Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Das Rollende Hotel: Namibië
Das Rollende Hotel: Namibië [boodskap #106918] Ma, 07 November 2005 09:03
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het julle al ooit so iets gesien? Hierdie moerse bus met net so 'n lang
sleepwa agterna. Elke passasier het op die bus 'n sitplek [baie luuks] en
in die sleepwa is sulke hokkies soos in 'n bykorf waar elkeen ook 'n
inkruipslaapplek het. Hulle toer die land deur en as hulle by 'n etenstyd
uitkom, dan hou hulle by 'n beplande stop stil en dan kom die tafels, stoele
en linne uit en word die mense bedien in styl met die beste kos. In Etosha
het ons van die passasiers so bekyk, en dis ryk mense wat met die hotel
saamtoer. Net Rolex'e en Omega's waar jy kyk en jy kan mos duur klere
uitken as jy hom sien. Ek weet nie wat die tarief is nie, maar die een
kelner het vir my vertel dat dit heelwat is want hulle bedien net die welaf
mense uit Europa en veral Duitsland. Hulle bedien ook net die beste kos.
Lekker om ryk te wees, hm?
Vorige onderwerp: SPOOK TOER
Volgende onderwerp: Geniet julle vakansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:29:26 MGT 2024