Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Jan Pohl Komponis
Jan Pohl Komponis [boodskap #100555] Vr, 03 Desember 2004 11:22 na volgende boodskap
CG[1]  is tans af-lyn  CG[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Onder andere het Jan Pohl geskryf....

DIE MANNETJIE

Woorde: JAN POHL
Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.

Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?

Colin
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100556 is 'n antwoord op boodskap #100555] Vr, 03 Desember 2004 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
FAK - www.fak.org.za - luister hier ...
http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/musiek/192.mid
en nog ander ...
http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/

:-)

TJ

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255

"CG"  skryf in boodskap news:copi97$ekd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>  Onder andere het Jan Pohl geskryf....
>
>  DIE MANNETJIE
>
>  Woorde: JAN POHL
>  Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
>
>  Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
>  hy is so klein en so skraal.
>  Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
>  en stap na sy werk vir die honderdste maal.
>  Langs die bome en blink watervore
>  sing hy so ver as hy gaan,
>  want gister is 'n baba gebore,
>  en hy is die vader daarvan.
>  Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
>  hy dink aan 'n naam vir sy seun.
>  Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
>  maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
>  Ongelukkig verwag sy ou vader
>  dat die kind na sy oupa moet heet:
>  Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
>  en daarby Kasparus Bart Keet.
>
>  Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
>  woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?
>
>  Colin
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100557 is 'n antwoord op boodskap #100556] Vr, 03 Desember 2004 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kopiereg (1951) van teks en melodie
... miskien te vroeg vir die Internet, maar dalk het die FAK iets in
argiewe?

Anna Neethling-Pohl se broer:
www.litnet.co.za/naln/naln4.asp
verwys na 'n Nasionale Toneelmuseum met 'n "Pohl-kamer"
Bloemfontein, Vrystaat, Suid Afrika?

:-)

TJ

"TJ"  skryf in boodskap news:copkck$irf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>  FAK - www.fak.org.za - luister hier ...
>  http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/musiek/192.mid
>  en nog ander ...
>  http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/
>
>  :-)
>
>  TJ
>
>  Artslink.co.za News
>  www.artslink.co.za
>  Artslink.co.za ISP
>  082 230 CALL
>  082 230 2255
>
>
>  "CG"  wrote in message
>  news:copi97$ekd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>  Onder andere het Jan Pohl geskryf....
>>
>>  DIE MANNETJIE
>>
>>  Woorde: JAN POHL
>>  Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
>>
>>  Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
>>  hy is so klein en so skraal.
>>  Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
>>  en stap na sy werk vir die honderdste maal.
>>  Langs die bome en blink watervore
>>  sing hy so ver as hy gaan,
>>  want gister is 'n baba gebore,
>>  en hy is die vader daarvan.
>>  Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
>>  hy dink aan 'n naam vir sy seun.
>>  Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
>>  maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
>>  Ongelukkig verwag sy ou vader
>>  dat die kind na sy oupa moet heet:
>>  Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
>>  en daarby Kasparus Bart Keet.
>>
>>  Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
>>  woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?
>>
>>  Colin
>
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100564 is 'n antwoord op boodskap #100555] Vr, 03 Desember 2004 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"CG"

> Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
> woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?

Sal dit help as ek in die FAK Volksangbundel soek na
liedjies van Jan Pohl en dan vir jou die woorde stuur?
Selfs ook die musiek xerox en dit vir jou in die pos
stuur? Ek neem aan jy is eintlik geinteresseerd in
musiekopnames van sy liedere?
Ek het NP van Wyk Louw se biografie hier, en
omdat hy die broer was van Truida Pohl, die tweede
vrou van NP, word daar hier en daar ook oor hom
gepraat. Sê maar as jy geinteresseerd is in klein
brokkies nuus oor hom. Hy was deel van 'n taamlik
invloedryke elite Afrikanerfamilie, met sy twee susters
Anna Neethling-Pohl ( 'n baie goeie aktrise) en Truida
Pohl.

Gloudina
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100571 is 'n antwoord op boodskap #100564] Sa, 04 Desember 2004 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dankie almal vir die hulp.

Gloudina...

> Sal dit help as ek in die FAK Volksangbundel soek na
> liedjies van Jan Pohl en dan vir jou die woorde stuur?

Asseblief ja. Ongelukkig het ek nie 'n FAK Volksangbundel nie. Jan Pohl het wel
baie meer liedere geskryf. Ek sal baie bly wees om die woorde daarvan te kry as
dit moontlik is.

> Selfs ook die musiek xerox en dit vir jou in die pos
> stuur? Ek neem aan jy is eintlik geinteresseerd in
> musiekopnames van sy liedere?

Op die stadium sal dit nie nodig wees om die musiek te stuur nie. Ek wil hoewel
graag opnames opspoor. TJ, dankie vir die FAK midi werfblad adres!

> Ek het NP van Wyk Louw se biografie hier, en
> omdat hy die broer was van Truida Pohl, die tweede
> vrou van NP, word daar hier en daar ook oor hom
> gepraat. Sê maar as jy geinteresseerd is in klein
> brokkies nuus oor hom. Hy was deel van 'n taamlik
> invloedryke elite Afrikanerfamilie, met sy twee susters
> Anna Neethling-Pohl ( 'n baie goeie aktrise) en Truida
> Pohl.

Wat is die titel van die NP van Wyk Louw biografie en die skrywer, Gloudina? Ek
sal dit graag wil lees. Daar hoort een te wees in ons biblioteek.

Die rede vir my belanstelling is omdat Jan Pohl se kleinseun en ons dogter se
verloofde - ook 'n Jan Pohl - graag opnames van Oupa Jan se liedere vir
Kersfees kry.

Weereens dankie.....

Colin
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100573 is 'n antwoord op boodskap #100571] Sa, 04 Desember 2004 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"cgg" skryf

. Ongelukkig het ek nie 'n FAK Volksangbundel nie. Jan Pohl het wel
> baie meer liedere geskryf. Ek sal baie bly wees om die woorde daarvan te kry as
> dit moontlik is.

Tot my verbasing is die enigste lied in die FAK Volksangbundel
juis die een wat jy aanhaal. Ek het self gedag daar sou meer
wees.

Gloudina
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100574 is 'n antwoord op boodskap #100571] Sa, 04 Desember 2004 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"cgg" skryf
> Wat is die titel van die NP van Wyk Louw biografie en die skrywer, Gloudina? Ek
> sal dit graag wil lees. Daar hoort een te wees in ons biblioteek.
>
> Die rede vir my belanstelling is omdat Jan Pohl se kleinseun en ons dogter se
> verloofde - ook 'n Jan Pohl - graag opnames van Oupa Jan se liedere vir
> Kersfees kry.

Die titel van die NP biografie is " Van Wyk Louw - 'n Lewensverhaal"
deur J.C. Steyn. Uitgegee deur Tafelberg in 1998. ISBN 624 03736 3
Dit is twee vet boekdele.

Daar is baie verwysings in die boeke na Pohls. Ek sal later deur die
verwysings
in die twee boekdele gaan. Vireers wil ek dié interessante brokkie gee oor
die vader
van Jan Pohl. Dus die oupagrootjie van jou dogter se verloofde?

"Die vader van die Pohl-kinders was P.H.C. Pohl van Graaff-Reinet ( hoewel
Peter gedoop , is hy Pieter genoem) wat deur Ludwig Binge 'n "Langenhoven
onder die vroeë Afrikaanse toneelspelers" genoem word. Pohl het Transvaalse
burgerskap verwerf omdat hy in 1895-1896 met die Jameson-inval die wapens
teen die vyande van Transvaal opgeneem het. In Pretoria het hy bevriend
geraak
met Jopie Fourie, wat in die 1914-Rebellie tereggestel is. Pohl het sy
toneel-
loopbaan in die Anglo-Boereoorlog begin in die krygsgevangenekamp in
Trisjinopolie in Suid-Indië met voordragte en die opvoerings van
samesprakies.
Hy het selfs enkele in Afrikaans geskryf. Ná die oorlog het hy op
Graaff-Reinet,
waar hy en sy broer Johnny bekende wolhandelaars was, verskeie stukke
opgevoer. Hy het waardevolle lesse geleer aan sy kinders, wat 'n groot
invloed
op die Afrikaanse toneellewe uitgeoefen het. Pieter Pohl se eerste vrou,
Evelyn
Maude Luyt, is op 24 Oktober 1918 by die geboorte van 'n kind oorlede en in
Desember is hy weer getroud met Johanna Elizabeth le Roux....."

Sover ek kan uitmaak, is hierdie seun wat in 1918 gebore is, Jan Pohl. Hy
is saam met Anna Neethling-Pohl na Kaapstad, waar hulle bure was van NP
van Wyk Louw en Joan, NP se eerste vrou.
Ek skryf later verder.

Gloudina
Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #120330 is 'n antwoord op boodskap #100556] Wo, 01 Maart 2017 20:41 Na vorige boodskap
jomari...  is tans af-lyn  jomari...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2017
Karma: 0
Junior Lid
Goeiedag

My naam is Jomari Geyser, dogter van Cornelia Pohl Botha.
Dit is 'n wonderlike eer om met julle te deel dat ek Jan Pohl, my oupa kon noem!

Hiermee wil ek graag met julle die volgende deel;
Ons familie is besig om al oupa se musiek, drama en skryfstukke bymekaar te sit en ons (insluitend Jan Pohl se weduwee, Johanna Pohl) is beskikbaar vir enige navrae.

Kontak ons gerus by: janlu...@gmail.com
Volg ons op Facebook: https://www.facebook.com/Jan-Pohl-1240376389403932/?view_pub lic_for=1240376389403932

Baie dankie vir julle respek en navrae
Beste wense
Jomari Geyser
Vorige onderwerp: Randall Wicomb
Volgende onderwerp: Almero - Monochromie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:28:17 MGT 2024