Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Geloof
Re: Geloof [boodskap #111883 is 'n antwoord op boodskap #111859] Do, 04 Januarie 2007 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Torreke, wat, volgens jou, glo ek?

Annette

"Torreke" skryf in boodskap news:enftnu$spq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" > Vertel dit nou egter vir hierdie hooghisteriese spul kerkers! Hulle het
>> mos net een standpunt, en dis hulle eie s'n. Ekhet so gelag die een dag
>> toe die een ouderling my kom aanspreek en sê ek moet kom luister na
>> 'pitkos' wat 'n predikant vanuit die RSA vir hulle kom gooi want hy's
>> seker hulle sal my oortuig om by die kerk aan te sluit. Toe sê ek vir
>> die ou OK, ek sal kom, maar sal hulle my my eie spreker toelaat om vir
>> die ander luisteraars te probeer oortuig dat hulle nie die geloof moet
>> aanhang nie, toe val die ding uitmekaar uit want hulle kan mos nie so
>> iets in die kerk toelaat nie!
>
> Die storie het jy al vertel. Klink vir my soos die optrede van 'n
> vermakerige kind.
>
>> Dit klink vir my of die kerk nog steeds in die 'kindergarten'-tydperk
>> vasgeval het. Jy moet dit en jy mag dat. Nou weet ons almal niemand
>> kan so leef nie, so toe bou hulle 'n vergifnisklousule in om die lidmaat
>> te behou. Ek reken ek's 'n billike goeie mens. Ek rook nie, ek drink
>> nie en ek hoereer nie. Ek werk vir my geld en ek betaal belasting [so
>> min as moontlik!] maar ek betaal. Ek het nie 'n handleiding nodig om my
>> hierdie 'sondes' te verbied nie. Ek het nie 'n ander persoon nodig om
>> vir my te preek oor wat reg en wat verkeerd is nie.
>
> Hoe bepaal mnr Suidwester was is 'n "billike goeie mens? Waar kry hy sy
> standaard vandaan?
>
>> Daarenteen, ken ek 'n hele paar manne wat al bogenoemde dinge gereeld
>> doen en voorbankers in die kerk is en rustig lewe want hulle kry
>> vergifnis vir hulle sondes. Dit maak net nie sin nie!
>
> Seunie, jou storie oor die "voorbankers in die kerk" en hulle agteraf
> sondes raak nou afgesaag! - jy veralgemeen van die begin tot einde oor die
> kerkers!
>
> Dis nie ek of enige ander kerker hier wat jou probeer oorhaal geloof toe
> nie! - dis jou gewete wat met jou werk!
>
> Jy weet God is daar! En jy weet baie goed wat is die waarheid.
> Jy wil dit nie weet nie, want dan moet jy Hom begin dien. Dan moet jy jou
> geldjies met Hom begin deel. Dan kan jy nie meer Sondae lekker by Etosha
> rondry en diere kiek nie.
>
> Nou maak jy maar of Hy nie bestaan nie, beledig sy kerk, en kraak sy
> lidmate af. En maak of jy so 'n wonderlike goeie ou sonder God en sonder
> die kerk is.
>
> Maar een ding sien jy nie? Al jou pogings om die kerk en kerkers af te
> breek en jou pogings om die werklikheid tot die sintuiglik-waarneembare te
> reduseer, SKREE jou onsekerheid uit! - jou besef van onvermoë! - jou swak
> selfbeeld!
>
> Nou moet Annette support verskaf - sy glo mos ook soos jy!
>
Re: Geloof [boodskap #111885 is 'n antwoord op boodskap #111881] Do, 04 Januarie 2007 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
> -------As ek nie die land se wette oortree nie. As ek nie my medemens
> besteel of bedrieg nie. Wat meer wil jy hê?

Jy vertel alweer net van jou goeie hoedanighede, maar die vraag wat ek gevra
het beantwoord jy nie - d.i.: "Hoe bepaal Mnr Suidwester wat is 'n 'billike
goeie mens'? Waar kry hy sy standaard vandaan?"

> ---Ag herre,

Ek het jou op 'n ander plek reeds gevra waarom jy die behoefte het om sy
hulp in te roep terwyl jy nie in Hom glo nie?
Gaan jy dié vragie ook gerieflik systap?

> hier gaat ons alweer. Vat net as 'n voorbeeld die ontugwet van die oude
> dae. Staat en kerk het vry oor die kleurskeidslyn verbied. Toe die staat
> die wet verander, toe pas die kerk ook maar vinnig aan want jy kry vele van
> sy lidmate wat maar lekker oor dié lyn kuier. Nie dat ek sê daar is iets
> mee verkeerd nie, dis julle wat gestorie het dis sonde en toe kry julle 'n
> 'change of heart'.

1) Nog steeds bewys jy g'n stuk jou bewering dat die ouens wat die voorste
kerkbanke vol sit agteraf die kat in die donker knyp nie.
2) My kerk het nooit gesê dat liefde oor die kleurskeidslyn sonde is nie,
wel dat liefde tussen enige twee mense sonder 'n permanente verbintenis soos
die huwelik sonde is.


>> Nee, jy smag na verlossing!
> ----Van wat?

Van jouself!


>> Wat hoor jy in daardie stem?
> ----Vrede. Stilte. Nie die gekerm van 'n prediker wat een gedagte vat
> en 'n uur gorrel daaroor nie.

Soos in Ps. 19?
"Die hemel verkondig die eer van God en die uitspansel die werk van sy
hande? Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit en die een nag
kondig vir die ander kennis aan. Daar is geen spraak en daar is geen woorde
nie, onhoorbaar is hulle stem."

Of soos Elia in die woestyn wat "die suising van 'n sagte windstilte gehoor"
het? Toe draai hy sy gesig met sy mantel toe uit respek vir die grootse
teenwoordigheid van God.

Jy ervaar die "vrede" en geniet die "stilte", maar jy word jou nie bewus van
God se teenwoordigheid nie.
Hoe blind en doof kan mens wees?

(Ek het al op hierdie ng gesê dat ek my nog nooit nader aan God gevoel het
as op die top van die Drakensberg en in die stilte van die Namib woestyn
nie)

> ----Soos jy die gay-uitspraak systap?

Nee. Het jou in 'n ander pos daaroor geantwoord.

>> Wys my een stukkie logika wat sy geskryf het?
> ----NOU moet jy wragtag bekommerd raak as dit wat jy sê waar sou wees!

Ek het geen beskuldiging gemaak nie, ek het jou bloot 'n vraag gevra.
Waarom haal jy nie 'n stukkie logika aan wat sy geskryf het nie?
Of kan jy nie?
Re: Geloof [boodskap #111886 is 'n antwoord op boodskap #111880] Do, 04 Januarie 2007 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" <wrote
> "Suidwester" < wrote
>> ----Nie my ou, dit klink of die spul kerkers onseker van hulle saak is.
>> So was dit in die ou regering se dae ook. Sensuur orals. Die regering
>> wat jou vertel wat jy mag en wat jy nie mag nie. En dit was alles
>> kerkgefundeerd gewees. Vermakerig. Ek lag my gat af want as julle
>> spul kerkers nie genoeg vertroue het in julle eie standpunt nie, hoekom
>> sal julle nie julle lede aan die teenargument blootstel nie? Ek weet
>> hoekom nie. Die kerke het vir jarre baklei teen TV, seks in flieks,
>> porno,ens. Dit sou die volk verderf. En wat het gebeur? Die volk het
>> gespring daarvoor en gedoen presies waarvoor die kerk bang was: Hulle
>> blootgestel aan 'n aantrekliker wêreld as wat die kerk wil hê....een
>> waarin jy hulle storie glo en jou geld met hulle deel.
>
>
> Ek dog jy "preek" nie.
> Jy lag "jou gat af" vir jou eie onvermoë om te argumenteer.

Nou waarom vee jy bostaande uit en ignoreer dit?
Hierbo was dit jy wat baie gepraat het, nie waar nie?

Interessant dat jy "seks in flieks, porno, ens." 'n aantrekliker wêreld"
noem.
Re: Geloof [boodskap #111887 is 'n antwoord op boodskap #111871] Do, 04 Januarie 2007 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester" <wrote
> Ek lag my gat af want as julle spul kerkers nie genoeg vertroue het in
> julle eie standpunt nie, hoekom sal julle nie julle lede aan die
> teenargument blootstel nie? Ek weet hoekom nie.

Die man wat my altyd beskuldig dat ek dink ek is slimmer as almal en weet
alles...
Die man wat nie aan 'n kerk behoort nie en nooit 'n erediens bywoon nie...
Die man wat die klokkie oor godsdiens hoor lui het, maar nie weet waar hang
die belletjie nie...
Die man wat sielkunde 'n spul "tjol" noem...

Dieselfde man beweer hy wéét wat in die gedagtes van kerkraadslede aangaan!
Re: Geloof [boodskap #111895 is 'n antwoord op boodskap #111878] Vr, 05 Januarie 2007 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eni8in$ort$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Pres Abraham Lincoln - 'n emosionele swakkeling?
> Abraham Kuyper - (Prof in teol. en 1e minister van Nederland
> terselfdertyd) 'n emosionele swakkeling?
> Pres Paul Kruger - 'n emosionele swakkeling?
> Pres MT Steyn - 'n emosionele swakkeling?
> Genl De la Rey - 'n emosionele swakkeling?
> JBM Herzog, DF Malan, HF Verwoerd, BJ Vorster, PW Botha, Nelson Mandela -
> emosionele swakkelinge?
>
> Het al hierdie mense godsdiens as "kruk" gebruik vir hulle emosionele
> swakheid?
>
> En is jy emosioneel hulle almal se meerdere?
----Moet wees, as hulle hul daaglikse verpligtinge en werk nie kon doen
sonder om 'n boheemse krag tot hulp te roep nie. Ek ken nie die
geskiedenis so goed soos jy nie, so ek sal nie weet van al die snaakse goed
wat die manne hierbo gedoen het nie, maar ek weet darem dat die Vrystaters
ou Paul Kruger 'n banggat geroep het wat weggehol het toe dinge warm geraak
het.
Kom jy egter nader aan ons dan sal jy sien dat meeste van die politici
hul geloof as verduideliking vir hulle dade gebruik het. Dis mos vandag
maklik om ou PW te kastreer vir al die sondes van sy regering, maar dit kom
al veel langer terug doer van die begin van die ou NP af toe hierdie manne
met Bybel in die hand, hul regverdiging vir hulle politieke dade probeer
goedpraat het. Nelson Mandela? Jy reken hy's 'n gelowige? Wat van die
feit dat hy die opperbevel was van die ANC se militêre vleuel en dat al die
bomme en ander terroristiese dade deur hom goedgekeur word, en nou's hy
skielik pragtig en blink nadat alles verby is en hy die verkiesing gewen
het. Dis PRESIES waar julle kerkers van die logiese spoor afklim! Julle
skep antwoorde vir die mense se wandade en onverantwoordelikhede.
Deur name te gooi skrik jy my nie af nie. Ek kan vir jou dinge vertel
van huidige en vorige politici wat jou hare sal laat regop staan, maar 'n
sekerheidsklaring verhoed my......
>
Re: Geloof [boodskap #111897 is 'n antwoord op boodskap #111885] Vr, 05 Januarie 2007 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enihf9$54r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Jy vertel alweer net van jou goeie hoedanighede, maar die vraag wat ek
> gevra het beantwoord jy nie - d.i.: "Hoe bepaal Mnr Suidwester wat is 'n
> 'billike goeie mens'? Waar kry hy sy standaard vandaan?"
----Dis meer eenvoudig as wat jy dink. Jy wil hê dat ek moet sê uit die
Bybel uit, maar ek het vir jou slegte nuus: Nie alle mense het toegang tot
die Bybel nie en daar was lank voor die bekendmaking van dié boek, al goeie
mense gewees.
>
>
>> ---Ag herre,
>
> Ek het jou op 'n ander plek reeds gevra waarom jy die behoefte het om sy
> hulp in te roep terwyl jy nie in Hom glo nie?
> Gaan jy dié vragie ook gerieflik systap?
----En jy moet bykom. Jy sien spoke soos ek jou voorheen hieroor gesê het.
Herre beteken vir my niks, dis net 'n woord. As jy daaraan konnektasies
sit, is dit jou saak.
.
>
> 1) Nog steeds bewys jy g'n stuk jou bewering dat die ouens wat die voorste
> kerkbanke vol sit agteraf die kat in die donker knyp nie.
----Hier in ons land en sy gemeenskap, volop. Ons het 'n koerant wat alle
egskeidings en die redes waarom die mense skei publiseer. Daar by julle in
die RSA skei en spyker die dominies ook lustig en beland orals in die
koerante. Dis algemeen, hoekom het jy bewyse nodig?
> 2) My kerk het nooit gesê dat liefde oor die kleurskeidslyn sonde is nie,
> wel dat liefde tussen enige twee mense sonder 'n permanente verbintenis
> soos die huwelik sonde is.
----Ja? So die ontugwet van die RSA was volgens die NG verkeerd....of was
julle bewoording of vertolking maar net 'n antwoord om polities reg te wees?
Swart mense is dan nie eers in julle kerke toegelaat nie. Sou julle 'n wit
man wat 'n swart vrou getrou het toegelaat het om in die kerk te gaan.
Nee. My eie Pa se begrafnis in Windhoek destyds was die swart mense wat
die diens wou bywoon gedwing om buitekant die gebou te sit en na die diens
op luidsprekers te luister terwyl daar in die kerk plek was. Moet nie twak
praat nie.....

>> Nee, jy smag na verlossing!
>> ----Van wat?
>
> Van jouself!
----Huuugh?

> Soos in Ps. 19?
> "Die hemel verkondig die eer van God en die uitspansel die werk van sy
> hande? Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit en die een nag
> kondig vir die ander kennis aan. Daar is geen spraak en daar is geen
> woorde nie, onhoorbaar is hulle stem."
>
> Of soos Elia in die woestyn wat "die suising van 'n sagte windstilte
> gehoor" het? Toe draai hy sy gesig met sy mantel toe uit respek vir die
> grootse teenwoordigheid van God. ----genadiglik het ek nie jou verwysingsraamwerk van verse nie.
>
> Jy ervaar die "vrede" en geniet die "stilte", maar jy word jou nie bewus
> van God se teenwoordigheid nie.
> Hoe blind en doof kan mens wees?
----En hoe onnosel kan jy wees? Jy tjank en kerm en verstaan nie dat ek
jou jou geloof gun nie, maar jy probeer steeds dit aan my afsmeer. Hoekom
kan jy my nie my standpunt gun nie? Ek sal jou sê hoekom. Omdat jy
hierdie blindelingse geloof het wat jou breinselle oorheers.
>
> (Ek het al op hierdie ng gesê dat ek my nog nooit nader aan God gevoel het
> as op die top van die Drakensberg en in die stilte van die Namib woestyn
> nie)
-----Snaaks, ek was al baie plekke gewees op van die hoogste punte en ek het
net die skoonheid van die natuur gesien. Hoe jy God nader sleep, is maar
net jy wat versugting soek.
>
>> ----Soos jy die gay-uitspraak systap?
>
> Nee. Het jou in 'n ander pos daaroor geantwoord. ----Waar?
>
>>> Wys my een stukkie logika wat sy geskryf het?
>> ----NOU moet jy wragtag bekommerd raak as dit wat jy sê waar sou wees!
>
> Ek het geen beskuldiging gemaak nie, ek het jou bloot 'n vraag gevra.
> Waarom haal jy nie 'n stukkie logika aan wat sy geskryf het nie?
> Of kan jy nie?
----As jy dink ek gaan navorsing doen soos jy vir hierdie speletjie, dink
weer.
>
Re: Geloof [boodskap #111899 is 'n antwoord op boodskap #111886] Vr, 05 Januarie 2007 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enihfa$54r$2@ctb-nnrp2.saix.net...

>> Ek dog jy "preek" nie.
>> Jy lag "jou gat af" vir jou eie onvermoë om te argumenteer.
----Watter onvermoë? Hoekom is julle kerkmanne nie bereid om die
opponerende standpunt 'n spreekbeurt te geen nie. Dit wys geen
selfvertroue in julle eie standpunt nie. Is dit omdat julle geloof geen
feite fondasie het nie. Julle dink en hoop maar daar is vir julle beter
dae aan't kom, maar weet dit nie en kan dit ook nie bewys nie.

> Interessant dat jy "seks in flieks, porno, ens." 'n aantrekliker wêreld"
> noem.
-----En ek neem aan jou kinders is met windbestuiwing gemaak? Seks is
lekker. As dit nie is vir jou nie, dan moet jy dalk jou vrou intrade vir
'n ander model, of dalk is sy al besig om jou te vervang? Flieks is
gewoonlik stories wat verwant is aan die gedragspatrone van die mens en een
van die fundamentele aspekte daarvan, is seks. In goeie smaak en nie in
grafiese detail nie, het ek geen probleem daarmee nie want almal doen dit,
of hoop om dit te doen soos duidelik jy. Of dalk is jy 'n Slap Sarel?
Wie weet?
Porno: Ek is self nie 'n aanhanger nie, maar dis elke mens se eie
keuse of dit hom/haar stimuleer of nie en sy eie goei reg om daaroor te
besluit of hy dit wil koop of nie. Jy kan nie vir ander mense voorskryf
nie.
Re: Geloof [boodskap #111900 is 'n antwoord op boodskap #111887] Vr, 05 Januarie 2007 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enihqa$5h4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Die man wat my altyd beskuldig dat ek dink ek is slimmer as almal en weet
> alles... ----Dis 'n feit. Jy dink so.
> Die man wat nie aan 'n kerk behoort nie en nooit 'n erediens bywoon nie... ----Dis ekke daai!
> Die man wat die klokkie oor godsdiens hoor lui het, maar nie weet waar
> hang die belletjie nie... ----Die man wat nie daai klokkie wil hoor nie!
> Die man wat sielkunde 'n spul "tjol" noem... ----Maar dit is 'n spul tjol en verskonings vir wandade.
>
> Dieselfde man beweer hy wéét wat in die gedagtes van kerkraadslede
> aangaan! ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.
>
Re: Geloof [boodskap #111901 is 'n antwoord op boodskap #111879] Vr, 05 Januarie 2007 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eni8mn$p68$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester"
>>> Kom nou, Annette, jy het seker die draad gelees, maar jy maak net soos
>>> Suidwester 'n stelling, maar gee geen inkelte argument om argument te
>>> beantwoord nie!
>> ----Jy bedoel ons preek nie soos jy nie?
>
> Annette kan seker vir haarself antwoord.
>
> Jy "preek" nie, maar jy kan ook nie argumenteer nie! ----Dan maak dit twee van ons.
>
Re: Geloof [boodskap #111903 is 'n antwoord op boodskap #111879] Vr, 05 Januarie 2007 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote:

>>> Kom nou, Annette, jy het seker die draad gelees, maar jy maak net soos
>>> Suidwester 'n stelling, maar gee geen inkelte argument om argument te
>>> beantwoord nie!
>> ----Jy bedoel ons preek nie soos jy nie?
>
> Annette kan seker vir haarself antwoord.
>
> Jy "preek" nie, maar jy kan ook nie argumenteer nie!
>

Ek geniet jou logiese manier van redeneer Torreke, (en jou geduld:-)
en ek is seker daarvan dat ek nie die enigste is wat dit waardeer nie.

Jy herinner so sterk aan 'n goeie vriend met wie ek kontak verloor het
na ek van omgewing verander het, dat ek moet vra: B.O.?

DD
Re: Geloof [boodskap #111905 is 'n antwoord op boodskap #111903] Vr, 05 Januarie 2007 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"DD" <wrote
> Ek geniet jou logiese manier van redeneer Torreke, (en jou geduld:-)
> en ek is seker daarvan dat ek nie die enigste is wat dit waardeer nie.

Dankie!

>
> Jy herinner so sterk aan 'n goeie vriend met wie ek kontak verloor het
> na ek van omgewing verander het, dat ek moet vra: B.O.?
>
> DD

Ek is nie seker waarna "B.O." verwys nie. Dit kan voorletters wees. Indien
wel, moet ek jou ongelukkig teleurstel; dis nie my voorletters nie.

Maar al is ek ook nie jou verlore vriend nie, is dit geen rede waarom ons
nie goeie vriende kan word nie.

Torreke
Re: Geloof [boodskap #111913 is 'n antwoord op boodskap #111885] Vr, 05 Januarie 2007 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> (Ek het al op hierdie ng gesê dat ek my nog nooit nader aan God gevoel het
> as op die top van die Drakensberg en in die stilte van die Namib woestyn
> nie)

Watter pieke in die Drakensberg het jy
al uitgeklim?

Gloudina
Re: Geloof [boodskap #111940 is 'n antwoord op boodskap #111913] Ma, 08 Januarie 2007 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die hoogste: Mount-au-Source (Ek is seker my spelling is verkeerd, maar het
niks byderhand om die spelling na te gaan nie.) Was ook Sani-pas uit.

Laaaaaank gelede toe ek nog nie so laaank in die tand was so nou nie.

"Hessie" < wrote

Torreke skryf

> (Ek het al op hierdie ng gesê dat ek my nog nooit nader aan God gevoel het
> as op die top van die Drakensberg en in die stilte van die Namib woestyn
> nie)

Watter pieke in die Drakensberg het jy
al uitgeklim?

Gloudina
Re: Geloof [boodskap #111944 is 'n antwoord op boodskap #111895] Ma, 08 Januarie 2007 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Pres Abraham Lincoln - 'n emosionele swakkeling?
>> Abraham Kuyper - (Prof in teol. en 1e minister van Nederland
>> terselfdertyd) 'n emosionele swakkeling?
>> Pres Paul Kruger - 'n emosionele swakkeling?
>> Pres MT Steyn - 'n emosionele swakkeling?
>> Genl De la Rey - 'n emosionele swakkeling?
>> JBM Herzog, DF Malan, HF Verwoerd, BJ Vorster, PW Botha, Nelson Mandela -
>> emosionele swakkelinge?

>> Het al hierdie mense godsdiens as "kruk" gebruik vir hulle emosionele
>> swakheid?

>> En is jy emosioneel hulle almal se meerdere?
> ----Moet wees, as hulle hul daaglikse verpligtinge en werk nie kon doen
> sonder om 'n boheemse krag tot hulp te roep nie.

Sjoe, dat jy sowaar impliseer dat jy emosioneel sterker as al hierdie mense
is.
Jy het nie die emosionele krag in jou hele lyf wat De la Rey in sy
kleintoontjie gehad het nie!

> Ek ken nie die geskiedenis so goed soos jy nie, so ek sal nie weet van al
> die snaakse goed wat die manne hierbo gedoen het nie, maar ek weet darem
> dat die Vrystaters ou Paul Kruger 'n banggat geroep het wat weggehol het
> toe dinge warm geraak het.

Soos jy sê: Jy ken nie die geskiedenis goed genoeg nie. Die Vrystaters wat
so oor Kruger gepraat het, het ook nie die geskiedenis goed genoeg geken
nie - dié aantyging is gewoon kwaadwillig.

> Kom jy egter nader aan ons dan sal jy sien dat meeste van die politici
> hul geloof as verduideliking vir hulle dade gebruik het. Dis mos vandag
> maklik om ou PW te kastreer vir al die sondes van sy regering, maar dit
> kom al veel langer terug doer van die begin van die ou NP af toe hierdie
> manne met Bybel in die hand, hul regverdiging vir hulle politieke dade
> probeer goedpraat het.

Ons praat nie van "sondes" en "foute" nie - ons praat van "emosionele krag".
Jy het beweer jy is emosioneel sterker as al hierdie mense wat hulle
emosionele krag in hulle geloof gevind het. Ek kon nog bygevoeg het: Jy is
emosioneel sterker as die mense wat op die brandstapels geklim het vir hulle
geloof! - wat vir die leeus gevoer is! - wat Parys se strate met bloed
geverf het, in die St. Bartholomeusnag! - en die Dorslandtrekkers en hulle
nasate wat Suidwes help mak maak het!

> Nelson Mandela? Jy reken hy's 'n gelowige? Wat van die feit dat hy die
> opperbevel was van die ANC se militêre vleuel en dat al die bomme en ander
> terroristiese dade deur hom goedgekeur word, en nou's hy skielik pragtig en
> blink nadat alles verby is en hy die verkiesing gewen het. Dis PRESIES
> waar julle kerkers van die logiese spoor afklim! Julle skep antwoorde vir
> die mense se wandade en onverantwoordelikhede.

Nelson Mandela was en is 'n lidmaat van die Methodiste Kerk. Om daardie
rede het hy self nooit 'n lid van die SAKP geword nie. Dit het hy self in
'n TV-onderhoud gesê. Dat hy die wapen teen sy wettig-verkose regering
opgeneem het, is verkeerd! Dit het ek by herhaling op die ng gesê. Netso
verkeerd as wat Jopie Fourie se optrede was toe hy wapen teen sy regering
opgeneem het. Omdat hy sonde gedoen het, maak dit nie van hom minder
Chrsiten nie, netso min as Jopie Fourie se sonde hom minder christen maak -
en netso min as wat die apartheidspolitici se sondes hulle minder christen
maak nie. Christene is nie sonder sondes nie, Suidwester, christene is
mense wat hulle sondes besef, bely en hulle lewe en geluk nie by hulleself
en eie goeie hoedanighede soek nie, maar by God.

> Deur name te gooi skrik jy my nie af nie. Ek kan vir jou dinge vertel
> van huidige en vorige politici wat jou hare sal laat regop staan, maar 'n
> sekerheidsklaring verhoed my......

Ai-ai, tog so belangrik! Dat hulle erge dinge gedoen het, weet ek - hulle
was sondaars! En as jy sê dat jy niks verkeerd gedoen het of doen nie, LIEG
JY!
Re: Geloof [boodskap #111949 is 'n antwoord op boodskap #111897] Ma, 08 Januarie 2007 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
> ----Dis meer eenvoudig as wat jy dink. Jy wil hê dat ek moet sê uit die
> Bybel uit, maar ek het vir jou slegte nuus: Nie alle mense het toegang
> tot die Bybel nie en daar was lank voor die bekendmaking van dié boek, al
> goeie mense gewees.

Nee, ek probeer jou nie dwing om te sê "uit die Bybel uit nie". Natuurlik
kom die kode wat in die 2e tafel van die 10 gebooie vasgelê is, van verder
terug as die gedokumenteerde weergawe in die Bybel.

Maar "jy mag nie moord pleeg nie" - Watter ander spesies het dié wet?
Of dié een: "Jy mag nie steel nie" ?
Of dié een: "Jy mag nie egbreuk pleeg nie"?
Of dié een: "Jy mag nie lieg/bedrog pleeg nie?" - terwyl die kleinste kind
weet hoe van die waarheid wegsteek!

Mense dié kode uitgedink? - in stryd met alles waaruit hulle geevolveer het?


>>> ---Ag herre,

>> Ek het jou op 'n ander plek reeds gevra waarom jy die behoefte het om sy
>> hulp in te roep terwyl jy nie in Hom glo nie?
>> Gaan jy dié vragie ook gerieflik systap?
> ----En jy moet bykom. Jy sien spoke soos ek jou voorheen hieroor gesê
> het. Herre beteken vir my niks, dis net 'n woord. As jy daaraan
> konnektasies sit, is dit jou saak.

Dit beteken vir jou niks? Nou waarom het jy behoefte om dié woord te
gebruik? Dis 'n hulproep, man!

Jy sê jy dwing nie jou geloof op ander af nie! Jy respekteer ander mense se
geloof en gevoelens. Maar dan speel jy woer-woer met die Naam wat vir my en
ander heilig is, en probeer jou verontskuldig met dat dit geen betekenis het
nie.


>> 1) Nog steeds bewys jy g'n stuk jou bewering dat die ouens wat die
>> voorste kerkbanke vol sit agteraf die kat in die donker knyp nie.
> ----Hier in ons land en sy gemeenskap, volop. Ons het 'n koerant wat
> alle egskeidings en die redes waarom die mense skei publiseer. Daar by
> julle in die RSA skei en spyker die dominies ook lustig en beland orals in
> die koerante. Dis algemeen, hoekom het jy bewyse nodig?

Jy bewys steeds nie jou stelling nie! - soos altyd veralgemeen jy. Daar kan
duisend ouens rondspyker en niemand sê 'n woord nie, maar as 'n ds. dit
doen, haal dit die voorblad. Een ds doen dit, dan's dit voorblad nuus, maar
daar's duisend ds. wat dit nie doen nie, dit haal nie die koerant nie.

In elk geval, soos elders uitgespel, nêrens het christene beweer dat hulle
sonder sonde is nie, inteendeel...

>> 2) My kerk het nooit gesê dat liefde oor die kleurskeidslyn sonde is nie,
>> wel dat liefde tussen enige twee mense sonder 'n permanente verbintenis
>> soos die huwelik sonde is.
> ----Ja? So die ontugwet van die RSA was volgens die NG verkeerd....of
> was julle bewoording of vertolking maar net 'n antwoord om polities reg te
> wees? Swart mense is dan nie eers in julle kerke toegelaat nie. Sou
> julle 'n wit man wat 'n swart vrou getrou het toegelaat het om in die kerk
> te gaan. Nee. My eie Pa se begrafnis in Windhoek destyds was die swart
> mense wat die diens wou bywoon gedwing om buitekant die gebou te sit en na
> die diens op luidsprekers te luister terwyl daar in die kerk plek was.
> Moet nie twak praat nie.....

Ek behoort nie aan die NG kerk nie, of het jy vergeet?

>
>>> Nee, jy smag na verlossing!
>>> ----Van wat?

>> Van jouself!
> ----Huuugh?

Jou arrogansie bv. wat dink dat jy geen foute maak nie!

>
>> Soos in Ps. 19?
>> "Die hemel verkondig die eer van God en die uitspansel die werk van sy
>> hande? Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit en die een nag
>> kondig vir die ander kennis aan. Daar is geen spraak en daar is geen
>> woorde nie, onhoorbaar is hulle stem."

>> Of soos Elia in die woestyn wat "die suising van 'n sagte windstilte
>> gehoor" het? Toe draai hy sy gesig met sy mantel toe uit respek vir die
>> grootse teenwoordigheid van God.
> ----genadiglik het ek nie jou verwysingsraamwerk van verse nie.

Wat is so genadig aan gebrekkige kennis?
En waarvoor het jy nou skielik genade nodig? - jy's mos sonder sonde!

>> Jy ervaar die "vrede" en geniet die "stilte", maar jy word jou nie bewus
>> van God se teenwoordigheid nie.
>> Hoe blind en doof kan mens wees?
> ----En hoe onnosel kan jy wees? Jy tjank en kerm en verstaan nie dat ek
> jou jou geloof gun nie, maar jy probeer steeds dit aan my afsmeer.
> Hoekom kan jy my nie my standpunt gun nie? Ek sal jou sê hoekom. Omdat
> jy hierdie blindelingse geloof het wat jou breinselle oorheers.

Nee, ek smeer nie my geloof aan jou af nie. Ek vra jou net: Hoe blind en
doof kan mens wees? Soos Juri Gagarin wat gesê het: Ek het in die hemel
rondgekyk en nêrens het ek God gesien nie. Teenoor hom John Glenn wat na
dieselfde "hemel" gekyk het en nie kon uitgepraat raak oor die grootheid van
God wat hy gesien het nie.


>> (Ek het al op hierdie ng gesê dat ek my nog nooit nader aan God gevoel
>> het as op die top van die Drakensberg en in die stilte van die Namib
>> woestyn nie)
> -----Snaaks, ek was al baie plekke gewees op van die hoogste punte en ek
> het net die skoonheid van die natuur gesien. Hoe jy God nader sleep, is
> maar net jy wat versugting soek.

Niemand is so doof as iemand wat nie wil hoor nie en niemand so blind as
iemand wat nie wil sien nie.

>>> ----Soos jy die gay-uitspraak systap?

>> Nee. Het jou in 'n ander pos daaroor geantwoord.
> ----Waar?

Het dit vir jou weer gepos onder die nuwe lyn wat jy daaroor begin het.

>> Waarom haal jy nie 'n stukkie logika aan wat sy geskryf het nie?
>> Of kan jy nie?
> ----As jy dink ek gaan navorsing doen soos jy vir hierdie speletjie, dink
> weer.

Nou probeer jy soos 'n koedoe sywaarts oor die draad uitspring, omdat jy in
'n hoek gekeer is. Waarom vra jy nie vir Annette om dit vir ons aan te haal
nie?

Het jy gesien hoe sy dit vermy om my te antwoord? Sy maak stellings sonder
enige argumente en dan hardloop sy weg.
Re: Geloof [boodskap #111950 is 'n antwoord op boodskap #111899] Ma, 08 Januarie 2007 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
>>> Ek dog jy "preek" nie.
>>> Jy lag "jou gat af" vir jou eie onvermoë om te argumenteer.
> ----Watter onvermoë? Hoekom is julle kerkmanne nie bereid om die
> opponerende standpunt 'n spreekbeurt te geen nie. Dit wys geen
> selfvertroue in julle eie standpunt nie. Is dit omdat julle geloof geen
> feite fondasie het nie. Julle dink en hoop maar daar is vir julle beter
> dae aan't kom, maar weet dit nie en kan dit ook nie bewys nie.
>

Die antwoord is eenvoudig: Mense kom nie kerk toe om standpunt en
opponerende standpunt te hoor nie, mense kom kerk toe om die gemeenskap van
die heiliges te beoefen, d.i. gemeenskap met God en met mede-gelowiges. 'n
Kerkraad wat sou toestem dat iemand 'n ongeloofstandpunt in die erediens kom
stel, doen gewoon nie sy werk om oor die heiligheid van die erediens toesig
te hou nie.

Sou jy iemand toelaat om jou besigheid in te stap en jou vergadering met jou
werkers oor te neem om presies die teenoorgestelde vir hulle sê as wat jy
vir hulle sê? Natuurlik nie! Netso min as wat 'n politieke party sy
teenstander sal toelaat om op sy vergadering te kom en die ander party se
standpunt te kom verkondig.

Maar as jy nou die man tot 'n openbare debat in die stadsaal uitgedaag het,
dan is dit 'n ander saak. As hy dan daarvoor weghardloop, sou ek saamstem
dat jy rede het om jou gat daarvoor af te lag.
Re: Geloof [boodskap #111951 is 'n antwoord op boodskap #111900] Ma, 08 Januarie 2007 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <skryf
> ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.

Nee, meneer, jy het gesê jy "weet waarom" hulle jou nie wou toelaat om jou
standpunt in die erediens te kom stel nie - dis omdat hulle bang sou wees
dat jy die mense sal oortuig! Daarmee het jy nie oor hulle dade uitspraak
gegee nie, maar oor wat hulle dink, hulle vrese, gevoelens, ens.
Re: Geloof [boodskap #111952 is 'n antwoord op boodskap #111901] Ma, 08 Januarie 2007 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:enkrif$b4d$5@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Jy "preek" nie, maar jy kan ook nie argumenteer nie!
> ----Dan maak dit twee van ons.

Jy en Annette!
Re: Geloof [boodskap #111963 is 'n antwoord op boodskap #111952] Ma, 08 Januarie 2007 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke"
>>> Jy "preek" nie, maar jy kan ook nie argumenteer nie!
>
"Suidwester"
>> ----Dan maak dit twee van ons.
> "Torreke"
> Jy en Annette!
>

Dit was kerp, vlymskerp
Hier het ek eenvoudig hardop uitgebars van die lag...-O

> Dit kan voorletters wees. Indien
> wel, moet ek jou ongelukkig teleurstel; dis nie my voorletters nie.

Yep, dit ìs voorletters. Die van 'n ex- predikant vriend.
> Daar kan
> duisend ouens rondspyker en niemand sê 'n woord nie, maar as 'n ds. dit
> doen, haal dit die voorblad.

Ek sit nou en krap in die argiewe.
Jou brief van 21/12 - ek weet nie hoeveel mense hierdie (eensydige)
forum volg nie, en indien daar meer mense is wat die waarde daarin
raaksien, is dit iets om weer te lees.

Dave
Re: Geloof [boodskap #111971 is 'n antwoord op boodskap #111944] Ma, 08 Januarie 2007 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enst0u$929$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>> En is jy emosioneel hulle almal se meerdere?
>> ----Moet wees, as hulle hul daaglikse verpligtinge en werk nie kon doen
>> sonder om 'n boheemse krag tot hulp te roep nie.
>
> Sjoe, dat jy sowaar impliseer dat jy emosioneel sterker as al hierdie
> mense is.
> Jy het nie die emosionele krag in jou hele lyf wat De la Rey in sy
> kleintoontjie gehad het nie!
----Hoe sal jy weet? De la Rey? Kwyl jy ook oor Bok van Blerk se
liedjie, die dat dit vashaak by jou? Hoe het jy enige idee wat ek al
bereik het in die weermag op my dae?

> Soos jy sê: Jy ken nie die geskiedenis goed genoeg nie. Die Vrystaters
> wat so oor Kruger gepraat het, het ook nie die geskiedenis goed genoeg
> geken nie - dié aantyging is gewoon kwaadwillig.
-----Hmmm! Oorle' Oupa wat stigterslid was van die die Voortrekkerbeweging
en wat moes gaan kamp sit omdat hy geweier het om vir die Britte te veg,
stoere Afrikaner, en jy reken hy was bloot kwaadwillig om te sê dat ou Oom
Paul bloot bang was? So jou geskiedenisskrywers reken anders. So what?
Sam Nujoma is besig om die geskeidenis met 'n groot lieg vir homself reg te
skryf.

> Ons praat nie van "sondes" en "foute" nie - ons praat van "emosionele
> krag".
---Wat beteken emosionele krag? Vir my beteken dit dat jy emosioneel nie
vou nie en ook nie ondersteuning nodig het nie.
> Jy het beweer jy is emosioneel sterker as al hierdie mense wat hulle
> emosionele krag in hulle geloof gevind het.
---Moet wees as hull nie die krag in hulleself kon vind nie.
Ek kon nog bygevoeg het: Jy is
> emosioneel sterker as die mense wat op die brandstapels geklim het vir
> hulle geloof! - wat vir die leeus gevoer is! - wat Parys se strate met
> bloed geverf het, in die St. Bartholomeusnag!
----Moet wees, want jy is donners stupid om op 'n brandstapel te gaan klim
vir iets wat jy nie eers kan bewys nie.
- en die Dorslandtrekkers en hulle
> nasate wat Suidwes help mak maak het!
----Whoa nou! Nou stap jy op my terrein en die oorgrote meerderheid van
die Dorslandtrekkers het getrek omdat hulle groter rykdom anderkant die
grense gesien het en baie het gesterf van hulle eie onnosel besluite.
Hulle sou dit ook nie gemaak het as daar nie redding gekom het van die hulp
van buitepartye nie.
> Christene is nie sonder sondes nie, Suidwester, christene is
> mense wat hulle sondes besef, bely en hulle lewe en geluk nie by hulleself
> en eie goeie hoedanighede soek nie, maar by God.
-------So en as die sonde weer en weer gebeur? Dan word dit maar weer en
weer vergewe? Dit los darem 'n wye deur ook vir droogmaak!

> Ai-ai, tog so belangrik! Dat hulle erge dinge gedoen het, weet ek - hulle
> was sondaars! En as jy sê dat jy niks verkeerd gedoen het of doen nie,
> LIEG JY!
----Wie het gesê ek's foutloos? Ek plaas net nie die verantwoordelikheid
vir my dade oor op 'n vergifnis nie.
Re: Geloof [boodskap #111972 is 'n antwoord op boodskap #111963] Ma, 08 Januarie 2007 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Jan 2007 13:53:00 +0200, Dave wrote:

>
> Ek sit nou en krap in die argiewe.
> Jou brief van 21/12 - ek weet nie hoeveel mense hierdie (eensydige)
> forum volg nie, en indien daar meer mense is wat die waarde daarin
> raaksien, is dit iets om weer te lees.
>
> Dave

Ek het daaraan gedink om 'n paar URL's by te voeg,
maar was besig met meer as een ding, en pos dit
dus nou.

DD

Dr. Craig's Opening Speech
http://www.leaderu.com/offices/billcraig/docs/craig-pigliucc i1.html

http://www.doesgodexist.org/
http://www.everystudent.com/features/isthere.html
http://www.allaboutgod.com/does-god-exist.htm
http://www.godlessgeeks.com/LINKS/GodProof.htm

A man went to a barbershop to have his hair cut and his beard trimmed.

As the barber began to work, they began to have a good
conversation.

They talked about so many things and various subjects. When they
eventually touched on the subject of God, the
barber said: "I don't believe that God exists."

"Why do you say that?" asked the customer. "Well, you just have to go
out in the street to realize that God doesn't exist.

Tell me, if God exists, would there be so many sick people? Would
there be abandoned children?

If God existed, there would be neither suffering nor pain. I can't
imagine a loving God who would allow all of these
things."

The customer thought for a moment, but didn't respond
because he didn't want to start an argument. The barber finished his
job and the customer left the shop.

Just after he left the barbershop, he saw a man in the street with
long, stringy, dirty hair and an untrimmed beard. He looked dirty and
unkempt.

The customer turned back and entered the barber shop again and he said
to the barber: "You know what? Barbers do not exist."

"How can you say that?" asked the surprised barber.

"I am here, and I am a barber. And I just worked on you!" "No!" the
customer exclaimed. "Barbers don't exist because if they did, there
would be no people with dirty long hair and untrimmed beards, like
that man outside."

"Ah, but barbers DO exist! That's what happens when people do not come
to me."

"Exactly!" affirmed the customer. "That's the point!
God, too, DOES exist! That's what happens when people do not go to Him
and don't look to Him for help.

That's! why there's so much pain and suffering in the world."
Re: Geloof [boodskap #111976 is 'n antwoord op boodskap #111950] Ma, 08 Januarie 2007 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enst11$929$8@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Die antwoord is eenvoudig: Mense kom nie kerk toe om standpunt en
> opponerende standpunt te hoor nie, mense kom kerk toe om die gemeenskap
> van die heiliges te beoefen, d.i. gemeenskap met God en met
> mede-gelowiges.
----Sal jy saamstem dit kan ook 'n vergadering van die Rapportryers of 'n
plotieke party ook gewees het.....mense wat mede-gelowiges is in ideologie?
'n
> Kerkraad wat sou toestem dat iemand 'n ongeloofstandpunt in die erediens
> kom stel, doen gewoon nie sy werk om oor die heiligheid van die erediens
> toesig te hou nie.
----Hoekom nie? Sy/hul geloof behoort sterk genoeg te wees om enige aanslag
tee te staan. Jy's net bang as jy onseker is.
>
> Sou jy iemand toelaat om jou besigheid in te stap en jou vergadering met
> jou werkers oor te neem om presies die teenoorgestelde vir hulle sê as wat
> jy vir hulle sê? Natuurlik nie!
-----Aangesien hy nie hulle salarisse betaal nie nie, ja.

Netso min as wat 'n politieke party sy
> teenstander sal toelaat om op sy vergadering te kom en die ander party se
> standpunt te kom verkondig.
>
> Maar as jy nou die man tot 'n openbare debat in die stadsaal uitgedaag
> het, dan is dit 'n ander saak. As hy dan daarvoor weghardloop, sou ek
> saamstem dat jy rede het om jou gat daarvoor af te lag.
---Net soos my gat sal moet waai as die een ou die ander uitdaag oor sy
standpunt en die ander is te onseker om sy standpunt te verdedig!
>
Re: Geloof [boodskap #111977 is 'n antwoord op boodskap #111951] Ma, 08 Januarie 2007 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enst12$929$9@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester"
>> ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.
>
> Nee, meneer, jy het gesê jy "weet waarom" hulle jou nie wou toelaat om jou
> standpunt in die erediens te kom stel nie - dis omdat hulle bang sou wees
> dat jy die mense sal oortuig! Daarmee het jy nie oor hulle dade uitspraak
> gegee nie, maar oor wat hulle dink, hulle vrese, gevoelens, ens. ---Bloot omdat hulle nie teenstand duld nie.
>
Re: Geloof [boodskap #111978 is 'n antwoord op boodskap #111952] Ma, 08 Januarie 2007 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Goed gedoen!

"Torreke" skryf in boodskap news:enst13$929$10@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:enkrif$b4d$5@ctb-nnrp2.saix.net...

>>> Jy "preek" nie, maar jy kan ook nie argumenteer nie!
>> ----Dan maak dit twee van ons.
>
> Jy en Annette!
>
Re: Geloof [boodskap #112003 is 'n antwoord op boodskap #111971] Di, 09 Januarie 2007 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Jy het nie die emosionele krag in jou hele lyf wat De la Rey in sy
>> kleintoontjie gehad het nie!
> ----Hoe sal jy weet? De la Rey? Kwyl jy ook oor Bok van Blerk se
> liedjie, die dat dit vashaak by jou? Hoe het jy enige idee wat ek al
> bereik het in die weermag op my dae?

Niks met Bok van Blerk se liedjie te doen nie - ek het laaaaaank voor Bok
van Blerk se liedjie al op hierdie ng in 'n gesprek met Ferdi oor Siener van
Rensburg my kennis oor De la Rey gewys. Van Blerk se liedjie gee maar flou
erkenning aan De la Rey - maar dis tog gepas dat hy na De la Rey roep om die
boere te kom "lei"

Lees gerus Meintjies: "De la Rey, The Lion of the West", die biografie oor
De la Rey, en "Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne". Volgens Neil Orpen, 'n
Britse (let wel) geskiedskrywer was De la Rey dié grootste militêre strateeg
van die oorlog, albei kante in ag genome. Van die grootste militêre
oorwinnings van die Boere in die AB, o.a. Magersfontein, was aan sy militêre
strategie te danke. Die tipe loopgrawe en doringdraadversperrings wat hy by
Magersfontein gebruik het was 'n 1e in die geskiedenis! - 'n strategie wat
hy vir homself uitgewerk het! - en 'n strategie wat die Britte oorgeneem en
baie suksesvol in die 1e Wêreldoorlog gebruik het. Toe hulle by Vereniging
onderhandel was De la Rey die enigste Boeregeneraal wat die oorlog kon
voortsit met vol bandeliere, vol saalsakke en goeie kondisie perde - want hy
het wat hy nodig gehad het keer op keer suksesvol by die Engelse gaan
afneem. Sy vrou was die enigste v/d generaals se vrouens wat nie in 'n
konsentrasiekamp beland het nie, altyd naby hom in die veld, en hy was die
enigste boeregeneraal wat 'n opponente generaal, Lord Methuen, kon vang -
Methuen was nogal gestuur om De la Rey te vang.

Ek gee nie om wat jy in die weermag bereik het nie - maar ek herhaal dat jy
nie in jou hele lyf die "guts" het wat De La Rey in sy kleintoontjie gehad
het nie. Jy kan jouself netso wel met Genl. Constand Viljoen probeer
vergelyk! - en ek twyfel of Constand Viljoen sal waag om voor te gee dat hy
emosioneel sterker as De la Rey is. Dat jy suggereer dat jy emosioneel
sterker is as 'n De la Rey, is bewys van jou verregaande arrogansie.

Jy kan seker raai? De la Rey was 'n diep gelowige man wat nie 'n enkele
veldslag aangepak het sonder om hom voor God in gebed te verootmoedig nie.

-----Hmmm! Oorle' Oupa wat stigterslid was van die die
Voortrekkerbeweging
> en wat moes gaan kamp sit omdat hy geweier het om vir die Britte te veg,
> stoere Afrikaner, en jy reken hy was bloot kwaadwillig om te sê dat ou Oom
> Paul bloot bang was? So jou geskiedenisskrywers reken anders. So what?
> Sam Nujoma is besig om die geskeidenis met 'n groot lieg vir homself reg
> te skryf.

En jou oorle' Oupa was seker 'n lid van die ZAR se Uitvoerende Raad ook?

En daar het geen twak-stories onder gewone burgers oor die feite van die
oorlog rondgeloop nie?

Lees gerus Louis Changuion: "Fotobiografie van Paul Kruger" en jy sal wel
weet wat die werklike storie is oor Kruger se reis na Europa. Kruger wou
nie gaan nie, die Uitvoerende Raad van die ZAR in oorleg met die Vrystaatse
regering het so besluit en hom daartoe verplig! Hoe anders was Koningin
Wilhelmina se oorlogskip, die Gelderland, so gerieflik byderhand? Pres.
MT Steyn het hom by Komatipoort gaan afsien voor sy vertrek!

> ---Wat beteken emosionele krag? Vir my beteken dit dat jy emosioneel nie
> vou nie en ook nie ondersteuning nodig het nie.

As jy beweer dat jy nog nooit emosioneel gevou het nie en nie emosionele
ondersteuning nodig het nie, LIEG JY!

>> Jy het beweer jy is emosioneel sterker as al hierdie mense wat hulle
>> emosionele krag in hulle geloof gevind het.
> ---Moet wees as hull nie die krag in hulleself kon vind nie.

En as jy beweer dat jy al jou emosionele krag net in jouself vind, LIEG JY
NOG MEER!

> Ek kon nog bygevoeg het: Jy is
>> emosioneel sterker as die mense wat op die brandstapels geklim het vir
>> hulle geloof! - wat vir die leeus gevoer is! - wat Parys se strate met
>> bloed geverf het, in die St. Bartholomeusnag!
> ----Moet wees, want jy is donners stupid om op 'n brandstapel te gaan klim
> vir iets wat jy nie eers kan bewys nie.

Nie so "stupid" as iemand wat netso min kan bewys dat hulle verkeerd is!
- wat téén die oorwig van waarskynlikheid in bereid is om die risiko te loop
om, wanneer hy doodgaan, dalk uit te vind dié ouens wat op die brandstapels
geklim het, was toe al die tyd tog reg nie.

> - en die Dorslandtrekkers en hulle
>> nasate wat Suidwes help mak maak het!
> ----Whoa nou! Nou stap jy op my terrein en die oorgrote meerderheid van
> die Dorslandtrekkers het getrek omdat hulle groter rykdom anderkant die
> grense gesien het en baie het gesterf van hulle eie onnosel besluite.
> Hulle sou dit ook nie gemaak het as daar nie redding gekom het van die
> hulp van buitepartye nie.

Ek het doelbewus die Dorslandtrekkers bygesleep!
Jy was natuurlik by toe hulle getrek het?
Waarom is ek nie verbaas dat jy hulle verkleineer nie?


> Christene is nie sonder sondes nie, Suidwester, christene is
>> mense wat hulle sondes besef, bely en hulle lewe en geluk nie by
>> hulleself en eie goeie hoedanighede soek nie, maar by God.
> -------So en as die sonde weer en weer gebeur? Dan word dit maar weer en
> weer vergewe? Dit los darem 'n wye deur ook vir droogmaak!

Dit werk nie met vergifnis van sondes soos met boetekaartjies nie, d.w.s.
elke keer wat jy oortree, moet jy kwytskelding kry of betaal nie! Jou
wanvoorstelling oor die sg. "delete"-knoppie is net dit - jou eie
wanvoorstelling!

>> Ai-ai, tog so belangrik! Dat hulle erge dinge gedoen het, weet ek -
>> hulle was sondaars! En as jy sê dat jy niks verkeerd gedoen het of doen
>> nie, LIEG JY!
> ----Wie het gesê ek's foutloos? Ek plaas net nie die verantwoordelikheid
> vir my dade oor op 'n vergifnis nie.

Nou wat maak jy met jou verantwoordelikheid?
Ware gelowiges plaas ook nie hulle verantwoordelikheid oor op vergifnis nie.
Re: Geloof [boodskap #112004 is 'n antwoord op boodskap #111976] Di, 09 Januarie 2007 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
>> Die antwoord is eenvoudig: Mense kom nie kerk toe om standpunt en
>> opponerende standpunt te hoor nie, mense kom kerk toe om die gemeenskap
>> van die heiliges te beoefen, d.i. gemeenskap met God en met
>> mede-gelowiges.
> ----Sal jy saamstem dit kan ook 'n vergadering van die Rapportryers of 'n
> plotieke party ook gewees het.....mense wat mede-gelowiges is in
> ideologie?

Ek volg nie jou redenasie nie.

> 'n
>> Kerkraad wat sou toestem dat iemand 'n ongeloofstandpunt in die erediens
>> kom stel, doen gewoon nie sy werk om oor die heiligheid van die erediens
>> toesig te hou nie.
> ----Hoekom nie? Sy/hul geloof behoort sterk genoeg te wees om enige
> aanslag tee te staan. Jy's net bang as jy onseker is.

Dit het NIKS met bang te doen nie! - dit het alles met die karakter van die
erediens te doen!
Die erediens het 'n "agenda" - soos enige vergadering! - en openbare debat
oor die bestaan van God is nie deel van die agenda nie! - en hoort nie op
die agenda nie!


>> Sou jy iemand toelaat om jou besigheid in te stap en jou vergadering met
>> jou werkers oor te neem om presies die teenoorgestelde vir hulle sê as
>> wat jy vir hulle sê? Natuurlik nie!
> -----Aangesien hy nie hulle salarisse betaal nie nie, ja.

Ja, natuurlik sal jy die geldjies gebruik om hulle te dwing om nie oortuig
te word nie - "Wiens brood ek eet..."
Maar jy systap eenvoudig netweer die argument, omdat jy nie gebore in staat
is om te kan sê "ek sien wat jy bedoel" nie.

>
> Netso min as wat 'n politieke party sy
>> teenstander sal toelaat om op sy vergadering te kom en die ander party se
>> standpunt te kom verkondig.

>> Maar as jy nou die man tot 'n openbare debat in die stadsaal uitgedaag
>> het, dan is dit 'n ander saak. As hy dan daarvoor weghardloop, sou ek
>> saamstem dat jy rede het om jou gat daarvoor af te lag.
> ---Net soos my gat sal moet waai as die een ou die ander uitdaag oor sy
> standpunt en die ander is te onseker om sy standpunt te verdedig!

Bedoelend?
Re: Geloof [boodskap #112005 is 'n antwoord op boodskap #111977] Di, 09 Januarie 2007 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < <skryf
>>> ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.

>> Nee, meneer, jy het gesê jy "weet waarom" hulle jou nie wou toelaat om
>> jou standpunt in die erediens te kom stel nie - dis omdat hulle bang sou
>> wees dat jy die mense sal oortuig! Daarmee het jy nie oor hulle dade
>> uitspraak gegee nie, maar oor wat hulle dink, hulle vrese, gevoelens,
>> ens.
> ---Bloot omdat hulle nie teenstand duld nie.

Dan erken jy dat jy oor ander mense gedagtes en gevoelens uitspraak lewer!
Dis vordering! - maar daar's nog geen erkenning dat dit per definisie
verkeerd is nie! - veral terwyl jy duidelik nie die kennis het oor wat
eintlik in die kerk aangaan nie en die beweegredes! Vgl. my ander pos
hieroor
Re: Geloof [boodskap #112006 is 'n antwoord op boodskap #111978] Di, 09 Januarie 2007 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
> He-he! Goed gedoen!

Dankie!
Re: Geloof [boodskap #112007 is 'n antwoord op boodskap #111963] Di, 09 Januarie 2007 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" <wrote
>> Jy en Annette!

> Dit was kerp, vlymskerp
> Hier het ek eenvoudig hardop uitgebars van die lag...-O

Dankie. Ek sien selfs Suidwester moes dit toegee...

> Yep, dit ís voorletters. Die van 'n ex- predikant vriend.

NG of Dopper?

>> Daar kan
>> duisend ouens rondspyker en niemand sê 'n woord nie, maar as 'n ds. dit
>> doen, haal dit die voorblad.
>
> Ek sit nou en krap in die argiewe.
> Jou brief van 21/12 - ek weet nie hoeveel mense hierdie (eensydige)
> forum volg nie, en indien daar meer mense is wat die waarde daarin
> raaksien, is dit iets om weer te lees.

Dankie!

Is "Dave" wat Suidwester gekillfile het en "DD" dieselfde Dave?
Re: Geloof [boodskap #112025 is 'n antwoord op boodskap #112007] Di, 09 Januarie 2007 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
, "Torreke"

> Is "Dave" wat Suidwester gekillfile het en "DD" dieselfde Dave?
>

Yep, dit is.
Ek hanteer files op my hardeskyf wat somtyds 'n halwe gig elk groot
is. En ek installeer en 'uninstall' heelwat programme.
Daarmee saam gebruik ek Norton Ghost wat dit enkele minute maak
om 'n image van die oorspronklike hardeskyf te herinstalleer.
Op die image het ek die naam DD gebruik, wat dan natuurlik terug is
wanneer ek 'n image terug sit. Ek glo jy sal weet waarvan ek praat,
d.i. die backup van 'n hele hardeskyf of gedeelte daarvan.
Re: Geloof [boodskap #112028 is 'n antwoord op boodskap #112003] Di, 09 Januarie 2007 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:envmr7$ld$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Ek gee nie om wat jy in die weermag bereik het nie - maar ek herhaal dat
> jy nie in jou hele lyf die "guts" het wat De La Rey in sy kleintoontjie
> gehad het nie. Jy kan jouself netso wel met Genl. Constand Viljoen
> probeer vergelyk! - en ek twyfel of Constand Viljoen sal waag om voor te
> gee dat hy emosioneel sterker as De la Rey is. Dat jy suggereer dat jy
> emosioneel sterker is as 'n De la Rey, is bewys van jou verregaande
> arrogansie.
----Nee seker so, maar daarteenoor kan jy ook nie so 'n stelling maak nie
want jy weet niks van my behalwe dit wat ek jou al vertel het nie!
>
> Jy kan seker raai? De la Rey was 'n diep gelowige man wat nie 'n enkele
> veldslag aangepak het sonder om hom voor God in gebed te verootmoedig nie.
-----Juis dit maak hom geestelik afhanklik, is dit nie? Een ding kan ek
jou verseker [en ek weet nogal], is dat jou geestelike afhanklikheid het
boggerall te doen met militêre strategie.
>
> En jou oorle' Oupa was seker 'n lid van die ZAR se Uitvoerende Raad ook?
----Nee wat, sommer net 'n Vrystater wat nie veel gedink het van die spul
Transvalers nie.
>
> Lees gerus Louis Changuion: "Fotobiografie van Paul Kruger" en jy sal wel
> weet wat die werklike storie is oor Kruger se reis na Europa. Kruger wou
> nie gaan nie, die Uitvoerende Raad van die ZAR in oorleg met die
> Vrystaatse regering het so besluit en hom daartoe verplig! Hoe anders was
> Koningin Wilhelmina se oorlogskip, die Gelderland, so gerieflik byderhand?
> Pres. MT Steyn het hom by Komatipoort gaan afsien voor sy vertrek!
----So jy vat een skrywer se woord en bou alles daarom? Wat jy alles sê
stry ek nie oor nie en as jy rondom jou kyk en luister sal jy agterkom dat
die politici en die man op die grond twee verskillende dinge praat oor
landsake vandag, die verlede, ens.

> As jy beweer dat jy nog nooit emosioneel gevou het nie en nie emosionele
> ondersteuning nodig het nie, LIEG JY!
----Jammer vir jou, maar ek het nog nooit die behoefte gehad om by iemand te
gaan aanklop vir hulp nie. Nie finansieel en ook nie emosioneel nie.
>
> En as jy beweer dat jy al jou emosionele krag net in jouself vind, LIEG JY
> NOG MEER!
----Hoekom soek jy my agter 'n deur waar jyself staan?

> Nie so "stupid" as iemand wat netso min kan bewys dat hulle verkeerd is!
> - wat téén die oorwig van waarskynlikheid in bereid is om die risiko te
> loop om, wanneer hy doodgaan, dalk uit te vind dié ouens wat op die
> brandstapels geklim het, was toe al die tyd tog reg nie.
----En hoe sal jy weet wat na die doodgaan gebeur? Het jy enige bewyse?
Twak man, as jy vrek dan's jy 'n karkas en schluss.
>
> Ek het doelbewus die Dorslandtrekkers bygesleep!
> Jy was natuurlik by toe hulle getrek het?
> Waarom is ek nie verbaas dat jy hulle verkleineer nie?
-----Hoekom sou jy dink ek verkleineer hulle, ou gabba? Omdat ek na die
werklikheid kyk en hulle swakhede raaksien en nie alles deur 'n pienk bril
aanstaar nie? Die sterftes onder die Dorslandtrekkers het voorgekom oor
gierigheid en die Afrikaners se onvermoë om saam te werk. Die eerste trek
was rustig en met min mense deur 'n gebied wat nie veel mense en hulle diere
kon hanteer nie. Toe hoor die spul in die Transvaal hiervan en hulle
spring met 'n groot klomp waens deur die woestyn en vrek soos vlieë.
Maklik om te sê dit was die Here wat hulle beproef het, maar eintlik was dit
veel meer simpel: Hul gierigheid om by die rykdomme uit te kom het gemaak
dat hulle holle myle voor gesonde verstand te stand gekom het. Dit was
geen beproewing nie. Hulle het dit oor hulleself gebring.

> Dit werk nie met vergifnis van sondes soos met boetekaartjies nie, d.w.s.
> elke keer wat jy oortree, moet jy kwytskelding kry of betaal nie! Jou
> wanvoorstelling oor die sg. "delete"-knoppie is net dit - jou eie
> wanvoorstelling!
-----Vertel dan vir my dat as jy bid en vra om vergifnis, wat kwalifiseer
jou om vergewe te word?
>
> Nou wat maak jy met jou verantwoordelikheid?
> Ware gelowiges plaas ook nie hulle verantwoordelikheid oor op vergifnis
> nie.
----Ek analiseer die fout wat ek gemaak het en neem stappe om te voorkom dat
dit weer gebeur.
>
Re: Geloof [boodskap #112036 is 'n antwoord op boodskap #112004] Di, 09 Januarie 2007 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:envmr8$ld$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester"
>>> Die antwoord is eenvoudig: Mense kom nie kerk toe om standpunt en
>>> opponerende standpunt te hoor nie, mense kom kerk toe om die gemeenskap
>>> van die heiliges te beoefen, d.i. gemeenskap met God en met
>>> mede-gelowiges.
>> ----Sal jy saamstem dit kan ook 'n vergadering van die Rapportryers of 'n
>> plotieke party ook gewees het.....mense wat mede-gelowiges is in
>> ideologie?
>
> Ek volg nie jou redenasie nie. ---Dat jy 'n vergadering van enersdenkendes het?
>
> Dit het NIKS met bang te doen nie! - dit het alles met die karakter van
> die erediens te doen!
> Die erediens het 'n "agenda" - soos enige vergadering! - en openbare debat
> oor die bestaan van God is nie deel van die agenda nie! - en hoort nie op
> die agenda nie!
----Maar dan IS jy onseker! As jy seker van jou saak is sal jy bereid wees
omdit teen enige standpunt te toets en te slaag. Die feit dat jy nie
bereid is om dit te laat toets nie, wys jou eie twyfel.
>
>
> Ja, natuurlik sal jy die geldjies gebruik om hulle te dwing om nie oortuig
> te word nie - "Wiens brood ek eet..."
> Maar jy systap eenvoudig netweer die argument, omdat jy nie gebore in
> staat is om te kan sê "ek sien wat jy bedoel" nie.
----Ek systap nie. Ek sê bloot dat jy kak redeneer. Jy kan nie 'n
werkgewersituasie met 'n vrywilligersituasie vergelyk nie. Ek het 'n
kontrak met my werkers wat hulle vrye wil sover dit hulle dagtaak aangaan,
wegvat. Ek stel iemand aan om 'n werk te doen en ek gee vir hom die
spesifikasies van die werk. Kan hy dit doen soos ek dit wil hê, kry hy die
werk en ek betaal hom 'n billike fooi.
>

>> Netso min as wat 'n politieke party sy
>>> teenstander sal toelaat om op sy vergadering te kom en die ander party
>>> se standpunt te kom verkondig. ----Dan stem ek nie vir daardie party nie want dan is hy besig om te lieg.
>>> Maar as jy nou die man tot 'n openbare debat in die stadsaal uitgedaag
>>> het, dan is dit 'n ander saak. As hy dan daarvoor weghardloop, sou ek
>>> saamstem dat jy rede het om jou gat daarvoor af te lag.
>> ---Net soos my gat sal moet waai as die een ou die ander uitdaag oor sy
>> standpunt en die ander is te onseker om sy standpunt te verdedig!
>
> Bedoelend?
-----Wat ek die hele tyd vir jou sê. As jy sekerheid het sal jy enige
toets weerstaan. Hoekom is jy bang?
>
Re: Geloof [boodskap #112038 is 'n antwoord op boodskap #112005] Di, 09 Januarie 2007 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:envmr9$ld$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.
>
>>> Nee, meneer, jy het gesê jy "weet waarom" hulle jou nie wou toelaat om
>>> jou standpunt in die erediens te kom stel nie - dis omdat hulle bang sou
>>> wees dat jy die mense sal oortuig! Daarmee het jy nie oor hulle dade
>>> uitspraak gegee nie, maar oor wat hulle dink, hulle vrese, gevoelens,
>>> ens.
>> ---Bloot omdat hulle nie teenstand duld nie.
>
> Dan erken jy dat jy oor ander mense gedagtes en gevoelens uitspraak lewer!
> Dis vordering! - maar daar's nog geen erkenning dat dit per definisie
> verkeerd is nie! - veral terwyl jy duidelik nie die kennis het oor wat
> eintlik in die kerk aangaan nie en die beweegredes! Vgl. my ander pos
> hieroor
-----Ek verskil van jou. Enige instansie, of hy nou kerk of politieke
party mag wees, moet so seker wees van sy standpunt dat hy bereid is om dit
teen enige teenstand te toets en die toets sal deurstaan. Jy onthou nie
die konteks waarin dit gesê is nie. Ek gaan nie kerk toe nie en die ou het
vir my gesê ek moet na die man gaan luister en die ou sal my oortuig dat ek
verkeerd is om nie kerk toe te gaan nie. Hoekom kan ek nie my eie
verteenwoordiger saambring wat vir hulle die ander kant van die saak stel
juis oor hoekom jy nie moet kerk toe gaan nie? Dis presies hoe julle
kerkers is. Julle dink almal julle het volledige wysheid in pag en julle
glo vas dat julle op die regte pad is na die een of ander paradys toe. Ek
sê nonsens, jy skep jou eie paradys op aarde en ek het niemand se
handegeklap of singery nodig om my in die regte 'mood' te kry om ontvanklik
te wees vir indoktrinasie deur die spreker nie. Jy kan dit nou mooi
omsuiker en vertel dis gelowiges wat saam verkeer.....ek sê dis mense wat
nie vir hulleself wil dink nie wat daar vergader. Dis mense wat 'n
verskoning soek vir hulle swakhede waarvoor hulle nie self
verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Dan staan die mense soos jy bakhand
by die deure en maak die geld bymekaar wat hierdie mense moet betaal vir
hierdie gemoedsrus.
Wat maak dit van jou? Lekker slaap, hoor!
Re: Geloof [boodskap #112048 is 'n antwoord op boodskap #112036] Wo, 10 Januarie 2007 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <wrote
>> Ek volg nie jou redenasie nie.
> ---Dat jy 'n vergadering van enersdenkendes het?

Nie enersdenkendes nie, maar wel energelowiges, ja!

>> Dit het NIKS met bang te doen nie! - dit het alles met die karakter van
>> die erediens te doen!
>> Die erediens het 'n "agenda" - soos enige vergadering! - en openbare
>> debat oor die bestaan van God is nie deel van die agenda nie! - en hoort
>> nie op die agenda nie!
> ----Maar dan IS jy onseker! As jy seker van jou saak is sal jy bereid
> wees omdit teen enige standpunt te toets en te slaag. Die feit dat jy
> nie bereid is om dit te laat toets nie, wys jou eie twyfel.

Strooi man! 'n Mens hou jou by die agenda van 'n vergadering en by die
punte van bespreking - indien nie, is jy buite orde en kan die voorsitter
jou eenvoudig stilmaak. Om in 'n erediens 'n debat oor die bestaan van God
te voer, is gewoon buite orde - punt klaar.

As jy so 'n debat wil voer, belê jy 'n vergadering vir 'n ander tyd 'n plek
en een waarvan dit die enigste agendapunt is.

>> Ja, natuurlik sal jy die geldjies gebruik om hulle te dwing om nie
>> oortuig te word nie - "Wiens brood ek eet..."
>> Maar jy systap eenvoudig netweer die argument, omdat jy nie gebore in
>> staat is om te kan sê "ek sien wat jy bedoel" nie.
> ----Ek systap nie. Ek sê bloot dat jy kak redeneer. Jy kan nie 'n
> werkgewersituasie met 'n vrywilligersituasie vergelyk nie. Ek het 'n
> kontrak met my werkers wat hulle vrye wil sover dit hulle dagtaak aangaan,
> wegvat. Ek stel iemand aan om 'n werk te doen en ek gee vir hom die
> spesifikasies van die werk. Kan hy dit doen soos ek dit wil hê, kry hy
> die werk en ek betaal hom 'n billike fooi.

Terug op die vlak van purgasie?

>
>>> Netso min as wat 'n politieke party sy
>>>> teenstander sal toelaat om op sy vergadering te kom en die ander party
>>>> se standpunt te kom verkondig.
> ----Dan stem ek nie vir daardie party nie want dan is hy besig om te lieg.

Dan stem jy vir geen party nie?

>>>> Maar as jy nou die man tot 'n openbare debat in die stadsaal uitgedaag
>>>> het, dan is dit 'n ander saak. As hy dan daarvoor weghardloop, sou ek
>>>> saamstem dat jy rede het om jou gat daarvoor af te lag.
>>> ---Net soos my gat sal moet waai as die een ou die ander uitdaag oor sy
>>> standpunt en die ander is te onseker om sy standpunt te verdedig!

>> Bedoelend?
> -----Wat ek die hele tyd vir jou sê. As jy sekerheid het sal jy enige
> toets weerstaan. Hoekom is jy bang?

Ag strooi, man. Dit gaan oor die plek waar jy die debat wou voer, nie oor
die inhoud nie! 'n Mens maak nie toilet op die strand nie - dan sluit hulle
jou toe! Jou hou nie debat in die erediens nie, dan's jy buite orde, jy hou
dit in die stadsaal.

Maar natuurlik sal jy nie toegee nie, want dan val jou hele storie oor jou
gat wat jy sg. afgelag het, plat! - dan bewys jou storie nie meer dat die
kerk bang is nie, dan bewys dit dat jy géén diskresie het nie!
Re: Geloof [boodskap #112063 is 'n antwoord op boodskap #112038] Do, 11 Januarie 2007 05:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:eo09qh$4i8$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:envmr9$ld$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > ----Nie in hul gedagtenis nie, broer. In hul dade.
>>
>>>> Nee, meneer, jy het gesê jy "weet waarom" hulle jou nie wou toelaat om
>>>> jou standpunt in die erediens te kom stel nie - dis omdat hulle bang
>>>> sou wees dat jy die mense sal oortuig! Daarmee het jy nie oor hulle
>>>> dade uitspraak gegee nie, maar oor wat hulle dink, hulle vrese,
>>>> gevoelens, ens.
>>> ---Bloot omdat hulle nie teenstand duld nie.

Daar gaat jy alweer al in die rondte, so al om...


>> Dan erken jy dat jy oor ander mense gedagtes en gevoelens uitspraak
>> lewer!
>> Dis vordering! - maar daar's nog geen erkenning dat dit per definisie
>> verkeerd is nie! - veral terwyl jy duidelik nie die kennis het oor wat
>> eintlik in die kerk aangaan nie en die beweegredes! Vgl. my ander pos
>> hieroor
> -----Ek verskil van jou. Enige instansie, of hy nou kerk of politieke
> party mag wees, moet so seker wees van sy standpunt dat hy bereid is om
> dit teen enige teenstand te toets en die toets sal deurstaan. Jy onthou
> nie die konteks waarin dit gesê is nie. Ek gaan nie kerk toe nie en die
> ou het vir my gesê ek moet na die man gaan luister en die ou sal my
> oortuig dat ek verkeerd is om nie kerk toe te gaan nie. Hoekom kan ek
> nie my eie verteenwoordiger saambring wat vir hulle die ander kant van die
> saak stel juis oor hoekom jy nie moet kerk toe gaan nie? Dis presies hoe
> julle kerkers is. Julle dink almal julle het volledige wysheid in pag en
> julle glo vas dat julle op die regte pad is na die een of ander paradys
> toe. Ek sê nonsens, jy skep jou eie paradys op aarde en ek het niemand
> se handegeklap of singery nodig om my in die regte 'mood' te kry om
> ontvanklik te wees vir indoktrinasie deur die spreker nie. Jy kan dit
> nou mooi omsuiker en vertel dis gelowiges wat saam verkeer.....ek sê dis
> mense wat nie vir hulleself wil dink nie wat daar vergader. Dis mense
> wat 'n verskoning soek vir hulle swakhede waarvoor hulle nie self
> verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Dan staan die mense soos jy bakhand
> by die deure en maak die geld bymekaar wat hierdie mense moet betaal vir
> hierdie gemoedsrus.
> Wat maak dit van jou? Lekker slaap, hoor!

Dieselfde ou stellings wat jy "herhaal en herhaal en herhaaaaaaaal...."

Ek sê sommer reguit vir jou jy't nie die verstand in jou hele lyf wat 'n
Johan Heyens, JD du Toit of Tjaart van der Walt in hulle kleintoontjies
gehad het/het nie. Jy't ook nie 'n greintjie van hulle karakter of finesse
om soos 'n opgevoede
mens 'n diskussie te voer nie!

Ons het net jou woord vir wat die kerkman gesê het en
dit het lankal duidelik geword dat jy gebeure keer-op-keer plooi om jou te
pas.

Ek dink ons kan maar ooreenkom dat ons nie oor hierdie een sal saamstem nie
en dit daarby laat - nie dat ek dink daar is enigiets waar dit by geloof kom
waaroor ons sal saamstem nie.
Re: Geloof [boodskap #112067 is 'n antwoord op boodskap #112028] Do, 11 Januarie 2007 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester" <wrote
>> Ek gee nie om wat jy in die weermag bereik het nie - maar ek herhaal dat
>> jy nie in jou hele lyf die "guts" het wat De La Rey in sy kleintoontjie
>> gehad het nie. Jy kan jouself netso wel met Genl. Constand Viljoen
>> probeer vergelyk! - en ek twyfel of Constand Viljoen sal waag om voor te
>> gee dat hy emosioneel sterker as De la Rey is. Dat jy suggereer dat jy
>> emosioneel sterker is as 'n De la Rey, is bewys van jou verregaande
>> arrogansie.
> ----Nee seker so, maar daarteenoor kan jy ook nie so 'n stelling maak nie
> want jy weet niks van my behalwe dit wat ek jou al vertel het nie.

Ek weet genoeg om intelligent te kan raai! En, soos jy self erken, jy is
nie in Constand Viljoen se klas nie!

Jy weet ook niks meer van my weet as wat ek jou vertel het nie.

Anders as met Jan Spies, ken ek nie net die TV-beeld van Constand Viljoen
nie...!
En Constand Viljoen IS in De la Rey se klas!!!
- maar, soos jy saamstem, selfs hy sal waarskynlik nie so verwaand wees om
homself emosioneel De la
Rey se meerdere te noem nie.


>> Jy kan seker raai? De la Rey was 'n diep gelowige man wat nie 'n enkele
>> veldslag aangepak het sonder om hom voor God in gebed te verootmoedig
>> nie.
> -----Juis dit maak hom geestelik afhanklik, is dit nie? Een ding kan ek
> jou verseker [en ek weet nogal], is dat jou geestelike afhanklikheid het
> boggerall te doen met militêre strategie.

Natuurlik het emosionele krag niks met militêre strategie te doen nie -
selfs 'n ou met gorrelgrade kan dit verstaan!

Maar iemand se emosionele krag het wel deeglik te doen met jou moed om die
vyand
storm te loop. De la Rey was nie net uitstaande militêre strateeg nie, hy
en sy kommando het netso beroemd geword vir die wyse waarop hulle
doodsveragtend die vyand te perd stormgejaag het. Daar is selfs 'n
reëltjie in 'n gedig daaroor: "Appel, my ryperd..." "met De la Rey het ons
stormgejaag". De la Rey was voortdurend doodsveragtend aan die beweeg, ook
wanneer sy troepe staties in stellings gelê het. Dis omdat hy bereid was
om deur die vuur
vir sy manskappe te gaan, dat hulle bereid was om deur die vuur vir hom te
gaan! Selfs toe sy oudste seun redelik vroeg in die oorlog onder sy bevel
gesneuwel het, het dit niks
van sy militêre waagmoed weggevat nie! Hy het nie verniet die bynaam "Leeu
van Wes-Transvaal" gekry nie.

Maar anders as ek en jy, het De la Rey nie 'n groot bek gehad nie! Hy was
'n baie stil mens en het nie oor sy militêre prestasies loop en spog nie! -
een van die redes waarom dit nie so wyd bekend geword het as dié van De Wet
en Botha, die ander twee lede van die groot driemanskap nie!

Hy was daarby ook baie nederig - die toonbeeld van die galante heer teenoor
sy verslaande vyande wat seker gemaak het dat hy hulle met dieselfde respek
as sy eie mense behandel. Toe hy by Methuen kom waar dié gewond onder sy
gevalle perd lê, het hy simpatiek oor hom gebuig, hand uitgesteek, en vir
hom gesê: Ek is jammer om jou in dié toestand aan te tref, my vriend!
Methuen het geantwoord: Dis oorlog, my vriend! Hy het Methuen 'n paar dae
later teruggestuur na die Britse magte omdat die Boere nie oor die nodige
mediese versorging beskik het om hom behoorlik te verpleeg nie. Hierdie
grootse daad het hom die kritiek van sy mede-boeregeraals op die hals
gehaal, die bewondering van die wêreld en lewenslange vriendskap met
Methuen!

'n Emosionele swakkeling? Se voet in 'n visblik!


>> En jou oorle' Oupa was seker 'n lid van die ZAR se Uitvoerende Raad ook?
> ----Nee wat, sommer net 'n Vrystater wat nie veel gedink het van die spul
> Transvalers nie.

Nou begin ons nader aan die waarheid kom: die provinsialistiese vooroordeel
van
gewone burgers!


>> Lees gerus Louis Changuion: "Fotobiografie van Paul Kruger" en jy sal wel
>> weet wat die werklike storie is oor Kruger se reis na Europa. Kruger wou
>> nie gaan nie, die Uitvoerende Raad van die ZAR in oorleg met die
>> Vrystaatse regering het so besluit en hom daartoe verplig! Hoe anders
>> was Koningin Wilhelmina se oorlogskip, die Gelderland, so gerieflik
>> byderhand? Pres. MT Steyn het hom by Komatipoort gaan afsien voor sy
>> vertrek!
> ----So jy vat een skrywer se woord en bou alles daarom? Wat jy alles sê
> stry ek nie oor nie en as jy rondom jou kyk en luister sal jy agterkom dat
> die politici en die man op die grond twee verskillende dinge praat oor
> landsake vandag, die verlede, ens.

Nee, ek bou nie alles om een skrywer nie, daar is baie bronne daaroor! Ek
weet politici plooi die geskiedenis om hulleself te pas. Maar Kruger het
nie weggehardloop omdat hy bang was nie - en dis nie 'n "cover-up" storie
nie. Hy was oud en sieklik en kon nie op kommando gaan nie - as hy by die
huis in Pta sou bly, sou hy waarskynlik (soos sy vrou) in Britse hande geval
het, wat die moreel van die oorlogspoging 'n ernstige knou sou gee. Hy het
katarakte gehad wat hom byna blind gelaat het wat verwyder moes word. En
die twee regerings het gehoop dat hy die bemiddeling van die Europese
moondhede kon kry, veral Duitsland,
om die oorlog stop te sit. Maar Frankryk was onwillig om betrokke te raak
en die Duitse owerheid wou hom nie eens te
woord staan nie - Die Boere het vergeet dat Keiser Wilhelm 'n nasaat van
Koningin Victoria is! - en hy het onverrigter sake na Nederland gegaan - om
uiteindelik as balling te sterf. 'n Mens hoef maar net al die gedigte te
lees wat deur soveel Afrikaanse skrywers geskryf is oor sy ballingskap en
wat die vir die moreel van die Afrikanervolk beteken het, mense wat beslis
die waarheid moes geweet het, om te weet die storie van bang-wees wat in die
Vrystaat rondgeloop het, is twak.

Die beroemde Vrystaatse (LW) generaal, De Wet, het by Kruger se begrafnis
gesê: Sy dade leef voort en spreek nog tot ons, ja, sal eers nou werklik tot
ons spreek as ons reg waardeer wat God (LW) ons in hom gegee het.

Jy en jou oorle' oupa is ook nie in De Wet se klas nie, of is julle?

>
>> As jy beweer dat jy nog nooit emosioneel gevou het nie en nie emosionele
>> ondersteuning nodig het nie, LIEG JY!
> ----Jammer vir jou, maar ek het nog nooit die behoefte gehad om by iemand
> te gaan aanklop vir hulp nie. Nie finansieel en ook nie emosioneel nie.

Jy lieg as jy sê dat jy nooit by jou vrou "support" gesoek het of soek nie!
Dat jy sterk emosioneel kan reageer, het jy lankal duidelik op hierdie ng
met sommige van jou antwoorde gewys.

Maar ek kan my goed voorstel dat jy orals - selfs voor jou vrou! - die front
probeer voorhou van "cowboys don't
cry"! Feit is dat dit gewoonlik dié ouens is wat die meeste hulp nodig
het! - omdat hulle hulself nie toelaat om behoorlik uiting te gee nie.

Om te wil beweer dat jy nooit bang is nie, nooit onseker nie, nooit
emosioneel "af" nie, en daarom nooit behoefte aan ondersteuning het nie, is
gewoon nie waar nie! Daarmee ontken jy dat die basiese fisiologiese
prosesse wat in elke mens se brein plaasvind - d.i. die styging en daling
van serotonien-vlakke! - ook in jou brein gebeur! Dan praat ons nie eens
van die onwillekeurige afskeidings van adrenalien, endomorfien, etc. wat die
ligaam gebruik om die persoon te help om hom-/haarself teen werklike of
vermeende gevaar/pyn, ens. te beskerm nie! Hoe hoër die serotonien-vlakke
hoe opgeruimder is die persoon, hoe laer hoe meer terneergedruk. Daar is
kritiese grense vir albei waarbinne emosies as "normaal" beskou kan word.
Bipolêre mense (voorheen "manies-depressief " genoem) se kurwe gaan oor die
"normale" grense, d.w.s. in die "op"-fase (manies) is die opgewektheid
oor-optimisties en in die "neer"-fase te teneergedruk (depressief). Sg
flegmatiese persone se stygende en dalende kurwe is baie kleiner -
waarskynlik vér binne die grense! - maar daar is GEEN mens wat nie 'n
fluktuasie van emosies ervaar nie, behalwe 'n DOOIE! En jy het baie beslis
nie 'n flegmatiese persoonlikheid nie!

Trouens, al sou jy dit NOOIT hier voor almal erken nie - waarskynlik nie
eers teenoor jouself erken nie! - die feit dat jy my knaend uitsoek om mee
te argumenteer, is 'n indikasie van 'n diep emosionele behoefte, veel eerder
as 'n intellektuele een! Jy is emosioneel soekend! - netsoos 'n tienerseun
wat 'n akkedis in 'n meisie se tas sit!


>> En as jy beweer dat jy al jou emosionele krag net in jouself vind, LIEG
>> JY NOG MEER!
> ----Hoekom soek jy my agter 'n deur waar jyself staan?

Kyk hierbo!

>
>> Nie so "stupid" as iemand wat netso min kan bewys dat hulle verkeerd is!
>> - wat téén die oorwig van waarskynlikheid in bereid is om die risiko te
>> loop om, wanneer hy doodgaan, dalk uit te vind dié ouens wat op die
>> brandstapels geklim het, was toe al die tyd tog reg nie.
> ----En hoe sal jy weet wat na die doodgaan gebeur? Het jy enige bewyse?
> Twak man, as jy vrek dan's jy 'n karkas en schluss.

Kyk hoe weerspreek jy jouself in 3 sinne?!!! In dieselfde asem sê jy ons
weet nie wat na die dood gebeur nie, en dan onmiddelik daarna gee jy voor om
wel te weet wanneer jy sê: Jy's net 'n karkas.

Nou sê ek maar weer vir jou: Ouens wat op die brandstapel klim terwyl hulle
glo in 'n lewe na die dood maar dit nie kan bewys nie, is nie so stupid as
ouens
wat sonder enige bewys die risiko loop om later uit te vind dat daar nie net
'n karkas oorbly nie! - al ontduik hulle ook hier die brandstapel. As
die brandstapelklimmers verkeerd is, sal hulle dit nie eens weet nie!
Maar as hulle reg is, wag daar 'n veel erger brandstapel aan die ander kant
vir die een wat hulle nie wou glo nie!

Ek het persoonlik te veel sterfbedervarings gesien dat my geloof aan lewe na
die dood, blote teorie is! - Dan dink ek nie eens aan die oorweldigende en
gelykluidende getuienis van oor die hele wêreld oor die "near death
experience" van mense wat deurgehaal en teruggekom het om te vertel wat
hulle ervaar het nie.


>> Ek het doelbewus die Dorslandtrekkers bygesleep!
>> Jy was natuurlik by toe hulle getrek het?
>> Waarom is ek nie verbaas dat jy hulle verkleineer nie?
> -----Hoekom sou jy dink ek verkleineer hulle, ou gabba? Omdat ek na die
> werklikheid kyk en hulle swakhede raaksien en nie alles deur 'n pienk bril
> aanstaar nie? Die sterftes onder die Dorslandtrekkers het voorgekom oor
> gierigheid en die Afrikaners se onvermoë om saam te werk. Die eerste
> trek was rustig en met min mense deur 'n gebied wat nie veel mense en
> hulle diere kon hanteer nie. Toe hoor die spul in die Transvaal hiervan
> en hulle spring met 'n groot klomp waens deur die woestyn en vrek soos
> vlieë. Maklik om te sê dit was die Here wat hulle beproef het, maar
> eintlik was dit veel meer simpel: Hul gierigheid om by die rykdomme uit
> te kom het gemaak dat hulle holle myle voor gesonde verstand te stand
> gekom het. Dit was geen beproewing nie. Hulle het dit oor hulleself
> gebring.

Jy kap nou op al hulle foute en sny goed soos "beproewings" aan, ens. - Dat
hulle dom was om die Kalahari aan te pak sonder die nodige kennis of gidse,
is 'n feit! - maar eintlik gaan die gesprek oor "emosionele krag", of het
jy vergeet?

Ek dink jy is die laaste persoon om vingers na ander mense te wys oor
"gierigheid"!!!

>
>> Dit werk nie met vergifnis van sondes soos met boetekaartjies nie, d.w.s.
>> elke keer wat jy oortree, moet jy kwytskelding kry of betaal nie! Jou
>> wanvoorstelling oor die sg. "delete"-knoppie is net dit - jou eie
>> wanvoorstelling!
> -----Vertel dan vir my dat as jy bid en vra om vergifnis, wat kwalifiseer
> jou om vergewe te word?

As jy 'n ware gelowige is, is jy laaankaal vergewe! - 2000 jaar gelede al
toe die skuld daarvoor betaal is! Ook die "misstakes" wat jy nog gaan maak,
is laaaankaaal vergewe! Ek herhaal, dit werk nie soos 'n boetekaartjie nie.

En voor jy weer vir my sê: Dit maak mense ongeerg... Die Heidelbergse
Kategismus antwoord die vraag: "Maak hierdie leer nie sorgelose en goddelose
mense nie?" met: "Nee, want dis onmoontlik dat die wat deur 'n ware geloof
in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie".


>> Nou wat maak jy met jou verantwoordelikheid?
>> Ware gelowiges plaas ook nie hulle verantwoordelikheid oor op vergifnis
>> nie.
> ----Ek analiseer die fout wat ek gemaak het en neem stappe om te voorkom
> dat dit weer gebeur.

En as dit weer gebeur?
en weer?
en weer?

En moenie vir my sê dat jy nie dieselfde foute weer-en-weer maak nie, want
dan sou jy 'n volmaakte mens
wees!!!

Eenvoudige voorbeelde: Soek jy NOOIT na iets wat jy êrens neergesit het en
nie kan onthou waar nie? Ry jy nooit per ongeluk die verkeerde pad omdat jy
onbewus 'n bekende roete gaan nie?
Re: Geloof [boodskap #112088 is 'n antwoord op boodskap #111972] Vr, 12 Januarie 2007 05:51 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nog nie tyd gehad om op hierdie een te reageer of webbladsy te besoek nie.

Net om te laat weet dat ek jou nie bloot ignoreer nie.

"Dave" skryf in boodskap news:9mh4q21m550u1oeej4m5urelf7ejj6pb31@4ax.com...
> On Mon, 08 Jan 2007 13:53:00 +0200, Dave wrote:
>
>

>> Ek sit nou en krap in die argiewe.
>> Jou brief van 21/12 - ek weet nie hoeveel mense hierdie (eensydige)
>> forum volg nie, en indien daar meer mense is wat die waarde daarin
>> raaksien, is dit iets om weer te lees.

>> Dave
>
>
> Ek het daaraan gedink om 'n paar URL's by te voeg,
> maar was besig met meer as een ding, en pos dit
> dus nou.
>
> DD
>
>
>
>
> Dr. Craig's Opening Speech
> http://www.leaderu.com/offices/billcraig/docs/craig-pigliucc i1.html
>
>
> http://www.doesgodexist.org/
> http://www.everystudent.com/features/isthere.html
> http://www.allaboutgod.com/does-god-exist.htm
> http://www.godlessgeeks.com/LINKS/GodProof.htm
>
>
>
>
>
> A man went to a barbershop to have his hair cut and his beard trimmed.
>
> As the barber began to work, they began to have a good
> conversation.
>
> They talked about so many things and various subjects. When they
> eventually touched on the subject of God, the
> barber said: "I don't believe that God exists."
>
> "Why do you say that?" asked the customer. "Well, you just have to go
> out in the street to realize that God doesn't exist.
>
> Tell me, if God exists, would there be so many sick people? Would
> there be abandoned children?
>
> If God existed, there would be neither suffering nor pain. I can't
> imagine a loving God who would allow all of these
> things."
>
> The customer thought for a moment, but didn't respond
> because he didn't want to start an argument. The barber finished his
> job and the customer left the shop.
>
> Just after he left the barbershop, he saw a man in the street with
> long, stringy, dirty hair and an untrimmed beard. He looked dirty and
> unkempt.
>
> The customer turned back and entered the barber shop again and he said
> to the barber: "You know what? Barbers do not exist."
>
> "How can you say that?" asked the surprised barber.
>
> "I am here, and I am a barber. And I just worked on you!" "No!" the
> customer exclaimed. "Barbers don't exist because if they did, there
> would be no people with dirty long hair and untrimmed beards, like
> that man outside."
>
> "Ah, but barbers DO exist! That's what happens when people do not come
> to me."
>
> "Exactly!" affirmed the customer. "That's the point!
> God, too, DOES exist! That's what happens when people do not go to Him
> and don't look to Him for help.
>
> That's! why there's so much pain and suffering in the world."
>
Vorige onderwerp: Liberale Verdraaiings van die Bybel
Volgende onderwerp: Oor ongeloof en geloof (Torreke)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:22:08 MGT 2024