Oor sy afsigtelike boggel,
en kromheid, het hul hom gekoggel,
en bitterder was hul venyn
as sy vergroeide ruggraatpyn.
Tussen die diere in 'n hoek
het hy die eensaamheid gesoek:
"Met klere wat gedurig gaar is,
wat doen die vent met sy salaris?"
Hy't maandeliks by die poskantoor
'n brief gepos of een gelees
by die dierkratte, oor en oor:
"Sou daar tog erens iemand wees?"
En daardie ewige reuk van drank:
nie een sou huil as hy bedank,
maar waar hy in die sirkustent
aapagtig teen die firmament,
hoog teen die takelwerk, kon klouter,
die dood uittart, en klein kabouter,
sy duiwelstreke uithaal onder
dat almal skater vir die wonder,
is hy, hoeseer verag, verlate,
nog deur die baas beskou as bate.
Toe het 'n brief gekom eendag...
Hy't oor die bed gebuk, verblind,
terwyl 'n boggelvroutjie, sag,
sterwend fluister:"Dankie my kind..."
]]>Jan die Man2018-06-27T14:55:00-00:00Re: "Die Hanswors" deur S.J. Pretorius
http://gesellig.co.za/mv/msg/21713/120646/#msg_120646
Hier volg so 'n vinnige ontleding:
Die gedig het 5 strofes met 26 reëls:
* 4 is kwatryne +
* 1 strofe met 10 versreëls.
Verskillende rymskemas word gebruik:
* Strofe 3 en 5 gebruik kruisrym (abab);
* die res is paarrym (aabb).
Let op hoe die gedig leestekens gebruik:
* Dubbelpunt: Verduideliking volg.
* Ellips: Laat jou gedagtes gaan.
* Aanhalingstekens: Direkte rede (stories het direkte rede)
* Komma: Tussen 2 kommas, inlassin. Gee meer inligting.
Kontraste is volop:
* die mense se spot teenoor die hanswors se pyn;
* misvorming vs. sy behendigheid in die sirkustent;
* diere aanvaar hom, maar nie mense nie;
* hy word gehaat en vermy, maar is 'n aanwins vir die sirkus.
Dit bevat 'n retoriese vraag: "Met klere wat gedurig gaar is, wat doen die vent met sy salaris?"
Teen die einde word dit duidelik dat hy briewe met sy ma gewissel het, en moontlik sy geld aan haar gestuur het (die boggelvroutjie - let op die verkleining). Sy ma het dieselfde gebrek as hy gehad en het op sterwe gelê. Sy was die enigste persoon wat werklik lief was vir hom. Sy oë was met trane "verblind".
]]>Jan die Man2018-06-28T05:59:44-00:00