Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vir N wat op Mosselbaai agtergebly het" deur FERDI GREYLING
" Vir N wat op Mosselbaai agtergebly het" deur FERDI GREYLING [boodskap #100530] Wo, 01 Desember 2004 16:11
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir N wat op Mosselbaai agtergebly het

Hier op die Hoëveld

stoot die wind soms

soos 'n brander voor die reën uit,

slaan oor boomtoppe

met blare wat spat soos skuim

en ruis met stof en papiere

in die pad af.

En net soos die strande deesdae by julle

lê die strate hier ook met rommel bestrooi.

Die reste van geleefde tye. Dinge eens

waardevol, maar nou verloor of weggegooi.

(N.S. My herinneringe is soos berge wat brand

maar ek leef hier in vrede met myself.)
Vorige onderwerp: Rubriek uit Beeld - deur Ferdi Greyling
Volgende onderwerp: "Peppadew dui die patentregpad aan" ( rubriek deur Ferdi Greyling)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:41:46 MGT 2024