Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN
" Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN [boodskap #105661] Di, 06 September 2005 00:46 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nuwe Jerusalem
D.J. Opperman

Ek voel waar heimlik armageddon
met groenspaan, ryp en die kalander kom

oor hierdie stad, die malva in die blik,
oor koring en hyskrane langs die skip,

dat alles in en om my heen in nood
reikhals na die verlossing deur my woord.

Ek gee my daeliks aan die skepping oor,
soos in 'n bus op pad na die kantoor,

ek, in 'n spel van vereenselwiging,
plakkaat word, perd, visjong en die sering

- die ryke baaierd van 'n vrou se gees
wat met bevrugting in vervoering sweef

oor afgronde en waters waar 'n God
ses dae aan die baaierd orden tot

'n nuwe aarde hang in die heelal:
stad uit die stad, kristal uit die kristal.
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN [boodskap #105662 is 'n antwoord op boodskap #105661] Di, 06 September 2005 01:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
wat is "baaierd" Gloudina??

-e-

"@rogers.com" skryf in boodskap news:2b2dnftrU75TeYHeRVn-rQ@rogers.com...
Nuwe Jerusalem
D.J. Opperman

Ek voel waar heimlik armageddon
met groenspaan, ryp en die kalander kom

oor hierdie stad, die malva in die blik,
oor koring en hyskrane langs die skip,

dat alles in en om my heen in nood
reikhals na die verlossing deur my woord.

Ek gee my daeliks aan die skepping oor,
soos in 'n bus op pad na die kantoor,

ek, in 'n spel van vereenselwiging,
plakkaat word, perd, visjong en die sering

- die ryke baaierd van 'n vrou se gees
wat met bevrugting in vervoering sweef

oor afgronde en waters waar 'n God
ses dae aan die baaierd orden tot

'n nuwe aarde hang in die heelal:
stad uit die stad, kristal uit die kristal.
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN [boodskap #105682 is 'n antwoord op boodskap #105662] Di, 06 September 2005 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" sskryf

> wat is "baaierd" Gloudina??

Die woordeboek sê "chaos" maar ek dink dit is
meer as dit. Dit is dit wat bestaan het voordat
die huidige toestand van sake in die fisiese wêreld
uitgekristalliseer het. Dit soos dit miljoene jare
gelede op die aarde sou gewees het voordat
kontinente gevorm het uit die sop van gasse
en minerale.

Gloudina
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN [boodskap #105708 is 'n antwoord op boodskap #105682] Di, 06 September 2005 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com schreef op Tue, 6 Sep 2005 07:29:01 -0400 in de
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> "news" sskryf
>
>> wat is "baaierd" Gloudina??
>
> Die woordeboek sê "chaos" maar ek dink dit is
> meer as dit. Dit is dit wat bestaan het voordat
> die huidige toestand van sake in die fisiese wêreld
> uitgekristalliseer het. Dit soos dit miljoene jare
> gelede op die aarde sou gewees het voordat
> kontinente gevorm het uit die sop van gasse
> en minerale.

Het woord 'baaierd' staat in 'Van Dale Groot woordenboek der
Nederlandse taal'. er zijn twee betekenissen:

Eerste betekenis:

baaierd
baai•erd
/b'ajfrt/
de (m.); -s
1550 ‘passantenhuis' vermoedelijk van Mnl. bayeren (koesteren)
‹Oud-Fr. bailler (beschermen, verzorgen)
(verouderd)
1 Ÿ passantenhuis, nachtasiel
2 Ÿ gelagkamer

Tweede betekenis:

baaierd
baai•erd
/b'ajfrt/
de (m.); -s
1605-1616 mogelijk identiek met baaierd (asiel), op grond van de in
passantenhuizen heersende toestanden
1 Ÿ de ongevormde elementen waaruit naar
het boek Genesis de aarde is geschapen
synoniem: chaos
2 Ÿ (figuurlijk) warreling, warboel,
verwarring
een baaierd van
wanbegrippen
(Van Bruggen)

Ik heb de indruk dat het woord ook in de tweede betekenis niet zo veel
voorkomt, zeker niet in de spreektaal. In geschreven taal en vooral in
literaire taal (poëzie bijvoorbeeld) kom je het wel meer tegen.

In het Afrikaans is het waarschijnlijk ook zo.

Google geeft toch nog zo'n negenhonderd hits waarbij ook deze uit
Zuid-Afrika: http://www.litnet.co.za/seminaar/sonklong.asp

--
Michel.
Re: " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN [boodskap #105709 is 'n antwoord op boodskap #105662] Di, 06 September 2005 18:27 Na vorige boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
news schreef op Mon, 5 Sep 2005 22:24:29 -0300 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

> wat is "baaierd" Gloudina??
>

Bestaat ook in het Nederlands. Zie mijn eerdere posting.

Niet te verwarren met dat andere Nederlandse woord 'beiaard':
klokkenspel, carillon.

--
Michel.
Vorige onderwerp: " Mériba " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:37:50 MGT 2024