Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk
Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #115992] So, 20 Januarie 2008 05:27 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -
tensy jy onbeperkte fondse het en waar die ding outomatiese inskop as
Eishcom jou verlaat.

'n Invertor is 'n baie beter oplossing. In Ingels - 'n "invertor". Dit
werk op dieselfde beginsel as ' "ups" (uninterrupted power supply) -
met battery wat herlaai word. Dis ietwat duurder as die generator,
maar die voordele is meer. Dis stil, en omdat dit herlaaibaar is is
daar nie instandhouding, petrol/diesel en olie nie. Wanneer jou krag
aankom herlaai hy weer.

Glo my, ek het nie belange in die besigheid wat se webblad ek hier gee
nie - gaan kyk gerus, al is dit bloot om 'n bietjie agtergrondskennis
te verkry: www.omnisolar.co.za .

En, moenie die kat in die donker knyp nie.....
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #115994 is 'n antwoord op boodskap #115992] So, 20 Januarie 2008 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2008 21:27:04 -0800 (PST), Jonas wrote:

> En, moenie die kat in die donker knyp nie.....

Spoilsport..!

Jy het seker in Hansard gesien dat die regering oorweeg om die
doodstraf weer in te stel, maar daar is sonder teenstem teen die
elektriese stoel besluit, omdat die waglys te lank sal word.
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #115996 is 'n antwoord op boodskap #115992] So, 20 Januarie 2008 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf
:
> Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -

Nou weet ek die laaste dae het aangebreek.
Eers Bees, toe Swart Simon en nou Jonas.
Dis soos Swart Simon voorspel het, alles
gebeur in drieë? ( Ek wonder wat die
wetenskaplike uitleg is van hierdie geloof?)

Gloudina
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #115997 is 'n antwoord op boodskap #115994] So, 20 Januarie 2008 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Jan 20, 8:34 am, Dave wrote:
> On Sat, 19 Jan 2008 21:27:04 -0800 (PST), Jonas
> wrote:
>
>> En, moenie die kat in die donker knyp nie.....
>
> Spoilsport..!
>
> Jy het seker in Hansard gesien dat die regering oorweeg om die
> doodstraf weer in te stel, maar daar is sonder teenstem teen die
> elektriese stoel besluit, omdat die waglys te lank sal word.

Ja-nee Dave - dis raak gesê. Slefs al het die krag sy normale gang
gegaan sou daar 'n ellange tou gewees het - mens moet maar net hoop
dat die politici voorrang sou geniet het.

'n Ietsie wat nou by my opkom - het die Anti en Ferditjiekie al hul
flaters rakende die SAKP/ANC/COSATU besef en erken. Of is hulle in
Bullard se kader van "lie and deny" ....

Is jy nog in my tuisdorp Dave?
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #115998 is 'n antwoord op boodskap #115996] So, 20 Januarie 2008 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Jan 20, 2:19 pm, Hessie wrote:
>  Jonas skryf
> :
>
>> Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -
>
>      Nou weet ek die laaste dae het aangebreek.
>      Eers Bees, toe Swart Simon en nou Jonas.
>      Dis soos Swart Simon voorspel het, alles
>      gebeur in drieë? ( Ek wonder wat die
>      wetenskaplike uitleg is van hierdie geloof?)
>
>      Gloudina

Anti,

Jy gaan lank sukkel met 'n wetenskaplike uitleg van enige geloof -
maar vir jou is alles natuurlik moontlik .... Maar hou ons op hoogte -
ons het baie LIG en leiding nodig op die oomblik - vanweë jou Xhosa-
nostra se gemors.

(Maar ek is nog hy, en ons bly nog hier - weghardloop is nie nie 'n
opsie nie.....)
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116000 is 'n antwoord op boodskap #115997] So, 20 Januarie 2008 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Sun, 20 Jan 2008 06:51:14 -0800 (PST), Jonas wrote:

> On Jan 20, 8:34 am, Dave wrote:
>> On Sat, 19 Jan 2008 21:27:04 -0800 (PST), Jonas
>> wrote:

>>> En, moenie die kat in die donker knyp nie.....

>> Spoilsport..!

>> Jy het seker in Hansard gesien dat die regering oorweeg om die
>> doodstraf weer in te stel, maar daar is sonder teenstem teen die
>> elektriese stoel besluit, omdat die waglys te lank sal word.
>
> Ja-nee Dave - dis raak gesê. Slefs al het die krag sy normale gang
> gegaan sou daar 'n ellange tou gewees het - mens moet maar net hoop
> dat die politici voorrang sou geniet het.
>
En met kragonderbrekings sal die waglys net groei.

> 'n Ietsie wat nou by my opkom - het die Anti en Ferditjiekie al hul
> flaters rakende die SAKP/ANC/COSATU besef en erken. Of is hulle in
> Bullard se kader van "lie and deny" ....
>
Jy het veel gemis in jou afwesigheid, Jonas. Ferdi het tot inkeer
gekom - gedwonge, omdat hy ook slagoffer geword het. Kinders by huis
gedreig en veel meer dinge wat Ferdi op sy eie komies droë manier
vertel, maar ek sou graag wou laat hy self vertel. Miskien is my
woordkeuse verkeerd wanneer ek die woord inkeer gebruik het, miskien
het hy slegs sy woordkeuse begin verander in die rigting van hoe hy
werklik voel, sy eie gevoelens dus toegelaat om te laat deurskemer,
maar dit sal uiters vermetel wees as ek namens hom praat. Ek eien
myself nie daardie reg toe nie, so laat hy dit doen. (skuus Ferdi:-)

En hy het Gloudina al hier vasgevat op 'n manier wat sou gemaak het
dat jy jou handtekeningboek vir hom sou gehou het:-) Jou en sy
verskille tot op datum was slegs julle maniere van julself uitspreek,
maar ek dink dat Oom Jaap vir jul albei 'n pos sou skep:-)

Wat die antietjie betref, verraderlik, vals, en op haar knieë voor
budha en die anc steeds. Geen verskil. Ons het nuwe lede soos Torreke
hier, en wanneer hy haar vasvat, gaan kuier sy vir 'n paar weke vir
haar kinders en kom dan terug in die stupid hoop dat die groep vergeet
dat sy aan hom antwoorde skuld. Wanneer hy haar daarop wys, kom sy met
belaglikhede soos dat hy dit te warm in die kombuis vind, uit.
Intussen hardloop sy so gereeld vir die hitte, dat sy by uitsondering
iets hier waag in 'n bloot fluisterstem. So, sy is ook kompleet size
gemaak.

> Is jy nog in my tuisdorp Dave?

Yep, steeds hier in die hartjie van die bosveld op die rand van die
land..:-))) J steeds 'n Tswanees?
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116007 is 'n antwoord op boodskap #115992] Ma, 21 Januarie 2008 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message news:0c900b94-c6f4-4c86-b0d4-f7391d69cfc0@h11g2000prf.google groups.com...
> Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -
> tensy jy onbeperkte fondse het en waar die ding outomatiese inskop as
> Eishcom jou verlaat.
>
> 'n Invertor is 'n baie beter oplossing. In Ingels - 'n "invertor". Dit
> werk op dieselfde beginsel as ' "ups" (uninterrupted power supply) -
> met battery wat herlaai word. Dis ietwat duurder as die generator,
> maar die voordele is meer. Dis stil, en omdat dit herlaaibaar is is
> daar nie instandhouding, petrol/diesel en olie nie. Wanneer jou krag
> aankom herlaai hy weer.
----Kom ons redeneer oor die saak want ek het ook al deur die proses gegaan.
As jy 'n inverter wil gebruik, dan moet jy 'n klomp groot batterye aanhou
wat genoegsame kapasiteit het om jou behoefte te vervul vir 'n redelike
tydperk. Die batterye, saam met die inverter, is veel duurder as die
generator. Die batterye is jou groot probleem in die dat batterye nie
totaal instandhoudingloos en nie gevaarlik is nie.
Die generator: 'n Enkele goedkoper uitgawe. As die ding na jou smaak
te veel raas, maak jy vir hom 'n ekstra uitlaatpyp en knaldemper relatief
goedkoop maak en dan is hy vrek stil en jy laat sy uitlaatgasse uit deur 'n
gat in die garagemuur, so dis ook nie 'n probleem nie. Dit gebruik rofweg
so 1,5 liter per uur = so R13 per uur. Die grootste voordeel is natuurlik
dat dit nie toevoeg tot die oorhoofse kragleweringsprobleem nie! Met die
inverter [as meeste mense dit het] gaan daar 'n massiewe lading kom op die
oorhoofse lewering van krag van al die batterye wat gelaai moet word! Wat
ek eintlik probeer sê, is dat met die inverter, gebruik jy ekstra elektriese
krag om jou verlede se gebruik in te haal voor jy weer vorentoe kan stap.
As daar twee kragonderbrekings na mekaar gebeur? Voor jou batterye kon
herlaai?
>
> Glo my, ek het nie belange in die besigheid wat se webblad ek hier gee
> nie - gaan kyk gerus, al is dit bloot om 'n bietjie agtergrondskennis
> te verkry: www.omnisolar.co.za .
>
> En, moenie die kat in die donker knyp nie.....
>
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116015 is 'n antwoord op boodskap #115992] Ma, 21 Januarie 2008 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2008 21:27:04 -0800 (PST), Jonas wrote:

> 'n Invertor is 'n baie beter oplossing.

Baie duur. En hoe lank hou sy krag?

As my opwekker se petrol op is, gaan koop ek nog en die PC werk ten
minste. Ek kan dit aan die vrieskas sit en die vrieskas vries. Dit kan
ek eintlik onbeperk doen. Selfs al is die krag vir 'n week af (wat al
op plekke gebeur het).
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116016 is 'n antwoord op boodskap #116000] Ma, 21 Januarie 2008 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jan 2008 19:22:14 +0200, Dave wrote:

>> 'n Ietsie wat nou by my opkom - het die Anti en Ferditjiekie al hul
>> flaters rakende die SAKP/ANC/COSATU besef en erken. Of is hulle in

Het jy weer begin drink Jonas? Of is jy nog op die waterkar?
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116017 is 'n antwoord op boodskap #115992] Ma, 21 Januarie 2008 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2008 21:27:04 -0800 (PST), Jonas wrote:

Wonder nou net. Is jy nog in die land?

Kan jy nie emigreer nie?

Te dom... ?
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116021 is 'n antwoord op boodskap #116017] Ma, 21 Januarie 2008 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Lees "Nog Enjins, Wrywing"
Dit is so effe effe ondertoeér
en dit gaan ondermeer oor olies:-)
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116022 is 'n antwoord op boodskap #115998] Ma, 21 Januarie 2008 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Jy gaan lank sukkel met 'n wetenskaplike uitleg van enige geloof -

Baie van die oumense se gesegdes is gebaseer
op fyn waarneming van die natuur en die psige.
Dus kan mens dit nogal ernstig opneem. Ons
westerse denke is so beinvloed deur veral Griekse
aannames, dat ons 'n hele klomp psigologiese
dinge wat aangaan, miskyk.

Gloudina
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116027 is 'n antwoord op boodskap #116022] Di, 22 Januarie 2008 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Jan 2008 07:09:22 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Jonas skryf
>
>> Jy gaan lank sukkel met 'n wetenskaplike uitleg van enige geloof -
>
> Baie van die oumense se gesegdes is gebaseer
> op fyn waarneming van die natuur en die psige.
> Dus kan mens dit nogal ernstig opneem. Ons
> westerse denke is so beinvloed deur veral Griekse
> aannames, dat ons 'n hele klomp psigologiese
> dinge wat aangaan, miskyk.
>
> Gloudina

Moenie worry oof Jonas nie. Sy wetenskap kom in 'n deursigtige bottel
vanuit Rusland.
Re: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk [boodskap #116028 is 'n antwoord op boodskap #116027] Di, 22 Januarie 2008 12:16 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2008 14:06:52 +0200, Ferdi wrote:

> On Mon, 21 Jan 2008 07:09:22 -0800 (PST), Hessie
> wrote:
>
> >> Jy gaan lank sukkel met 'n wetenskaplike uitleg van enige geloof -

>> Baie van die oumense se gesegdes is gebaseer
>> op fyn waarneming van die natuur en die psige.
>> Dus kan mens dit nogal ernstig opneem. Ons
>> westerse denke is so beinvloed deur veral Griekse
>> aannames, dat ons 'n hele klomp psigologiese
>> dinge wat aangaan, miskyk.

>> Gloudina
>
> Moenie worry oof Jonas nie. Sy wetenskap kom in 'n deursigtige bottel
> vanuit Rusland.

oh no, wie drink Vodka..:-)
Vorige onderwerp: Baie Interessante Skakel
Volgende onderwerp: Generator
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 19:25:28 MGT 2024