Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Julle is almal familie
Re: Julle is almal familie (0/1) [boodskap #98606 is 'n antwoord op boodskap #98605] Di, 21 September 2004 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 23:24:09 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>>> 'n Paar dae gelede het ek vir jou gesê dat ek later weer
>>> met jou sal praat omdat ek Waterfront toe ry. Ek het van
>>> die straat waarheen ek gery het, 'n paar foto's geneem
>>> daardie dag. Ek het twee baie klein gemaak, en plaas
>>> dit hier. Jy sal dit interessant vind.
>
> Bo en behalwe dat dit interessante argitektuur
> is, hoekom sal ek dit interessant vind. Watter
> deel van Durban is dit in alle geval?
>
> Gloudina
>

Soos jy gesê het, die boustyl. Dìt is die huise waarin
die senior hawe personeel, skeepskapteine ens.,
100 jaar gelede gewoon het.

Heelwaarskynlik vir slegs 'n paar pond gebou,
en dit word nou vir sowat R1.75 miljoen
opgeveil. Meeste van die plankvloere, trappe
ens. is nog oorspronklik. Die wat vervang is,
is aan my uitgewys.

Op een van die hekke daar, is 'n 1900 datum.
Ook is daar erens in 'n ander straat,
'n gebou met 'n 1914 datum op.

DD
Re: Julle is almal familie [boodskap #98608 is 'n antwoord op boodskap #98594] Wo, 22 September 2004 04:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie dit is 'n borrel nie. Die streng valuta beheer in Suid
Afrika lei daartoe dat spekulante hulle winste in eiendom sit as hulle
dit uit 'n bepaalde investerings entiteit onttrek. Hulle kan dit nie
onmiddelik uit die land neem nie en moet dit teen waarde verlies
beskerm. Eiendom is die beste opsie. So die eiendomsmark het 'n bank
geword vir oorsese geld. Die gewone man kan nie by bly nie en so verarm
ons met groter inkomstes en al. In die normale mark is die gewone
huiskoper die meerderheid kopers. In Suid Afrika tans is die meerdheid
kopers spekulante wat nie in die eindom gaan woon nie. Die borrel gaan
nie sommer bars nie. En as hy sou bars, onthou huis pryse daal nie
maklik nie. Dit stabiliseer net. Iemand met 'n groter inkomste as 'n
paar jaar terug is vandag armer in lewenskwaliteit omdat hy in 'n
kleiner ruimte moet leef... Die feit word nie deur die regering genoem
nie, glo my.

Groete
Plato

DD wrote:

> On Tue, 21 Sep 2004 12:38:49 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> en 'n ou kom na jou
>> toe en bied jou een baie goeie prys vir jou huis aan en jy verkoop die huis
>> en trek dalk na die voorstede toe waar jy rustiger kan wees...doodgelukkig.
>> Tot jy uitvind dat die ou wat jou huis gekoop het, het uitgevind dat die
>> grond gehersoneer gaan word vir 'n nuwe snelweg en skielik het hy 10 keer
>> die prys gekry wat hy vir jou betaal het?
>
>
> Die vraag is ondermeer aan jou, Annette. Ek weet dat nie een van julle
> is 'n ekonoom nie, maar wat dink julle van die algemene mening dat die
> drastiese styging in eiendomspryse (25.4% - die tweede meeste in die
> wêreld vir die afgelope jaar - met Hong Kong eerste) 'n dreigende
> borrel is?
>
> DD
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98609 is 'n antwoord op boodskap #98579] Wo, 22 September 2004 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie antwoord bevestig dit nou vir almal.....'n idioot bly 'n idioot.
As jy nie iets behoorlik het om te sê nie, ou antie, hoekom gaan vermoor jy
nie 'n robbetjie nie?
"@rogers.com" wrote in message
news:NDX3d.9198$fFq1.5461@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.
>
> Jy praat nou soos 'n goeie Stalinis, soos daardie soort
> kommuniste wat hulle in Rusland gehad het. Of jy praat
> soos 'n apartheidsvark, behalwe dat die sosialisme van
> die apartheidsvarke alleen werk geskep en gereserveer
> het vir die wittes, of dié wat geklassifiseer is as wit.
> 'n Konserwatiewe fiskale beleid, soos wat Mbeki se
> regering vandag in SA volg, skep alleen werk waarvoor
> daar fondse is om mense te betaal. En dis daarom dat
> die ekonomiese en finansiële gesondheid van SA vandag
> baie beter is as twintig jaar gelede, toe daar 'n nasionaal-
> sosialistiese regering in SA aan bewind was.
>
> Gloudina
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98612 is 'n antwoord op boodskap #98603] Wo, 22 September 2004 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
DD had uiteengezet :
> On Tue, 21 Sep 2004 22:03:52 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>

>> "DD" skryf

>>> So, dit is nie net lokaal nie.
>>> Jy sal nie inligting hê oor lokale eiendomspryse nie,
>>> maar dit fenomonaal gestyg hier. Wat vir die pasgetroudes,
>>> of enige nuwe huiskoper, 'n turksvy is.

>> Ja, ouer mense wat hulle huise goedkoper gekoop
>> het en dit nou duurder kan verkoop, is natuurlik
>> die groot wenners.
>
> Hierdie een is baie debateerbaar. My eiendom in Durban
> se waarde het meer as verdriedubbel sedert ek dit gekoop
> het. Om dit vir die hoër waarde te verkoop sal absoluut geen
> wins wees nie, want indien ek dit verkoop, moet ek dit
> vervang. Vervang teen dieselfde kwaliteit, beteken
> dieselfde prys betaal as wat ek daarvoor kry. Dus,
> is dit geen wins om teen 'n paar 100% wins te verkoop
> nie. Tensy jy dit nie gaan vervang nie. Dan gooi jy
> buitendien geld in die water, tensy dit herbelê word,
> en waar sal dit belê kan word met dieselfde groei?

Moe nie vergeet nie daar kom nog notariskoste by(20% ?)

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Julle is almal familie [boodskap #98614 is 'n antwoord op boodskap #98577] Wo, 22 September 2004 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 15:10:56 GMT, "@rogers.com" wrote:

> As NP nou nog gelewe het, dan sou hy miskien kon
> aandui dat die skepping van die "Nuwe Suid-Afrika"

Die gedig is in die SA Parlement voorgelees net na 94. Deur FW dink
ek.
Die Kind van Jonker is deur Mandela in die parlement voorgelees.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98615 is 'n antwoord op boodskap #98578] Wo, 22 September 2004 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 15:13:46 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Waar is Breyten gebore?

Ek dink amper daar in Riviersonderend se wereld, maar later in
Wellington grootgeword. Hy was die local skool se hoofseun, as ek reg
onthou.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98616 is 'n antwoord op boodskap #98584] Wo, 22 September 2004 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 20:08:11 +0200, "Bosvark" wrote:

Gebore in Bonnievale, matrikuleer by Hoërskool Hugenote in
Wellington
> Bosvark

A! Ek was amper reg. Bonnievale is Riviersonderend se omgewing as 'n
mens die kaart so entjie verder van jou gesig af hou.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98617 is 'n antwoord op boodskap #98582] Wo, 22 September 2004 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Sep 2004 09:48:39 -0700, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:

> Wel logika was nog nooit jou sterkpunt nie - jy is 'n joernalis after
> all - maar dan dit is as gevolg van jou genetiese samestelling jy kan
> dit nie help nie. Sjym.

Ja Lou.
En al daai wetenskaplikes is verkeerd. Jy het reg. Moenie worry om jou
persepsies te verander nie. Wie is die ou spul wetenskaplikes op die
einde tog.

Goeie argument wat jy gemaak het, by the way. Baie rasioneel. 'n Mens
kan nie help om dit te admireer nie. Een ding wat goed doen, is
logika. Rerig. Nee ek maak nie grappies nie. Ernstig. Great logika.
Hou so aan. Groot toekoms.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98620 is 'n antwoord op boodskap #98609] Wo, 22 September 2004 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Hierdie antwoord bevestig dit nou vir almal.....'n idioot bly 'n idioot.
> As jy nie iets behoorlik het om te sê nie, ou antie, hoekom gaan vermoor jy
> nie 'n robbetjie nie?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:NDX3d.9198$fFq1.5461@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
>> "Suidwester" skryf


>>> Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.

>> Jy praat nou soos 'n goeie Stalinis, soos daardie soort
>> kommuniste wat hulle in Rusland gehad het. Of jy praat
>> soos 'n apartheidsvark, behalwe dat die sosialisme van
>> die apartheidsvarke alleen werk geskep en gereserveer
>> het vir die wittes, of dié wat geklassifiseer is as wit.
>> 'n Konserwatiewe fiskale beleid, soos wat Mbeki se
>> regering vandag in SA volg, skep alleen werk waarvoor
>> daar fondse is om mense te betaal. En dis daarom dat
>> die ekonomiese en finansiële gesondheid van SA vandag
>> baie beter is as twintig jaar gelede, toe daar 'n nasionaal-
>> sosialistiese regering in SA aan bewind was.

>> Gloudina


>
>
>

Ja Suidwester ek stem saam met jou. Hier argumenteer sy net omdat sy wil
en nie omdat sy werklik iets het om te sê nie. Niemand op aarde (nie
eers haar geliefde Mandela) sal met haar saamstem hier nie.

Groete
Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98621 is 'n antwoord op boodskap #98620] Wo, 22 September 2004 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy is seker verveeld....die ou man wil seker nie meer nie?

"Plato" skryf in boodskap news:cirgd2$70c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester wrote:
>> Hierdie antwoord bevestig dit nou vir almal.....'n idioot bly 'n idioot.
>> As jy nie iets behoorlik het om te sê nie, ou antie, hoekom gaan vermoor jy
>> nie 'n robbetjie nie?
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:NDX3d.9198$fFq1.5461@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>>
>>> "Suidwester" skryf
>
>
>>>> Werkskepping is die sleutel tot toekomstige vrede.....ALTYD.
>
>>> Jy praat nou soos 'n goeie Stalinis, soos daardie soort
>>> kommuniste wat hulle in Rusland gehad het. Of jy praat
>>> soos 'n apartheidsvark, behalwe dat die sosialisme van
>>> die apartheidsvarke alleen werk geskep en gereserveer
>>> het vir die wittes, of dié wat geklassifiseer is as wit.
>>> 'n Konserwatiewe fiskale beleid, soos wat Mbeki se
>>> regering vandag in SA volg, skep alleen werk waarvoor
>>> daar fondse is om mense te betaal. En dis daarom dat
>>> die ekonomiese en finansiële gesondheid van SA vandag
>>> baie beter is as twintig jaar gelede, toe daar 'n nasionaal-
>>> sosialistiese regering in SA aan bewind was.
>
>>> Gloudina
>
>
>>
>
> Ja Suidwester ek stem saam met jou. Hier argumenteer sy net omdat sy wil
> en nie omdat sy werklik iets het om te sê nie. Niemand op aarde (nie
> eers haar geliefde Mandela) sal met haar saamstem hier nie.
>
> Groete
> Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98677 is 'n antwoord op boodskap #98487] Vr, 24 September 2004 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder nou watter swarte was jou voorsate, Ferdie?
Dit lyk my dat almal wat wit is nou die een of ander sindroom het wat hulle
maak sleg voel oor hul verlede.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:n1atk0t5lgtidq3998o3g1fq4ek5shhjja@4ax.com...
>
> Uit vandag se Beeld.
>
> ----------------------------------------------
>
> Een groot familie
> Neels Jackson
>
> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
> van Pretoria.
>
> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>
> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>
> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>
> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>
> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
> Afrika gewoon het.
>
> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>
> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>
> Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
> word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
> wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
> loop.
>
> Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.
>
> Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
> regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
> was wat op Robbeneiland beland het.
>
> De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
> het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".
>
> Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
> ingesteek oor die nuus oor sê Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
> oorspronklike mense!"
>
> Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
> tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
> voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
> Afrika.
>
> Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"
>
> David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
> Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
> man" te wees.
>
> Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
> het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.
>
> Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.
>
> Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
> altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.
>
>
> Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:
>
>
> # Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
> # Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
> # Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
> # Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
> # Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
> # PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
> # Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit
> Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
> # Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
> # Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
> # Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
> # Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
> # Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
> # Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98685 is 'n antwoord op boodskap #98677] Sa, 25 September 2004 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Sep 2004 21:41:48 +0200, "Paul" wrote:

> Dit lyk my dat almal wat wit is nou die een of ander sindroom het wat hulle
> maak sleg voel oor hul verlede.

Nou Paul, is ek nuuskierig watter sindroom jy het wat jou laat sleg
sleg voel oor jou verlede. Of is jy nie wit nie? Of vertel jy 'n leuen
hier?

DD
Re: Julle is almal familie [boodskap #98688 is 'n antwoord op boodskap #98677] Sa, 25 September 2004 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom moet ons sleg voel oor ons verlede? Ons sou mos nie her gewees het as
dit nie vir hulle was nie? Of is jy skaam dat jy gebore is?
Wat ek bietjie oor wonder oor die resultate is dat sommige net 'n vader- of
moederlyn het. Beteken dit dat hulle met ruimtewesens deurmekaar was?
--
Groetnis
Annette

"Paul" skryf in boodskap news:NbednbWil-2jNcncRVn-vw@is.co.za...
> Ek wonder nou watter swarte was jou voorsate, Ferdie?
> Dit lyk my dat almal wat wit is nou die een of ander sindroom het wat hulle
> maak sleg voel oor hul verlede.
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:n1atk0t5lgtidq3998o3g1fq4ek5shhjja@4ax.com...
>>
>> Uit vandag se Beeld.
>>
>> ----------------------------------------------
>>
>> Een groot familie
>> Neels Jackson
>>
>> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
>> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
>> van Pretoria.
>>
>> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
>> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
>> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>>
>> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
>> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>>
>> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
>> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
>> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>>
>> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>>
>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>> Afrika gewoon het.
>>
>> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
>> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
>> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
>> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
>> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
>> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>>
>> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
>> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
>> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
>> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>>
>> Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
>> word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
>> wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
>> loop.
>>
>> Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.
>>
>> Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
>> regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
>> was wat op Robbeneiland beland het.
>>
>> De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
>> het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".
>>
>> Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
>> ingesteek oor die nuus oor sê Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
>> oorspronklike mense!"
>>
>> Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
>> tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
>> voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
>> Afrika.
>>
>> Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"
>>
>> David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
>> Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
>> man" te wees.
>>
>> Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
>> het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.
>>
>> Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.
>>
>> Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
>> altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.
>>
>>
>> Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:
>>
>>
>> # Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
>> # Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
>> # Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
>> # Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
>> # Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
>> # PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
>> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
>> # Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit
>> Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
>> # Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>> # Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
>> # Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
>> # Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>> # Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
>> # Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
>>
>
Re: Julle is almal familie [boodskap #98706 is 'n antwoord op boodskap #98617] Sa, 25 September 2004 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
> On 21 Sep 2004 09:48:39 -0700, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:
>
> kan nie help om dit te admireer nie. Een ding wat goed doen, is
> logika. Rerig. Nee ek maak nie grappies nie. Ernstig. Great logika.
> Hou so aan. Groot toekoms.

Ag dankie Ferdi - jy is so gaaf maar tog so verkeerd - ek se maar net
wat die wetenskaplikes gesê het. En dit is soos jy tereg sê nie wat
die joernaliste en Carte Blanche berig het nie. Tog jammer dat
joernaliste so sukkel met die logika, ne? Maar moenie dit ter harte
neem nie - enigiets om nog 'n koerant te verkoop - dit is tog wat die
salarise betaal - hoekom sal ons nou die waarheid in die pad van mense
se salarise laat kom?

Duidelik is taal nie my sterk punt nie - wat bedoel jy met "Een ding
wat goed doen, is logika."?
Re: Julle is almal familie [boodskap #98715 is 'n antwoord op boodskap #98688] Sa, 25 September 2004 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die verduideliking van 'n persoon se herkoms was maar oorvereenvoudig.
As Mandela Khoisan-bloed het, moet die toets tog kan aandui watter
persentasie van sy bloed is dan Khoisan? As sy ma Khoisan was en sy Pa 'n
Bantoe/Swarte/Naturel (alhoewel ek sien di Anti gebruik die woord k@ff%r
deesdae ....) - dan is hy seker 50% van beide.
Maar om bloot te wil hê dat hy Bantoe en Khoisan is, is ietwat van 'n
wanvoorstelling.
Re: Julle is almal familie [boodskap #98720 is 'n antwoord op boodskap #98688] Sa, 25 September 2004 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:

> Hoekom moet ons sleg voel oor ons verlede? Ons sou mos nie her gewees het as
> dit nie vir hulle was nie? Of is jy skaam dat jy gebore is?
> Wat ek bietjie oor wonder oor die resultate is dat sommige net 'n vader- of
> moederlyn het. Beteken dit dat hulle met ruimtewesens deurmekaar was?
> --
> Groetnis
> Annette
> "Paul" wrote in message
> news:NbednbWil-2jNcncRVn-vw@is.co.za...
>
>> Ek wonder nou watter swarte was jou voorsate, Ferdie?
>> Dit lyk my dat almal wat wit is nou die een of ander sindroom het wat hulle
>> maak sleg voel oor hul verlede.
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:n1atk0t5lgtidq3998o3g1fq4ek5shhjja@4ax.com...

>>> Uit vandag se Beeld.
>
>>> ----------------------------------------------
>
>>> Een groot familie
>>> Neels Jackson
>
>>> Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
>>> Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
>>> van Pretoria.
>
>>> Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
>>> Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
>>> where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.
>
>>> Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
>>> jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.
>
>>> Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
>>> toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
>>> Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.
>
>>> Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.
>
>>> Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
>>> aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
>>> Afrika gewoon het.
>
>>> Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
>>> direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
>>> Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
>>> word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
>>> vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
>>> gekonsentreerd is en in Asië inloop.
>
>>> Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
>>> hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
>>> deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
>>> iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.
>
>>> Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
>>> word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
>>> wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
>>> loop.
>
>>> Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.
>
>>> Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
>>> regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
>>> was wat op Robbeneiland beland het.
>
>>> De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
>>> het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".
>
>>> Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
>>> ingesteek oor die nuus oor sý Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
>>> oorspronklike mense!"
>
>>> Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
>>> tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
>>> voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
>>> Afrika.
>
>>> Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"
>
>>> David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
>>> Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
>>> man" te wees.
>
>>> Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
>>> het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.
>
>>> Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.
>
>>> Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
>>> altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.
>
>
>>> Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:
>
>
>>> # Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
>>> # Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
>>> # Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
>>> # Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
>>> # Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
>>> # PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
>>> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
>>> # Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit
>>> Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
>>> # Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>>> # Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
>>> # Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
>>> # Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
>>> # Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
>>> # Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn
>

Nee, vrouens het XX kromosome en nie XY soos mans nie. Dus kan jy net
een ouer bepaal by vrouens maar beide by mans.

Groete
Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98725 is 'n antwoord op boodskap #98720] Sa, 25 September 2004 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So Willem Kentridge is 'n dogtertjie?:))
--
Groetnis
Annette

>>>> # William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste

>
> Nee, vrouens het XX kromosome en nie XY soos mans nie. Dus kan jy net
> een ouer bepaal by vrouens maar beide by mans.
>
> Groete
> Plato
Re: Julle is almal familie [boodskap #98727 is 'n antwoord op boodskap #98725] So, 26 September 2004 05:32 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> So Willem Kentridge is 'n dogtertjie?:))
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
>>>> ># William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
>
>
>> Nee, vrouens het XX kromosome en nie XY soos mans nie. Dus kan jy net
>> een ouer bepaal by vrouens maar beide by mans.

>> Groete
>> Plato
>
>
>

LOL.

Hy wou dalk net nie die moederlyn bekend gehad het nie... Almal het maar
hulle "issues".

Groete
Plato
Vorige onderwerp: Familie (spotprent)
Volgende onderwerp: genealogie van die misdaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:38:04 MGT 2024