Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
-
verheug
http://gesellig.co.za/mv/msg/41293/136957/#msg_136957
verheug
Afbreking: ver•heug
Werkwoord: verheug
Verlede tyd: het verheug
Betekenis:
• Om baie bly te wees oor iets.
Gebruik:
• Hy verheug sy moeder met 'n bossie blomme.
Spreekwoord:
• Jou oor 'n dooie rot/mossie verheug. [Bly wees oor iets onbeduidens.]
Vertaling:
Engels: to delight, please, rejoice
Nederlands: verheugen
Byvoeglike naamwoord: verheug, verheugd
Attributief: verheugde
Betekenis:
• Wat vreugde verskaf.
Gebruik:
• Ons was verheug om te hoor dat ons kinders kom kuier.
Sinoniem:
• ekstaties
• gelukkig
• opgewek
• opgewonde
• vreugdevol
Antoniem:
• bedroef
Afgelei:
• verheugenis
• verheuging
Vertaling:
Engels: glad, pleased, happy, satisfied
Nederlands: verheugd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
]]>
Leksikograaf
2021-06-17T15:15:10-00:00