Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Die lied van jonk Suid-Afrika
Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111168] Do, 21 September 2006 16:36 na volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd gesweef;
Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
Die lied van 'n volk se ontwakening,
Wat harte laat sidder en beef.

Die klop van ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het in klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewenend gefluister:
Dit is die KOMS van jonk Suid Afrika!

Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kejakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van jonk Suid Afrika

Die golwende veld is ons woning,
En ons dak is die hemelblou;
Die Vryheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en BOU"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het:
Dit is die EED van jonk Suid Afrika
Re: Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111169 is 'n antwoord op boodskap #111168] Vr, 22 September 2006 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
camerama skryf

> En hoor jy die magtige dreuning
> Oor die veld kom dit wyd gesweef;
> Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
> Rys dawerend luid die akkoorde:
> Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
> Die lied van 'n volk se ontwakening,
> Wat harte laat sidder en beef.

Waar het jy hierdie versie van "Die lied
van jonG Suid-Afrika" opgetel? Dit verskil
taamlik gereeld van die woorde wat in die
FAK Volksangbundel staan. Dit mis byvoor-
beeld reël drie en vier van die eerste versie.

Gloudina
Re: Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111171 is 'n antwoord op boodskap #111169] Vr, 22 September 2006 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Sep 2006 07:37:51 -0700, "Hessie" wrote:

> Waar het jy hierdie versie van "Die lied
> van jonG Suid-Afrika" opgetel? Dit verskil
> taamlik gereeld van die woorde wat in die
> FAK Volksangbundel staan. Dit mis byvoor-
> beeld reël drie en vier van die eerste versie.
>
> Gloudina

Ek dink ek weet: Patrick het waarskynlik daardie reëls self daarby
geskryf..

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
Re: Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111172 is 'n antwoord op boodskap #111169] Vr, 22 September 2006 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hallo Gloudina,
Ek het dit gekry uit die boedel van my oorlede ouma, sy het dit waarskynlik
oorgeskryf want dis in haar eie handskrift geskryf.
Ek sou benuut wees 'n origineel daarvan te lees, sal jy dit hier op die
NG wil sit asseblief.
Dankie hoor,
Patrick

In article , Hessie wrote:
>
> camerama skryf
>
>> En hoor jy die magtige dreuning
>> Oor die veld kom dit wyd gesweef;
>> Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
>> Rys dawerend luid die akkoorde:
>> Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
>> Die lied van 'n volk se ontwakening,
>> Wat harte laat sidder en beef.
>
> Waar het jy hierdie versie van "Die lied
> van jonG Suid-Afrika" opgetel? Dit verskil
> taamlik gereeld van die woorde wat in die
> FAK Volksangbundel staan. Dit mis byvoor-
> beeld reël drie en vier van die eerste versie.
>
> Gloudina
>
Re: Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111173 is 'n antwoord op boodskap #111172] Vr, 22 September 2006 23:23 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
camerama skryf

> Ek het dit gekry uit die boedel van my oorlede ouma, sy het dit wwatskynlik
> oorgeskryf want dis in haar eie handskrift geskryf.

Tik "Die Lied van Jong Suid-Afrika" op Google,
en as jy dit nie onmiddellik kry nie, die woord
"Eitemal" daarnaas, en dan sal jy die woorde
kry.
Interessant dat jou ouma die woorde uitgeskryf
het. Weet jy omtrent watter jaar sy dit gedoen
het?

Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaanse musiek
Volgende onderwerp: Bok Van Blerk Se Song
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:46:57 MGT 2024