Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH
" Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #108496] Do, 02 Februarie 2006 21:03
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE SWART STAD
Breyten Breytenbach

weer jou veral teen die bitterheid, swart kind,
dit, en dat jy nie mag droom nie;
sorg dat jy nie verstik in rooi oë - gevis in slopemmer,
dat jou liggaam nie dik en galsterig word van die gal
wat pal deur jou fosfor-are gaan stoot
(tussen lyf en lyk dryf maar net twee letters sonder o);
knip en kam liewer gereeld jou papajaboom
en onthou die wolke tree op ook vir jou
en rotte eet vullis

ek wil onthou van 'n swart stad, swart kind
waar ook jy aan die somber lig swel;
seemeeue dans soos rooi ballonne bo die strand,
jy kan ook lag en ook uitbundig,
ook die water streel en dorpe sand bou
ook op en af hardloop langs honderde grappe

waak veral teen die slymerige swart papaja
van bitterheid, swart kind -
hy wat daarvan eet sterf op bajonette
en in biblioteke,
sterf alleen in die mond

kyk, oor die see gaan die son gebore word
en die son het 'n regterhand en 'n linkerhand
en hy sal bruin wees,
so warm en so bruin soos die kieliekele van hane

(Lourenco Marques)
Vorige onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 17:40:11 MGT 2024