Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Robbie Klay - Nuwe Dag
Robbie Klay - Nuwe Dag [boodskap #105872] Ma, 12 September 2005 13:37 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Robbie Klay - Nuwe Dag

Uiteindelik na drie lang jare verras Robbie weer met 'n splinternuwe album
"Nuwe Dag".

Sy gereelde aanhangers kan nie meer wag om sy nuwe voorkoms en uitstaande
stem op sy splinternuwe album te hoor nie.

Vir al die aanhangers is daar groot verrassings met nuwe snitte, spesiaal
vir hom geskryf. Van die nuwe snitte vorm 'n steunpilaar van wat ons nou en
in die toekoms van Robbie sal hoor.

Met sewe suksesvolle albums agter sy naam en steeds goeie verkopers van sy
kleintyd af kan 'n mens net voorspel dat Robbie nog groter hoogtes gaan
bereik as hy sy volwasse era betree.

Daarvandaan die titel van sy nuwe album " Nuwe dag". Met treffer snitte soos
Nuwe Dag, Alleen, Skoenlapper Girl, Jy's 'n wenner, Games people play,
Footloose en Jayhden gaan die publiek voorwaardelik verras wees met dit wat
'n meer volwase Robbie Klay nou aan sy aanhangers bied.

Robbie is onlangs gesien in die reeks Amalia, wat een van die dae met die
opvolg reeks begin waar hy weer as Buks te sien is. Tans is Robbie ook te
sien in "timeless" 'n suksesvolle produksie wat landswyd optree waar hy in
'n musiekblyspel ook as sanger en danser sy talente tentoonstel.

Hy is een van ons land se gewildste kunstenaars en doen ongeveer 150
vertonings per jaar. Hy betower oud en jonk met sy sangtalent en deurkruis
die land met sy konserttoere.

Sy TV-optrede op Felicia Mabuse-Suttle se program het die land aan die praat
gehad en hy het dit opgevolg met nog 'n suksesvolle kuier in haar ateljee.

TV-programme waarop Robbie verskyn het sluit in Breakfast Club, Geraas, Two
ways, Kids Can, KTV Power edition, X-attitude, Yotv, Noot vir noot, DKNT,
Star Search, Dis hoe dit is met Steve Hofmeyr en Stoute Boude - SABC2,
M-net, Liriekeraai en Amalia - Kyk Net en 'n M-net produksie.

Robbie spog met 'n nuwe voorkoms en was aangewys as GOLDEN MODEL OF THE YEAR
2002.

Die toekoms van Robbie Klay lyk belowend en hy gaan baie harte verower met
sy persoonlikheid en liefde vir sy medemens.

Vir enige media navrae of besprekings:
Fred Meintjes 082 893 5726 of 012 567 1707

Picture: Yes
Submitted by Kobie Koen
PR Company: Vonk
Telephone Number: 011 917 1517
Cellphone Number: 083 443 3033
Client's name: Vonk
Website: http://vonk.co.za
Re: Robbie Klay - Nuwe Dag [boodskap #105881 is 'n antwoord op boodskap #105872] Ma, 12 September 2005 15:35 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het vandag op RSG toevallig gehoor hoe Bianca 'n Afrikaanse liedjie
sing - baie goed.

--
Groetnis
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:q4ydnQNBes4LGbjeRVn-uw@is.co.za...
> Robbie Klay - Nuwe Dag
>
> Uiteindelik na drie lang jare verras Robbie weer met 'n splinternuwe album
> "Nuwe Dag".
>
> Sy gereelde aanhangers kan nie meer wag om sy nuwe voorkoms en uitstaande
> stem op sy splinternuwe album te hoor nie.
>
> Vir al die aanhangers is daar groot verrassings met nuwe snitte, spesiaal
> vir hom geskryf. Van die nuwe snitte vorm 'n steunpilaar van wat ons nou en
> in die toekoms van Robbie sal hoor.
>
> Met sewe suksesvolle albums agter sy naam en steeds goeie verkopers van sy
> kleintyd af kan 'n mens net voorspel dat Robbie nog groter hoogtes gaan
> bereik as hy sy volwasse era betree.
>
> Daarvandaan die titel van sy nuwe album " Nuwe dag". Met treffer snitte soos
> Nuwe Dag, Alleen, Skoenlapper Girl, Jy's 'n wenner, Games people play,
> Footloose en Jayhden gaan die publiek voorwaardelik verras wees met dit wat
> 'n meer volwase Robbie Klay nou aan sy aanhangers bied.
>
> Robbie is onlangs gesien in die reeks Amalia, wat een van die dae met die
> opvolg reeks begin waar hy weer as Buks te sien is. Tans is Robbie ook te
> sien in "timeless" 'n suksesvolle produksie wat landswyd optree waar hy in
> 'n musiekblyspel ook as sanger en danser sy talente tentoonstel.
>
> Hy is een van ons land se gewildste kunstenaars en doen ongeveer 150
> vertonings per jaar. Hy betower oud en jonk met sy sangtalent en deurkruis
> die land met sy konserttoere.
>
> Sy TV-optrede op Felicia Mabuse-Suttle se program het die land aan die praat
> gehad en hy het dit opgevolg met nog 'n suksesvolle kuier in haar ateljee.
>
> TV-programme waarop Robbie verskyn het sluit in Breakfast Club, Geraas, Two
> ways, Kids Can, KTV Power edition, X-attitude, Yotv, Noot vir noot, DKNT,
> Star Search, Dis hoe dit is met Steve Hofmeyr en Stoute Boude - SABC2,
> M-net, Liriekeraai en Amalia - Kyk Net en 'n M-net produksie.
>
> Robbie spog met 'n nuwe voorkoms en was aangewys as GOLDEN MODEL OF THE YEAR
> 2002.
>
> Die toekoms van Robbie Klay lyk belowend en hy gaan baie harte verower met
> sy persoonlikheid en liefde vir sy medemens.
>
>
> Vir enige media navrae of besprekings:
> Fred Meintjes 082 893 5726 of 012 567 1707
>
>
> Picture: Yes
> Submitted by Kobie Koen
> PR Company: Vonk
> Telephone Number: 011 917 1517
> Cellphone Number: 083 443 3033
> Client's name: Vonk
> Website: http://vonk.co.za
>
Vorige onderwerp: Down By The Seaside
Volgende onderwerp: Mango
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:18:41 MGT 2024