Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ou Foto " deur FERDI GREYLING
" Ou Foto " deur FERDI GREYLING [boodskap #106368] Ma, 10 Oktober 2005 15:25 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
OU FOTO
'n Villanelle

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Re: " Ou Foto " deur FERDI GREYLING [boodskap #106372 is 'n antwoord op boodskap #106368] Di, 11 Oktober 2005 04:25 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
baie kak gedig

"@rogers.com" skryf in boodskap news:df2dnbGbgaVHGNfenZ2dnUVZ_sudnZ2d@rogers.com...
>
> OU FOTO
> 'n Villanelle
>
> Dis die bleek maan wat die getye draai ;
> die water spoel soos tyd daar oor die strand.
> Blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Ek en jy speel op die grofgeel sand,
> die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
> Dis die bleek maan wat die getye draai.
>
> Hierdie was eens die Strandlopers se land.
> Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
> Blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Hulle wat heuning uit die steil kant
> van die Outenikwa kon rook en brand.
> Dis die bleek maan wat die getye draai.
>
> Ons lag in die branders - hand aan hand
> waar die bruin rivier in die see in mond,
> blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
> en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
> Dis die bleek maan wat die getye draai
> en die see blou bult by Mosselbaai.
>
Vorige onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 11:05:00 MGT 2024