Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Pass op 'n pap hart deur DANIE MARAIS
'n Pass op 'n pap hart deur DANIE MARAIS [boodskap #114487] Di, 04 September 2007 22:27
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Pass op 'n pap hart
Danie Marais

Twee Vrydae gelede toe
-- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
maak 'n meisie 'n pass op my --
veral eers na sy gehoor het
dat ek van ver gekom het vir 'n ander vrou.
Sy sê dis wonderlik,
jy't jou hart gevolg.
O, as iemand so iets vir haar sou doen...
Sy sê sy's moeg om Sondae alleen wakker te word.

En ek sê maar ek's dalk bietjie dronk,
maar dit werkie so nie.
Die hart is 'n erdwurm --
jy kan hom nie volg nie.
Jy sny net stukkies wurm af,
aspris of per ongeluk,
en hulle sukkel-wriemel blind "weiter"
in die seesand van kleintyd
in ander tale
in jou ouma se Bybel
in jou ma'le se bedkassie
in ou girl friends se foto's
in ou vriende se bier ...

Ek sê snags assie huise asem-ophou luister,
hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,
weet jy die hart se brûe bly onverbrand,
selfs al woon jy ver in 'n an-
der land.
Vorige onderwerp: Son op jou Tong deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Die Kundige Minnaar deur Sheila Cussons
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:59:15 MGT 2024