Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN
" Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108168] So, 15 Januarie 2006 13:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nuwe Jerusalem
D.J. Opperman

Ek voel waar heimlik armageddon
met groenspaan, ryp en die kalander kom

oor hierdie stad, die malva in die blik,
oor koring en hyskrane langs die skip,

dat alles in en om my heen in nood
reikhals na die verlossing deur my woord.

Ek gee my daeliks aan die skepping oor,
soos in 'n bus op pad na die kantoor,

ek, in 'n spel van vereenselwiging,
plakkaat word, perd, visjong en die sering

- die ryke baaierd van 'n vrou se gees
wat met bevrugting in vervoering sweef

oor afgronde en waters waar 'n God
ses dae aan die baaierd orden tot

'n nuwe aarde hang in die heelal:
stad uit die stad, kristal uit die kristal.
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108191 is 'n antwoord op boodskap #108168] Ma, 16 Januarie 2006 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - op 'n neutrale noot.
Baie dankie vir jou moeites met die plasing van die gedigte.
Jy sal dit nie glo nie, maar ek het my amper indie rigting (taal)
begewe op 'n jong tydstip. En toe het dinge baie verander.

Het jy al daarin kon slaag om die CD van Grootverseboek te bekom?
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108194 is 'n antwoord op boodskap #108191] Ma, 16 Januarie 2006 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Het jy al daarin kon slaag om die CD van Grootverseboek te bekom?

Nee, het dit nie gekoop nie. Dit was net te duur
toe ek dit laas oorweeg het. Moet seker weer
daaraan dink.

Gloudina
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108196 is 'n antwoord op boodskap #108194] Ma, 16 Januarie 2006 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - wat kos dit en wie verkoop dit - Kalahari ...?
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108217 is 'n antwoord op boodskap #108194] Di, 17 Januarie 2006 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kan nie nou verstaan nie , jy is 25 + jare in Kanada en jy
se nog iets is te duur, het jy dan geloaf daar

"Hessie" wrote in message
news:1137416247.738735.111640@g44g2000cwa.googlegroups.com.. .
>
> Jonas skryf
>
>> Het jy al daarin kon slaag om die CD van Grootverseboek te bekom?
>
> Nee, het dit nie gekoop nie. Dit was net te duur
> toe ek dit laas oorweeg het. Moet seker weer
> daaraan dink.
>
> Gloudina
>
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108229 is 'n antwoord op boodskap #108217] Wo, 18 Januarie 2006 00:52 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Otterkop skryf

> Kan nie nou verstaan nie , jy is 25 + jare in Kanada en jy
> se nog iets is te duur, het jy dan geloaf daar

Hoekom kan iets nie as duur beskou word
deur my as dit aangekoop moet word in
SA nie? Dink jy alles is goedkoop vir iemand
wat nie in SA bly nie. Sover ek onthou sou
die CD onder bespreking omtrent $150
Kanadees gekos het, en dit was teveel.
Hoeveel kos dit nou?

Gloudina
Vorige onderwerp: Uit " Lewendood " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:31:31 MGT 2024