Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Swart Transvaal " deur KOOS KOMBUIS
" Swart Transvaal " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #104094] Sa, 25 Junie 2005 21:47 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koos A Kombuis (André Letoit)
Swart Transvaal

In die glasruite van aande
Weerkaats die laaste maande
Skimme van 'n ou beskawing
Voor ons kerkgeslag se sonde

En in die slootjies van Pretoria
Tussen die disko's en geboue
Vloei bloed tussen indoena-oë
Wat opflikker uit die koue

Van die Empireweg in Melville
Tot die mynhope van weerwil
Groei die dood tot krasser lewe
Deur gesprek en geld-opdrifsel

Want die erwe van ons vaad're
Sal vir plotte teen ons kinders tel
Vars grond, bloedgrond tuimel in
Ideale val soos Carltonville

Ondergronds is God die hel in
Vir die Boerenasie
Wat bid soos Fariseërs
Maar nooit wil ophou rasie

Afrikaners, vroueslaners
Doemprofete en kritici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, babaslaners
Skisofrene en politici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Kluite vroetel, krieke jakker
Vloerplanke kraak slapers wakker
Grafstene kom in opstand
En beset die Heldeakker

Sigarette word uitgedoof
Terwyl trae psalms God nog loof
Ons hoogste ambisies is van onder
Deurdrenk met suur, geskeur, gekloof

Afrikaners, swarteslaners
Balhangers en para-medici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, volksvermaners
Digters en akademici
Kyk hoe lê die land weer braak
Net soos voor die Trek van vanmelie

Van dak tot fondament
Sprei rysmiere oor monument
En kil torings van klein dorpies
Selfs die Strydom-koepel is geskend

So kom ons om, so kom ons om
En al verder rank die honger blom
Van revolusie oor die aarde
So word ons Voortrekkers weer stom

Van skrik ...

En blaai deur boeke
Vergeel met voorvaders se soeke
Verspil soos bloed oor ou portrette
Gebars soos spieëls in donker hoeke

Afrikaners, jaag-kak-aners
Vroedvroue en tegnici
Kom sing nou saam, kom sing nou saam
Kom sing nou saam en wees nie skaam nie

Afrikaners, Pretorianers
En M.A.-grade met Cum Laude
Kom kniel hier saam en sing uit volle bors
Die slaaptydliedjie van nog 'n revolusie
Re: " Swart Transvaal " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #104126 is 'n antwoord op boodskap #104094] Ma, 27 Junie 2005 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het geweet ons (Afrikaners) het probleme - maar KK verleen 'n nuwe
dimensie. Wat sal ons doen? Bestaan daar iets soos volks-selfmoord?
Maar nêrens verwys ou Koos na sy eie sielkundige probleme nie. Dis ook nie
duidelik of hy dit geskryf het toe hy hoog in die takke met sy drugs was, en
of hy dronk was nie. (Tussen ons - ek's 'n moerse Kombuis-fên.)
O ja - Anti - jy die voetnota weggelaat. Die sou iets soos volg lui: "Ek wil
op rekord plaas dat daar geensins na Gloudina, haar roemryke familie en
vriende in hierdie gedig verwys word nie....." (Of so iets.)

(Is dit 'n Calvinistiese streep in ons wat wil boete doen oor ons eie sondes
voor ons 'n ander se foute raaksien. 'n Oordrewe sin van interne lokus van
kontrole? Ek sal graag eendag oor hierdie onderwerp wil redekawel.)
Re: " Swart Transvaal " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #104127 is 'n antwoord op boodskap #104126] Ma, 27 Junie 2005 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> O ja - Anti - jy die voetnota weggelaat. Die sou iets soos volg lui: "Ek wil
> op rekord plaas dat daar geensins na Gloudina, haar roemryke familie en
> vriende in hierdie gedig verwys word nie....." (Of so iets.)

Sien, ou Jonas, hier sit jy in jou katterige glorie en
aanval, terwyl jy die vraag vra hoekom die Afrikaners
liewers die splinter in hulle eie oë sien as die balk in
ander se oë. Dis mense soos jy wat die moeilikheid
is. Julle is so arrogant, en julle het hierdie fantasie
dat mense soos julle altyd hulle eie foute eerste sien.
Dis mense soos julle wat altyd gekla het hoe die
Afrikaner onder die Engelse gely het, terwyl
Generaal Smuts en Generaal Botha ag jaar na die
Tweede Vryheidsoorlog alreeds aan die hoof van
die nuwe Unie van SA gestaan het. Nou soek
julle iets nuits om oor te kla. Dis omdat julle
soort van eie aard slapgatte is.
En ja, daar word ook na van my familie en
vriende in hierdie gedig verwys. Ek het ook
familie gehad wat as gevolg van die Broederbond
met die leer opgeklim het. Gelukkig het een
van hulle voor die VWK om verskoning
gevra. Daar was ook vriende wat duidelik
ongemaklik was met my opinies oor die NGK
en dié se goedpraat van apartheid.

Gloudina
Re: " Swart Transvaal " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #104128 is 'n antwoord op boodskap #104126] Ma, 27 Junie 2005 16:41 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> (Is dit 'n Calvinistiese streep in ons wat wil boete doen oor ons eie sondes
> voor ons 'n ander se foute raaksien.

Slaan my dood met 'n veer. Doen jy boete oor jou
eie sondes en dié van jou ouers in die apartheidsjare?
Jy sit dan nog so aaneen en kla en kla en kla oor
alles wat die "ander" verkeerd doen, en hoe goed
dit in die apartheidsjare gegaan het.

Gloudina
Vorige onderwerp: liften
Volgende onderwerp: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:12:00 MGT 2024