Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE
" Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE [boodskap #102977] Wo, 11 Mei 2005 12:00 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie

Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.

Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.

Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.

Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Re: " Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE [boodskap #102978 is 'n antwoord op boodskap #102977] Wo, 11 Mei 2005 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
As jy baie verlang na die Namakawald se geel, kliek hier:

http://www.juliusbergh.com/gardening/garden04.html

On Wed, 11 May 2005 08:00:59 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> LIED VAN DIE LENTE
> Anna-Marie Conradie
>
> Ek wou jou al vertel het:
> die lente het sy intrek
> in my pophuisklein tuintjie kom neem
> die spinnekop (getroue ekowerker)
> speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
>
> Ek wou jou al vertel het,
> maar my verkluimde winterhart hou my
> nog in diep oorwintering;
> my breindendriete gestol tot yskristal
> lê nog vergete op Pluto.
>
> Ek wou jou al gevra het:
> speel vir my die klaviersonates van Mozart;
> die allegro's sal die winterys smelt
> kabbelend laat vloei in andanteriviere -
> onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
>
> Speel tog vir my Mozart
> dat die Namakwalandgeel
> weer oordadig wulps
> in my hart oopkelk en blom.

As jy baie verlang na die Namakawaldgeel, kliek hier:

http://www.juliusbergh.com/gardening/garden04.html
Re: " Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE [boodskap #102981 is 'n antwoord op boodskap #102978] Wo, 11 Mei 2005 14:49 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf
...
> As jy baie verlang na die Namakawald se geel, kliek hier:

Dankie. Maar ek dink ek het die afgelope maand
baie Namakwalandse daisies gesien, in die omtrek
van San Jose, waar selfs die varkblomme lekker
groei, en "bottlebrush" in lanings. En wat my veral
getref het op die kusgebiede rondom Santa Cruz,
die welige suurvygies wat nou net in blom is, en
wat blykbaar aangeplant word om die klipperige
hange te oorgroei. Ek dink ook hulle het uitgevind
dat die dinge soos suurvygies 'n baie goeie
beskerming is teen die vure wat hulle daar in die
somer so pla ( omdat hulle in die winterreënstreek
is en alles dus baie droog word in die somer. )

Wanneer daar baie intense reën val op die
kusgebiede van die westelike VSA, en dit
dus dieper in ook goed reën, dan ontstaan
daar in Nevada en Arizona dieselfde soort
verskynsel wat mens in Namakwaland
aantref. Die goeie reëns bring plate en plate
blomme uit, waarvoor mense dan uittogte
maak om na blomme te gaan kyk. Vanjaar
was so 'n jaar. Een vrou, 'n wetenskaplike
van hier in Ontario, is ongelukkig op so 'n
tog vermoor.

Gloudina
Vorige onderwerp: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " 'n Kleinvers vir Ma " deur ANNE-MARIE CONRADIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:05:37 MGT 2024