Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » The Passion
Re: Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91847 is 'n antwoord op boodskap #91844] Wo, 31 Maart 2004 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, nou weet ons dit gaan oor die kleredrag :))

"@rogers.com" wrote:
>
> Ek het na die Dictionary of South African English gegaan
> om te kyk of hulle kan help met die oorsprong van die
> woord "Dopper." Hier is wat hulle sê;
>
> "A member of the Gereformeerde Kerk in SA or
> a Calvinist church described by Bishop Merriman
> in 1853 as "a sort of Dutch Church Puritans."
> Formerly distinquishable by their dress, a short
> jacket instead of the frock coat or manel of the
> DRC members (whom they called gatjaponners)
> and the klapbroek. Origen uncertain - numerous
> theories exist."
>
> Gloudina
>
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91848 is 'n antwoord op boodskap #91841] Wo, 31 Maart 2004 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 15:17:27 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Lou" skryf
>
>> Dus diegene wat nie glo dat Christus hulle saligmaker is sal dus nie
>> gered word nie maak nie saak hoeveel goeie dade hulle doen nie.

>> Nou antwoord jy nou vir my - op grond van jou uitgebreide kennis van
>> die Bybel - wat is verkeerd met die bostaande in terme van die
>> Christelike geloof. Jou probleem is dat jy die die Christelike geloof
>> sien as 'n kwasi Boedisme - en dit is en sal dit nooit wees nie.
>
> Lees weer die eerste paragraaf van jou wat ek hierbo aanhaal.
> En dan sal ek vir jou uitwys dat JY JOUSELF AANSTEL as
> die arbiter van wie "gered" is en wie nie "gered" is nie. En ek
> dink dis vreeslik arrogant.
>
> Gloudina
>

jy bouwer, kan nié regtig sò stupid wees as wat jy voorgee nie.
Menige keer het ek vir jou gesê wat ek weer hier sê:
Lou stel homself nie aan as enig iets nie maar stel net die Bybel
aan jou voor. Want Lou het dit nie gesê nie bouwer, maar slegs
die Bybel gekwoteer. Hy sê net wat in die Bybel geskryf is, en
jy reken dit is hy wat dit predik?

En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks sê nie.
My uitdaging aan jou is steeds: "Wat sê die Bybel
betreffende die bestemming van ander gelowe as
die Christelike geloof?"

Om te voorkom dat jy weer stellinge aan my toedig,
gee ek jòu die geleentheid om vir ons, met verwysings
na waar in die Bybel jy dit lees, te vertel wat die
Bybel sê van mense wat anders glo as dat
Jesus Christus, en Hy alleen, hulle saligmaker is.
Dat Hy, dié Seun (nie 'n seun, maar dié Seun) van
God is.

Die bal is in jou hande bouwertjie, en die vraag is
so op die vrou af, dat jy slegs 'n poppey van jouself
sal maak, indien jy dit maar weer probeer omseil.

Die Uwe
Doppers [boodskap #91849 is 'n antwoord op boodskap #91844] Wo, 31 Maart 2004 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 15:46:42 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ek het na die Dictionary of South African English gegaan
> om te kyk of hulle kan help met die oorsprong van die
> woord "Dopper."

Dankie, Gloudina. Dit was baie interessant. Ek het self nogal
hieroor gewonder.

Ek is bly dit het darem niks met drank te maak nie, Elaine. ;-)
Re: Doppers [boodskap #91850 is 'n antwoord op boodskap #91849] Wo, 31 Maart 2004 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 13:43:37 -0500, Katryn wrote:

> On Wed, 31 Mar 2004 15:46:42 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>> Ek het na die Dictionary of South African English gegaan
>> om te kyk of hulle kan help met die oorsprong van die
>> woord "Dopper."
>
> Dankie, Gloudina. Dit was baie interessant. Ek het self nogal
> hieroor gewonder.
>
> Ek is bly dit het darem niks met drank te maak nie, Elaine. ;-)

'n Dopper predikant (gewese kliënt) het my 'n paar jaar gelede
vertel waar die naam vandaan kom. Dit het iets te doen gehad
met die lengte van 'n manel wat gedra is en die woord was
volgens hom gaaitjieponder.
Ek kan nie die storie in besonderhede onthou nie.

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91851 is 'n antwoord op boodskap #91845] Wo, 31 Maart 2004 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:

> Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
> almal op die happy trein hemel toe sien.

Net sommer vir interessantheid. Wat en waar is die "hemel", Basjan?
En ek neem aan jy glo ook in die konsep van "hel"? Is die hel onder
en die hemel bo?
Wonder maar net....
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91852 is 'n antwoord op boodskap #91845] Wo, 31 Maart 2004 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:

> Jesus het tog self gesê hy bring skeuring en tweespalt, tussen man en vrou
> ens. Sy boodskap is een van liefde en genade, maar nie een van algemene
> insluiting, onegag jou gevoel oor Hom nie...

Ja, ek onthou nou daardie gedeelte in die bybel. Basjan, was dit
Jesus wat dit gesê het, of was dit Paulus se interpretasie van wat
Jesus gepredik het? Ek kan nou self nie onthou nie, so dis nie dat ek
probeer moeilikheid soek nie, hoor. ;-)

Terloops, jy moet volgende week April 5, om 8-11 p.m. ET, Peter
Jennings se dokumentêr oor " Jesus and Paul - The Word and the
Witness " , kyk. Hier is die skakel daaroor. Dit mag dalk
interessant wees?
http://abcnews.go.com/sections/wnt/World/PJR_Paul_Jesus_subi ndex.html
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91853 is 'n antwoord op boodskap #91852] Wo, 31 Maart 2004 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Jesus het tog self gesê hy bring skeuring en tweespalt, tussen man en vrou
>> ens. Sy boodskap is een van liefde en genade, maar nie een van algemene
>> insluiting, onegag jou gevoel oor Hom nie...
>
> Ja, ek onthou nou daardie gedeelte in die bybel. Basjan, was dit
> Jesus wat dit gesê het, of was dit Paulus se interpretasie van wat
> Jesus gepredik het?

Ek het dit toe gekry. Paulus was dié keer heel onskuldig. Jammer!!
;-)
Dit was toe in Matthéus 10: 34- 36 ens.
"Moenie dink dat ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het
nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Want ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en
tussen 'n dogter en haar moeder, en haar skoondogter en haar
skoonmoeder.
En 'n mens se huisgenote sal vyande wees"
ens.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91854 is 'n antwoord op boodskap #91845] Wo, 31 Maart 2004 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Ek glo dat Jesus die enigste weg is. As jy Hom verwerp, dan is dit
> nie vir my om te sê wat op jou wag nie, maar die Bybel is nogals helder en
> duidelik daaroor. Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
> almal op die happy trein hemel toe sien.

Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
gaan hoor nie, "verdoem" is. En net daar val jou argument
plat op sy gesig. Jou eie Christelike beginsels behoort
vir jou te vertel dat daar êrens iets verkeerd is met jou
argument en jou motiewe. Verder sien ek die woord
"humanisties" in jou geskryf. Dit is 'n buzzword wat 'n
sekere soort "Christen" wat politiek speel, gebruik om
almal wat nie soos hy dink nie te veroordeel. Ek dink
jy moet jou motiewe en jou agenda ondersoek. En dit
ook op jou knieë probeer uitmaak.

Gloudina
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91855 is 'n antwoord op boodskap #91851] Wo, 31 Maart 2004 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 13:48:05 -0500, Katryn wrote:

> On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
>> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
>> almal op die happy trein hemel toe sien.
>
> Net sommer vir interessantheid. Wat en waar is die "hemel", Basjan?
> En ek neem aan jy glo ook in die konsep van "hel"? Is die hel onder
> en die hemel bo?
> Wonder maar net....

Waarom wonder as jy kan aan naslaan, Katryn?

Die hemel is 'n planeet soos die aarde
Gen. 1:1; 2:1; Ps. 8:3;

In die Noorde van die Heelal
in verhouding met die aarde.
Isa. 14:12-14 Ps. 75:6-7

Bo 1 kon. 8:23

en in die hoogste deel van die skepping
Job 22:12 Luk 2:14 Ef 1:21 - 4:10

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91856 is 'n antwoord op boodskap #91852] Wo, 31 Maart 2004 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 13:53:54 -0500, Katryn wrote:

>
> Ja, ek onthou nou daardie gedeelte in die bybel. Basjan, was dit
> Jesus wat dit gesê het, of was dit Paulus se interpretasie van wat
> Jesus gepredik het?

baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
Die tipe redenasie waarmee jy alles kan bevraagteken.
As dit 'n vertolking was, waaroor vrae sou hang, sou dit
die in die kanonieke boeke opgeteken gewees het nie.
Sou dit nie as deel van ons lering aangeteken gewees het nie.

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91857 is 'n antwoord op boodskap #91854] Wo, 31 Maart 2004 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 20:28:58 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is. En net daar val jou argument
> plat op sy gesig.
>
> Gloudina
>

ek glo dat mense geoordeel sal word na gelang van die kennis
wat hulle op aarde gehad het. Ek kan nie sien dat 'n regverdige God
iemand sal veroordeel omdat hy/sy nooit van Hom gehoor of geleer
het nie. Dit is slegs my menslike diskressie wat niks werd is nie,
maar steeds redeneer die mens in my, dat mense geoordeel sal word
in verhouding met die kennis wat hulle op aarde opgedoen het.

Jy skuld die klas 'n antwoord waarop ons al (ten minste) twee dae wag.
Almal weet wat die vraag is waarop jy nie wil antwoord nie.

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91858 is 'n antwoord op boodskap #91856] Wo, 31 Maart 2004 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 22:49:41 +0200, DD wrote:

> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.

Gevaarlik?
Wat gaan met my gebeur as ek nie glo soos julle nie? Of is dit
gevaarlik om vrae te vra?
DD, ek ken die bybel net so goed, en dalk selfs beter as baie mense
wat hulleself "Chrsistene" noem. Maar vir my is dit niks meer as net
'n boek wat deur mense met politieke agendas aanmekaar geslaan is nie.
Paulus is in my opinie net 'n tipiese ou MCP, en hy het die hele
geloof wat Jesus probeer leer het aan sy disipels verdraai, en sy eie
agenda en geloofstradisies daaraan gaan koppel.
Die stories wat in die bybel vertel word is alles mites. Ek glo nie
eens daar was werklik 'n mens soos Jesus nie. Ja, ek het dit alles
geglo jare gelede, en was 'n ernstige bible thumper. Daarom onthou en
nog sekere tekste en konsepte baie goed. Maar daar is ook baie wat ek
vergeet het.
Wat my geweldig interresseer is hoe mense dink, en om te probeer
agterkom waarom hulle glo soos hulle glo. Teologie het my al van
kindsdae af interesseer. Verskillende geloofstradisies ook.
So, moet asseblief nie vir my probeer preek en vertel dat ek in die
hel gaan brand nie. Moenie eens probeer nie. ;-)
Hierdie nuusgroep is die hel. Ek bevind my dus alreeds in die hel.

Ek noem dit maar net, en ek weet jy weet dit, maar dalk is hier ander
mense wat nie weet waar ek staan nie. En ek wil nie graag mense om
die bos lei nie.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91859 is 'n antwoord op boodskap #91856] Wo, 31 Maart 2004 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
> Die tipe redenasie waarmee jy alles kan bevraagteken.
> As dit 'n vertolking was, waaroor vrae sou hang, sou dit
> die in die kanonieke boeke opgeteken gewees het nie.
> Sou dit nie as deel van ons lering aangeteken gewees het nie.

Dis natuurlik net hier waar ons die kolle van die
tier begin sien. Merk op die woord "gevaarlik"
en merk op die verwysing na die "kanonieke
boeke." Wat natuurlik die hele boksemdaais
weggee. En die politiek van die saak bloot lê.
Sê vir my, du plessis, wat het al hierdie storie
van kanonieke boeke en nie-kanonieke boeke
te doen met Christus se boodskap? Ek dink
jy ken maar net baie sleg die geskiedenis van
die kerk, wat in die vroegste eeue, toe hierdie
politieke vergaderings wat besluit het wat
kanoniek was en wat nie kanoniek is, grotendeels
gereël is deur mense wat wou besluit wat die
"Christelike" dogma sou moes wees. En in
daardie dae, my liewe du plessis, het daar
baie dinge in die Christelike dogma ingesluip
wat duidelik van buite die Christelike sfeer
gekom het.

Gloudina
Waar is die hemel? [boodskap #91860 is 'n antwoord op boodskap #91855] Wo, 31 Maart 2004 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 22:45:32 +0200, DD wrote:

> Waarom wonder as jy kan aan naslaan, Katryn?
> Die hemel is 'n planeet soos die aarde

Dit het ek nog nooit geweet nie. Rerig!! Interessant.
Dalk ken ek nie die bybel so goed as wat ek gereken het nie.
< Swat> DD my alweer plat op die aarde met een vinnige sweepklap.
;-)
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91861 is 'n antwoord op boodskap #91854] Wo, 31 Maart 2004 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 20:28:58 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is.

Sovêr ek weet is dit nog net die Katolieke kerk wat hieroor hulle
standpunt verander het. Die Protestante sal moeilik hulle standpunt
verander.
Ek dink dit is dalk tyd dat jy ook moet erken dat Protestante is ook
gelowiges en Christene. En dat hulle siening nou wel nie mag saamstem
met joune nie, maar dit is hulle geloof, en hulle MAG NIE anders glo
nie.
Re: The Passion [boodskap #91862 is 'n antwoord op boodskap #91716] Wo, 31 Maart 2004 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> ... en w�t, bouwer, word daar in die Bybel van
> ander gelowe gesê?

In "die bybel" word daar baie dinge gesê, my liewe
du plessis. Daar word gepraat van hoe Dawid
gefornikeer het. Daar word baie snaakse Joodse
wette bekend gemaak. Is jy 'n Jood dat jy al dié
dinge wat daar in die Bybel gesê word, ernstig
opneem? Ek neem hulle nie ernstig op nie. Ek
sien hulle deur die prisma van die geskiedenis
op. MAAR ek neem die boodskap van CRISTUS
baie ernstig op. En dit sê vir my, du plessis, dat
solank jy op jou knieë besig is om die kafferantie
se voete te was, jy nie hoef te worry oor enigiets
anders nie. Dis wat duidelik is uit Moeder Theresa
se lewe. Dit maak nie saak of sy 'n Christen of
Hindoe is nie. Die pad wat sy gevolg het, het
duideliker gepraat as syself.

Gloudina
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91863 is 'n antwoord op boodskap #91858] Wo, 31 Maart 2004 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Paulus is in my opinie net 'n tipiese ou MCP, en hy het die hele
> geloof wat Jesus probeer leer het aan sy disipels verdraai, en sy eie
> agenda en geloofstradisies daaraan gaan koppel.
> Die stories wat in die bybel vertel word is alles mites.

As ek jy is, sou ek wel die gedagtes en aktiwiteite van
Paulus ernstig opneem. Al is dit net om 'n teengif te
wees teen al dié mense wat nou die Christelike leer
nog erger verdraai. Was dit nie Paulus wat I Kor. 13
geskryf het nie. Is dit nie Paulus wat briewe aan die
verskillende gemeentes geskryf het en vir hulle vertel
het dat as hulle lou is in hulle geloof, hulle dade niks
werd is nie. Ek is seker dat as mens vir Paulus gevra
het wat van die man in Mongolië wat sy mala sit en
aftel, Paulus sou gesê het dat daardie man nie lou
is nie, maar die weg volg wat Christus gepredik
het toe hy nog op die aarde was.

Gloudina
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91864 is 'n antwoord op boodskap #91861] Wo, 31 Maart 2004 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

>  Ek dink dit is dalk tyd dat jy ook moet erken dat Protestante is ook
>  gelowiges en Christene.  En dat hulle siening nou wel nie mag saamstem
>  met joune nie, maar dit is hulle geloof, en hulle MAG NIE anders glo
>  nie.

Ek het niks teen "Protestante" nie. Ek het Protestant
grootgeword en niks wat ek vandag glo, het enigsins
verander nie. Ek het dit nie teen die Protestantisme nie.
Ek het dit teen mense wat sê hulle is protestante
en christene, maar hulle verdraai daardie leër op so
'n belaglike manier dat almal kan sien dat hulle politiek
speel met iets waarmee daar nie politiek mee gespeel
word nie. Dieselfde manier waarop mens byvoorbeeld
"Christene" in die VSA sien agiteer VIR die doodstraf.
Dit terwyl daar afgevaardiges van die Pous elke keer
vra dat hulle genade moet toegestaan word.

Gloudina
Re: The Passion [boodskap #91866 is 'n antwoord op boodskap #91862] Wo, 31 Maart 2004 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 21:21:37 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> ... en wàt, bouwer, word daar in die Bybel van
>> ander gelowe gesê?
>
> Is jy 'n Jood dat jy al dié
> dinge wat daar in die Bybel gesê word, ernstig
> opneem? Ek neem hulle nie ernstig op nie.

> Gloudina
>

Dìt klas, was power né.
Lees bò, en gaan bevestig
vir julleself dat sy dit gesê het:-(

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91867 is 'n antwoord op boodskap #91858] Wo, 31 Maart 2004 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 16:11:56 -0500, Katryn wrote:

> On Wed, 31 Mar 2004 22:49:41 +0200, DD wrote:
>
>> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
>
> Gevaarlik?
> Wat gaan met my gebeur as ek nie glo soos julle nie? Of is dit
> gevaarlik om vrae te vra?

Nee Katryn, lees wat ek gesê het in konteks, asb.
Uitgespel sou dit lees: Indien jy die Bybel sou bestudeer,
en riglyne daarvolgens wou vind, en dan die tipe vrae
soos bo sou vra, sou dit gevaarlik wees. Want dit sou dit te maklik
maak om dit flexible te maak. Jou stelling/vraag het ietwat na die van
'n student geklink.

>
> Ek noem dit maar net, en ek weet jy weet dit, maar dalk is hier ander
> mense wat nie weet waar ek staan nie. En ek wil nie graag mense om
> die bos lei nie.

Soos jy sê, is ek terdeë daarvan bewus.
Miskien sou jy dit interessant vind dat daar
nie-Christelike geskrifte bestaan waarin van
Jesus gepraat word ook.
Ek kan nie uit die vuis uit spesifiekes noem nie
maar daar is wel geskiedkundige skrifte opgespoor
waavan van hom gepraat word. Dit het ek baie interessant
gevind toe ek daarvan gelees het.

Tot later.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91869 is 'n antwoord op boodskap #91867] Wo, 31 Maart 2004 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 01 Apr 2004 00:14:57 +0200, DD wrote:

> Miskien sou jy dit interessant vind dat daar
> nie-Christelike geskrifte bestaan waarin van
> Jesus gepraat word ook.

Verwys jy dalk na die Josephus geskrifte? Dit is hoogs debateerbaar.
Ek dink amper die konsensus is deesdae dat dit na die tyd ingesit is,
en nie in die oorspronklike geskrifte bestaan het nie.

> Ek kan nie uit die vuis uit spesifiekes noem nie
> maar daar is wel geskiedkundige skrifte opgespoor
> waavan van hom gepraat word. Dit het ek baie interessant
> gevind toe ek daarvan gelees het.

Dalk dink jy aan iets anders. As jy kan onthou, sal ek dit waardeer
as jy dit hier kan plaas.
Ek sal ook bietjie deur my ou notas kyk, en sien of daar dalk iets
anders was, want dit lui ook so vaagweg 'n klokkie by my.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91870 is 'n antwoord op boodskap #91851] Do, 01 April 2004 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar is "bo" en waar is "onder", Katryn? Is dit wat jy sien regtig daar?
Hoekom bestaan ons? Ensovoorts...

Of op die ou einde - is dit belangrik WAAR die hemel en hel is? Regtig nie
vir my 'n issue nie.

Basjan

"Katryn" skryf in boodskap news:0f4m60d8sqj6kvsfdf093la3vjneoo2lro@4ax.com...
> On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
>> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
>> almal op die happy trein hemel toe sien.
>
> Net sommer vir interessantheid. Wat en waar is die "hemel", Basjan?
> En ek neem aan jy glo ook in die konsep van "hel"? Is die hel onder
> en die hemel bo?
> Wonder maar net....
>
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91871 is 'n antwoord op boodskap #91870] Do, 01 April 2004 00:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 2004 19:01:15 -0500, "basjan" wrote:

> Waar is "bo" en waar is "onder", Katryn? Is dit wat jy sien regtig daar?
> Hoekom bestaan ons? Ensovoorts...

Ja nee - hoe verduidelik mens nou so iets aan 'n "hokie" ?
Hoe lank is jy al by VT, Basjan?
So gepraat van jou staat - nou die aand vertel Jay Leno dat Osama toe
daar in die hemel opdaag, en hy word rondgeskop en uitgeskel vir 'n
vale deur 'n spul mans. Verontwaardig vra hy toe waar sy 70 (of
hoeveel ookal) virgins dan is. Nee, sê wie ookal in beheer - jy het
verkeerd verstaan, daar was geskryf 70 Virginians!!
Skuus as dit onsmaaklik was vir iemand. Dit was vir my nogal snaaks.
;-)
Re: Waar is die hemel? [boodskap #91882 is 'n antwoord op boodskap #91860] Do, 01 April 2004 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ha ha ha, hie hie hie!!!! Ons het nou al die planeet wat uit een moerse
diamant bestaan gekry, nou nog bietjie verder soek, dan kry ons die een met
strate van goud...

Straks gaan ons lekker kuier vir al ons voorgeslagte, op daai ander
planeet... Dis nou as die pilare van die aarde lank genoeg staan, dat ons 'n
vinnig genoeg ruimteskip kan bou.

Ja, DD, die aarde staan op pilare, slaan maar na...

Max____________________________

"Katryn" skryf in boodskap news:71dm60ptn33tho94dbsip6p8ffr7pgrpc0@4ax.com...
> On Wed, 31 Mar 2004 22:45:32 +0200, DD wrote:
>
>> Waarom wonder as jy kan aan naslaan, Katryn?
>> Die hemel is 'n planeet soos die aarde
>
> Dit het ek nog nooit geweet nie. Rerig!! Interessant.
> Dalk ken ek nie die bybel so goed as wat ek gereken het nie.
> < Swat> DD my alweer plat op die aarde met een vinnige sweepklap.
> ;-)
>
Re: The Passion [boodskap #91896 is 'n antwoord op boodskap #91843] Do, 01 April 2004 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
> My punt is dat niemand
>> - dis reg geen een, nobody, no-one by die Vader kom behalwe deur Jesus
>> nie en dan moet hy glo dat sy sondes deur Jesus se opofferings vergewe
>> word.
>
> Jou punt is dat 'n Mongool in Mongolia, wat nog nooit van
> die historiese Christus gehoor het of sal hoor nie, dus gedoem
> is om vir ewig "ongered" te bly. ( Ek noem hierdie soort
> gepraat pure rassisme, want jy wil uitspel dat daardie Mongool
> eers gered gaan word as mense met "jou" "Christelike" boodskap
> hulle bykom.)

Die feit bly - in terme van die Bybel sal slegs mense gered word wat
in Christus glo. My punt is dat solank daardie Mongool, al het hy nog[/color]
> nooit en sal hy nooit van die historiese Christus hoor nie,
> maar hy volg die pad wat deur Christus uitgespel is,
> "gered" word deur die boodskap wat Christus vir ons
> gebring het.

En ek stem nie saam nie - sien bostaande.

> Ek, liewe Lou, glo dus eintlik baie meer intens in die
> boodskap van Christus as wat jy doen, dink ek. Want
> jy verdoem en veroordeel, iets wat Christus teen gepreek
> het. Enigiemand, Lou, enigiemand wat Christus se leer
> navolg, word gered. Ook die Mongool op die steppes.

Jy glo in jou interpretasie wat die boodskap van Jesus was - ek in
myne - hopelik sien ons mekaar daarbo - ek sal jou kom opsoek :)
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91904 is 'n antwoord op boodskap #91854] Do, 01 April 2004 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:eSFac.2196$86a.1081@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek glo dat Jesus die enigste weg is. As jy Hom verwerp, dan is dit
>> nie vir my om te sê wat op jou wag nie, maar die Bybel is nogals helder en
>> duidelik daaroor. Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
>> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
>> almal op die happy trein hemel toe sien.
>
> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is.

Dis nou net hier waar jy die (my) pot heeltemal mis. Ek besoek gereeld 'n
ander nuusgroep (rec.bicycles.tech) en het daar gou geleer dat jy versigtig
moet wees "om tussen die lyne te lees" (die Amerikaners op die groep is baie
sensitief dat jy bedoelinge in hulle poste inlees). Jy kan nie met epos en
internet te veel aannames oor ander se stellings maak nie, jy moet dit woord
vir woord opneem. Intonansie en bedoeling kan nie tussen die lyne
geinterpreteer word nie. Anders kan ek mos jou skrywe omgooi soos ek wil en
sê ek "lees tussen die lyne" dat jy graag ander wil omkrap, lief is om die
rondte te dink oor dinge, nie WIL verstaan dat ek glo wat ek glo sonder om
te oordeel nie, en dat jy seker nou net jou laaste sakkie Rooibos opgebruik
het en daarom my woorde wil draai? Ek kan mos nie al die goed aanneem oor
iemand wat ek glad nie ken of voor my sien nie, maar wie se swart en wit
letters ek voor my het?

Gaan lees gerus onder in die "thread" my presiese woorde:

"En ek weet ook nie hoe om te antwoord wat God sal doen as iemand wat nie 'n
Christen is nie sterf, sonder dat hy van Jesus gehoor het. Wat ek wel glo
is dat God regverdig, oneindig wys, en liefde is. So ek laat dit by Hom.
Maar ek glo ek moet my kant skoonhou en vashou aan dit wat ek van oortuig is
deur sy Gees en dit glo..."

Ek stem saam met die stelling/vraag: "Wie is ons as mense om te oordeel?"
Ek wil nie en voel nie ek hoef oor sulke taai tameletjies te worry soos wat
gebeur met die klein seuntjie in die reënwoud wat nog nooit van Jesus gehoor
het nie. Al wat ek doen is glo aan dit waarvan ek oortuig is deur God se
Gees. En ek glo dat Jesus die enigste weg is, maw, as jy Hom verwerp, dan
glo ek jy is "ongered", ek glo dis Bybels en nie my eie interpretasie nie.
Maar ek glo ook God is regtig oneindig wys en genadig, so wie is ek om te sê
jy en jy en jy gaan hel toe as jy nog nooit van Jesus gehoor het nie, of
selfs as jy al van Jesus gehoor het (ek kan dit dalk glo, maar ek mag nie
verdoem nie). Dis nie my plek nie. Maar hierin lê die Catch 22, ek moet
voluit in my geloof lewe, en my geloof is dat Jesus die weg is.

Op die ou end kan mens oor baie dinge van godsdiens nie redeneer nie, ek kan
bloot stel wat ek glo. Is dit logies dat die God wat ek glo God van alles
is en wat alles gemaak het 'n mens sal word wat gemartel, gespot en vermoor
sal word deur sy eie skepping? Nee. Maar ek GLO dit. Godsdiens is nie 'n
wetenskap nie, dit is geloofskap, gebaseer op geloof. Nie wetenskap nie.

So op die ou einde luister ek graag na ander se menings, maar dis wat ek wil
doen: Luister en dink dat dit interessant is dat ander mense so kan "GLO".
Maar om te debateer of die Bybel regtig God-geinspireerd is of nie, of dit
regtig Jesus se woorde is of nie, dit is jou mening en my mening, jou
oortuiging en my oortuiging (lees "GLO") - hoe kan ons oor geloof debatteer?
Ons kan daaroor gesels. En dit is 'n goeie ding.

Basjan
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91905 is 'n antwoord op boodskap #91871] Do, 01 April 2004 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:tcpm601et9kfjvavui8inh0k5oa8hna8ib@4ax.com...
> On Wed, 31 Mar 2004 19:01:15 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Waar is "bo" en waar is "onder", Katryn? Is dit wat jy sien regtig daar?
>> Hoekom bestaan ons? Ensovoorts...
>
> Ja nee - hoe verduidelik mens nou so iets aan 'n "hokie" ? tergende glimlag>
> Hoe lank is jy al by VT, Basjan?
> So gepraat van jou staat - nou die aand vertel Jay Leno dat Osama toe
> daar in die hemel opdaag, en hy word rondgeskop en uitgeskel vir 'n
> vale deur 'n spul mans. Verontwaardig vra hy toe waar sy 70 (of
> hoeveel ookal) virgins dan is. Nee, sê wie ookal in beheer - jy het
> verkeerd verstaan, daar was geskryf 70 Virginians!!
> Skuus as dit onsmaaklik was vir iemand. Dit was vir my nogal snaaks.

Nou al 6 jaar hier aan die swot! Geniet Blacksburg vreeslik baie, maar mis
die huis. As alles goed gaan, gaan ons einde van die jaar vir 'n jaar of
twee in België werk en dan DV Stellenbosch toe. Tyd moetmaar leer. Waar op
aarde bevind jy jouself?

Basjan
Oor Dawgs en Hokies (vir Basjan) [boodskap #91913 is 'n antwoord op boodskap #91905] Do, 01 April 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Apr 2004 08:38:05 -0500, "basjan" wrote:

> Nou al 6 jaar hier aan die swot!

Wat swot jy? (Net as jy wil antwoord. Ignoreer andersins) ;-)

> Geniet Blacksburg vreeslik baie, maar mis
> die huis. As alles goed gaan, gaan ons einde van die jaar vir 'n jaar of
> twee in België werk en dan DV Stellenbosch toe. Tyd moetmaar leer. Waar op
> aarde bevind jy jouself?

Waar in België gaan jy werk? Ons het vir 'n ruk in Brussel gewoon, en
dit was...um....wel, interessant. My man is 'n Belg, so laat ek maar
eerder nie te veel verder sê nie. ;-))
Spot maar net - België is great. Ek is seker jy sal dit baie geniet!
Ek bevind myself 'between the hedges' (Dawg territory) oftewel UGA -
Georgia U in Athens.
;-)
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91916 is 'n antwoord op boodskap #91904] Do, 01 April 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Anders kan ek mos jou skrywe omgooi soos ek wil en
> sê ek "lees tussen die lyne" dat jy graag ander wil omkrap, lief is om die
> rondte te dink oor dinge, nie WIL verstaan dat ek glo wat ek glo sonder om
> te oordeel nie, en dat jy seker nou net jou laaste sakkie Rooibos opgebruik
> het en daarom my woorde wil draai? Ek kan mos nie al die goed aanneem oor
> iemand wat ek glad nie ken of voor my sien nie, maar wie se swart en wit
> letters ek voor my het?

Natuurlik. In die kuberruimte reageer ons op die beeld
wat die persoon van homself skep. In my geval is die
beeld wat ek van myself wil skep heelwaarskynlik met
opset heeltemal anders as die beeld wat ek projekteer
na die mense om my. Ek skep doelbewus byvoorbeeld
die Tant Hessie van die Derde Republiek, met die doel
om die speelgrond van die verregse te skaak deur hulle
cliches na hulle terug te gooi. In die kuberruimte is daar
nie plek vir bleeding hearts nie. Jy gooi die sarkasme
ook sommer maar goed, nê? Wat laat jou dink dat
ek vererg is as ek my laaste rooibostee-sakkie opgebruik
het? Ek kan dit baie maklik optel vyf minute van ons
af deesdae.
Mag ek jou egter gelukwens op jou goeie Afrikaans,
en dit na baie jare in die VSA. As mens jou Afrikaans
vergelyk met dié van sommige van die nuusgroep wat
dag na dag in SA sit, dan wonder mens darem.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se retorika-komitee
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91920 is 'n antwoord op boodskap #91904] Do, 01 April 2004 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Al wat ek doen is glo aan dit waarvan ek oortuig is deur God se
> Gees. En ek glo dat Jesus die enigste weg is, maw, as jy Hom verwerp, dan
> glo ek jy is "ongered", ek glo dis Bybels en nie my eie interpretasie nie. Maar hierin lê die Catch 22, ek moet
> voluit in my geloof lewe, en my geloof is dat Jesus die weg is.

Natuurlik. Alles wat jy sê vanuit jou konteks is reg.
Jy móét voluit in jou geloof lewe. So moet die Buddhis
en Mohammedaan en Noord-Amerikaanse eerste nasie.
Dis wanneer "Christene" begin om te sê "jy moet in ons
konteks glo; alle ander kontekse is uit die bose en as jy
nie soos ons glo nie, kan jy nie gered word nie ", dat die
moeilikheid begin. En die moeilikheid begin nie soseer
vir daardie mense wat nie jou konteks het nie. Die
moeilikheid begin vir jouself. Want jy begin wegkyk van
die boodskap van jou konteks en kyk na die reg of
verkeerd van jou konteks. Solank die Christen se oë
gerig is op die boodskap van Christus, dus die weg
van Christus, sal hy nóóit hoef vir homself te
bekommer of hy reg of verkeerd is nie. Dis wat ons
sien in Moeder Theresa se lewe. Mense wat by haar
orde aansluit kom uit alle gelowe en nasies en stande.
Hulle doen wat Jesus vir hulle gevra het om te doen.
En dit is die weg.

Gloudina
Re: Oor Dawgs en Hokies (vir Basjan) [boodskap #91925 is 'n antwoord op boodskap #91913] Do, 01 April 2004 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:m28o60lqovajhes7j281gm62lvg0aaif5g@4ax.com...

> Waar in België gaan jy werk? Ons het vir 'n ruk in Brussel gewoon, en
> dit was...um....wel, interessant. My man is 'n Belg, so laat ek maar
> eerder nie te veel verder sê nie. ;-))
> Spot maar net - België is great. Ek is seker jy sal dit baie geniet!
> Ek bevind myself 'between the hedges' (Dawg territory) oftewel UGA -
> Georgia U in Athens.

Ek en my vrou gaan Leuven toe vir 'n postdoc. Ek gaan eintlik maar net om
die Tour de France en Eddy Merckx te geen sien!
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91926 is 'n antwoord op boodskap #91920] Do, 01 April 2004 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:A7Wac.14674$JO6.11240@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...

> Dis wat ons sien in Moeder Theresa se lewe. Mense wat by haar
> orde aansluit kom uit alle gelowe en nasies en stande.
> Hulle doen wat Jesus vir hulle gevra het om te doen.
> En dit is die weg.

Hulle doen van die dinge wat Jesus onder andere gesê het ons moet doen. Dis
lofwaardig dat mense soos sy so help en lief het sonder vooroordeel. Maar
dis net deel van die pakkie, myns insiens...

Basjan
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91927 is 'n antwoord op boodskap #91916] Do, 01 April 2004 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:IYVac.14600$JO6.9607@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...

> Jy gooi die sarkasme
> ook sommer maar goed, nê? Wat laat jou dink dat
> ek vererg is as ek my laaste rooibostee-sakkie opgebruik
> het? Ek kan dit baie maklik optel vyf minute van ons
> af deesdae.
> Mag ek jou egter gelukwens op jou goeie Afrikaans,
> en dit na baie jare in die VSA. As mens jou Afrikaans
> vergelyk met dié van sommige van die nuusgroep wat
> dag na dag in SA sit, dan wonder mens darem.

Die sarkasme is ligtelik bedoel, nie aanvallend nie, maar ek sien dis
ligtelik opgeneem! Ek struikel oor baie kuberruimte-aannames wat
verkeerdelik gemaak word. Dis 'n groot kuns om sinvol te kommunikeer oor
die web, met epos en al die tegnologie gaan baie "persoonlikheid" by ons
verby.

Oor die afrikaans, baie dankie, dis regtig ongelooflik hoe gou mens stagneer
na jare van 'n ander taal praat. Ek en my vrou praat Afrikaans in die huis,
maar buite is dit natuurlik net Engels. Ek dink ons het verarm in ons
Afrikaanse gebruik, met nuwe woorde en gesegdes wat gereeld in SA opduik.
Ek hoop dat Afrikaans sterk sal voortleef!

Basjan
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91930 is 'n antwoord op boodskap #91848] Do, 01 April 2004 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> On Wed, 31 Mar 2004 15:17:27 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Gloudina skryf
>> Lees weer die eerste paragraaf van jou wat ek hierbo aanhaal.
>> En dan sal ek vir jou uitwys dat JY JOUSELF AANSTEL as
>> die arbiter van wie "gered" is en wie nie "gered" is nie. En ek
>> dink dis vreeslik arrogant.
>>
>> Gloudina
>>
>
>
> jy bouwer, kan nié regtig sò stupid wees as wat jy voorgee nie.
> Menige keer het ek vir jou gesê wat ek weer hier sê:
> Lou stel homself nie aan as enig iets nie maar stel net die Bybel
> aan jou voor. Want Lou het dit nie gesê nie bouwer, maar slegs
> die Bybel gekwoteer. Hy sê net wat in die Bybel geskryf is, en
> jy reken dit is hy wat dit predik?
>
> En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks sê nie.
> My uitdaging aan jou is steeds: "Wat sê die Bybel
> betreffende die bestemming van ander gelowe as
> die Christelike geloof?"
>


> Die bal is in jou hande bouwertjie, en die vraag is
> so op die vrou af, dat jy slegs 'n poppey van jouself
> sal maak, indien jy dit maar weer probeer omseil.
>
>
> Die Uwe

DD - moet net nie jou asem ophou nie. Sommige mense 'wink wink nudge
nudge' voel vreeslik skuldig oordat hulle in iets anders glo as wat
hulle aan ma se knieg geleer het - en nou probeer hulle die nuwe
geloof rigting regverdig deur hulle vorige godsdienstige opvating te
buig totdat die twee dieselfde lyk - in hulle oe altans.

Anti sallie vir jou luister 'ie - dit sal beteken sy moet 'n vaste
standpunt inneem en dit kan haar geloofs fondament laat inplode.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91932 is 'n antwoord op boodskap #91848] Do, 01 April 2004 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...

> En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks s? nie.
> My uitdaging aan jou is steeds: "Wat s? die Bybel
> betreffende die bestemming van ander gelowe as
> die Christelike geloof?"

.....

Ek wou sê dat ons die ou hele storie al voorheen deurgedraf het- gou
gesoek deur GoogleNews en wat sou ek kry - Maart 2002 - subject ''n
Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde' - en toe het jy ook nie geantwoord nie
... wag in spanning.
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91933 is 'n antwoord op boodskap #91932] Do, 01 April 2004 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Apr 2004 12:59:58 -0800, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:

> DD skryf in boodskap news:...
>
>
>> En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks s? nie.
>> My uitdaging aan jou is steeds: "Wat s? die Bybel
>> betreffende die bestemming van ander gelowe as
>> die Christelike geloof?"
>
> .....
>
> Ek wou sê dat ons die ou hele storie al voorheen deurgedraf het- gou
> gesoek deur GoogleNews en wat sou ek kry - Maart 2002 - subject ''n
> Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde' - en toe het jy ook nie geantwoord nie
> ... wag in spanning.

Lou - moet net nie jou asem ophou nie:-)

DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91958 is 'n antwoord op boodskap #91857] Vr, 02 April 2004 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Jy skuld die klas 'n antwoord waarop ons al (ten minste) twee dae wag.
> Almal weet wat die vraag is waarop jy nie wil antwoord nie.

Kan jy weer die vraag herhaal. In een reël. Sover
ek kan onthou is die laaste vraag wat jy gevra het
ongeveer so: wat sê die Bybel oor wat 'n Christen
moet glo oor ander gelowe. Is dit die vraag?

As dit die vraag is, antwoord ek sê:
Daar is baie uitsprake in die Ou Testament
oor ander gelowe en die aanbevelings van
Joodse leiers teen sulke "ander gelowe."
Maar jy, du plessis, is nie 'n Jood nie. Jy,
sover ek kan uitmaak, noem jouself 'n
Christen. Sover ek weet, is daar geen
veroordeling van Jesus teen ander gelowe
nie. As daar is, haal dit vir my aan. Mens
weet wel dat hy die tafels van die besigheids-
mense in die tempel omgegooi het. Mens
weet dat hy gesê het dat sy woorde die
swaard bring en families sal verdeel. Maar
dit is geen uitspraak teen ander gelowe nie.
Dis uitsprake teen sy eie Joodse agtergrond.
Dis dieselfde ding wat mens kan aanpas
wat gebeur het gedurende die dae van
apartheid, toe jy ernstige Christene soos
Beyers Naude onder huisarres gesien het
bloot omdat hy sy diep Christelike
oortuigings letterlik wou uitlewe.

Gloudina
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91962 is 'n antwoord op boodskap #91958] Vr, 02 April 2004 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Apr 2004 15:26:15 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> Jy skuld die klas 'n antwoord waarop ons al (ten minste) twee dae wag.
>> Almal weet wat die vraag is waarop jy nie wil antwoord nie.
>
> Kan jy weer die vraag herhaal. In een reël. Sover
> ek kan onthou is die laaste vraag wat jy gevra het
> ongeveer so: wat sê die Bybel oor wat 'n Christen
> moet glo oor ander gelowe. Is dit die vraag?
>
> As dit die vraag is, antwoord ek só:

moet nie so lui wees nie.
Gaan lees haar simpel antwoord daar bo.
Ek dink te min daarvan om dit te herhaal.
dd
>
> Gloudina
>

bouwer, ek minag jou antwoord.
Volgens jou antwoord moet mens net
in ag neem dìt waar geskryf staan:
'en Jesus het gesê:'
Gaan lees weer jou antwoord.
Daarvolgens moet mens wat enig iemand anders
namens Jesus gesê het, ignoreer.
Vir ingeval jy my nie met die inleiding van die gesprek
mooi gehoor het nie, : ek verwerp wat jy sê, met die
minagting wat dit verdien.'

liefde
DD
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91964 is 'n antwoord op boodskap #91962] Vr, 02 April 2004 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf

> bouwer, ek minag jou antwoord.
> Volgens jou antwoord moet mens net
> in ag neem dít waar geskryf staan:
> 'en Jesus het gesê:'
> Gaan lees weer jou antwoord.
> Daarvolgens moet mens wat enig iemand anders
> namens Jesus gesê het, ignoreer.
> Vir ingeval jy my nie met die inleiding van die gesprek
> mooi gehoor het nie, : ek verwerp wat jy sê, met die
> minagting wat dit verdien.'

Ja, du plessis, lees maar mooi wat jy hier bo
geskryf het. En sien hoe jou ware kleure
deurkom.
Jy, du plessis, gebruik "die bybel" en jou
sogenaamde Christen-wees om politiek
mee te speel. Daar is 'n hele klomp
sogenaamde Christene in die VSA (en
seker ook in Kanada) wat politiek speel
met die naam van Jesus. Mense soos Jerry
Falwell en Jimmy Swaggart. Gewoonlik
is hulle liggaamlik te vet. Hulle sit daar op
hulle vet agterente en veroordeel en veroor-
deel, en as hulle die slag gevang word in
'n agterbaksheid, dan sien mens eers die
ware Jakob. Soos Jerry Falwell wat maar
net Jim Bakker se empire wou oorneem.
En jy is reg, du plessis, ek dink mens moet
net dit wat Jesus gesê het, ernstig opneem.
Dit alleen, du plessis, sal jou vir jou hele
lewe besighou. Dit, du plessis, sal vir jou
arm van gees hou, en dit, du plessis, sal
vir jou die koninkryk van God laat be-erwe.
Selfs die Dalai Lama dink so.

Gloudina
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91969 is 'n antwoord op boodskap #91964] Vr, 02 April 2004 21:42 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Apr 2004 20:48:28 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Ja, Mnr Du Plessis, lees maar mooi wat jy hier bo
> geskryf het. En sien hoe jou ware kleure
> deurkom.
> Jy, Mnr Du Plessis, wa wa wa
> bla bla bla
>
> gloudina
>

weer een van jou bekende
'baie praat en niks sê nie'
bouwer.

DD
Vorige onderwerp: Kort film. (4 minute)
Volgende onderwerp: Fliek: Lost in Translation
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:48:31 MGT 2024