Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Groenspreeu " deur P. W. BUYS
" Groenspreeu " deur P. W. BUYS [boodskap #106468] Sa, 15 Oktober 2005 22:04
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
GROENSPREEU
P.W. BUYS

"Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat." Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Vorige onderwerp: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 22:18:33 MGT 2024