Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musiek
Musiek [boodskap #10839] So, 21 September 1997 00:00
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Waar is die land

Waar is die land van ons voorvaders
Waar is die land van jou
Te veel probleme aan ons toevertrou
Waar is die land dan nou.

Deur al die oorloë het ons gekom
'n erf'nis wat deel maak van
'n toekoms vol drome waar almal kan
deel wees van die Skepper se plan

Koor:
Vreemde mense het die weg gebaan
maar het ons nou alleen laat staan
In hierdie land, deur bloed gebind
sal ons - ons weer vind

'n Nuwe wêreld word hier ontknoop
'n Wêreld wat deel maak van
'n Toekoms vol drome waar almal kan
deel wees van die Skepper se plan

Koor:

Snit van die nuwe CD Verre Lande van die nuwe opkomende
sanger: André Michael
Vorige onderwerp: Musiek
Volgende onderwerp: Musiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 12:32:13 MGT 2024