Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5535] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
DS: [AFRIKAANS:5575] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di [boodskap #5279 is 'n antwoord op boodskap #5225] Wo, 17 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 10:36
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5575] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di

Leendert skryf

> Daar is 'n verskil tussen 'n skool en 'n universiteit. 'n
> Universiteit het te doen met /universeel/. Dit is daarom vir
> universiteite belangrik om navorsers, studente en dosente uit ander
> kulture, van ander lande, en met ander tale te trek. As hulle dit
> nie doen nie, ly hul navorsing, die gehalte van hul onderrig en hul
> reputasie daaronder, en studente van die kultuurgroep wat hulle
> primer wil bedien skryf liewer by ander universiteite in. Alle
> Afrikaanse universiteite het dus studente in ander tale, insluitend
> Engels, Duits, Nederlands, Grieks, ens bedien waar hulle kan. Ek
> weet van Iraniers, Turke, Chinese (Rooi), Duitsers, Hongare, Kenyane
> en veel ander wat by Tukkies studeer het of dit nog doen.

Wat jy sê is waar, maar ek wil net weet hoekom die taalkwessie in die res van
die wêreld anderster benader word? As ek in Amerika of Engeland gaan studeer
weet ek die voertaal is Engels; in Duitsland is dit Duits ens. As ek in die VSA
by 'n universiteit sou gaan klas hou weet ek dit moet in Engels wees.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5584] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner [boodskap #5280 is 'n antwoord op boodskap #5229] Wo, 17 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Abi Coetzee[SMTP:...@bfnnfs04.eskom.co.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 15:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5584] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner


> Afrikaners het juis 'n bloeitydperk van taal en kultuur ondervind
> terwyl die Angel-Saksers hier die botoon gevoer het. Ons het so 'n
> spul hardegatte geword (met permissie gesê) juis as gevolg van die
> stryd teen swart Afrika en Britse imperialisme. Dis onder die bewind
> van die Afrikaner-nasionaliste dat ons 'n spul slapgatte geword het wat
> nie veel vir ons taal en kultuur omgee nie. Nou dat ons weer
> verdrukking in die gesig staat, ondervind ons die "derde
> taalbeweging". Ons hoort dit te verwelkom. :-)


Reinier , nou praat jy groot waarhede.
==========================================================
Abi Coetzee
Sen.Tech. Networking
Bloemfontein
South-Africa
==========================================================
DS: [AFRIKAANS:5585] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner [boodskap #5281 is 'n antwoord op boodskap #5229] Wo, 17 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Abi Coetzee[SMTP:...@bfnnfs04.eskom.co.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 15:13
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5585] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner

Freek skryf:

> As ek my Bybel reg lees, het die mense na die voorval nie
> almal bymekaar gebly en 'n kookpot bymekaar probeer hou nie. My
> standpunt bly dat as jy die nuwe SA ('n menigte volke in een land)
> ondersteun, jy nie kan aanspraak maak op eie (Afrikaanse) skole nie.
_________________________________________________________

Abi antwoord:

Uit jou eie antwoord kan jy sien dat die geskiedenis ons leer dat die
mense met gemeenskaplike belange, gewoonlik speel taal 'n kardinaale
rol , hul saam groepeer. In bogenoemde geval het die mense uitmekaar
beweeg om sodoende hulle gemeenskaplike belange afsonderlik uit te
leef.

Afsonderlike ontwikkeling en uitlewing van jou kultuur is dus nie so
verkeerd as wat vir ons voorgehou word nie. Die politici het die
gedagte van afsonderlike ontwikkeling verdraai na 'n skelwoord
genaamd rassisme , slegs vir hulle eie gewin. En jy moet ook onthou
volgens die rassisme teorie is dit slegs 'n Blanke wat rassisties kan
wees. Kyk maar na die toepassing daarvan vandag.

1)Regstellende aksie word toegepas met die prominente oogmerk om die
Blanke nasie te benadeel.

2)Indiers mag hulle eie skole behou waar hulle kultuur uitgeleef word
en die voertaal gebruik wat hulle verkies, die Blanke mag nie.

3)Blankes word verhoor deur 'n bieg kommittee vir sogenaamde misdade
wat begaan is onder die vorige regering. Ek het nog nie van een
teroris gehoor wat verhoor is oor die tereur wat hulle in dieselfde
tydperk gepleeg het nie.

4)Die Shellhouse kwessie mag nie ondersoek word nie , daar was nie
'n Blanke wat gehelp skiet het nie.

5)Swartes mag maar weier om hulle erfbelasting , elektrisiteit ,
water , en ander te betaal. Die Blanke trek onmiddelik aan die
kortste end as hy dit waag om nie te betaal nie.

Ek wil die lys nie te lank maak nie , maar dit is vir my voor die
hand liggend dat slegs die Blankes rassiste is.

Omdat die Blanke nou sy eie skool en kultuur wil uitleef is dit
verkeerd ? Met wetgewing wil julle nou die vreemde ideologie op ons
afdwing. Dit is net soveel werd as die traktaat wat Dingaan
ondertekin het. Met die tipe van diktaatorskap stap die huidige
regering dieselfde pad as die vorige. Gedoem tot 'n val ...

Soos Renier tereg opgemerk het : ons moet mekaar ruimte gin.

Sterkte voorkant toe.
==========================================================
Abi Coetzee
Sen.Tech. Networking
Bloemfontein
South-Africa
==========================================================
Re: DS: [AFRIKAANS:5537] Vir die Afrikaner - teen die nuwe SA [boodskap #5282 is 'n antwoord op boodskap #5224] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
dra. As jy die nuwe SA wil ondersteun, sal jy jou Afrikanerskap[/color]
> en jou Afrikaanse taal moet afsê.
> =======================================================
> Freek Eek>>>

...en dan gaan hulle jou dwing om met 'n swart vrou te trou en as jy
nie van dan af net in Xhosa praat nie, gaan jy tronk toe. I fact, daar
sal van blankes verwag word om hulle velle te kleur en elke aand
honderde klein krullertjies in hulle hare te dra.....

Kry rigting, swaer.
Is die "Afrikaanse kultuur" (en ek sal baie graag 'n verduideliking
wil he wat dit omskryf) van so 'n aard dat hy nie kan meng met die
basiese beginsels van die Romeins Hollandse reg nie?
Handhaaf 'n Zulu die moderne reg op eiendom anders as 'n Afrikaner?
Breek 'n witman anders in as 'n bruinman?
Wette het te doen met die regulering van die sameweling. Kultuur het
te doen met hoe jy binne daardie raamwerk leef.
Die wette wat die nuwe regering maak en hou is dieselfde soort wette
(behalwe die apartheid-segment) wat ons in die land vir dekades gehad
het en mee geleef het.
Dit word nou net deur 'n regering gehandhaaf (baie beter as wat die
vorige regering gedoen het) waarvan die meeste ampsdraers donker
velle het.
Dit lyk my dis waar jou probleem le, by die donkerder velle van die
wetgewers.

By the way, ek ondersteun die nuwe Suid-Afrika. Ek praat nog Afrikaans
en ek is dus nog 'n Afrikaner. Wat maak dit van my? 'n Lewende
onmoontlikheid?
DS: [AFRIKAANS:5622] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die [boodskap #5286 is 'n antwoord op boodskap #5229] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 18:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5622] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die

> Is daar Senior Rapportryers? wat is die afsnypunt vir Juniors? waarheen
> word mens bevorder as jy 'n goeie Junior was? bestaan die Broederbond
> nog? hoeveel Afrikaners is Vrymesselaars?
> Gerhard.

Broederbonders beweer dat hulle nie meer 'n geheime organisasie is
nie en het 'n nuwe naam. Afrikanerbond.

Wie weet hoeveel mense vm's is. Die vm's het baie Afrikaanse lede in
myn gemeenskappe.

arius Swart
DS: [AFRIKAANS:5617] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die Afr [boodskap #5287 is 'n antwoord op boodskap #5229] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 16:11
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5617] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die Afr

Is daar Senior Rapportryers? wat is die afsnypunt vir Juniors? waarheen
word mens bevorder as jy 'n goeie Junior was? bestaan die Broederbond
nog? hoeveel Afrikaners is Vrymesselaars?
Gerhard.


>>> Freek Eek 18/January/1996 02:31pm
>>>
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
> >Hoe sluit 'n mens aan by die Rapportryers?
>> Is lidmaatskap oop, of "op uitnodiging"?

Ek is nou nie, was nooit nie en wil ook nie 'n Ridder wees nie. Maar ek
dink soos enige organisasie of vereniging of klub sal hulle seker ook hulle
lede keur. Daar is nie iets wat "oop" is op die aarde nie. Jy kan
lidmaatskap tot enige groep geweier of ontneem word deur daardie groep.
=======================================================
Freek Eek
DS: [AFRIKAANS:5614] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die Afr [boodskap #5292 is 'n antwoord op boodskap #5229] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 15:31
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5614] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die Afr

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):

>> Hoe sluit 'n mens aan by die Rapportryers?
>> Is lidmaatskap oop, of "op uitnodiging"?

Ek is nou nie, was nooit nie en wil ook nie 'n Ridder wees nie. Maar
ek dink soos enige organisasie of vereniging of klub sal hulle seker
ook hulle lede keur. Daar is nie iets wat "oop" is op die aarde
nie. Jy kan lidmaatskap tot enige groep geweier of ontneem word deur
daardie groep.
=======================================================
Freek Eek
DS: [AFRIKAANS:5606] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen d [boodskap #5293 is 'n antwoord op boodskap #5225] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Christo[SMT...@ccnet.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 9:07
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5606] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen d

*From: "Marius Swart"
*
*"These Romans are crazy" Obilix. Datum onbekend.
*
*Marius
*
50 v.C.

Christo van der Merwe
Universiteit van Pretoria
Tel (012) 420-2257 Fks (012) 43-2381
f...@ccnet.up.ac.za
DS: [AFRIKAANS:5629] Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen die [boodskap #5302 is 'n antwoord op boodskap #5229] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:15
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5629] Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen die

On 19 Jan 96 at 0:28, F.W. Lucassen wrote:

> Friesland het Friestalige skole (in Nederland dus) en ek glo nie dat
> dit enige wrywing veroorsaak nie.
>
> Islamitiese skole in Nederland is "Koran-scholen" en is of in
> Turks of in Marokkaans. Meestal ook met Nederlanse lesse vir die
> aansluiting met die Nederlanse onderwys.

Ek neem aan dat die Koranskole ook volledig deur die staat
gesubsidieer word op dieselfde vlak van befondsing as die staatskole? Of
is ek verkeerd?

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Re: DS: [AFRIKAANS:5579] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di [boodskap #5303 is 'n antwoord op boodskap #5263] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Robert Wagenaar writes:

> Die punt wat ek wil maak is dat dit besonders moeilik is vir ENIGE gemeenskap om
> sy kultuur te onderhou en uit te bou indien daardie gemeenskap tussen ander
> gemeenskappe bly --- veral as daardie gemeenskap 'n minderheid in 'n sekere land
> vorm.
> Die Jode word gewoonlik as voorbeeld gestel maar ek glo die argumente nie water
> hou nie.
> Die Jode in SA is baie bekommerd oor die behoud van hul kultuur in SA want dit
> is moeilik --- dit kos baie geld en ondertrouery met nie-jode is 'n groot
> probleem. Ek het iewers gelees van hoe bekommered die Joodse gemeenskap in die
> VSA is oor die behoud van hul kultuur. Jode trou al meer met nie-jode en word
> afvallig van hul geloof. Dit is 'n groot probleem. 'n Vriendin van my vrou het
> nou onlangs met 'n Jood getrou. Haar man is nie juis gelowig nie en het dus nie
> probleme dat sy in die NGK bly nie. Dit was (en is nog steeds) 'n groot probleem
> vir sy ouers wat nou weet dat hul kleinkinders nie Joods groot gaan word nie.

> Al hoe 'n sekere kultuur behoue kan bly (tussen andere) is as die gemeenskap in
> redelike afsondering bly (bedoelende dat die meeste in 'n sekere gebied
> woonagtig is).

Klomp lyne afgesny...

As jy jou kultuur wil behou, is dit jou saak - behou dit. Maar jy kan nie 'n
hele nasie (of dan net 'n klomp mense) in jou kultuurborrel vasvang nie. Laat
die kultuur vry om te ontwikkel. 300 jr gelede was daar nie 'n Afrikaanse
kultuur nie. 300 jr van nou is daar miskien nie meer 'n Afr kultuur nie, maar
miskien is daar 'n anderster Afr kultuur. Wie's jy om Afr kultuur te
definieer en in 'n tydborrel te plaas? Laat dit vry wees. Dis nou te sê as
dit enigsins bestaan...

Groete
Andre

PS Sorry virrie uitvaring, ma'k'tte ding teen mense wat alles wil "manage".
Re: DS: [AFRIKAANS:5579] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di [boodskap #5304 is 'n antwoord op boodskap #5263] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
avdm...@miningt1.csir.co.za schreef:

> In article Robert Wagenaar writes:

Nee, die artikel is geskryf deur:

a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za] (Antonie)

Robert.
DS: [AFRIKAANS:5621] Re: Vir die nuwe SA - teen die [boodskap #5312 is 'n antwoord op boodskap #5229] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 17:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5621] Re: Vir die nuwe SA - teen die

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
>
>>> Hoe sluit 'n mens aan by die Rapportryers?
>>> Is lidmaatskap oop, of "op uitnodiging"?
>
> Ek is nou nie, was nooit nie en wil ook nie 'n Ridder wees nie. Maar
> ek dink soos enige organisasie of vereniging of klub sal hulle seker
> ook hulle lede keur. Daar is nie iets wat "oop" is op die aarde
> nie. Jy kan lidmaatskap tot enige groep geweier of ontneem word deur
> daardie groep.
> =======================================================
> Freek Eek

Sover ek weet is lidmaatskap "oop", maar die Broederbond het dit as
'n front gebruik om nuwe broeders te "keur".

arius Swart
DS: [AFRIKAANS:5650] Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen die [boodskap #5322 is 'n antwoord op boodskap #5229] So, 21 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Piet Wesselman[SMTP:pwessel]
Verzonden: zondag 21 januari 1996 3:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5650] Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen die

F.W. Lucassen schreef:

>> Ek neem aan dat die Koranskole ook volledig deur die staat
>> gesubsidieer word op dieselfde vlak van befondsing as die staatskole? Of
>> is ek verkeerd?
>>
>> Groete, Leendert
>>
> Ek weet der nie genoeg van nie, maar ek glo dat die Koranskole geen
> kompleet onderwysprogramma geef nie. Ek dink dat die kinders daar
> naast nog naar andere skole ga. Maar andere (bysondere) skole, so as
> kristelyke en joodse skole het dieselde subsidie (befondsing?) as die
> 'openbare' (staats-) skole.
>
In Nederland heeft men naast het openbaar (staats-)onderwijs ook het
bijzonder onderwijs. Zodra 350 handtekeningen zijn verzameld van ouders die
een school willen stichten kan men toestemming daartoe krijgen. Zo zijn er
de laatste jaren naast de traditionele katholieke, christelijke en joodse
scholen ook Hindu- en Islamitische scholen ontstaan. Er zijn ook 'algemeen
bijzondere' scholen: deze hebben geen religieuze achtergrond, maar zijn door
verenigingen van ouders opgericht om hun kinderen goed onderwijs te geven.
Vaak zijn dit de rijkere ouders, die zelf nog voor extra financiering
zorgen. Al deze bijzondere scholen hebben hetzelfde lesprogramma als de
openbare scholen, en worden door de staat gecontroleerd op inhoud en
kwaliteit, en ook door subsidie van de overheid bekostigd. De scholen
verschillen alleen in de inhoud van het godsdienstonderwijs, of 'geestelijke
stromingen'. Verder kunnen gewoonten die met de godsdienst te maken hebben
(bidden, kleding) uiteraard verschillen.
Deze mogelijkheid om naast het openbaar onderwijs ook bijzonder onderwijs te
hebben wordt vooral door de godsdienstige stromingen zeer op prijs gesteld.
Onlangs is een minister, die opperde dat het bijzonder onderwijs beter kon
worden afgeschaft, zwaar bekritiseerd.

Koranscholen zijn scholen die door de Islamitische gemeenschap gedreven
worden om de kinderen buiten de normale schooltijd om te scholen in het
Arabisch en de kennis van de Koran. Zij zijn een activiteit van Islamitische
stichtingen - vaak de moskee - of verenigingen, en hebben ondanks de naam
'school' eigenlijk niets met het onderwijs van doen. Zo bestaan er meer
soorten: indertijd kende ik ook een Portugese school, waar kinderen van
Portugese ouders zich op zaterdagmiddag in het Portugees bekwaamden.

Op alle basisscholen in Nederland geldt verder de regel dat kinderen van
niet-Nederlandse afkomst recht hebben op onderwijs in eigen taal en cultuur
(OETC). Op veel scholen in de grote steden zijn dan ook onderwijzers
aangesteld die aan kinderen van buitenlandse afkomst twee uur per week les
geven in eigen taal en cultuur; dit is vooral voor Turkse en Marokkaanse
kinderen. Het idee hierachter is vooral, dat kinderen goed thuis moeten zijn
in de eigen taal om een tweede taal, Nederlands, te kunnen leren. Deze
lessen worden in de normale schooluren gegeven, zodat de kinderen dus andere
lessen moeten missen. Onder andere daarom staat het OETC de laatste tijd
weer ter discussie. Sommigen willen het afschaffen of na schooltijd laten geven.

Ik meen dat het goed is om culturele, godsdienstige of taalminderheden
zoveel mogelijk hun eigen taal en cultuur te laten behouden. Dit is voor mij
niet alleen een soort grondrecht, maar ook een mogelijkheid tot emancipatie
van minderheden.

Wat weet een boekverkoper daar nou allemaal van, zult u misschien vragen.
Welnu, naast mijn andere activiteiten ben ik ook bestuurder van een aantal
bijzondere scholen in Amsterdam.

Vriendelijke groet,

Piet Wesselman
============================================================ =============
BIS --- Book & Internet Services --- Piet Wesselman --- pwe...@xs4all.nl
Book Lovers http://www.xs4all.nl/~pwessel/
De Nederlandse Letteren http://www.xs4all.nl/~pwessel/letteren/
Wesselman Books http://www.xs4all.nl/~pwessel/books/
============================================================ =============
Re: DS: [AFRIKAANS:5622] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die [boodskap #5338 is 'n antwoord op boodskap #5286] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:

>>[/color]

...maar lidmaatskap is steeds op uitnodiging, lede se name is geheim
en vergaderings is geheim....
Re: DS: [AFRIKAANS:5617] Re: DS: Re: Vir die nuwe SA - teen die Afr [boodskap #5346 is 'n antwoord op boodskap #5287] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:
DS: [AFRIKAANS:5664] Re: AW: Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen [boodskap #5362 is 'n antwoord op boodskap #5229] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: F.W. Lucassen[SMTP...@tbus.ic.iaf.nl]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 7:54
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5664] Re: AW: Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen

> Date sent: Fri, 19 Jan 96 19:38 SAT
> Send reply to: afri...@unseen.aztec.co.za
> From: Robert Wagenaar
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5639] AW: Re: AW: Re: Vir die nuwe SA - teen die

> Frans skryf:
>
>> Friesland het Friestalige skole (in Nederland dus) en ek glo nie dat
>> dit enige wrywing veroorsaak nie.
>
> Helaas moet ek Frans teen spreek, die Friese skole het net enkele lessen ( in Fries.
>
------------------
Die Friese het van die ministerie van onderwys baie vryheid om die
leerprogramma self in te deel. Friestalig onderwys is verplig in
Friesland, maar die wyse waarop kin hulle self uitmaak. Daarom is der
skole (soas by ons in Kollum) die net een paar uur oor die
geskiedenis van Friesland en af en toe 'n liedjie in Fries leer. Die
sogenaamde echt Friese skole begin in groep 1 en 2 (wat vroee"r de
'kleuterschool' het gewees, in Fries 'beukerskoale') heeltemal in
Fries. Dikwels ook nog in groep 3 en 4. Dan in groep 5 en 6 begin
hulle met Nederlanse lesse (in Fries) en net in groep 7 en 8 word die
taal waarin die lesse gegee word Nederlans, maar dan het hulle tog
nog Friese lesse (in Nederlans). Tusse die twee uiterste (bv die
skool by ons in Kollum en die s.g. "echt Friese skole") is alle soorte
van variasies moontlik. Dit is so heeltemal afhanklik van die
opvattings van die onderwysers.

Dit geld vir die lagere skole. Vir die hoe"re (middelbare) skole is
in Friesland die Friese taal 'n verplig eksame-vak met sentraal
vasgestelde eise.

Tog kin mens begryp, dat die Friese Beweging nie baie tevrede is
nie met die wyse waarop die Friese taal gegee word op die skole. Die
'Fryske Akademy' verwag (in hul laaste rapport) dat op die wyse die
Friese taal in dertig jaar sal verdwyn.

Ek vind die diskussie op hier die poslys so interessant omdat ek in
die situasie van Afrikaans en Fries so veel parallelle vind. In beide
gevalle 'n taal die platgedruk word deur 'n 'oorheersende' taal, 'n
volk wat in meerderheid nie de moeite neem nie om vir syn taal te
veg, die gemakkelik die 'weg van de minste weerstand' kies en dus
maar de 'oorheersende taal' praat. Waar geen geld is nie vir 'n
behoorlik TV-programma in die eigen taal (of waarop dit op andere
wyse onmoontlik of moeilik gemaak word). Hier kom dit waarschynlik
nog meer deur onverskilligheid van die Friese self, dan by julle deur
die Afrikaners. In algemeen is die Friese ook baie gesagsgetrou en
daarom nie gou genyg te protesteer nie. Baie Friese is ook bang om hul
belaglik te maak in die oe" van die rest van Nederland. 'n Paar weke
geleen is die naam van Friesland eintlik amptlik verander in
'Frysla^n'. Die meeste proteste daarteen was van Friese!! Tal van
mense glo nog steeds in die 'unitariese' idee van: EEN GOD, EEN
KONING(IN), EEN VOLK, EEN TAAL.

Wat die islamitiese skole betref het ek al geskryf, dat ek daarmee
nie so goed bekend ben nie.

Tusse hakies; die organisasie van die onderwys in Friesland is goed.
Der is veral eers die 'Fryske Akademy' wat veral toesig hou op die
taal self en dan is der die A.F.U.K. (Algemiene Fryske U^nderrjocht
Kommisje), wat die kursusse ree"l en vir die leermiddele sorg.


--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~
DE TEEBUSCH F.W.Lucassen
Postbus 107
NL 9290 AC Kollum Tel. 31 (0)511 451 838
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5608] Afrikaans M-Net
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5679] Kam skeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:27:03 MGT 2024