Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Afrikaanse voorname
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21423 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> On Fri, 26 Feb 1999 22:07:04 +0200, "Henri Burger" wrote:
> |O, en vir die rekord, my bronne toon aan dat ene Johannes Potgieter in 1712
> |in die huwelik bevestig is met Clara Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap.
> |

> Ja, ek het ook al van hulle gehoor. Baie sulke gevalle. Wat as
> rassevermening sommer vroeg en volledig in die Kaap se geskiedenis kon
> gebeur het, dan was ons almal homogene kleurlinge en dan was daar nie
> Kleurlinge nie en dan....?!?!?

En dan is die vraag seker of daar ooit
die hoeha sou gewees het oor apartheid
en nog wat? Maar die saak is dieper as
net kleur. Dis 'n kwessie van MAG. Die
mense wat hulle die "Afrikaners" genoem
het in die middel van die 20ste eeu,
(met hulle volop "gekleurde" bloed en
agtergrond) het besluit dat hulle kleur
gaan gebruik om die swart oormag wat die
grootste deel van die SA bevolking uitge-
maak het, van die werklike MAG in die
land te hou. Dis dus 'n kwessie van
wie die land "besit" het, en wie nie
hulle hande op die land sou kry nie,
behalwe vir die 13% wat nou tradisioneel
hulle s'n was. En dis 'n probleem waarmee
SA nou nog sit. Wie het kaart en transport
van die belangrikste en vrugbaarste dele
van SA?

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21424 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) skryf:

> Wat probeer jy sê, Henri?? Vir Frikkie gaan so iets pla en hy sal dit
> moontlik afmaak as propaganda, maar vir my pla dit nie. Dink jy ek is
> baie konserwatief....?

Ek trek sommer 'n bietjie been, Johan. Destyds het Prof Heese se boek "Groep
sonder Grense" verskyn waarin hy hierdie dinge uitgewys het, en baie mense
was woedend. Ek onthou 'n vuisgeveg in die Pretoria stadsraad daaroor.

Miskien probeer ek net sê "Who cares?"

Wat Genealogiese navorsing interessant maak, is nie wie van jou voorvaders
Heemrade aan die Kaap was, of dalk van die Europese adel afstam nie. Eerder
goed soos my een Taljaard voorvader wat Mauritius toe verban is. Dis mos nou
nuus! Niemand weet waarvoor nie.

Dit was ook nogal ontstellend om in die Montagu museum 'n verslag te lees
van 'n Boesman-jag waaraan die Burgers ywerig deelgeneem het. Dan eerder
Catharina vd Kaap, of hoe?

Groete

Henri
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21438 is 'n antwoord op boodskap #21255] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Mar 1999 01:58:44 GMT, wrote:
| Waaroor argumenteer ons eintlik hier?
| Is land-hervorming so goed op pad al
| dat groot gedeeltes van vorige "wit"
| plase nou in die hande van nie-wit
| boere is? ...snip-snip..... So moenie met my praat
| oor onvrugbare gedeeltes van SA nie.
| Jy kan rol in die geld in daardie dele,
| as jy net genoeg van die grond besit.
|

Gloudina, met alle respek teenoor jou baie hoë ouderdom - hierdie
plasing van jou het baie pertinent vir my laat besef wat alles in SA
gebeur het in die laaste dertig jaar.

Die "snapshot" wat op jou geheue kassie voor jou bed staan is al baie
"gefade".

Ek het al in die laat sewentiger jare saam met studente gaan kerkbou
daar naby Soekmekaar in die noord-Transvaal en ons het op een van die
groot vrugteplase geslaap wat deur die regering uitgekoop is om vir
een van die "tuislande" te gee. Alles was vervalle en dit was baie
hartseer om reuse vrugteboorde te sien wat al vir meer as 'n jaar nie
bewerk en versorg is nie.

Ek het 'n tante wat in Pietersburg bly en ou nog weeklaag oor die
vrugbare grond om Zebedela wat alles tot niet gegaan het.

Henri, maar dis mos alles jou wereld ook - vertel bietjie vir ons
eerstehands wat alles in daardie streke oor die laaste dertig jaar
gebeur het....

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21439 is 'n antwoord op boodskap #21255] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:
> Jy kan rol in die geld in daardie dele,
> as jy net genoeg van die grond besit.

Dis jammer dat jy net op hierdie gedeelte van die plasing gereageer het,
Gloudina, want ek het 'n perspektief probeer plaas. Maar jy het die
karakoelboere van Suidwes genoem. Miskien moet jy vir Hans vra wat van al die
karakoelboere geword het, as hy van sy jagtog af terug kom. In hulle peetjie
in soos die robjagters van Kanada, want dis glo nie PC om pels te dra nie.
Maar ek hoor pels maak dalk 'n comeback. En die wolboere voer ook deesdae 'n
opdraende stryd - die Australiërs het van 'n aansienlike persentasie van
hulle wolskape ontslae geraak oor die afgelope paar jaar. So, wat bly oor in
'n streek wat meer as 50% van SA oppervlak beslaan?

Ek sê weer, "mag" lê nie daarin dat elke ou grond besit nie. Dit lê daarin
dat elke ou 'n werk het wat hom in staat stel om vir sy gesin te kan sorg.
Die antwoord daarvoor is nie in landbou te soek nie, maar in nywerhede wat
kompeterend is. Selfs mynbou in SA is besig om af te skaal, omdat dit
eenvoudig te duur geword het om dieper vir goud te delf.

Terwyl ons op die onderwerp is, ek lees gister 'n artikel van die Inuit in
Kanada wat nou 'n eie staat kry. Dit sê die per kapita inkomste daar is die
helfte van die in die res van Kanada, en uitgawes dubbeld soveel. Werkloosheid
is blykbaar baie hoog. Noem jy dit "mag"?

Ek verwys jou ook na my ander plasing rakende die Helen Suzman stigting se
verslag oor Zimbabwe.

Groete

Henri
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21440 is 'n antwoord op boodskap #21255] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 28 Feb 1999 12:21:49 +0200, "Henri Burger" wrote:
|Wat Genealogiese navorsing interessant maak, is nie wie van jou voorvaders
|Heemrade aan die Kaap was, of dalk van die Europese adel afstam nie. Eerder
|goed soos my een Taljaard voorvader wat Mauritius toe verban is. Dis mos nou
|nuus! Niemand weet waarvoor nie.
|
|Dit was ook nogal ontstellend om in die Montagu museum 'n verslag te lees
|van 'n Boesman-jag waaraan die Burgers ywerig deelgeneem het. Dan eerder
|Catharina vd Kaap, of hoe?
|
Jep!

Die goed is baie interesant. Ek het byvoorbeeld op 'n stadium bietjie
opgelees oor die twee Ueckermann broers (my ma se nooiensvan) wat die
land ingekom het, Heidelberg (Tvl) daargestel het en waarvan een my
oupa se groot oupa was. Op 'n stadium ry ek saam met 'n vriend wat 'n
kunswerk wou gaan koop by oom Hennie Potgieter (nie familie nie), die
kunstenaar langs die Hertebeespoortdam net daar noord van Pelindaba.

In sy ateljee besigtig ons die lewensgrootte gipsmodel van die man en
die bul wat (dalk nou nog) voor Volkskas se gebou, of is dit nou die
administrasie, in Pretoria gestaan het. Al langs die muur is 'n rak
met borsbeelde se gipsmodelle en daar erken ek al die vorige eerste
ministers en presidente, maar die laaste in die ry se gesig ken ek
nie. Ek vra toe maar en daar vertel Oom Hennie my dis die stigter van
Heidelberg se borsbeeld, 'n ene Ueckermann!! Klein wereld!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21441 is 'n antwoord op boodskap #21255] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

En dis 'n probleem waarmee
>> SA nou nog sit. Wie het kaart en transport
>> van die belangrikste en vrugbaarste dele
>> van SA?
>
>
> Dit is 'n hoogs aanvegbare stelling, Gloudina. Ek kan die vraag omswaai, en
> vra wie het die kaart en transport van die mins vrugbare en meer genadelose
> gedeeltes in SA.

Waaroor argumenteer ons eintlik hier?
Is land-hervorming so goed op pad al
dat groot gedeeltes van vorige "wit"
plase nou in die hande van nie-wit
boere is? Of is die ou bedeling nog
maar daar, behalwe 'n token area
hier en daar? Jy praat van die "mins
vrugbare en meer genadelose gedeeltes"
van SA, wat by implikasie seker nog
deur wittes gesetel is en waaruit hulle
'n lewe maak. Ek het in die Noord-Weste
grootgeword. Jy sou dink dat Boesmanland
se wereld so onherbergsaam is,dat mense
nie daar 'n bestaan kon maak nie. Maar
die plase (wit plase, en is hulle nou
nie-wit?) was so groot dat die manne
wat daar met wolskape geboer het, baie
baie ryk was. Ek het saam met hulle
skoolgegaan - die kinders van daardie
manne uit die Boesmanland, en hulle
het gerol in die geld. En die ander
ouens wat gerol het in die geld was
die kinders uit "Suidwes" waar die
manne met karakoele geboer het. Jy
kan dink hoe agteraf ons arme Kakamiete
gevoel het, tussen al die ryk kinders
uit die bulte. So moenie met my praat
oor onvrugbare gedeeltes van SA nie.
Jy kan rol in die geld in daardie dele,
as jy net genoeg van die grond besit.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21471 is 'n antwoord op boodskap #21255] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Ek sê weer, "mag" lê nie daarin dat elke ou grond besit nie. Dit lê daarin
> dat elke ou 'n werk het wat hom in staat stel om vir sy gesin te kan sorg.
> Die antwoord daarvoor is nie in landbou te soek nie, maar in nywerhede wat
> kompeterend is. Selfs mynbou in SA is besig om af te skaal, omdat dit
> eenvoudig te duur geword het om dieper vir goud te delf.

Ja, wat jy sê is waar. Maar in Afrika is
in baie gevalle die oplossing om terug te
keer na "subsistence farming." Daar is
studies wat aandui dat as mense nie deur
Westerse strukture en maniere van doen
in groot stede en nywerheidsdorpe saam-
gebring word nie, hulle die gewoontes
van hulle vadere volg en heel gelukkig
met baie minder tevrede is en oor die
weg kom. Een van die studies is gemaak
in Zimbabwe, waar een derde van die land
deur Westerse tipe plase (gewoonlik in
die hande van witmense) beset word, waar
hulle tabak kweek vir uitvoer. Tabak, die
gif van die mensdom, en 'n industrie
waarvan die dae getel is. Hierdie land
moet oorgeneem word en aan subsistence
farmers gegee word.

>
> Terwyl ons op die onderwerp is, ek lees gister 'n artikel van die Inuit in
> Kanada wat nou 'n eie staat kry. Dit sê die per kapita inkomste daar is die
> helfte van die in die res van Kanada, en uitgawes dubbeld soveel. Werkloosheid
> is blykbaar baie hoog. Noem jy dit "mag"?

Nunavut is nie 'n staat nie, maar 'n provinsie.
Ja, en hulle het "mag." Hulle het die mag om in
hulle eie land te bly, subsistence living te
beoefen, en besluite oor hulle eie land self
te neem. "Werkloosheid" is 'n westerse konsep.
"Per kapita inkomste" is 'n westerse ekonomiese
idioom. Om trots en vol selfrespek in jou eie
land te woon en respek te kry, dit is belangrik.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21472 is 'n antwoord op boodskap #21255] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> Ek het al in die laat sewentiger jare saam met studente gaan kerkbou
> daar naby Soekmekaar in die noord-Transvaal en ons het op een van die
> groot vrugteplase geslaap wat deur die regering uitgekoop is om vir
> een van die "tuislande" te gee. Alles was vervalle en dit was baie
> hartseer om reuse vrugteboorde te sien wat al vir meer as 'n jaar nie
> bewerk en versorg is nie.
>
> Ek het 'n tante wat in Pietersburg bly en ou nog weeklaag oor die
> vrugbare grond om Zebedela wat alles tot niet gegaan het.


Johan, Zebediela was 'n breinkind van 'n
westerse regering wat gemik het op die
produksie van groot hoeveelhede sitrus-
vrugte, sodat hulle dit kon uitvoer en
geldmaak. Dit was kunsmatige grondgebruik.
Ek neem aan dat die boikot van SA goedere
alreeds vir Zebediela 'n nekslag toegedien
het. Ek neem aan dat die mense wat nou op
daardie grond bly, hulle eie besluite en
hulle eie lewensstyl kies, en nie slawe
is van produksie-kwotas nie. So vertel jou
tante om nie teveel te huil nie.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21473 is 'n antwoord op boodskap #21255] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 1999 00:37:23 GMT, wrote:
| Johan, Zebediela was 'n breinkind van 'n
| westerse regering wat gemik het op die
| produksie van groot hoeveelhede sitrus-
| vrugte, sodat hulle dit kon uitvoer en
| geldmaak. Dit was kunsmatige grondgebruik.
| Ek neem aan dat die boikot van SA goedere
| alreeds vir Zebediela 'n nekslag toegedien
| het. Ek neem aan dat die mense wat nou op
| daardie grond bly, hulle eie besluite en
| hulle eie lewensstyl kies, en nie slawe
| is van produksie-kwotas nie. So vertel jou
| tante om nie teveel te huil nie.
|
Jou redenasie is belaglik Gloudina. Ry jy met 'n motor? Dit was 'n breinkind
van westerse industrialiste en word vandag vervaardig en versprei om geld te
maak. Dis kunsmatige grondstofgebruik. Netso belaglik soos hierdie stellings,
is jou eie redenasies.

Jy is die een wat so skree oor besoedeling, maar as derdewereld mense op grond
oorlewings boerdery toepas en die grond uitmergel, dan is dit vir jou
aanvaarbaar?!?! Gaan kyk na die grond in Zimbabwe waaroor jy so baie te sê het:
Ry van Beit brug op na Chipinga toe en kyk hoe verander die veld van graslande
na oop stof en grond, afhangend van hoe dit geboer word. Velkeur speel daar
geen rol nie, net die manier waarop die grond opgepas word.

Die luukse van subsistance farming kan nie meer bekostig word nie - daar is te
veel monde om kos te gee....

Almal wat in diens was van die groot sitrus plase - wat het van hulle geword?
Kan iemand ons die feite gee. Ek sou graag wou dat ons aan daardie mense vra,
of hulle weer graag hulle vorige werkgewer wil terughê.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21474 is 'n antwoord op boodskap #21255] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ja, wat jy sê is waar. Maar in Afrika is
> in baie gevalle die oplossing om terug te
> keer na "subsistence farming." Daar is
> studies wat aandui dat as mense nie deur
> Westerse strukture en maniere van doen
> in groot stede en nywerheidsdorpe saam-
> gebring word nie, hulle die gewoontes
> van hulle vadere volg en heel gelukkig
> met baie minder tevrede is en oor die
> weg kom.

In teorie het ek niks teen bg. nie. In praktyk in SA sou dit beteken dat jy
hier by ons langs die Letabarivier 'n klomp sitrusboere het wat op groot skaal
uitvoer, en redelik welvarend is. Aan die oorkant van die rivier voer die
Sjangaans dan 'n oorlewingsbestaan. Dink jy hulle bly tevrede en gelukkig as
hulle oor die rivier kyk? Of as familielede wat oorkant die rivier werk, kom
kuier, en ooglopend meer welvarend is?

Wat my egter interesseer, is wat jy in die oog het vir SA. Verdeel ons die
hele land in 40 miljoen lappies grond, sodat elke inwoner 'n
oorlewingsbestaan kan probeer voer? Skep ons 'n tuisland (ekskuus vir die
woord) vir diegene wat 'n oorlewingsbestaan wil voer, soos wat julle vir die
Inuit gemaak het? Of skep ons 'n mosaiek van winsgewende eenhede, met
stukkies oorlewingseenhede tussen- in?

> Een van die studies is gemaak
> in Zimbabwe, waar een derde van die land
> deur Westerse tipe plase (gewoonlik in
> die hande van witmense) beset word, waar
> hulle tabak kweek vir uitvoer.

Waarmee word daar in die Triangle-area in Zimbabwe geboer, Gloudina? En rondom
Sinoia? Wat kan jy my vertel van Nwanetsi ranch, wat Mugabe wil onteien?

> Nunavut is nie 'n staat nie, maar 'n provinsie.
> Ja, en hulle het "mag." Hulle het die mag om in
> hulle eie land te bly, subsistence living te
> beoefen, en besluite oor hulle eie land self
> te neem.

Enige rede hoekom Frikkie-hulle nie dieselfde "mag" kan kry as hulle so voel
nie?

Maar afgesien daarvan, is dit vir my duidelik dat ons konsepte van wat mag en
bemagtiging behels hemelsbreed verskil. Die ironie is dat jy aan die een kant
uitwys dat boere in die Noordweste stinkryk kon word op genoegsame grond, maar
aan die anderkant sê 'n ou het die reg om op 'n lappie grond te krepeer as hy
so sou verkies. Maar jy gaan die twee konsepte baie moeilik bymekaar bring,
want daar is nie genoeg grond vir 40 miljoen mense in SA nie. Tensy almal
krepeer.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21475 is 'n antwoord op boodskap #21255] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>
> Die luukse van subsistance farming kan nie meer bekostig word nie - daar is te
> veel monde om kos te gee....

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Wat
het die mense van Afrika gedoen die
duisende jare voordat die ouens uit
Europa hulle van hulle grond af kom
stoot het? Ek dink die manne wat uit
die Reiger, die Dromedaris en die
Goede Hoop geklim het, het nie 'n
vernielde aarde gevind nie.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21496 is 'n antwoord op boodskap #21255] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

>
> Nunavut is nie 'n staat nie, maar 'n provinsie.
> Ja, en hulle het "mag." Hulle het die mag om in
> hulle eie land te bly, subsistence living te
> beoefen, en besluite oor hulle eie land self
> te neem. "Werkloosheid" is 'n westerse konsep.
> "Per kapita inkomste" is 'n westerse ekonomiese
> idioom. Om trots en vol selfrespek in jou eie
> land te woon en respek te kry, dit is belangrik.
>
> Gloudina

Nee. HF Verwoerd : 1953

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21499 is 'n antwoord op boodskap #21255] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>>
>> Die luukse van subsistance farming kan nie meer bekostig
> word nie - daar is te
>> veel monde om kos te gee....
>
>
> Jy weet nie waarvan jy praat nie. Wat
> het die mense van Afrika gedoen die
> duisende jare voordat die ouens uit
> Europa hulle van hulle grond af kom
> stoot het? Ek dink die manne wat uit
> die Reiger, die Dromedaris en die
> Goede Hoop geklim het, het nie 'n
> vernielde aarde gevind nie.
>
> Gloudina
>
en al rede daarvoor was was die feit dat daar f...ll aangegaan het. Vir
daardie mense het dit nog altyd gegaan oor die dag van vandag, nie die dag
van more nie.

Die manne wat van die 'skippies' geklim het het gedink aan more en die dag
daarna, proviand vir skepe wat daar aandoen.

Nee wat Gloudina kom 'n bietjie terug SA toe en kom maak vir 'n paar jaar
weer kennis met realiteit.

Groete

Shannon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21500 is 'n antwoord op boodskap #21255] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 03 Mar 1999 12:05:59 GMT, oos...@geocities.com wrote:

|Dalk is jy reg, Gloudina.
|
|Een ou vertel dat die probleme van Afrika vinnig opgelos kan word: Staak net
|die lewering van alle Westerse medisyne om die lewensverwagting te verlaag,
|blaas die Westerse brûe op om noodleniging te verhoed, en binne 'n paar jaar
|het jy weer die voormalige paradys waarvan jy droom.
|
Ja, Gloudina, onthou net om ook al die ander Eurosentriese goggas ook te
verwyder: motors, rekenaars, televisie, radio en geskrewe taal en opgetekende
stories - enige iets wat die landbou van die pre1652 era so sleg beskadig het.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21504 is 'n antwoord op boodskap #21255] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>>
>> Die luukse van subsistance farming kan nie meer bekostig
> word nie - daar is te
>> veel monde om kos te gee....
>
> Jy weet nie waarvan jy praat nie. Wat
> het die mense van Afrika gedoen die
> duisende jare voordat die ouens uit
> Europa hulle van hulle grond af kom
> stoot het? Ek dink die manne wat uit
> die Reiger, die Dromedaris en die
> Goede Hoop geklim het, het nie 'n
> vernielde aarde gevind nie.

Dalk is jy reg, Gloudina.

Een ou vertel dat die probleme van Afrika vinnig opgelos kan word: Staak net
die lewering van alle Westerse medisyne om die lewensverwagting te verlaag,
blaas die Westerse brûe op om noodleniging te verhoed, en binne 'n paar jaar
het jy weer die voormalige paradys waarvan jy droom.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21505 is 'n antwoord op boodskap #21255] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 1999 22:40:40 GMT, wrote:
|e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
|>
|> Die luukse van subsistance farming kan nie meer bekostig
| word nie - daar is te
|> veel monde om kos te gee....
| Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Nou kom ons kry dan die opinie van 'n paar ander mense! Asseblief almal wat
hierdie lees, reply gou of jy dink SA kan subsistance farming nou bekostig.

| Wat
| het die mense van Afrika gedoen die
| duisende jare voordat die ouens uit
| Europa hulle van hulle grond af kom
| stoot het?

Hulle het op vroeë ouderdom doodgegaan as gevolg van die afwesigheid van
westerse medisyne - hulle het in harmonie met die natuur geleef sonder
grootskaalse per kapita besoedeling (hulle het byvoorbeeld nog nie plasties
gehad nie, Gloiudina) - hulle het soms self hulle getalle verminder (soos toe
die een vrou 'n visie gehad het en almal sover gekry het om al hulle vee en
landbou te vernietig) - hulle het nie gekonsentreerd in groot stede soos Soweto
en Hillbrow geleef nie - hulle het poligamiese families gehad sodat daar meer as
een persoon was om na die landbou om te sien. Daar is seker nog dinge wat hulle
gedoen het, maar ek was self nie daar nie en kan net opnoem wat ek dink veilig
en algemeen aanvaarde feite is. Help my asseblief reg as ek dit mis het.

| Ek dink die manne wat uit
| die Reiger, die Dromedaris en die
| Goede Hoop geklim het, het nie 'n
| vernielde aarde gevind nie.

... en ook nie 40 miljoen mense wat woon waar hulle nou woon nie.

Gloudina, jy kan gerus maar besef dat jy darem nou nie driehonderd jaar uit die
land was nie, maar slegs dertig jaar. Deesdae praat 'n mens in Afrikaans
byvoorbeeld daarvan dat jy van 'n skip afklim en nie daaruit nie.....
Vorige onderwerp: Soek na familie oorsprong -Bantjes
Volgende onderwerp: die POTGIETER FAMILIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:07:51 MGT 2024