Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Hoe verklaar julle dié teks....?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113146 is 'n antwoord op boodskap #113143] Wo, 21 Februarie 2007 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

> Ha, jy weet duidelik nie hoe donners warm dit nou hier in die Baai is
> nie. Maar oukei, stuur vir my so 'n proeseltjie.

Ooops!! Sien ek alweer die wereld net deur my eie persepsies.
:)))))
Sterkte met julle hittegolf. Dit klink gladnie lekker nie.
Hier by ons is dit nat en koud en miserable. Maar ek verkies die
Winters VÊR bo die Somers hier...dit is voorwaar goor, om die minste
te sê. En ons seë is so plat gedoente sonder enige karakter. ;)
So, gaan stap op die strand na werk, en geniet die pragtige natuur
daar by julle, en die koel seëbriesie - en dink aan my hier in 'n nat
en koue Jawja. :)
(Giegie terloops, "koud" vir ons hier is sowat 60 grade Fahrenheit -
dog net ek noem dit) :))

> Staan voor 'n klas, moet vinnig tik voor hulle besef ek is nie met
> diepsinnige akademie besig nie.

LOL!!! Ja nee....;)))
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113149 is 'n antwoord op boodskap #113134] Wo, 21 Februarie 2007 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Wat kwytgeraak word oor Calvyn is so eensydig en daar is sulke blatante wanvoorstellings in die artikel dat dit die hele artikel verdag maak.

Ek waardeer jou insette, Torreke. Dit was interessant om te lees,
maar vir een of ander rede was dit nogal moeilik om te lees, want jou
sinne het nie ge-wrap nie (as jy nou verstaan wat ek bedoel?) Dit was
sulke ellelange sinne, wat ek moes "scroll" om die hele sin te kon
lees. Ek wonder waarom dit was? Dit was nou die eerste keer wat ek
die probleem teëkom met Agent, wat die nuusleser is wat ek gebruik.
Nie jou fout nie - ek wonder maar net waarom dit so anders was die
keer.

Ek sit nou hier wroeg met Louis Berkhoff se Systematic Theology en
probeer 'n vergelyking tref tussen jou opinie, en wat bekend was/is,
maar sjoe, daar is net soveel aspekte wat mens kan aanraak. En
tyd...ai...dus gaan ek een aspek probeer. :)

Die konsep van "original sin" waarna jy ook verwys met die vreeslike
sin: "die waarheid van die totale verdorwenheid van die in sonde
gevalle mens" - daardie "waarheid" is wat my nogal tiekel, en sal
graag later meer daaroor wil gesels,w ant dit is uit en uit 'n leer
van Augustinus, en nie van ander kerkvaders nie. (Volgens Berkhoff
nou) :)
Net sommer vir interessantheid, aan die einde van die hoofstuk oor
"origin of sin", vra hy die volgende vrae:
1. Did God will the fall of man or did He merely permit it?
2. Does our reformed doctrine make God the author of sin?
3. Was God justified in making the spiritual state of mankind in
general, contingent on the obedience or non-obedience of the first
man?

Dog dit was nogal interessante vrae. Wat sou jou antwoord wees op
bogenoemde?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113150 is 'n antwoord op boodskap #113134] Wo, 21 Februarie 2007 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

>> As twee mense met God gekonfronteer word, word die een se hart verhard...
>
>> En die ander een se hart versag!!!
>
>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?
>
> My laaste vraag aan Dave wat hy nie beantwoord het nie, wat Gloudina nie beantwoord het nie, wat niemand beantwoord het nie, is:
>
> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?

Ek het nou my hele relaas uitgvee. Want...toe ek nou weer mooi kyk
wat ek geskryf het, sien ek dat dit darem nou gevaarlik baie na 'n
Buddhistiese gebrabbel sou klink, en ek waarsku nou vir julle - moenie
'n etiket aan my probeer plak, en in DAARDIE hokkie probeer druk nie.
:)))

Kan ek dalk net sê ek reken daardie vraag kan beantwoord word met die
woord "kennis" - vanuit altwee kante beskou - vir gelowiges kan mens
dalk sê dat die een het "kennis" van/oor God weens die Heilige Gees -
dus God se wil, en vanuit my hoekie (ongelowiges), reken ek dit het
ook met "kennis" te maak - in die vorm van logiese beredenering. Dus,
bestaan daar nie vir my iets soos "verharde harte" en "versagte harte"
nie...want God bestaan nie, of bestaan wel...wat belangrik is, is hoe
jy leef in die wereld. Of jy omgee vir die armes en siekes en minder
bevoorregtes. Of jy met liefde in jou hart na jou medemens kyk, en
hulle wroegings kan raaksien en erken en probeer help. Of leef jy jou
lewe suiwer net vir jouself en jou eie "greed".
Dis al...
Nou gaan ek kosmaak en 'n glasie wyn skink om die dierlike aspek van
menswees ook darem in sync te hou.
;)
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113151 is 'n antwoord op boodskap #113134] Wo, 21 Februarie 2007 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Feb 2007 14:47:45 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Katryn" < wrote

>> http://www.biblelife.org/calvinism.htm

>> Torreke, wat is jou verweer vir hierdie artikel? As jy tyd het?

>> 1. One must first study the man, John Calvin, in order to understand
>> the theology that has come to be called Calvinism

>> Vraag: Wat hulle skryf oor die man, John Calvin. Is daar ander
>> opinies oor sy persoon?
>
> Wat kwytgeraak word oor Calvyn is so eensydig en daar is sulke blatante wanvoorstellings in die artikel dat dit die hele artikel verdag maak.
>
> Bv. Dit is korrek dat die stadvaders van Geneva besluite oor kerksake geneem het. Nie omdat Calvyn dit so wou hê nie - Calvyn het (soos al die Gereformeerdes) geglo aan die skeiding van kerk en staat (teenoor die Katolieke en Lutherane wat doelbewus kerk en staat vermeng). Die stadsvaders van Geneve wou nie kopgee nie. Calvyn het geleer dat mens elke Sondag nagmaal moet vier - die stadsvaders van Geneve wou nie daarvan hoor nie en het as kompromis 4x per jaar voorgestel.
>
> Dis gewoon strooi dat Gereformeerdes geleer word om die Bybel deur die bril van Calvyn se Institusie te verklaar, en dat hulle nie die beginsel geleer word van Skrif met Skrif vergelyking nie.\
>
> Dis gewoon strooi om te sê dat Calvyn se Institusie bokant die Skrif verhef is. Die 4 grondbeginsels van die Reformasie Soli Deo Gloria (Aan God alleen die eer), Sola Scriptura (Die Skrif alleen), Sola Gratia (Genade alleen) en Sola Fidei (geloof alleen) kom van Calvyn af
>
> Die teregstelling van Firet op die brandstapel word netso sterk uit Gereformeerde kringe veroordeel as deur buitestaanders.
> Maar Calvyn was gewoon nie die tiran wat in hierdie artikel uitgebeeld word nie.
>
> Ek verwys met opset na "Gereformeerdes". Omdat die woord "calvinis" of "calvinisme" te maklik verstaan kan word as dat ons 'n bepaalde teoloog navolg. Feit is dat die Gereformeerde Kerke op baie punte van die leer NIE saamstem met hoe Calvyn dit gesien het nie. Calvyn was 'n sondaar mens - as sulks het hy foute gemaak en sondes gedoen! Ons is nie navolgers van 'n mens nie, ons is navolgers van Jesus Christus.
>
>> Ook wat hulle skryf van Augustine en Luther? Ek sou graag die ander
>> kant van die saak wou hoor.
>
> Augustinus het 'n roekelose lewe gelei as jongman en hy het eers in sy middel-veertigs tot bekering gekom. Sy moeder, Monica, was 'n Christin en sy pa ongelowig. Hy en sy buite-egtelike (volwasse) kind is op dieselfde dag gedoop. Augustinus se leer van die totale verdorwenheid van die mens en die vrye genade van God deur die uitverkiesing het inderdaad baie met sy agtergrond te doen. Nie soos die artikel dit probeer uitlê nie, maar wel soos Augustinus dit self verduidelik: Dat hy besef het dat daar geen manier was dat hy uit eie vrye wil tot inkeer sou gekom het - dat die verrotting van die sonde te diep in die mens ingebrand is.
>
> Natuurlik is Augustinus ook beinvloed deur die verskillende filosofië en godsdienste wat hy probeer het. Net 'n volslae naiewe mens sal dit probeer ontken.
>
> Maar sou die skrywer van dié artikel (of enigiemand anders) probeer beweer dat hy/sy deur nie-Christelike sienings beinvloed is.
>
> Hierdie feite beklemtoon die waarheid van die totale verdorwenheid van die in sonde gevalle mens!
>
> ###
>
> Luther was 'n kind van sy tyd. Hy was die eerste om die Roomse te bevraagteken. Het nie bedoel om met die Roomse Kerk te breek nie, maar is uitgedryf.
>
> Hy het die eerste en baie beslissende tree gegee, maar gewoon nie die hele pad geloop nie. Bv. Hy hou vas aan die vermenging van kerk en staat wat hy by die Roomse gekry het, maar keer dit om. In plaas van die kerk wat die staat moet domineer (Rome), glo hy die staat moet oor die kerk regeer. Tot vandag toe samel die Duitse owerhede die kerklike bydraes as deel van die belasting in!!! (altans dit was nog so toe ek op kweekskool was)
>
> Teenoor die Roomse transsubstansiasie leer (mis) het Luther die konsubstansiasieleer oor die nagmaal geleer. Die transsubstansiasieleer verkondig dat die brood en wyn in die wesenlike liggaam en bloed van Jesus verander. Die konsubstansiasieleer bepleit dat die brood en wyn steeds brood en wyn bly, maar dat Jesus liggaamlik daarin teenwoordig is. Die Gereformeerdes leer dat die brood en wyn bloot simbole is.
>

>> Die Geneva Bible - wat is jou gevoel hieroor?
>
> Ek het nog nooit daarvan gehoor totdat ek dié artikel gelees het nie!!!! Dit behoort jou 'n idee te gee hoe verregaande die aanspraak is dat ons die Skrif aan die hand daarvan verklaar.
>
> Calvyn het 'n volledige reeks kommentare op die Bybel geskryf (behalwe vir Openbaring). As iemand wil weet hoe hy 'n bepaalde gedeelte verklaar het, lees dan sy kommentare.
>

>> 2. Calvin's Predestination Doctrine Distorts the Character of God
>
> Twak! Dit is mense wat die uitverkiesingsleer verwerp wat die karakter van God wanvoorstel!!!
>

>> 3. Free will
>> All of the great Christian fathers from the Apostles up to Martin
>> Luther taught that the sovereign God placed free will in mankind to
>> choose either good or evil. This free will is present and obvious in
>> Scripture before the fall of Adam and thereafter. The heresies of
>> Augustine were incorporated by Calvin into his doctrines. Was the
>> Apostle Paul such a poor teacher that his followers didn't understand
>> his teachings? Certainly not. All of the writings of Church leaders
>> that came after Paul and before Augustine taught that mankind had a
>> free will to either choose the gospel or reject it. The truth was
>> presented in a beautiful expression of free will and the supportive
>> work of the Holy Spirit by John Chrysostom (347-407 AD).
>
>
> "All of the writings...." is 'n growwe veralgemening! Waarom haal hy dit nie aan nie.
>
> Ek betwyfel die stelling in die lig van blatante wanvoorstellings oor Calvyn en die geref. uitverkiesingsleer.
>
> In ieder geval was ander kwessies in die spervuur voor Augustinus en het die vraag nie brandend geword totdat Augustinus en Pelagius met mekaar daaroor gebots het nie.
>

>> Einstein het o.a die volgende geskryf:
>> "If this being is omnipotent, then every occurrence, including every
>> human action, every human thought, and every human feeling and
>> aspiration is also His work; how is it possible to think of holding
>> men responsible for their deeds and thoughts before such an almighty
>> Being? In giving out punishment and rewards He would to a certain
>> extent be passing judgement on Himself.
>> How can this be combined with the goodness and righteousness ascribed
>> to him?"

>> -Albert Einstein
>> Out of My Later Years
>
> Einstein maak in hierdie een opmerking presies dieselfde fout wat mense altyd hiermee maak - d.i. 'n beperkte mens met beperkte verstandelike vermoë wat God probeer verstaan en probeer beoordeel. "So hang dit dan nie af van die een
> wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is." "So
> is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan
> vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar
> tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir
> die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag
> oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander
> tot oneer te maak nie? En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend
> maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die
> verderf toeberei is, verdra het..." (Rom. 9:16-22)
>
> Maar jy raak met hierdie verwysing aan die punt waar Gloudina so onbeskof in die gesprek ingespring en dit ontspoor het. Kom ek haal dit vir jou aan:
>
>> Vele kere lees jy dat God dinge toegelaat het om te gebeur.
>> God het Farao die geleentheid gegee om Hom teen te staan
>> en sy eie hart te verhard. (v 21. 9:12; 10:1; 20,27; 11:10;
>> 14:8; Rom 9:12; op dieselfde manier as waarop die Evangelie
>> verdoem of red vandag.
>> Soos wat die son klei hard maak en was versag, moet ons onthou
>> dat dit wat daarmee gebeur nie in die son is nie, maar in die
>> materiaal self.

>
>> Ek hou van jou antwoord!!! En ek kan geen fout daarmee vind nie!
>
>> As twee mense met God gekonfronteer word, word die een se hart verhard...
>
>> En die ander een se hart versag!!!
>
>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?
>
> My laaste vraag aan Dave wat hy nie beantwoord het nie, wat Gloudina nie beantwoord het nie, wat niemand beantwoord het nie, is:
>
> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?

Waarom skryf jy in HTML, Torreke?
Blykbaar copy en paste jy 'n HTML bladsy en pos dit in geheel,
en dit werk net nie in 'n nuusleser nie.

As jy vanaf HTML copy, verander dit eers in een of ander
woordverwerker na 'text' en pos dit dan.
As jy net miskien Total Commander het, dit is perfek daarvoor,
en so is enige woordverwerker.
Re: Hoe verklaar julle dié teks....? - Bybelse Uitverkiesing [boodskap #113170 is 'n antwoord op boodskap #113141] Do, 22 Februarie 2007 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" Ek verstaan jou frustrasie, Torreke. En hou sommer baie van jou broer[/color]
> se sêding. :-)
> Maar, ek is nou versigtig om dit te sê - hierdie is 'n
> besprekingsforum, en ons het almal die 'reg' (voorreg?), om ons
> eiertjies te lê, net waar ons wil, al is dit ook in 'n ander ou se
> nes. :) In die kuberwereld werk dinge nie altyd soos dit in die
> werklike wereld werk nie. Daar kan mens se liggaamshouding en
> gesigsuitdrukkings, baie meer sê, en kan jy selfs onbeskof jou rug
> draai op die persoon wat so onbeskof optree. Maar hier, geld daardie
> reëls nie eintlik nie. :)
> So, ontspan nou eers. Sal jy? :)

1.Ek weet dis 'n besprekingsforum en weet elkeen kan vry sy sê sê. Ek het
nie 'n probleem daarmee nie. Ek het ook nie 'n probleem daarmee dat
Gloudina haar eiertjie wou lê nie. Dit gaan oor die wyse waarop sy dit
gedoen het. Kort nadat ek hier begin deelneem het, het sy 'n string begin
onder die opskrif "Blair by Hammanskraal". Ek onthou nog goed hoe sy na 'n
paar dae haar frustrasie/verbasing/onvergenoegdheid uitgespreek het oor hoe
mense haar onskuldige vraag oor wat Blair by Hammanskraal soek, gegryp het
om in hoeveel verskillende rigtings te begin praat.

a. Ek het van die eerste oomblik af haar reg om te praat gerespekteer deur
haar te versoek om as sy so van die sykant af in 'n eiertjie wil lê, dit
liewers in 'n nuwe string te lê.
b. Sy het self aangevoel dat haar tussenwerpsel eintlik uit plek is ("...ek
wil nie in hierdie teologiese gesprek van julle inmeng nie"), maar gaan
nogtans voort. Dan kon sy dit mos maar in 'n nuwe string gedoen het, of
hoe?

2. Sy het blatant onwaar dinge van/oor my teologie gesê, soos dat ek 'n God
verkondig wat nie almagtig is nie, 'n Manigeëse kettery sou aanhang, 'n
Jehova-teologie verkondig, die OT moet prysgee en sg. Jesus alleen moet
aanhang, ens. Sy het al vantevore my van manigeëse kettery beskuldig - toe
het ek vir haar die volledige artikel uit die NGB aangehaal.

Sy het dus eintlik 'n blatante aanval op my persoon geloods, en, soos
tevore, toe ek haar antwoord swyg sy soos die graf. As dit haar manier van
doen is, stel ek nie belang in enige gesprek met haar nie.

>
>
> Ek aanvaar daardie siening van jou. Sonder enige "maars". Jy is
> geregtig op jou siening, maar ander mense is net so geregtig op hulle
> sieninge/opinies. So, vir my is die lekkerte van oop gespreksforums
> soos hierdie, juis die feit dat mens na al die wonderlike verskillende
> denkrigtings kan "luister" - dit gaan nie om ander te probeer oortuig
> dat jou siening die enigste "waarheid" is nie, maar eerder 'n tipe van
> blootstelling en dus leer van andere, en waarom hulle anders dink en
> so aan...dis maar net my opinie. :)

Ek stem saam. Maar gaan lees weer Gloudina se pos. Sy gun my nie my
standpunt nie, maar vertel my blatant dat ek my standpunt moet verander!

>
> Reg. Ek sal probeer, maar is self vreeslik verroes - dit was bitter
> lank gelede wat ek daaroor moes "dink" .
> Op die stadium kan ek net kortliks herhaal wat ek alreeds geskryf het
> - dat dit hoofsaaklik 'n lering is wat onder die Brethren's voorkom,
> maar ek kry die gevoel dat baie gelowiges wat hier ook deelneem, en
> nie noodwendig die Kalvinistiese uitverskiesingsleer aanhang nie, vir
> watter rede ookal, ook by hierdie lering aanklank sou vind.
> Basies kom dit daarop neer dat God verskillende dispensasies gebruik
> om met die mensdom te handel as sulks.
> Die goeie ou Wikipedia het die volgende te sê:
> http://www.answers.com/topic/dispensationalism
>
> "Each dispensation is said to represent a different way in which God
> deals with man, often a different test for man. "These periods are
> marked off in Scripture by some change in God's method of dealing with
> mankind, in respect to two questions: of sin, and of man's
> responsibility," explained C. I. Scofield. "Each of the dispensations
> may be regarded as a new test of the natural man, and each ends in
> judgment-marking his utter failure in every dispensation."
> An alternative to this popular "seven-dispensations" approach comes
> with a rather simple and helpful observation from reading through the
> Bible with this careful question: How and by whom is God evangelizing
> lost men and women at any given time of human history even into the
> future? God through the ages has chosen to use people to evangelize
> other people with His gospel of redemption and salvation. An
> interesting pattern can be traced through the Bible from Genesis to
> Revelation: Beginnning with only various Gentile Nations; then Israel
> (through Abraham, Isaac, and Jacob to Christ); then The Church, (our
> present age); then Israel for 7 years more (in the future); and then a
> Millennial, Earthly Kingdom of Christ -
>
> * the dispensation or age of Gentile Nations (Gen 1-11), from Adam
> to Abraham's Call;
> * of Israel (Gen 12 - Acts 1), from Abraham's Call to Pentecost in
> Acts 2;
> * of The Church (Acts 2 - Rev. 2), from Pentecost in Act 2 to the
> end of The Church Age;
> * of The (missionary) Tribulation of Israel (Rev. 6-19), A
> yet-future Seven-year period;
> * of a literal, earthly 1,000-year Millennial Kingdom with a
> rebuilt temple and reinstituted animal sacrifices and O.T. rituals
> that has yet to come but soon will (Rev 20:4-20:6).

Stem gewoon nie saam nie.

(Die idee oor 'n 1000-jarige vrederyk wat êrens in
die toekoms lê, berus gewoon op 'n uiters swak eksegese van Openb. 20. Dit
sou 'n interessante onderwerp vir 'n ander dag wees.)

Die gedagte dat daar verskillende tydperke is waar God verskillend sou
optree, is in direkte stryd met die onveranderlikheid van God (teenoor
die veranderlikheid van die skepping)

Dit is ook in stryd met die gedagte wat ten grondslag lê aan die
"openbaringsgeskiedenis" - d.i. dat God ons die evangelie deur die
geskiedenis leer. Dit berus op die onvermoë om die plek van Ou Testament en
Nuwe Testament korrek te onderskei, voor Christus en na Christus.

Op voetspoor van Paulus se brief aan die Romeine word die HK (Heidelbergse
Kategismus - Geref belydenisskrif) in drie dele verdeel: (1) ellende, (2)
verlossing, en (3) dankbaarheid. In die eerste deel handel die kategismus
oor die vraag hoe groot ons sondes en ellende is, in die tweede deel hoe ons
daarvan verlos kan word (in Christus), en (3) in die 3e deel hoe ons God
daarvoor dankbaar moet wees.

Hierdie drie elemente wat in die lewe van elke verloste mens te vind is, lê
ook aan die fondament van die openbaringsgeskiedenis - kan in dieselfde drie
dele in gedeel word. In die tyd voor Christus staan die ellende van die
mens voorop. God gee se wet, die mens moet dit onderhou om die lewe te kry,
maar hy kan nie!!! Dit gaan as't ware al slegter met God se kerk totdat
net EEN oorbly wat die wet kan hou, Christus. Die sonde en ellende loop hom
te pletter teen die kruis. Met Christus se opstanding uit die dood staan
nie net die individue uit die dood op nie, dit is ook simbolies die
opstanding - die keerpunt! - in die geskiedenis! Onder aanvoering van
Christus deur sy Heilige Gees word die kring van gelowiges al weier - mense
leef uit dankbaarheid vir wat Christus vir hulle gedoen het.

Mens sou dit ook kon sien as dat die OT die tydperk is waar God die Vader
die skepping en sondeval op die voorgrond staan, die tydperk van Jesus se
omwandeling tot met sy hemelvaart, die tydperk waarin Jesus en sy verlossing
voorop staan en van Pinkster af die tydperk wat oorheers word deur die
Heilige Gees en ons heiligmaking - dankbaarheid!

Hoewel ons dus onderskei tussen drie tydvakke waarin 'n bepaalde Persoon in
die drie-eenheid na vore tree, en 'n bepaalde aspek beklemtoon word, is daar
wesenlik géén verskil tussen hoe mense van die OT gered word en hoe die
mense van die NT gered word. Aldrie Persone is van die skepping af aan die
werk en bly aan die werk! Die 3 elemente speel in die lewe van O en NT
gelowiges af. Die OT gelowiges is gered op grond van hulle geloof in die
beloftes van God - dat God die Verlosser sou stuur. Aanvanklik was die
beloftes vaag, maar hoe nader aan Jesus, hoe duideliker word hulle. Die NT
gelowiges word gered op grond van hulle geloof in die Verlosser wat reeds
gekom het!

Hierdie siening van die openbaringsgeskiedenis het verreikende implikasies
vir die vraag oor die kinderdoop, die uitstorting van die Heilige Gees,
ens. - vir die groot verskille tussen die gereformeerde en charismatiese
sienings. Ook vir die uitverkiesingsleer! Die leer van die uitverkiesing
en die kinderdoop is so nou aan mekaar geweef dat jy die een gewoon nie
sonder die ander kan indink nie. Mense wat die uitverkiesingsleer verwerp,
verwerp gewoonlik ook die kinderdoop! - en andersom!

Natuurlik oorvereenvoudig ek nou, tyd en plek ontbreek om meer volledig te
wees.

*****

Baie besige dag. Sal later op jou ander poste antwoord.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113171 is 'n antwoord op boodskap #113151] Do, 22 Februarie 2007 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf
> Waarom skryf jy in HTML, Torreke?
> Blykbaar copy en paste jy 'n HTML bladsy en pos dit in geheel,
> en dit werk net nie in 'n nuusleser nie.
>
> As jy vanaf HTML copy, verander dit eers in een of ander
> woordverwerker na 'text' en pos dit dan.
> As jy net miskien Total Commander het, dit is perfek daarvoor,
> en so is enige woordverwerker.

Nee, ek verander soms die formaat na HTML in Outlook Express omdat dit my
dan toelaat om te "bold", of "underline", ens.

My apologie - salie werie!
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113181 is 'n antwoord op boodskap #113149] Vr, 23 Februarie 2007 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" Ek waardeer jou insette, Torreke. Dit was interessant om te lees,[/color]
> maar vir een of ander rede was dit nogal moeilik om te lees, want jou
> sinne het nie ge-wrap nie (as jy nou verstaan wat ek bedoel?) Dit was
> sulke ellelange sinne, wat ek moes "scroll" om die hele sin te kon
> lees. Ek wonder waarom dit was? Dit was nou die eerste keer wat ek
> die probleem teëkom met Agent, wat die nuusleser is wat ek gebruik.
> Nie jou fout nie - ek wonder maar net waarom dit so anders was die
> keer.

Was inderdaad my fout. Kyk Dave se pos oor HTML en my antwoord daarop.

>
> Ek sit nou hier wroeg met Louis Berkhoff se Systematic Theology en
> probeer 'n vergelyking tref tussen jou opinie, en wat bekend was/is,
> maar sjoe, daar is net soveel aspekte wat mens kan aanraak. En
> tyd...ai...dus gaan ek een aspek probeer. :)

As jy Berkhoff se Systematic Theology lees, lees jy goeie leesstof. Waarom
jy nog my opinie vra, is 'n raaisel, want ek is 'n "pip sqeek" in
vergelyking met Berkhoff.

Ek het homself BAIE lanklaas gelees, vergader stof op my rak. Ek het in '89
die sakewêreld betree en sedertdien is teologie eintlik net 'n stokperdjie,
alhoewel my liefde daarvoor duidelik baie diep is.

>
> Die konsep van "original sin" waarna jy ook verwys met die vreeslike
> sin: "die waarheid van die totale verdorwenheid van die in sonde
> gevalle mens" - daardie "waarheid" is wat my nogal tiekel, en sal
> graag later meer daaroor wil gesels,w ant dit is uit en uit 'n leer
> van Augustinus, en nie van ander kerkvaders nie. (Volgens Berkhoff
> nou) :)

Ek sal nie met Berkhoof stry nie. As hy so sê...

> Net sommer vir interessantheid, aan die einde van die hoofstuk oor
> "origin of sin", vra hy die volgende vrae:
> 1. Did God will the fall of man or did He merely permit it?

Ons het op Potch geleer om te onderskei tussen die wil van sy besluit en die
wil van sy toelating.

Ek het gehoor dat die Eskimos nie hulle klein kindertjies keer wanneer hulle
vuur toe gaan nie, net regstaan om in te gryp en die skade te beheer. In
die koue wêreld waar daar 'n natuurlike neiging by so 'n klein kindjie is om
na die warmte toe te gaan, is dit die vinnigste manier om die kind te leer -
laat die vuur hom seermaak en hy sal nie weer nie.

Of die storie oor die Eskimos waar is, weet ek nie, maar dit is in elk geval
'n goeie opvoedingsmetode - los die kind om self agter te kom! - wat alle
ouers een of ander tyd gebruik.

Wil die ouer dat die kind seerkry? Nee!!! Het die ouer doelbewus die
seerkry uitgedink? Nee!!! Maar die moontlikheid van die seerkry is daar -
altyd daar! - en hy/sy laat die kind toe om seer te kry en eens-en-vir altyd
daaruit te leer.

Dis oorvereenvoudig, ek weet, maar dis die beste wat ek dit op hierdie
oomblik kan verwoord - hoe ek dit van God se kant af sien. Hy het nie die
sonde uitgedink nie! Hy wil nie die sonde nie!!! Maar Hy het die
moontlikheid voorsien en geweet dat dit sou gebeur! En Hy het besluit om
dit toe te laat terwyl Hy reeds sy teenmaatreël - verlossing deur sy Seun! -
beplan en gewil het.

> 2. Does our reformed doctrine make God the author of sin?

Nee!!! God sou slegs die Outeur van die sonde gewees het as Hy die engele
wat later duiwels geword het, en die mens, met 'n sondige neiging geskep
het!!! - of hulle aangepor het om te sondig!!! Hy het die engele en die
mens goed geskape en hulle die vryheid gegee om te kies. Eers die duiwels,
en later die mens op ingewing van die duiwel, het SELF gekies om te sondig.

God voorsien die moontlikheid - Hy skep selfs die omstandighede! - 'n boom
wat Hy die mens verbied om te eet! - maar dit maak Hom nie die Outeur van
die sonde nie! Die mens het self gekies.

Feit is: Die teestanders van die Geref. uitverkiesingsleer sit met presies
dieselfde dilemma - hulle kan immers nie verby die feit kom dat dit God is
wat die boom van die kennis van goed en kwaad in die tuin van Eden geplant
en die mens verbied het om sy vrugte te eet nie - dat God die duiwel
toegelaat het om die tuin binne te sluip en die mens met 'n stukkie bedrog
oor te haal om die verbod te oortree nie. God hoef nie die omstandighede te
geskep het waar die mens in die versoeking kon kom nie!!! - en Hy kon die
duiwel verhoed het om die mens te verlei.

> 3. Was God justified in making the spiritual state of mankind in
> general, contingent on the obedience or non-obedience of the first
> man?

'n Mens se gevoel wil sê: Nee, dit kan mos nie regverdig wees nie!

Maar 'n mens sou die vraag weier moet vra: Was God regverdig toe Hy deur
middel van evolusie geskep het? - toe Hy dit so gewil het dat watter faktore
ookal die genetiese ontwikkeling/evolusie affekteer?

Want die erflikheid van die sonde het alles met evolusie te doen. Die
ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers het in hulle gene bly sit en dit
word geneties van geslag tot geslag van ouer na kind oorgedra! (In sondes
ontvang en gebore; Ps 51. Ek sal die sondes van die vaders besoek aan die
kinders...; Ex. 20)

Kan ons ons 'n wêreld voorstel sonder 'n geskiedenis wat van Punt A na Punt
B loop - 'n wêreld sonder evolusie?!!! (ongeag of mens aanvaar dat evolusie
beplan en bestuur word of nie). Sou ons 'n wêreld wou hê sonder
verandering?

God kon met ons gemaak het wat Hy met die engele gemaak het - almal op
dieselfde tyd geskape het! Maar die Bybel stel die mens voor as 'n baie
hoër wese as die engele - daarin dat die mens na die beeld van God geskape
is! - dus self kreatief!!! - met die vermoë om te "skep", te bewerk te
bewaak - die vermoë om voort te plant (anders as die engele)!! Dit is tog
wat geskiedenis moontlik maak.

Is die wonder van God se skepping nie juis dat Hy 2 wêrelde geskape het nie?
- die aardse een wat d.m.v. verandering/evolusie soos 'n blom uit die bol
groei en ontplooi totdat in sy volle rypheid daar is nie?
- en 'n ander een waar die blom as't ware pasklaar is en waar, behalwe vir
die sondeval van die duiwels, eintlik géén ontwikkeling plaasvind nie
- die wisselwerking tussen die twee?
- dat laasgenoemde juis ter wille van eersgenoemde geskep is?
- dat laasgenoemde 1x derde duiwels oplewer wat eersgenoemde skepping
bederf,
- maar terserldertyd 2x meer engele wat goed bly om die mens te dien, te
beskerm en help?!

>
> Dog dit was nogal interessante vrae. Wat sou jou antwoord wees op
> bogenoemde?
>
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113183 is 'n antwoord op boodskap #113171] Vr, 23 Februarie 2007 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Feb 2007 15:40:48 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" skryf
>> Waarom skryf jy in HTML, Torreke?
>> Blykbaar copy en paste jy 'n HTML bladsy en pos dit in geheel,
>> en dit werk net nie in 'n nuusleser nie.

>> As jy vanaf HTML copy, verander dit eers in een of ander
>> woordverwerker na 'text' en pos dit dan.
>> As jy net miskien Total Commander het, dit is perfek daarvoor,
>> en so is enige woordverwerker.
>
> Nee, ek verander soms die formaat na HTML in Outlook Express omdat dit my
> dan toelaat om te "bold", of "underline", ens.
>
> My apologie - salie werie!
>

ek voel net soos jy oor die karakterlose .txt wat die nuusleser ons
mee bind. Dit kon ten minste rich text of so iets gewees het waarmee
ge'bold' en ge'underline' ens. kon word.

Miskien sou HTML tog prakties wees, as jy self die lang sinne kort sou
hou. 'Scrolloos' Of miskien 'n grabber gebruik en die skrywe jpg
maak-
Vir Torreke [boodskap #113202 is 'n antwoord op boodskap #113181] Vr, 23 Februarie 2007 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Was inderdaad my fout. Kyk Dave se pos oor HTML en my antwoord daarop.

Ek lees nie Dave se pos nie. As ek nuuskurig is oor iets wat hy dalk
kon kwytgeraak het, waarop jy of iemand anders reageer het, gaan soek
ek op die webwerf - soos daardie artikel van hom wat kamtig "verdwyn"
het so ruk gelede.
In elkgeval - ek neem aan dit het iets te doen met HTML, en dit is nie
so belangrik dat ek jou sou wou doodskiet daaroor nie. ;) Net goed om
te weet waarom dit anders was.

> As jy Berkhoff se Systematic Theology lees, lees jy goeie leesstof. Waarom
> jy nog my opinie vra, is 'n raaisel, want ek is 'n "pip sqeek" in
> vergelyking met Berkhoff.

Gladnie! Jy het 'n deeglike teologiese agtergrond, wat ek gladnie het
nie. Berkhoff is vir my net interessant in die opsig dat dit vir my
'n goeie verwysingsbron is. Maar my interpretasie van wat hy skryf
kan gladnie naby joune kom nie, want jy het 'n breë agtergrondkennis
daaroor wat ek nie oor beskik nie. Ek is bly dat jy reken dat dit
goeie leesstof is. Die boek was seker 25 jaar gelede aan my gegee
deur 'n vriend wat nogal 'n Sewe Dag Adventis was/is.

> Ek het homself BAIE lanklaas gelees, vergader stof op my rak. Ek het in '89
> die sakewêreld betree en sedertdien is teologie eintlik net 'n stokperdjie,
> alhoewel my liefde daarvoor duidelik baie diep is.

Dit is duidelik, en wat ook duidelik is, is dat jy nie ligtelik met
jou geloof omgaan nie. Dit is vir my makliker om met so iemand te
gesels, as met iemand wat maklik oortuig kan word met alternatiewe.
Mens weet ten minste waarvoor jy staan. Jy is nie wishy-washy nie.

> Ek sal nie met Berkhoof stry nie. As hy so sê...

Maar jy MOET, en kan! :)

Terloops, dankie vir jou verduideliking en antwoorde. Daar is nie
veel wat ek kan terugskryf nie, want duidelik sou my antwoorde anders
wees, en ek het meer belang gestel in jou antwoorde.
Lyk my niemand anders wil hierby inval nie, so dit sal dalk beter wees
om die saak daar te laat?
Dan kan jy rustig terugkeer na Dave en Riaan en so bietjie probeer
opvoed daar.
;)))
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113205 is 'n antwoord op boodskap #113138] So, 25 Februarie 2007 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Feb 2007 17:00:32 +0200, Dave wrote:

> On Wed, 21 Feb 2007 14:47:45 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>

>>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?

>> My laaste vraag aan Dave wat hy nie beantwoord het nie, wat Gloudina nie beantwoord het nie, wat niemand beantwoord het nie, is:

>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE materiaal?
>
>

en toe ek wel daarop reageer, laat jy dit onbeantwoord, Torreke?
Ek het die 21ste om 5.00nm my siening daaroor geplaas. En dit is
steeds daar.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113213 is 'n antwoord op boodskap #113181] Ma, 26 Februarie 2007 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
>
> Ek het homself BAIE lanklaas gelees, vergader stof op my rak. Ek het in '89
> die sakewêreld betree en sedertdien is teologie eintlik net 'n stokperdjie,
> alhoewel my liefde daarvoor duidelik baie diep is.
>
>
> Ons het op Potch geleer ....>

Ek weet jy hou nie daarvan as mens ongenooid in jou sop val nie, en
nogal met 'n temaverandering...

Maar nogtans, as jy sou wil reageer.

Saam met my in die koshuis was 'n vriend (kom ons noem hom Gert) van
die destydse Oos-Transvaal. 'n Dierbare mens.

Hy het die roeping ontvang om predikant te word. In 'n grot soos die
koshuis waar ek was, was hy 'n baken van vriendelike standvastigheid.
Hy het sy oortuigings uitgeleef en was op kampe en kerkaksies 'n
leier.

Grieks en Hebreeus was sy Moses, of Nemesis, of wat ookal. Na vier
jaar was die lig in Gert se oë gebreek en het hy vrede gemaak daarmee
dat hy sy roeping waarskynlik anders sal moet uitleef. Hy het later
onderwyser geword - wat, reken ek, net so 'n geldige bediening kan
wees.

My vraag is - het jy ook so 'n roeping beleef?
Pas gepos,weer gedink [boodskap #113214 is 'n antwoord op boodskap #113213] Ma, 26 Februarie 2007 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote:
>
> Ek weet jy hou nie daarvan as mens ongenooid in jou sop val nie, en
> nogal met 'n temaverandering...
>
> Maar nogtans, as jy sou wil reageer.
>

Ek dink nou nie meer jy moet op my vorige pos reageer nie. Die rivier
hier is te vol krokodille om sulke eie inligting bloot te stel.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113216 is 'n antwoord op boodskap #113213] Ma, 26 Februarie 2007 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Koot, ek het jou regstelling gelees - maar ek stel nou nie eintlik
belang in die detail van Torreke se tipe bekering en of roeping nie.

Wat ek wil weet is: Gert moes tog ernstig tot God gebid het toe hy sy
beperkinge besef het?
Ek is baie jammer oor daardie gebreekte lig in Gert se oë - maklik die
hartseerste ding wat ek hierdie jaar tot dusver gelees het.

Sou hy met die voortsetting van die studie in teologie in sy eie private tyd
voortgegaan het om op hoogte van die gedurige nuwe denkrigtings te bly?

Annette

"Koot" wrote in message
news:1172471722.812528.206240@a75g2000cwd.googlegroups.com.. .

Torreke wrote:
>
> Ek het homself BAIE lanklaas gelees, vergader stof op my rak. Ek het in
> '89
> die sakewêreld betree en sedertdien is teologie eintlik net 'n
> stokperdjie,
> alhoewel my liefde daarvoor duidelik baie diep is.
>
>
> Ons het op Potch geleer ....>

Ek weet jy hou nie daarvan as mens ongenooid in jou sop val nie, en
nogal met 'n temaverandering...

Maar nogtans, as jy sou wil reageer.

Saam met my in die koshuis was 'n vriend (kom ons noem hom Gert) van
die destydse Oos-Transvaal. 'n Dierbare mens.

Hy het die roeping ontvang om predikant te word. In 'n grot soos die
koshuis waar ek was, was hy 'n baken van vriendelike standvastigheid.
Hy het sy oortuigings uitgeleef en was op kampe en kerkaksies 'n
leier.

Grieks en Hebreeus was sy Moses, of Nemesis, of wat ookal. Na vier
jaar was die lig in Gert se oë gebreek en het hy vrede gemaak daarmee
dat hy sy roeping waarskynlik anders sal moet uitleef. Hy het later
onderwyser geword - wat, reken ek, net so 'n geldige bediening kan
wees.

My vraag is - het jy ook so 'n roeping beleef?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113217 is 'n antwoord op boodskap #113216] Ma, 26 Februarie 2007 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Wat ek wil weet is: Gert moes tog ernstig tot God gebid het toe hy sy
> beperkinge besef het?
> Ek is baie jammer oor daardie gebreekte lig in Gert se oë - maklik die
> hartseerste ding wat ek hierdie jaar tot dusver gelees het.
>
> Sou hy met die voortsetting van die studie in teologie in sy eie private tyd
> voortgegaan het om op hoogte van die gedurige nuwe denkrigtings te bly?
>
> Annette

Nou't jy my ook hartseer.

Ek glo hy het seker deur gebed vrede gemaak. Ek weet hy sou 'n goeie
predikant gewees het - ek is nie so seker hoe 'n goeie onnie hy was in
die huidige tydsgewrig nie. Ek het in Knysna kort duskant moord
omgedraai toe ek vir 'n maand of drie aan die nuwe engeltjies Skeinat
probeer leer het.

Ek het Gert net-nou op Google probeer soek, maar lyk my nie hy't baie
golwe gemaak nie.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113222 is 'n antwoord op boodskap #113216] Ma, 26 Februarie 2007 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is 'n baie interessante storie. Ek het 'n Dirk-ou op Varsity geken
wat nie Matriek Engles kon slaag om toelating tot die Universitiet te kry
nie. Hy het ook Tokkelok geswot en uiteindelik is sy Hebreeus I aanvaar as
in plek van Engles om sy graad te kan kry, maar hy kon nie kweekskool toe
nie. Toe word hy ook onderwyser. Dit bring nogal die vraag op of 'n mens
se taalvermoë bepalend moet wees vir sy geloofaspirasies?

"Annette" skryf in boodskap news:1172476062.958998@vasbyt.isdsl.net...
> Liewe Koot, ek het jou regstelling gelees - maar ek stel nou nie eintlik
> belang in die detail van Torreke se tipe bekering en of roeping nie.
>
> Wat ek wil weet is: Gert moes tog ernstig tot God gebid het toe hy sy
> beperkinge besef het?
> Ek is baie jammer oor daardie gebreekte lig in Gert se oë - maklik die
> hartseerste ding wat ek hierdie jaar tot dusver gelees het.
>
> Sou hy met die voortsetting van die studie in teologie in sy eie private
> tyd voortgegaan het om op hoogte van die gedurige nuwe denkrigtings te
> bly?
>
> Annette
>
> "Koot" wrote in message
> news:1172471722.812528.206240@a75g2000cwd.googlegroups.com.. .
>
> Torreke wrote:

>> Ek het homself BAIE lanklaas gelees, vergader stof op my rak. Ek het in
>> '89
>> die sakewêreld betree en sedertdien is teologie eintlik net 'n
>> stokperdjie,
>> alhoewel my liefde daarvoor duidelik baie diep is.


>> Ons het op Potch geleer ....>
>
> Ek weet jy hou nie daarvan as mens ongenooid in jou sop val nie, en
> nogal met 'n temaverandering...
>
> Maar nogtans, as jy sou wil reageer.
>
> Saam met my in die koshuis was 'n vriend (kom ons noem hom Gert) van
> die destydse Oos-Transvaal. 'n Dierbare mens.
>
> Hy het die roeping ontvang om predikant te word. In 'n grot soos die
> koshuis waar ek was, was hy 'n baken van vriendelike standvastigheid.
> Hy het sy oortuigings uitgeleef en was op kampe en kerkaksies 'n
> leier.
>
> Grieks en Hebreeus was sy Moses, of Nemesis, of wat ookal. Na vier
> jaar was die lig in Gert se oë gebreek en het hy vrede gemaak daarmee
> dat hy sy roeping waarskynlik anders sal moet uitleef. Hy het later
> onderwyser geword - wat, reken ek, net so 'n geldige bediening kan
> wees.
>
> My vraag is - het jy ook so 'n roeping beleef?
>
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113225 is 'n antwoord op boodskap #113222] Ma, 26 Februarie 2007 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Hierdie is 'n baie interessante storie. Ek het 'n Dirk-ou op Varsity geken
> wat nie Matriek Engles kon slaag om toelating tot die Universitiet te kry
> nie. Hy het ook Tokkelok geswot en uiteindelik is sy Hebreeus I aanvaar as
> in plek van Engles om sy graad te kan kry, maar hy kon nie kweekskool toe
> nie. Toe word hy ook onderwyser. Dit bring nogal die vraag op of 'n mens
> se taalvermoë bepalend moet wees vir sy geloofaspirasies?

Weird dat hy Hebreeus kon pleeg maar nie Ingels nie. Dit was seker vir
hom Grieks.

Daar was destyds, seker nou nog, 'n paar studente wat gewonder het of
Grieks en Hebreeus so 'n status moes hê dat ('n gebrek aan) hulle jou
kon verhoed om dominee te word. Mens het dit seker nodig om die ou
skrifte in hul oorspronklike vorm te lees, maar ek twyfel of die ryk
evangelisasiepredikers van Amerika (en selfs hier) hulle deur so 'n
geringe beletsel laat terughou. Sekerlik het 'n mens 'n taalgawe nodig
om jou sê bekwaam te kan sê, maar mens wonder hoeveel begaafde
woordverkondigers deur hierdie spoedbult van Hebreeus en Grieks gekeer
is, en wat dit aan hulle belewenis van hulle roeping gedoen het.

Het hulle Latyn nou afgeskaf vir regstudies?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113227 is 'n antwoord op boodskap #113225] Ma, 26 Februarie 2007 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Lekker vraag is of 'n ou wat Hebreeus kan lees en verstaan, 'n beter
predikant gaan wees as die wat dit nie verstaan nie? In besigheid weet ons
vry algemeen dat die vermoë en ondervinding om 'n werk te kan doen, veel
swaarder weeg as 'n blote kwalifikasie.

"Koot" skryf in boodskap news:1172484693.382834.235510@8g2000cwh.googlegroups.com...

Suidwester wrote:
> Hierdie is 'n baie interessante storie. Ek het 'n Dirk-ou op Varsity
> geken
> wat nie Matriek Engles kon slaag om toelating tot die Universitiet te kry
> nie. Hy het ook Tokkelok geswot en uiteindelik is sy Hebreeus I aanvaar
> as
> in plek van Engles om sy graad te kan kry, maar hy kon nie kweekskool toe
> nie. Toe word hy ook onderwyser. Dit bring nogal die vraag op of 'n
> mens
> se taalvermoë bepalend moet wees vir sy geloofaspirasies?

Weird dat hy Hebreeus kon pleeg maar nie Ingels nie. Dit was seker vir
hom Grieks.

Daar was destyds, seker nou nog, 'n paar studente wat gewonder het of
Grieks en Hebreeus so 'n status moes hê dat ('n gebrek aan) hulle jou
kon verhoed om dominee te word. Mens het dit seker nodig om die ou
skrifte in hul oorspronklike vorm te lees, maar ek twyfel of die ryk
evangelisasiepredikers van Amerika (en selfs hier) hulle deur so 'n
geringe beletsel laat terughou. Sekerlik het 'n mens 'n taalgawe nodig
om jou sê bekwaam te kan sê, maar mens wonder hoeveel begaafde
woordverkondigers deur hierdie spoedbult van Hebreeus en Grieks gekeer
is, en wat dit aan hulle belewenis van hulle roeping gedoen het.

Het hulle Latyn nou afgeskaf vir regstudies?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113230 is 'n antwoord op boodskap #113135] Ma, 26 Februarie 2007 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Feb 2007 14:57:07 +0200, "Torreke" wrote:

> So, ek het later groot vrede gevind by die gedagte dat slegte dinge
> gebeur ('shit happens!'), maar dat God kan troos en dat hy selfs die
> ellende kan afweer as Hy wil. Dan maak die krag van gebed saak.

n Mens staan honger - op die punt van doodgaan. Hy sien n koei. Hy
maak die koei dood en hy en sy gesin eet en oorleef.
Hy se: "Die here voorsien!"
Die koei se chommie se: "Shit happens".

Die punt is dit is baie oppervlakkig om 'n gebeurtenis as iets net op
een vlak te sien. Die meeste dinge wat mens doen is goed EN sleg -
hang af van waar jy kyk.

Dit maak n mockery van mense wat se "hoe kon God?" of "dit was God
wat ons gehelp het" .

Dit word op sy verwerplikste in sport uitgedruk: Bokser nommer een wen
die geveg. Hy skryf die oorwinning aan God toe. Nou waddefok moet
bokser nommer twee hiervan maak? Dan God hom gedonner het?
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113231 is 'n antwoord op boodskap #113205] Ma, 26 Februarie 2007 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Skies, man, baie besig. Kom nie hierby uit nie.

"Dave" skryf in boodskap news:g972u2dbblg2rljrus64oep16a8k9re434@4ax.com...
> On Wed, 21 Feb 2007 17:00:32 +0200, Dave wrote:
>
>> On Wed, 21 Feb 2007 14:47:45 +0200, "Torreke"
>> wrote:


>
>>>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE
>>>> materiaal?
>
>>> My laaste vraag aan Dave wat hy nie beantwoord het nie, wat Gloudina nie
>>> beantwoord het nie, wat niemand beantwoord het nie, is:
>
>>> Waarom het God twee so radikaal verskillende effekte op DIESELFDE
>>> materiaal?


>
>
> en toe ek wel daarop reageer, laat jy dit onbeantwoord, Torreke?
> Ek het die 21ste om 5.00nm my siening daaroor geplaas. En dit is
> steeds daar.
>
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113233 is 'n antwoord op boodskap #113225] Ma, 26 Februarie 2007 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot"
Re: Pas gepos,weer gedink [boodskap #113234 is 'n antwoord op boodskap #113214] Ma, 26 Februarie 2007 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" [/color]
> Koot wrote:

>> Ek weet jy hou nie daarvan as mens ongenooid in jou sop val nie, en
>> nogal met 'n temaverandering...

>> Maar nogtans, as jy sou wil reageer.

>
> Ek dink nou nie meer jy moet op my vorige pos reageer nie. Die rivier
> hier is te vol krokodille om sulke eie inligting bloot te stel.
>

Inderdaad!

Ek sien jy is in PE. Ek is in OL. Dalk loop ons mekaar eendag raak, dan
vertel ek jou.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113236 is 'n antwoord op boodskap #113213] Ma, 26 Februarie 2007 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" < wrote

Grieks en Hebreeus was sy Moses, of Nemesis, of wat ookal.

Waar het hy geswot? TUKS?

Ek het 'n neef wat dieselfde jaar as wat ek PUK toe is BA Admissie op TUKS
ingeskryf het. Dié ou het oorgenoeg verstand gehad - het Latyn so kort
duskant 'n onderskeiding in matirke geslaag! - maar het ook indie hek bly
sit met Grieks en Hebreeus! Terwyl ek op die PUK oorleef het.

Die verskil? Die PUK het 'n doelbewuste beleid gehad om die oorgang van
matriek na 1e jaar minder van 'n skok te maak. Wat my neef op TUKS in die
eerste jaar op TUKS gedoen het, het ek in die 1e twee jaar in Grieks op PUK
gedoen!!! Maar teen die einde van die 3e jaar was daar weinig of geen
verskil in die standaard nie.

Die gevolg: PUK het op daardie stadium die grootste persentasie studente
gehad wat nagraads toe volhou van al die Universiteite in die land.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113241 is 'n antwoord op boodskap #113222] Di, 27 Februarie 2007 05:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Veral as jy nou moet weet wat in Engeles aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
gemeente is.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:eru8au$qs6$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Hierdie is 'n baie interessante storie. Ek het 'n Dirk-ou op Varsity
> geken wat nie Matriek Engles kon slaag om toelating tot die Universitiet
> te kry nie. Hy het ook Tokkelok geswot en uiteindelik is sy Hebreeus I
> aanvaar as in plek van Engles om sy graad te kan kry, maar hy kon nie
> kweekskool toe nie. Toe word hy ook onderwyser. Dit bring nogal die
> vraag op of 'n mens se taalvermoë bepalend moet wees vir sy
> geloofaspirasies?
>
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113242 is 'n antwoord op boodskap #113241] Di, 27 Februarie 2007 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die lagwekkende van die Dirk-storie was dat hy, na hy onderwyser geword het,
sy eerste klas wat hy aangebied het was Godsdiens in Engels! Die ouens het
altyd gelag en vertel ou Dirk het vir die kinders net gesê: "Go on wif you
work" en maar sy eie ding gedoen en verder sy bek gehou.

"Annette" skryf in boodskap news:1172553753.593059@vasbyt.isdsl.net...
> Veral as jy nou moet weet wat in Engels aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
> gemeente is.
>
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:eru8au$qs6$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Hierdie is 'n baie interessante storie. Ek het 'n Dirk-ou op Varsity
>> geken wat nie Matriek Engles kon slaag om toelating tot die Universitiet
>> te kry nie. Hy het ook Tokkelok geswot en uiteindelik is sy Hebreeus I
>> aanvaar as in plek van Engles om sy graad te kan kry, maar hy kon nie
>> kweekskool toe nie. Toe word hy ook onderwyser. Dit bring nogal die
>> vraag op of 'n mens se taalvermoë bepalend moet wees vir sy
>> geloofaspirasies?

>
Re: Pas gepos,weer gedink [boodskap #113243 is 'n antwoord op boodskap #113234] Di, 27 Februarie 2007 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eruohl$470$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...

> Ek sien jy is in PE. Ek is in OL. Dalk loop ons mekaar eendag raak, dan
> vertel ek jou.

Torreke - Bestaan die Pub Buccaneers nog. Dit is / was so naby aan die
strand, en as ek reg kan onthou grens dit aan die karavaan park
Re: Pas gepos,weer gedink [boodskap #113245 is 'n antwoord op boodskap #113234] Di, 27 Februarie 2007 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
>
> Inderdaad!
>
> Ek sien jy is in PE. Ek is in OL. Dalk loop ons mekaar eendag raak, dan
> vertel ek jou.

Deal.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113246 is 'n antwoord op boodskap #113236] Di, 27 Februarie 2007 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
> "Koot" < wrote
>
>
> Grieks en Hebreeus was sy Moses, of Nemesis, of wat ookal.
>
> Waar het hy geswot? TUKS?
>

Tuks, ja.

> Die gevolg: PUK het op daardie stadium die grootste persentasie studente
> gehad wat nagraads toe volhou van al die Universiteite in die land.

Ons het 'n gesonde besending tokkelokke van PUK in die koshuis gekry
wat verkies het om hul BA eers daar klaar te maak. Dit was 'n goeie
besluit. Dit was terloops nogal 'n oulike klomp - ek dink
koshuisadministrasie het probeer om Kollegehuis se aard te verander
met invoere. Dit was 'n swak besluit.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113247 is 'n antwoord op boodskap #113241] Di, 27 Februarie 2007 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Veral as jy nou moet weet wat in Engeles aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
> gemeente is.
>
> Annette

Hierdie sin, soos jy dit gestel het, het duiselingwekkende implikasies
as mens dink aan "Al sou ek die tale van engele praat..."

Dis heeltemal te ingewikkeld vir my.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113249 is 'n antwoord op boodskap #113247] Di, 27 Februarie 2007 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Koot.
Dominee sit op Soebatsfontein.
Die koöperasie kry nie eers 'n Engelse koerant nie.
Niemand praat Engels daar nie.

Wat help dit dan vir die dominee om Engels perfek te kan praat, of om die
grammatika daarvan te ken tot op eerstejaarsvlak?

Ek verstaans ook nie die gehamer op die Hebreeus nie - daar is al meer as
genoeg goeie vertalings beskikbaar vanaf die grondteks. Sommige in Engels
wat met matriekengels maklik gelees kan word.

Maar weet jy Koot, as hy regtigegtig 'n predikant wou word, was daar eintlik
niks wat hom kon keer nie - omtrent elke sekte of apostoliese kerk het
bybelskole, waar die vereistes nie so streng is nie.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:1172560325.106118.276050@8g2000cwh.googlegroups.com...
>
> Annette wrote:
>> Veral as jy nou moet weet wat in Engeles aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
>> gemeente is.

>> Annette
>
> Hierdie sin, soos jy dit gestel het, het duiselingwekkende implikasies
> as mens dink aan "Al sou ek die tale van engele praat..."
>
> Dis heeltemal te ingewikkeld vir my.
>
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113250 is 'n antwoord op boodskap #113249] Di, 27 Februarie 2007 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Feb 2007 10:56:56 +0200, "Annette" wrote:

> Liewe Koot.
> Dominee sit op Soebatsfontein.
> Die koöperasie kry nie eers 'n Engelse koerant nie.
> Niemand praat Engels daar nie.
>
> Wat help dit dan vir die dominee om Engels perfek te kan praat, of om die
> grammatika daarvan te ken tot op eerstejaarsvlak?
>
> Ek verstaans ook nie die gehamer op die Hebreeus nie - daar is al meer as
> genoeg goeie vertalings beskikbaar vanaf die grondteks. Sommige in Engels
> wat met matriekengels maklik gelees kan word.
>
> Maar weet jy Koot, as hy regtigegtig 'n predikant wou word, was daar eintlik
> niks wat hom kon keer nie - omtrent elke sekte of apostoliese kerk het
> bybelskole, waar die vereistes nie so streng is nie.
> Annette
>
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:1172560325.106118.276050@8g2000cwh.googlegroups.com...

>> Annette wrote:
>>> Veral as jy nou moet weet wat in Engeles aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
>>> gemeente is.
>
>>> Annette

>> Hierdie sin, soos jy dit gestel het, het duiselingwekkende implikasies
>> as mens dink aan "Al sou ek die tale van engele praat..."

>> Dis heeltemal te ingewikkeld vir my.

>

Liewe Annette

Dit is skokkend duidelik dat jy nie 'n clue het wat die woord 'sekte'
beteken nie.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113252 is 'n antwoord op boodskap #113138] Di, 27 Februarie 2007 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Torreke, miskien is dít wat jy vra, bewys van dit wat ek glo - dat[/color]
> dieselfde Lig wat Skyn op verskillende materiale verskillende effekte
> het, omdat die materiale dit verskillend verwerk. Nie omdat dit deur
> die Wewer in verskillende kwaliteite geweef is nie, maar omdat sommige
> die weersomstandighede beter kan hanteer. Terwyl party begin muf
> van dieselfde reën as die wat die ander skoner was, en 'n ander groep
> gebleik het in dieselfde son as wat die res sterker gebrei het.
> Dit sou nie die geval gewees het met lapmateriaal nie, maar God het
> ons uniek gemaak. Lappe het nie diskressie nie, mense wel - dis waarom
> sommige mense vodde word:-)

Punt is om by verskillende reaksies uit te kom, moet jy veronderstel dat een
mens beter as die ander is, minder sondig as die ander.

Maar die Skrif leer: Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie
een nie!!! Ps. 14, aangehaal in Romeine 3. Ons was haatlik en het mekaar
gehaat. Tit. 3:3. Ef. 2:1-3. Almal is ewe diep in die sonde!!!
Re: Pas gepos,weer gedink [boodskap #113255 is 'n antwoord op boodskap #113243] Di, 27 Februarie 2007 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote
>
> Torreke - Bestaan die Pub Buccaneers nog. Dit is / was so naby aan die
> strand, en as ek reg kan onthou grens dit aan die karavaan park

Jy was duidelik BAIE lank laas in OL. Ja, dit bestaan nog! Maar die
woonwapark bestaan nie meer nie - het nie meer bestaan toe ek in '95 OL toe
verhuis het nie. Net die koraalbome en 'n murasie-ingang is nog daar om
mens te herinner aan die woonwapark van toe en 'n eens florerende
vakansiebestemming.

By die spesifieke strand, Marina Glen, waag geen ordentlike mens, wit en
swart, (veral wittes) dit meer nie - jy's nie jou lewe seker nie. 'n Paar
mense het reeds hulle lewens daar verloor, o.a. 'n buitelandse toeris! Die
treintjie is verskil na die dieretuin toe. Die SANTA tee-tuin wat daar was
is lankal deur vandale vernietig!

Nou klink ek negatief, en ek bedoel nie om te wees nie. Ons het nog
fantastiese strande soos Nahoon, Gonubie, asook Oos en Wes van OL. Veral
die Ooskus-oorde bly steeds gewilde bestemmings.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113258 is 'n antwoord op boodskap #113145] Di, 27 Februarie 2007 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" < wrote

Torreke wrote:
> ****
> Kan nie nou so vinnig die teksverwysing opspoor nie, maar daar is 'n teks
> wat sê: Al sy werke is van ewigheid af aan Hom bekend.
>

Dis oor hierdie soort versie wat voorbeelde tot die teendeel uitgehaal
kan word, waar voorbeelde is dat God tog van plan verander het, deur
die menslike pleiting of waar Hy mense jammer gekry het. Of het Hy
vooraf besluit dat Hy van plan sal gaan verander?

Dis hoe ek dit verstaan.

> Probleem is as mens God se raadsplan hanteer asof jy oor sy skouer geloer
> het. Wat God aan ons bekend gemaak het, is: Stry hard om in te gaan deur
> die nou poort... Bid, en vir julle sal gegee word... ens. En God maak nie
> valse beloftes nie. M.a.w. God verwag van ons om te leef asof alles van
> onsself afhang!

Stem saam met jou interpretasie. Maar daar is beslis verskillende
standpunte van die 'Bid, en vir julle sal gegee word.', enersyds omdat
daar nie noodwendig gegee sal word nie, slegs as dit volgens sy wil
is. Ek het ook al gesien dat twee opponerende rugbyspanne bid vir 'n
oorwinning. Maar dit maak nou 'n hele ander kan wurms oop wat ek nie
baie lus is om te voer nie.

Hoor jou.

Oorweeg die volgende: Gebed is nie die oorsaak van God se handelinge nie,
maar die noodwendige gevolg daarvan. God is nie besig om ons te beantwoord
nie, ons is besig om God te beantwoord.

Gebed gaan voor alles oor dankbaarheid vir wat God gedoen het en die
handhawing van 'n lewende verhouding met Hom. God is nie 'n toonbankbeampte
wat rondspring om ons wense te bevredig nie en gebed is geen inkopielys wat
ons aan Hom voorlê nie. Ons is daar om sy wense te bevredig - een daarvan
is dat ons tot Hom bid.

Toe ek geleer het dat dit is waarom gebed gaan, het ek nie meer probleme
gehad met sg "onverhoorde gebede" nie.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113264 is 'n antwoord op boodskap #113241] Di, 27 Februarie 2007 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Annette wrote:

> Veral as jy nou moet weet wat in Engeles aangaan, as jy in 'n Afrikaanse
> gemeente is.
>
> Annette
>

Gister was ek in 'n Afrikaanse kerkdiens saam met Skotte.
Wat ek bedoel by saam met Skotte, was dat ons saam in 'n hysbak was,
en toe daar deur hulle opgemerk word dat ons ooglopend op pad na
dieselfde bestemming is, het ons saam (hulle voor en ons agter) na die
kerk gery. Sover ek weet, verstaan hulle nie 'n woord Afrikaans nie.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113270 is 'n antwoord op boodskap #113258] Wo, 28 Februarie 2007 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
>
> Oorweeg die volgende: Gebed is nie die oorsaak van God se handelinge nie,
> maar die noodwendige gevolg daarvan. God is nie besig om ons te beantwoord
> nie, ons is besig om God te beantwoord.
>
> Gebed gaan voor alles oor dankbaarheid vir wat God gedoen het en die
> handhawing van 'n lewende verhouding met Hom. God is nie 'n toonbankbeampte
> wat rondspring om ons wense te bevredig nie en gebed is geen inkopielys wat
> ons aan Hom voorlê nie. Ons is daar om sy wense te bevredig - een daarvan
> is dat ons tot Hom bid.
>
> Toe ek geleer het dat dit is waarom gebed gaan, het ek nie meer probleme
> gehad met sg "onverhoorde gebede" nie.

Oukei, dis 'n uitleg wat min of meer sin maak.

Nie dat ek daarmee vrede het nie, maar dis my eie probleem.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113271 is 'n antwoord op boodskap #113249] Wo, 28 Februarie 2007 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Liewe Koot.
> Dominee sit op Soebatsfontein.
> Die koöperasie kry nie eers 'n Engelse koerant nie.
> Niemand praat Engels daar nie.

Ja, ek maar eintlik geterg oor jy die Ingels gespel het asof dit
engele se taal is.

>
> Maar weet jy Koot, as hy regtigegtig 'n predikant wou word, was daar eintlik
> niks wat hom kon keer nie - omtrent elke sekte of apostoliese kerk het
> bybelskole, waar die vereistes nie so streng is nie.
> Annette
>

Ja, miskien is die werklike heilswaarhede nie regtig so ingewikkeld
dat jy jou uitleg in die grondteks moet gaan soek nie. Dit kan 'n
interessante debat afgee, maar ek reken bra soos jy dat 'n prediker
mense sou kon bekeer, beraad, lei en alles en alles, op grond van wat
in die reeds vertaalde geskrifte staan. As dit dan oor hewige
teologiese debatte en interpretasies gaan, kan hy pêre soos prof Jan v/
d Wath en diesulkes wat baai in die Grieks en Hebreeus, gaan
konsulteer. Ek twyfel in elk geval of die blootstelling wat mens in so
'n kort tydjie op varsity kry, voldoende is om jou in die idiomatiek
van die tale te marineer. Ek sukkel nou al sowat twintig jaar om Frans
te bemeester, wetende ek is waarskynlik stadiger as jou deursnee
Afrikaner, bloot omdat hulle hul eie stel spreekwyses het. En Grieks
en Hebreeus is waarskynlik nog meer volksvreemd.

Ek koes solank by voorbaat vir Torreke se reaksie...
Re: Pas gepos,weer gedink [boodskap #113273 is 'n antwoord op boodskap #113255] Wo, 28 Februarie 2007 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:es16m8$3fp$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...

> Jy was duidelik BAIE lank laas in OL.

Ja as ek reg onthou was dit in 1997 laas. Ek en 'n paar ander ouens was daai
jare programmeerders wat 'n hele paar keer deur die firma afgestuur is OL
toe vir projekte (nooit langer as 'n week op 'n slag nie).

Die Buccaneers was die plekkie waar ons baie publunch geeet het veral omdar
daar 'n 750g T-Bone op die menu was, en die griller 'n ou was wat geweet het
hoe om so stuk vleis te braai.

Ek onthou ook 'n club (Numbers as ek dit reg het) en in dieselfde straat
maar op 'n draai 'n Duitse eetplek. Ek moet se dit was lekker tye gewees,
maar die weer het my onder gekry daar.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113285 is 'n antwoord op boodskap #113271] Do, 01 Maart 2007 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot"
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113311 is 'n antwoord op boodskap #113285] Vr, 02 Maart 2007 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:
> Wie dit nie weet nie, gaan baie moontlik twak praat as hy oor die teks
> preek.

OK, punt toegegee.

Wat nie beteken dat ek sê die mense wat daardie tale nie vlot ken kan
nie ook met heil gebruik word nie.
Re: Bybelse Uitverkiesing - giftige artikel oor Kalvinisme [boodskap #113318 is 'n antwoord op boodskap #113311] Vr, 02 Maart 2007 08:49 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 2007 00:12:11 -0800, "Koot" wrote:

>
> Torreke wrote:
>> Wie dit nie weet nie, gaan baie moontlik twak praat as hy oor die teks
>> preek.
>
> OK, punt toegegee.
>
> Wat nie beteken dat ek sê die mense wat daardie tale nie vlot ken kan
> nie ook met heil gebruik word nie.

Maar mens verwag darem van die leraar om saam te kan praat wanneer
daarop gewys word dat dieselfde woord in die oorspronklike taal waarin
dit geskryf is, aan meer betekenisse gekoppel kan word. En dit laat
die nie-kenner gebonde aan die diskressie van die vertaler.
Vorige onderwerp: Geloofsgeneesing
Volgende onderwerp: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid."
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:07:52 MGT 2024