Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » SKRYF AFRIKAANSE SONG EN WEN R 50 000
SKRYF AFRIKAANSE SONG EN WEN R 50 000 [boodskap #110848] Vr, 28 Julie 2006 07:52
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
SKRYF AFRIKAANSE SONG EN WEN R 50 000

Die ATKV nooi amateur liedjieskrywers van alle ouderdomme om deel te neem
aan 'n unieke liedjieskryfkompetisie, ATKV-CrescendoKreatief.

ATKV-Crescendo is reeds baie jare 'n huishoudelike naam in die Afrikaanse
musiekwêreld as 'n gewilde sangkompetisie. ATKV-Crescendo het egter vanjaar
'n nuwe baadjie aangetrek en word nou 'n kompetisie vir liedjieskrywers,
ATKV-CrescendoKreatief.

Amateur liedjieskrywers kan hul nuutgeskrewe werke, opgeneem op 'n CD, stuur
aan die ATKV. Teen die einde van Augustus word die inskrywings beoordeel
deur 'n beoorde-laarspaneel onder leiding van Lize Beekman. Die tien beste
liedjieskrywers word genooi om op die ATKV se koste deel te neem aan 'n
ligteliedjiewerkskool, aangebied by die ATKV-Klein-Karibavakansieoord net
buite Bela Bela (Warmbad) in Limpopo. Hierdie werkskool is 'n praktiese
kursus waartydens die skryf van musiek en liriek ontwikkel en geslyp word en
sal ook bygewoon word deur vanjaar se Top10 Afrikaanse Idols.

Aan die einde van die werkskool word die wenliedjie, uit hierdie
werkskooldeelnemers, aangewys. Die wenner kry die geleentheid om 'n
internasionale liedjieskryfskool by te woon ter waarde van R 50 000.

Daar word ook 'n openbare konsert beplan vir die einde van Desember
waartydens materiaal uit die werkskool uitgevoer sal word.

ATKV-CrescendoKreatief word aangebied in samewerking met MK89 en kykNET.

Vir meer inligting en om in te skryf, kliek op die ATKV-webwerf by
www.atkv.org.za of skakel Ilse Schürmann by 011 919 9000.

Sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Augustus 2006.

EINDE

Onderhoude kan gevoer word met: Ilse Schürmann
Kontaknommer: 082 851 7157

Picture: No
Submitted by Suzann Prinsloo
Telephone Number: 011 919 9014
Cellphone Number: 083 388 7529
Client's name: ATKV
Website: http://www.atkv.org.za
Vorige onderwerp: Vir Soois
Volgende onderwerp: Soek Afrikaanse musiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:05:51 MGT 2024