Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
DS: [AFRIKAANS:5558] Re: Vir die Afrikaner - teen die nuwe SA
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5229/#msg_5229
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 19:00
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5529] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
Gerhard skryf:
> Nav Freek se opmerkings oor 'n gemeenskaplike kultuur en dat daar in "so
> 'n bedeling" "geen plek" is vir Afrikaanse skole nie:
> Freek hierdie siening is omtrent so agter die tyd en agter die klip as wat jy
> kan kry. Dit lyk asof jy die hele postmodernisme-pluralisme verskynsel
> gemis het, en dis darem nou al 'n hele klompie jare op die toneel/aan die
> orde van die dag. Sover ek kan sien, behoort mens in 'n plurale
> samelewing juis voorsiening te maak vir 'n VEELHEID/VERSKEIDENHEID
> van kulture. Dus: ook vir Afrikaanse skole. Die idee van 'n sg
> "gemeenskaplike kultuur" pas volledig in by wat mens a la Lyotard 'n
> "terrorisme van konsensus" kan noem - maw onderdrukking, terreur,
> repressie: die grootste gemene deler word, om dit platweg te stel, in mense
> se kele afgedruk. Die enigste verskil tussen so iets en die ou bedeling is
> dat lg onderdrukking deur 'n minderheid was.
> Om te beweer of voor te gee dat Afrikaanse skole net 'n manier is om die
> status quo te probeer handhaaf is absolute onsin. Dit is tog voor die hand
> liggend dat moedertaalonderrig die ideaal is.
Gerhard, ek dink jy mis die punt wat ek maak. Wette (wat deur
regerings gemaak word), is die weerspieëling van 'n groep mense (die
wat vir die wetgewing sorg) se norme en is dus direk aan 'n
spesifieke kultuur gebonde. Op die einde van die dag is 'n wet tog
net 'n norm. Om in een staat wette te deel, beteken dus dat 'n
gemeenskaplike stel norme vir die bevolking van die gebied gevind
moet word. Hoe meer van hierdie norme gevind kan word, hoe beter die
kohesie van die bevolking.
Ek sê dus dat indien jy die nuwe SA ondersteun, dit beteken dat jy
die norme (en daarmee saam die waardes waarop dit gegrond is) wat nie
met ander gedeel word, op die agtergrond sal moet skuif, en daardie
waardes en norme wat gemeenskaplik is sal moet aankleef en uitbou.
Aangesien waardes en norme direk uit jou kultuur kom en as't ware
deel vorm daarvan, beteken dit dus dat om hierdie gemeenskaplike
norme en waardes te ontdek, skep en vestig, deelnemende groepe
noodwendig hulle kultuur sal moet verander om 'n nuwe gemeenskaplike
kultuur te vestig. Ek dink die grrotste rede hiervoor is dat die
wette van 'n land in effek 'n weerspieëling van die kultuur van die
land se bevolking is. In die nuwe SA beteken dit dus o'f dat
minderhede (eintlik die' wie se norme nie in die wette weerspieël word
nie) voortdurend in stryd gaan wees met die wet, o'f dat hulle
hulle kultuur, waardes en norme sal moet prysgee vir 'n nuwe stel.
'n Goeie voorbeeld is die afgelope 20 jaar, toe die meerderheid se waardes
en norme nie in die wette weerspieël is nie, maar wel die minderheid
s'n.
=======================================================
Freek Eek]]>Robert Wagenaar1996-01-15T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5528] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5222/#msg_5222
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 17:52
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5528] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
-Reply
Leendert dankie vir jou opmerking. As die huidige regering inderdaad
aanhangers is van die modernisme, en om daardie rede nie voorsiening wil
maak vir pluralisme nie, wil ek (onder andere) wonder hoekom die powers
that be in hierdie land knaend dwing om a) so 30-40 jaar agter die tyd te
wees (die post-modernisme is al tussen 30 en 50 jaar "oud") en b) om
stroomop te swem - op 'n stadium toe die res van die wereld rassisme in die
ban gedoen het, skep hulle hier 'n rassistiese stelsel, nou dat die res van
die wereld pluralisme aanhang en selfs etnisiteit "herontdek", foeter die SA
regering met die idee van 'n "gemeenskaplike kultuur".
Gerhard vd Linde
>>> Leendert van Oostrum
15/January/1996 04:00pm >>>
On 15 Jan 96 at 14:28, G P L Van der Linde wrote:
> Nav Freek se opmerkings oor 'n gemeenskaplike kultuur en dat daar in
> "so 'n bedeling" "geen plek" is vir Afrikaanse skole nie: Freek
> hierdie siening is omtrent so agter die tyd en agter die klip as wat
> jy kan kry. Dit lyk asof jy die hele postmodernisme-pluralisme
> verskynsel gemis het, en dis darem nou al 'n hele klompie jare op
> die toneel/aan die orde van die dag. Sover ek kan sien, behoort mens
> in 'n plurale samelewing juis voorsiening te maak vir 'n
> VEELHEID/VERSKEIDENHEID van kulture. Dus: ook vir Afrikaanse skole.
> Die idee van 'n sg "gemeenskaplike kultuur" pas volledig in by wat
> mens a la Lyotard 'n "terrorisme van konsensus" kan noem - maw
> onderdrukking, terreur, repressie: die grootste gemene deler word,
> om dit platweg te stel, in mense se kele afgedruk. Die enigste
> verskil tussen so iets en die ou bedeling is dat lg onderdrukking
> deur 'n minderheid was. Om te beweer of voor te gee dat Afrikaanse
> skole net 'n manier is om die status quo te probeer handhaaf is
> absolute onsin. Dit is tog voor die hand liggend dat
> moedertaalonderrig die ideaal is. Gerhard vd Linde
Gerhard, jy is reg. Maar jy laat buite rekening dat die huidige regering
stewige aanhangers van die modernisme is, en dat post-modernisme,
pluraliteit, diversiteit, ens. ver buite hulle denkveld le^. By ons (baie
suksesvolle :-) tuisonderwyskonferensie Saterdag het prof Dirk Badenhorst
juis daarop gewys dat die regering skoolmodelle verminder in 'n tyd dat ons
hulle behoort te laat prolifereer.
Groete, Leendert
Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za sarily endorse
opinions experessed here)]]>Robert Wagenaar1996-01-15T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5522] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5223/#msg_5223
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 11:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5522] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
Antonie skryf:
> Die Junior Rapportryers het die naweek 'n protesvergadering oor die posisie van
> Afrikaans gehou. President Mandela was daar en het gesê hulle moet nie so klem
> op etnisiteit lê nie "en in lyn met die huidige bedling kom". Dus, as jy
> enigsins vir Afrikaans wil opkom word dit gesien asof jy teen die huidige bestel
> is.
Ek dink hierdie standpunt van die ANC maak natuurlik baie sin. Ek
het reeds verskeie jare gelede aan my Broeder- en Ridder-vrinde
aangetoon dat as jy die nuwe SA ondersteun, moet jy dit van harte
doen. Dit beteken dat jy jouself moet kan vereenselwig met 'n
gemeenskaplike wetgewing, wat impliseer dat daar 'n gemeenskaplike
kultuur moet wees. As jy dus die nuwe SA ondersteun, moet jy jou
volle gewig gooi agter die totstandkoming en uitbouing van 'n
gemeenskaplike kultuur. Jy mag dus nie "anders" probeer wees deur
jou eie waardes en norme aan die jeug te probeer oordra nie - jy moet
die "gemeenskaplike" waardes en norme oordra. Dit beteken natuurlik
die waardes en norme wat deur die meerderheid ondersteun word. In so
'n bedeling is daar geen plek vir Afrikaanse skole nie.
=======================================================
Freek Eek]]>Robert Wagenaar1996-01-15T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5537] Vir die Afrikaner - teen die nuwe SA
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5224/#msg_5224
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 9:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5537] Vir die Afrikaner - teen die nuwe SA
Het enige iemand anders die advertensie vir die nuwe grondwet
gisteraand gesien. Ek het die video-opname gesien. Die "punch line"
was "Een stel wette vir een volk." Ek kan hierdie lyn op sy eie heelhartig
ondersteun.
Dit dui natuurlik baie duidelik daarop dat die wetgewers
daarna streef om al die volke in die land te probeer versmelt in 'n
nuwe volk. Dit impliseer die skep van 'n nuwe gemeenskaplike kultuur.
Dit beteken ook dat my vorige argument nog net soveel water
dra. As jy die nuwe SA wil ondersteun, sal jy jou Afrikanerskap
en jou Afrikaanse taal moet afsê.
=======================================================
Freek Eek]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5555] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen die A
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5225/#msg_5225
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 17:10
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5555] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen die A
Natuurlik hoef ek. As ek weet 'n skool is Engels, gaan ek nie soontoe
alhoewel ek nie die taal magtig is net om die een of ander politieke punt te
maak nie. As ek dit doen, is dit 'n teken van mala fides.
In elk geval, dit lyk my die hele debat oor Afrikaanse skole soos dit hier
gevoer word, is futiel - wat die deurslag sal gee, is nie die reg of verkeerd
van die saak nie, maar wie die maghebbers is. Party mense het reeds
besluit om hulle Afrikanerwees af te se ten gunste van die een of ander
onbenoemde konkoksie. Daardie besluit is reeds geneem, net soos ander
mense reeds die besluit geneem het dat Afrikaanse skole moet gaan. Daar
sal seker nog "geraadpleeg" en "gedebatteer" word om die skyn van
demokrasie te bewaar, maar dit is eintlik maar magspolitiek. "Nuwe"???
SA? Nee, Ou SA met 'n bont hemp en sonder die vinger.
G.
>>> Dullaart, JF, Franz 16/January/1996 03:46pm >>>
Gerhard vra:
> Net 'n vraag: is die bona fides van mense wat na 'n Afrikaanse inrigting
> gaan wel wetende dat dit Afrikaans is, en dan 'n bohaai maak omdat hulle
> nie die taal magtig is nie, bo verdenking? Dit sou immers onnosel wees om
> na 'n Engelse of Duitse of Joodse skool te gaan en te kla dat jy net
> Afrikaans verstaan.
Maar as daardie Afrikaanse/Engelse/Duitse ... skool op staatskoste
bedryf word terwyl ander GROOT groepe nie gelykwaardige fondse kry
nie, dan hoef jy hulle bona fides nie te bevraagteken nie!
Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5560] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5226/#msg_5226
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 17:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5560] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di
Leendert skryf
> Ek dink jou aannames is nie heeltemal gegrond nie. Die Jode en
> Sigeuners is voorbeelde van mense wat sonder selfbeskikking, inderdaad
> in onderdrukking, hul kultuur oor eeue onderhou het. Om die waarheid
> te sê, dit is die welvaart van die afgeleope dekades wat die kultuur
> van hierdie groepe meer bedreig as enigiets anders.
>
> Vra maar vir 'n handjievol Duitse sendelinge hier, wat na tien geslagte steeds Duits
> praat, Duits trou en Duits bid.
Dit is nie waar dat die Jode en Duitsers die wêreld oor hul kultuur behou nie.
Daar is menige Jode in SA (en ek neem aan in die res van die wêreld) wat sê
hulle is Jode maar hulle is eintlik nie meer nie. Al wat hul nog Joods maak is
hul geloof (en somtyds ook nie eers nie). Die Suid-Afrikaanse Jode het dieselfde
aanpassingsprobleme in Israel as ek en jy. Hoeveel van hierdie Jode kan nog Hebr
eeus praat? Bitter min.
Praat met die Duitsers van Wes-Duitsland en hulle sal jou gou vertel dat die
Duitse immigrante uit die Oosbloklande heeltemal "anders" as hulle is. Hulle
werksetiek is anders, hulle lewensbeskouings is "anders". Een voorbeeld wat
hulle noem is dat daar byvoorbeeld nou bendes by skole op plattelandse dorpe is
(wat die kinders intimideer) ; dit is iets wat die Wes-Duitsers nie ken nie.
Het daardie mense hulle Duitse kultuur behou oor al die jare? Nee, hulle praat
nog Duits maar in wese is hulle "anders".
Antonie]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5535] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5218/#msg_5218
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 9:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5535] Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
Freek nee ek dink nie ek mis die punt nie. Waar ons radikaal verskil, is tov
jou aanname dat mens jou kultuur moet prysgee om nie in stryd te wees
met die gemeenskaplike waardestelsel van die land nie. Jy stel ook, soos
dit vir my lyk, 'n gemeenskaplike kultuur gelyk aan 'n gedeelde
waardestelsel.
1) Die norme waarvan jy praat, kan sekerlik in die grondwet vervat word.
Ek dink mens kan jou kultuur behou - Zoeloe, Afrikaans ens ens - en nog
steeds die waardes in die grondwet onderskryf. As die grondwet dit nie kan
akkommodeer nie, is dit nie 'n goeie grondwet nie. Daar is tog genoeg
voorbeelde van lande met 'n verskeidenheid kultuurgroepe wat dieselfde
grondwet onderskryf.
2) Wat is 'n "gemeenskaplike kultuur"??? Wat my betref, kan dit in 'n
heterogene samelewing net bereik word deur 'n soort Coca-Cola of
neo-Stalinistiese eenvormigheid op almal af te dwing. Die grootste - dws die
laagste - gemene deler word die norm waaraan almal moet gehoorsaam.
In kort: ek dink mens moet onderskei tussen gedeelde waardes en kultuur.
Die logiese sprong wat jy maak na die stelling toe dat daar geen plek sal
wees vir Afrikaanse skole nie, gaan nie op nie. Afgesien daarvan,
moedertaalonderrig is tog seker 'n aanvaarde opvoedkundige beginsel?
Gerhard vd Linde]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5539] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5232/#msg_5232
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 10:10
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5539] Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikaner
On 15 Jan 96 at 18:00, Freek Eek wrote:
> Gerhard, ek dink jy mis die punt wat ek maak. Wette (wat deur
> regerings gemaak word), is die weerspieëling van 'n groep mense (die
> wat vir die wetgewing sorg) se norme en is dus direk aan 'n
> spesifieke kultuur gebonde. Op die einde van die dag is 'n wet tog
> net 'n norm. Om in een staat wette te deel, beteken dus dat 'n
> gemeenskaplike stel norme vir die bevolking van die gebied gevind
> moet word. Hoe meer van hierdie norme gevind kan word, hoe beter
> die kohesie van die bevolking.
Baie goeie punt!
>
> Ek sê dus dat indien jy die nuwe SA ondersteun, dit beteken dat jy
> die norme (en daarmee saam die waardes waarop dit gegrond is) wat
> nie met ander gedeel word, op die agtergrond sal moet skuif, en
> daardie waardes en norme wat gemeenskaplik is sal moet aankleef en
> uitbou.
>
> Aangesien waardes en norme direk uit jou kultuur kom en as't ware
> deel vorm daarvan, beteken dit dus dat om hierdie gemeenskaplike
> norme en waardes te ontdek, skep en vestig, deelnemende groepe
> noodwendig hulle kultuur sal moet verander om 'n nuwe gemeenskaplike
> kultuur te vestig.
Daar is 'n ander moontlikheid - dat wette slegs gemaak word oor
aangeleenthede waaroor daar gemeenskaplike waardes bestaan - dit sal
waarskynlik lei tot veel minder wette, wat nie net vir Reinier sal
blymaak nie :-))
Maar dan is dit ook so dat ons dikwels wette aanvaar/verdra wat nie met ons
kultuur strook nie. Dit lyk byvoordeel asof daar heelwat Bybelse
wette is wat nie met die algemene Afrikaanse kultuur strook nie :-))
> Ek dink die grrotste rede hiervoor is dat die
> wette van 'n land in effek 'n weerspieëling van die kultuur van die
> land se bevolking is. In die nuwe SA beteken dit dus o'f dat
> minderhede (eintlik die' wie se norme nie in die wette weerspieël
> word nie) voortdurend in stryd gaan wees met die wet, o'f dat hulle
> hulle kultuur, waardes en norme sal moet prysgee vir 'n nuwe stel.
Hmmm... dit lyk nie aldag asof "die" Afrikaners sy kultuur, waardes,
en norme wil prysgee terwille van die wette van die Bybel nie - so
miskien is jy reg.
Skuus, maar die onderwerp is so 'n lekker een om bietjie oor te terg!
Groete, Leendert
Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5541] (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikane
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5233/#msg_5233
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 11:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5541] (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen die Afrikane
Gerhard skryf:
> Freek nee ek dink nie ek mis die punt nie. Waar ons radikaal verskil, is tov
> jou aanname dat mens jou kultuur moet prysgee om nie in stryd te wees
> met die gemeenskaplike waardestelsel van die land nie. Jy stel ook, soos
> dit vir my lyk, 'n gemeenskaplike kultuur gelyk aan 'n gedeelde
> waardestelsel.
Miskien moet ek net definieer wat ek onder die terme waardes, norme
en kultuur bedoel.
Waardes: Kollektiewe standaarde waarvolgens bepaal word wat reg of
verkeerd, mooi of lelik, goed of sleg is. Waardes is gewoonlik baie
nou gekoppel aan 'n spesifieke kultuur, en is altyd aangeleer.
Norme: Riglyne vir optredes in spesifieke situasies. 'n Norm is
gewoonlik gebaseer op een of ander waarde, anders het dit nie veel
sin nie. 'n Voorbeeld is haarlengte op skool. Alhoewel ek ten
gunste is van kort hare, is die metode wat op skool gebruik word om
'n norm aan haarlengte te stel nie 'n baie goeie idee nie. Wat jy
eintlik wil bereik is 'n netjies versorgde voorkoms omdat jy dit kan
teruglei na 'n waarde. 'n Wet is op die einde van die dag ook net 'n
norm. Om 'n wet dus 'n goeie en algemeen ondersteunde wet te maak,
beteken dit dat dit op een of meer waardes moet rus. As daardie
waardes nie gedeel word tussen alle volke in die land nie, gaan die
nie eenvormig toegepas word nie, of net tot frustrasie lei by diegene
wat nie die waardes deel nie.
Kultuur is 'n komplekse begrip soos alle woordeboeke aandui. Ek
definieer dit gewoonlik as die somtotaal van menslike handeling. Dit
sluit in: Wat mense doen, Hoe hulle dit doen, Hoekom hulle dit doen
en ook die Produkte van hulle handeling. Hiervolgens kan ons sê dat
die oorgrote meerderheid mense in die nuwe SA gelowiges is en gereeld
op hulle kniee gaan om God te aanbid. Ek reken egter dat al is hier
'n gemeenskaplikheid, daar 'n definitiewe verskil is omdat party
die Drie-Enige God aanbid, party Mohammed aanbid, party slegs die
Vader aanbid en party voorvadergeeste aanbid.
> 1) Die norme waarvan jy praat, kan sekerlik in die grondwet vervat word.
> Ek dink mens kan jou kultuur behou - Zoeloe, Afrikaans ens ens - en nog
> steeds die waardes in die grondwet onderskryf. As die grondwet dit nie kan
> akkommodeer nie, is dit nie 'n goeie grondwet nie. Daar is tog genoeg
> voorbeelde van lande met 'n verskeidenheid kultuurgroepe wat dieselfde
> grondwet onderskryf.
Al hierdie lande het een of ander vorm van "selfbeskikking" waar die
vereiste gemene deler dan baie kleiner is en net van toepassing is op
dit wat tot voordeel van al die groepe in die land strek om te deel.
Skole is vir my 'n goeie voorbeeld waar dit nie in groepe se belang
is om saam te werk nie, want dit is nie 'n gemene deler nie. My punt
was juis dat in die nuwe SA, soos hy gedefinieer is in sy streke en
gesentraliseerde mag sonder selfbeskikking van groepe, jy slegs
wrywing kan voorkom deur afstand te doen van kultuurverskille en dus
'n nuwe gemeenskaplike kultuur te vestig. As jy dit nie wil doen
nie, beteken dit dat jy nie die nuwe SA ondersteun nie, maar 'n ander
SA waar kultuurverskille geakkomodeer en erken word.
> 2) Wat is 'n "gemeenskaplike kultuur"??? Wat my betref, kan dit in 'n
> heterogene samelewing net bereik word deur 'n soort Coca-Cola of
> neo-Stalinistiese eenvormigheid op almal af te dwing. Die grootste - dws die
> laagste - gemene deler word die norm waaraan almal moet gehoorsaam.
>
> In kort: ek dink mens moet onderskei tussen gedeelde waardes en kultuur.
Dit is nie moontlik nie, aangesien waardes baie nou aan 'n spesifiek
kultuur gekoppel is. Wanneer jou waardes verander, verander jou
kultuur, en wanneer jou kultuur verander verander jou waardes.
> Die logiese sprong wat jy maak na die stelling toe dat daar geen plek sal
> wees vir Afrikaanse skole nie, gaan nie op nie.
Miskien bietjie wild. Maar hoe maak jy 'n geslag groot met
gemeenskaplike waardes (wat aangeleer is) as hulle in verskillende
skoolstrukture met verskillende sillabusse grootgemaak word. Hoe
leer jy 'n Engelsman wat die term volke beteken as daar nie eers so 'n
woord in sy taal bestaan nie.
> Afgesien daarvan,
> moedertaalonderrig is tog seker 'n aanvaarde opvoedkundige
> beginsel?
Is dit werklik aanvaar in die nuwe SA, of in die ou SA? Kyk hoe word druk
deur die regering op Afrikaanse skole geplaas om dubbelmedium skole
te word. Kyk hoe studente op "Afrikaanse" universiteite gedwing word
om hul onderrig in Engels te ontvang. Ek dink jy moet die situasie
eerder op mense se aksies, dade en motivering takseer as op hul
beloftes.
=======================================================
Freek Eek]]>Robert Wagenaar1996-01-16T00:00:00-00:00DS: [AFRIKAANS:5553] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di
http://gesellig.co.za/mv/msg/30466/5235/#msg_5235
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 16:58
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5553] Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA - teen di
>> Kyk hoe studente op "Afrikaanse" universiteite
>> gedwing word om hul onderrig in Engels te ontvang.
>
> Hierdie is 'n ernstige oordrywing, en jy weet dit!
Ek glo ook nie dit is oordryf nie. Ek het die volgende al genoem maar ek stel
dit weer: teen die einde van 1994 het ek 'n seminaar by 'n sekere departement by
Tukkies aangebied. Ek is `diskreet' versoek om my seminaar in Engels aan te bied
aangesien daar 'n paar honneursstudente is wat nie Afrikaans kan verstaan nie.
By verdere navraag vind ek uit dat alle kursusse, waar daar van hierdie studente
is, in Engels aangebied word. Die belaglikheid van die saak was dat daar toe net
een swart student by my seminaar was en die res van die sowat 30 mense was almal
Afrikaans.