Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN
" Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114185] Vr, 29 Junie 2007 01:28 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vincent van Gogh

Jy het as 'n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
Re: " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114188 is 'n antwoord op boodskap #114185] Vr, 29 Junie 2007 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Jun 2007 18:28:53 -0700, Hessie wrote:

Vincent van Gogh
>
> Jy het as 'n miskende
> heilige vergeefs geveg teen die ellende
> en die onreg in die krotte van die myn,
> in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
> en skriklike stryd van God
> leer ken, wat mens en boom verknot
> in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
> in aanbidding van die son kon verwe,
> boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
> die kantelende landskap in die snelle ligte
> geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
> tot branding van die skone kon verwek,
> toe is Sy hartstog eers in jou volbring
> soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.

Amper 'n flipside-gedig van die een oor Eugene Marais
Re: " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114198 is 'n antwoord op boodskap #114185] Ma, 02 Julie 2007 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1183080533.752509.324070@m36g2000hse.googlegroups.com.. .
>
> Vincent van Gogh
>
> Jy het as 'n miskende
> heilige vergeefs geveg teen die ellende
> en die onreg in die krotte van die myn,
> in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
> en skriklike stryd van God
> leer ken, wat mens en boom verknot
> in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
> in aanbidding van die son kon verwe,
> boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
> die kantelende landskap in die snelle ligte
> geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
> tot branding van die skone kon verwek,
> toe is Sy hartstog eers in jou volbring
> soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.

Hoe voel jy daaroor dat Vincent in sy lewe net een skildery verkoop het, en
vandag is sy werke onbekostigbaar Gloudina
Re: " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114200 is 'n antwoord op boodskap #114198] Ma, 02 Julie 2007 14:44 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Hoe voel jy daaroor dat Vincent in sy lewe net een skildery verkoop het, en
> vandag is sy werke onbekostigbaar Gloudina-

Ja, mens weet nooit. Ek kan eenvoudig nie verstaan
hoekom dit gebeur het nie. Dit was seker maar dat
sy geskilder op daardie stadium nie popul?r was nie.
Hy het blykbaar al sy skilderye na sy broer gestuur,
en miskien het Theo van Gogh dit nie aktief genoeg
bemark nie, miskien juis omdat dit sy broer se werk
was. In alle geval, vandag is hy seker een van die
popul?rste skilders van omtrent alle tye. Ek hou
veral van sy bome met lente-bloeisels aan. Die
eerste keer wat ek in die Van Gogh museum in
Amsterdam was, was daar 'n hele saal vol van
die lenteboorde-skilderye.

Gloudina
Vorige onderwerp: Oom Gert Vertel en ander gedigte - C Louis Leipoldt
Volgende onderwerp: Vlamme deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:43:44 MGT 2024