Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
"Ag, sy het nie gesterwe nie" deur Totius
http://gesellig.co.za/mv/msg/23041/120770/#msg_120770
Ag, sy het nie gesterwe nie" is 'n hartroerende gedig wat Prof J.D. du Toit (aka Totius) geskryf het nadat sy oudste dogtertjie deur weerlig doodgeslaan is.
Ag, sy het nie gesterwe nie
ag, sy het nie gesterwe,
maar sy was sommer dood:
geen siekte en lange lyding:
geen uur van voorbereiding:
geen dr met die tyding:
net 1, 1 onweerskoot
en sy was dood.
hoe het ons arme seuntjie
gekwyn tot in die dood:
vooraf die lange lyding,
daarna die wrede skeiding,
en dan, dit was my hart te groot!
en dan sy dood.
maar bitterder as bitter
die plotsheid van haar nood:
'n vonkvuur blits die tyding:
'n straalpyl bring die lyding:
'n skrikroep is die skeiding:
en sy het nie gesterwe,
maar sy was sommer dood.