Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS
Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS [boodskap #108266] Sa, 21 Januarie 2006 13:22 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Die Vlakte"
Jan. F. E. Celliers

Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom 'n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot 'n stapelblou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en leef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai en dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent;
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterde van jaende perde
sy stingels golf en gooi.
Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer,
en dit ruis alom so deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n perde-kommando wat dreun oor die lande
vertrap en gésel hy -
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.
Re: Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS [boodskap #108290 is 'n antwoord op boodskap #108266] Di, 24 Januarie 2006 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
eric...  is tans af-lyn  eric...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2006
Karma: 0
Junior Lid
en soos mane en sterde van jaende perde

Dankie Hessie

Was dit sterde?
Re: Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS [boodskap #108291 is 'n antwoord op boodskap #108290] Di, 24 Januarie 2006 23:43 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
eric...@gmail.com skryf

> en soos mane en sterde van jaende perde
>
> Was dit sterde?

Ja, ek moet ook elke keer tweekeer kyk, maar
dit is hoe dit gespel word in my Groot Verseboek.
Ek dink dat Celliers besluit het dat "sterte" te
banaal sou klink, en effens komies. En onthou,
in sy dae was die spellings nog nie so vreeslik
diktatoriaal vasgelê deur die Akademie nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 02:01:14 MGT 2024