Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Mieliepap
Mieliepap [boodskap #106395] Wo, 12 Oktober 2005 08:17
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die seuntjie vloek verskriklik. Ma is al radeloos. Ten einde laaste
besluit sy sy gaan hom begin foeter wanneer en sodra hy weer vloek. Die
volgende oggend aan ontbyttafel vra die ma die seuntjie wat hy vir
ontbyt wil hê.
"'n Bord van daai fokken lekker mieliepap 'seblief Ma" antwoord hy.
DWAAAA, klink dit soos sy ma hom teen die kop klap. "Ek vra wat jy vir
ontbyt wil hê mannetjie!!"
'n Bord van daai fokken mieliepap seblief Ma" antwoord hy weer.
Hierdie keer pot sy hom met die vuis teen die skouer dat hy byna van
die stoel af val. "Ek vra wat jy vir ontbyt wil hê" gil sy, totaal
buite beheeer.

"Gee dan maar fokken Post Toasties, Net 'n doos sal weer vir
mieliepap vra."
Vorige onderwerp: Grap
Volgende onderwerp: Hoekom Die Stem?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:20:34 MGT 2024