Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
-
moedswillig
http://gesellig.co.za/mv/msg/38091/133772/#msg_133772
moedswillig
Afbreking: moeds•wil•lig
Byvoeglike naamwoord: moedswillig
Vergrotende trap: moedswilliger
Oortreffende trap: moedswilligste
Attributief: moedswillige
Partitief: moedswilligs
Betekenis:
• Kwaadwillig en met bose opset; om iets opsetlik anders doen as wat van jou verwag word.
Gebruik:
• Sulke moedswillige wangedrag moet swaar gestraf word.
Sinoniem:
• aspris
Afgelei:
• moedswilligheid
Vertaling:
Engels: deliberate, intentional; mischievous; wilful
Nederlands: moedwillig
Bywoord: moedswillig
Betekenis:
• Op 'n moedswillige manier; met opset.
Gebruik:
• Die vrugtebome op sy erf is moedswillig deur vandale beskadig.
Vertaling:
Engels: deliberately
Nederlands: moedwillig, met opzet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
]]>
Leksikograaf
2020-09-26T20:17:18-00:00