Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
-
kompas
http://gesellig.co.za/mv/msg/31833/127694/#msg_127694
'n Kompas.
kompas
Afbreking: kom•pas
Uitspraak: /kɔmˈpas/
Selfstandige naamwoord: kompas
Meervoud: kompasse
Verkleinwoord: kompassie
Meervoud van verkleining: kompassies
Betekenis:
• Instrument waarvan die naald die magnetiese noord aanwys.
Gebruik:
• Gebruik jou kaart en kompas om die bestemming te bereik.
Spreekwoord:
• Sy kompas staan stil. [Iemand weet nie wat om te doen nie.]
Verwant:
• kompasafwyking
• kompasnaald
• kompaspeiling
• kompasrigting
• kompasroos
• kompasstand
• kompasstreek
• kompastrommel
• kompasuitslag
• kompasbeuel
• kompasdoos
• kompashuis
• kompashuisie
Vertaling:
Engels: compass
Nederlands: kompas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.]]>
Leksikograaf
2019-09-10T15:19:54-00:00