Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT
" Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106498] Di, 18 Oktober 2005 00:56 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
KANNIEBOS
Donald Riekert

As ek jou eendag moet neerlê
sal dit in Bitterfontein se los sand wees
Stof tot stof sal jou nie raak nie
maar son en maan sal in die swartklip
oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
sal jou wang se gloed bewaar
en die sout sal teen jou vasslaan
jou lyf teer gebalsem hou
Re: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106550 is 'n antwoord op boodskap #106498] Di, 18 Oktober 2005 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, dis 'n baie mooi gedig, sonder fietrjasies of tierlantyntjies, soos ek
van hulle hou. Dit praat op 'n direkte en op eenvoudige manier met my
gevoelens, veral siende dat ek Bitterfontein en die Knersvlakte se wêreld nogal
goed ken.

@rogers.com wrote:
> KANNIEBOS
> Donald Riekert
>
> As ek jou eendag moet neerlê
> sal dit in Bitterfontein se los sand wees
> Stof tot stof sal jou nie raak nie
> maar son en maan sal in die swartklip
> oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
> sal jou wang se gloed bewaar
> en die sout sal teen jou vasslaan
> jou lyf teer gebalsem hou
>
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106551 is 'n antwoord op boodskap #106550] Di, 18 Oktober 2005 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

Dit praat op 'n direkte en op eenvoudige manier met my
> gevoelens, veral siende dat ek Bitterfontein en die Knersvlakte se wêreld nogal
> goed ken.

Hoekom word die Knersvlakte so genoem?
Ons het kort gelede google earth begin gebruik.
Dit laat my toe om oor die hele westelike deel
van SA rond te swerf. Ek het nog altyd die
gevoel gehad dat ek iets gemis het in my lewe
deur nie genoeg ondervinding te hê van
Namakwaland en die Boesmanland nie. Nou
kan ek dit op google doen.
Ek sien egter dat die president van Indië
begin beswaar maak teen die teenwoordigheid
van die program op google. Hy dink dit sal te
maklik wees vir terroriste om hulle teikens na
te vors.

Gloudina
Re: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106610 is 'n antwoord op boodskap #106551] Wo, 19 Oktober 2005 18:44 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink niemand weet verseker nie. Party bronne sê dis oor die min water - dus
in die ou dae het jy gekners om daardeur te kom. Ander sê weer dis oor die
gelyke, gruisbestrooide vlakte - as jy daaroor loop/ry, kners (knars?) die
korrels onder jou voete/wiele. Daar is nog ander "teoriëe" ook.

Dis droog en, veral in die somer, helwarm. Maar daar is weinig mooier plekke in
die land as jy bereid is om op jou knieë te gaan en die wêreld van die kleine te
bekyk.

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Dit praat op 'n direkte en op eenvoudige manier met my
>
>> gevoelens, veral siende dat ek Bitterfontein en die Knersvlakte se wêreld
>
> nogal
>
>> goed ken.
>
>
> Hoekom word die Knersvlakte so genoem?
> Ons het kort gelede google earth begin gebruik.
> Dit laat my toe om oor die hele westelike deel
> van SA rond te swerf. Ek het nog altyd die
> gevoel gehad dat ek iets gemis het in my lewe
> deur nie genoeg ondervinding te hê van
> Namakwaland en die Boesmanland nie. Nou
> kan ek dit op google doen.
> Ek sien egter dat die president van Indië
> begin beswaar maak teen die teenwoordigheid
> van die program op google. Hy dink dit sal te
> maklik wees vir terroriste om hulle teikens na
> te vors.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: " Groenspreeu " deur P. W. BUYS
Volgende onderwerp: " Woord en Sin " deur J.C. STEYN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:22:54 MGT 2024