Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
-
saampiekel
http://gesellig.co.za/mv/msg/41287/136951/#msg_136951
saampiekel
Afbreking: saam•piekel
Samestelling: saam + piekel
Werkwoord: piekel saam, saampiekel
Verlede tyd: het saamgepiekel
Betekenis:
• Om iets met 'n groot gesukkel saam te dra.
Gebruik:
• My tas is swaar en ek kan nie meer al my boeke saampiekel skool toe nie.
Sinoniem:
• saamsleep
Vertaling:
Engels: to drag along, lug along, schlep along
Nederlands: meeslepen
Nota:
• Piekel kom van Maleis, pikol, "om aan 'n stok oor die skouers te dra".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
]]>
Leksikograaf
2021-06-17T13:02:21-00:00