

Ons het 'n boek in die huis wat alles op baie eenvoudige en bevatlike wyse
vir klein kindertjies verduidelik. Ons kleinding het die boek weer en weer
"gelees" en gevra wat sy wil weet. Sy weet die babatjie het 'n besonderse
eie blyplekkie in die buik en dink baie beslis nie dat die babatjie tussen
die kos in die ma se maag lê nie. Ons het ons groter kinders ook so
grootgemaak en hulle het beslis ook nooit so 'n verwarring daaroor gehad
soos jy voorstel nie. Sy sal wel later en op die regte tyd die woord
"baarmoeder" leer ken.
Vorige onderwerp: Special vir ANCloudina - die doodtrap van die skerpioene
Volgende onderwerp: Die Probleem-Reaksie-Oplossing Refleks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:44:53 MGT 2024