Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Koos 'Kebuis..........
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86560 is 'n antwoord op boodskap #86555] Do, 30 Oktober 2003 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy kan darem so soort van noot hou, dis wanneer jou honde begin huil as jy
sing wat jy weet daar's nie hoop vir jou nie :). Patricia het darem mooi
hare :o))

E

"Annette" skryf in boodskap news:bnqrb6$qn6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - Patricia het talent - sang is net nie een van dit nie;)))
> --
> Annette
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86561 is 'n antwoord op boodskap #86497] Do, 30 Oktober 2003 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie dat jy my punt bewys het. Ek "ontleed" nie kuns nie. As die
prentjie vir MY mooi is koop ek dit, as die prentjie nie mooi is nie, is dit
lelik en dan koop ek dit nie. Dieselfde met musiek, hoewel ek dalk bietjie
meer geneig is om musiek te ontleed en noot vir noot uitmekaar te trek.

Ek het kuns tot in St. 8 gehad (ek kon nie teken om my lewe te red nie, maar
dit was 'n lekker "loaf" vak), van st. 6 af doen jy teorie en
kunsgeskiedenis ook, so ek's redelik bekend met Picasso se werk. Ek's bly
jy hou van Picasso, dit wys jy het kultuur en dat jy gesofistikeerd is. Ek
aan die ander kant is totaal kultuurloos en ongesofistikeerd :), seker die
dat ek nie van Picasso se werk hou nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Mens moet natuurlik in ag neem dat Picasso nie
> altyd so geskilder het soos dit waaraan jy dink
> nie. Ken jy sy skilderye uit sy "blou periode"
> en "pink periode?" Daar het hy bewys dat hy
> wel goed in die amper tradisioneel-vir-sy-tyd
> manier kon skilder. As so iemand dan begin
> kubisties skilder, is dit 'n bewuste stap, en
> tot 'n sekere mate ook deel van die rewolusie
> wat in die skilderkuns aan die gang was. Ek
> sou dus vir jou stel dat Picasso 'n "watwonderse"
> kunstenaar is, en dat niks wat jy kan sê iets
> daaraan kan doen nie. Of die potboilers
> aan die einde van sy lewe nou groot kuns
> is, is 'n ander vraag. Maar dwarsdeur my lewe
> het ek 'n klein Picasso-afdruk getiteld "Jong meisie
> met duif" met my rondgery, want dit was vir my
> nog altyd een van die mees ontroerende skilderye
> wat ek gesien het. En daar is niks kubisties daarin
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86569 is 'n antwoord op boodskap #86561] Do, 30 Oktober 2003 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ek het kuns tot in St. 8 gehad
> dit was 'n lekker "loaf" vak), van st. 6 af doen jy teorie en
> kunsgeskiedenis ook, so ek's redelik bekend met Picasso se werk

Elaine, ek is bly dat jy "redelik bekend is met
Picasso se werk" nadat jy tot en met Standerd
Ag "kuns gehad" het. Maar laat ek jou nou 'n
goeie stukkie raad gee - moenie vir Picasso
onder jou vooroordele laat deurloop as deel
daarvan nie.

Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86575 is 'n antwoord op boodskap #86569] Do, 30 Oktober 2003 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie vooroordele nie, ek hou net nie van sy werk nie. Jy het vroeër
gesê dat jy 'n afdruk van Picasso saam met jou gedra het omdat dit vir jou
ontroerend was? Ek het ook so 'n kunswerk gehad wat met my "gepraat" het.
Dit is getiteld "The Scream" deur die Noorse kunstenaar Edvard Munch. Min
mense weet wie hy is, maar as jy die werk sien, sal jy dadelik weet van wie
ek praat. Ek het dit die heel eerste keer agterop 'n Reader's Digest gesien
toe ek 10 was, en iets het getrigger. Tot vandag toe nog kry ek koue
rillings as ek na daai skildery kyk, maar niemand anders wat ek ken verstaan
of hou van die "prentjie" nie.

E

"@rogers.com" wrote:
> Maar laat ek jou nou 'n
> goeie stukkie raad gee - moenie vir Picasso
> onder jou vooroordele laat deurloop as deel
> daarvan nie.
>
> Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86576 is 'n antwoord op boodskap #86569] Do, 30 Oktober 2003 16:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Askies, ek het gelieg daar's een van sy skilderye waarvan ek hou "The Holy
Communion" wat hy in 189? geskilder het toe hy iets soos 16/17 was (ek kan
nie onthou nie). Dis 'n mooi prentjie :))

"@rogers.com" wrote:
Maar laat ek jou nou 'n
> goeie stukkie raad gee - moenie vir Picasso
> onder jou vooroordele laat deurloop as deel
> daarvan nie.
>
> Gloudina
>
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86579 is 'n antwoord op boodskap #86575] Vr, 31 Oktober 2003 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Jy het vroeër
> gesê dat jy 'n afdruk van Picasso saam met jou gedra het omdat dit vir jou
> ontroerend was? Ek het ook so 'n kunswerk gehad wat met my "gepraat" het.
> Dit is getiteld "The Scream" deur die Noorse kunstenaar Edvard Munch. Min
> mense weet wie hy is, maar as jy die werk sien, sal jy dadelik weet van wie
> ek praat

Munch se "The Scream" is seker een van die
bekendste skilderstukke wat mens kan kry.
Nou neem ek aan jy "hou van" Edvard Munch
op die sterkte van daardie skildery. Ken jy van
sy ander werk ook? Hou jy van hulle ook?
Ek kan jou ook verseker dat ek vir jou
werke van Picasso sal wys waarvan jy sal
hou, miskien totdat jy uitvind dat dit deur
Picasso geskilder is, en dan sal jy skielik nie
meer daarvan hou nie. Daar is so baie gevalle
waar mense 'n skilder takseer op een of twee
van sy skilderye en dink hulle ken hom.

Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86604 is 'n antwoord op boodskap #86579] Vr, 31 Oktober 2003 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Almal ken "The Scream", maar niemand ken sy naam nie.

Nee, ek hou nie van al Munch se werk nie. Munch het "gevoelens" probeer
skilder, en partykeer het dit gebackfire. En jy's verkeerd, so hier en daar
is daar van Picasso se werk waarvan ek hou. Dis net soos Van Gogh - hy was
so doodvervelige ou skilder, maar hy't so hier en daar 'n ding geskilder wat
'n bietjie meer "exciting" was.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Munch se "The Scream" is seker een van die
> bekendste skilderstukke wat mens kan kry.
> Nou neem ek aan jy "hou van" Edvard Munch
> op die sterkte van daardie skildery. Ken jy van
> sy ander werk ook? Hou jy van hulle ook?
> Ek kan jou ook verseker dat ek vir jou
> werke van Picasso sal wys waarvan jy sal
> hou, miskien totdat jy uitvind dat dit deur
> Picasso geskilder is, en dan sal jy skielik nie
> meer daarvan hou nie. Daar is so baie gevalle
> waar mense 'n skilder takseer op een of twee
> van sy skilderye en dink hulle ken hom.
>
> Gloudina
>
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86608 is 'n antwoord op boodskap #86604] Vr, 31 Oktober 2003 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Almal ken "The Scream", maar niemand ken sy naam nie.

Elaine, kom ek wed vir jou. Byna almal wat
vir jou sal vertel wat die naam van dié skildery
is, sal ook Munch se naam kan bysê. Jy maak
darem vreeslike sweeping statements.

Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86609 is 'n antwoord op boodskap #86604] Vr, 31 Oktober 2003 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Dis net soos Van Gogh - hy was
> so doodvervelige ou skilder, maar hy't so hier en daar 'n ding geskilder wat
> 'n bietjie meer "exciting" was.

So watter skildery van hom is nou darem
bietjie meer exciting?

Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86612 is 'n antwoord op boodskap #86608] Vr, 31 Oktober 2003 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hang nie uit met sulke gekultiveerde mense soos jy nie. Die meeste mense
wat ek ken stel ook nie vreeslik belang in kuns nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Elaine, kom ek wed vir jou. Byna almal wat
> vir jou sal vertel wat die naam van dié skildery
> is, sal ook Munch se naam kan bysê.
>
> Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86613 is 'n antwoord op boodskap #86609] Vr, 31 Oktober 2003 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou van Starry Night - maar dis net ek :)

"@rogers.com" wrote:
>
> So watter skildery van hom is nou darem
> bietjie meer exciting?
>
> Gloudina
>
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86615 is 'n antwoord op boodskap #86612] Vr, 31 Oktober 2003 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ek hang nie uit met sulke gekultiveerde mense soos jy nie. Die meeste mense
> wat ek ken stel ook nie vreeslik belang in kuns nie.

Nou hoekom verkondig jy dan die stukkie wysheid
dat ALMAL weet dat die naam van die skildery
"The Shout" is. Want in die eerste plek lyk dit nie
of die ou shout nie. Ek probeer maar net uitwys
dat jy dinge fabriseer en dit dan vir die waarheid
vertel.

Gloudina
Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86618 is 'n antwoord op boodskap #86615] Vr, 31 Oktober 2003 15:40 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Almal wat ek ken...

"@rogers.com" wrote:
>
> Nou hoekom verkondig jy dan die stukkie wysheid
> dat ALMAL weet dat die naam van die skildery
> "The Shout" is. Want in die eerste plek lyk dit nie
> of die ou shout nie. Ek probeer maar net uitwys
> dat jy dinge fabriseer en dit dan vir die waarheid
> vertel.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Musiek uit die rolprente
Volgende onderwerp: Wat het geword van?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 05:11:53 MGT 2024