Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Betekenis en korrrekte gebruik van "FOK"
Betekenis en korrrekte gebruik van "FOK" [boodskap #111637] Vr, 01 Desember 2006 07:14
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
In die gees van gasvryheid en hulpvaardigheid van ons ou nasietjie hierdie bydrae.

Aangesien hier mense is wat klaarblyklik nog nie veel kennis gemaak het met die
egte sprekers van die taal Afrikaans nie, moet ons diegene maar help. Ons is tog
bekend daarvoor dat ons lekker en gereeld kan vloek. Dit grief my effens dat een
van ons gereelde bydraers egter nie die korrekte gebruik van Afrikaans en veral
kragwoorde mooi onder die knie het nie. Hopelik is hierdie die eerste van vele artikels
om die arme vent se kennis ietwat te verbreed. Alhoewel hy geheel en al verstandelik
versteurd is moet ek met hom saamstem: Afrikaans is befok!

Die taalgesag had die volgende te sê in
http://www.boerseun.com/afrikaans/die-unieke-afrikaanse-fok/
Daarby wil ek nog een gebruik voeg: bewondering, bv soos in
"Charlize Theron is befok" of "Sy nuwe Lamborghini ry befok".

Oor na die professor:

Die pennevrug van prof. Johan Combrinck, voormalige Voorsitter van die
Taalkommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns.

DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK"
Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die
leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy
klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.
Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.
Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as
onoorganklike werkwoord (Aag fok), as bevel (Fok dit!), in die
bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is
jy gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde
(aanfok, opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok,
agternafok), ens of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele
ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie), of as
persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as
nabepaling by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok,
wanneer de fok, ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken
tyd vandaan kry?), as bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap), en as
uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself
ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:
Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?
Bedrog: Die motorhawe het my befok.
Ontsteltenis: Ag fokkit!
Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.
Aggressie: Fok jou!
Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?
Walging: Fok my!
Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.
Inkompetensie: Hy fok alles op.
Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?
Verdwaal: Nou weet ek not 'n fok waar ek is nie.
Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede
(Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken
Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in
fokken Durban), of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van
hartlikheid drup (Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!
Vorige onderwerp: Positief Suid Afrikaans
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:59:54 MGT 2024