Dis heerlike lente, die winter's verby
Weer nodig die velde vir jou en vir my
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Daar's dou op die blomme, die dagbreker fluit
Ons beur deur die klowe die opdraandes uit
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Van hier waar die varkblom en vleiriete groei
Tot daar waar die aalwyn en kanniedood bloei
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Al hoër en hoër na bowe te voet,
Om hoog op die kruine die rooidag te groet
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Daar's krag vir die spiere op vaderlands-grond
Die vroe-vroeë môre het goud in die mond
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ]]>Jan die Man2018-09-01T13:34:11-00:00Re: Lentedag
http://gesellig.co.za/mv/msg/22757/120757/#msg_120757
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my" in plaas van "weer nodig die velde vir jou en vir my". Ek wonder of dit 'n ouer weergawe is?
Aanhaling:
Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
]]>Jan die Man2018-09-01T14:02:50-00:00Re: Lentedag
http://gesellig.co.za/mv/msg/22757/120758/#msg_120758
Aanhaling:
Kom nou maters, almal tesaam!!
Uh-een , en uh-twee en 'n uh-drie!!
Dis jeerlike lente, die winter's verby
weer suffer ons van hooikoors
Pa, Ma, ek en jy!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!
Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer vreet die muskiete
Vir jou en vir my
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!
Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer mars die miere
In lange ry op ry!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!
Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer byt die vlooie
Vir Wagter en my!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!