Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Re: Kinder Videos
http://gesellig.co.za/mv/msg/4014/121625/#msg_121625
]]>Jan die Man2018-12-05T05:03:31-00:00Het julle geweet?
http://gesellig.co.za/mv/msg/23370/120804/#msg_120804
• Bye het nie ore nie.
• Miere kan tot 10 keer hulle eie gewig dra.
• Krokodille kan nie hulle tong uitsteek nie.
• Skoenlappers proe met hul voete.
• Die Afrika-olifant het net vier tande waarmee hulle kos kan kou.
• Olifante is die enigste diere wat nie kan spring nie.
• 'n Kameelperd kan sy ore met sy 50cm (20 duim) lange long skoonmaak.
• 'n Huisvlieg leef net 14 dae.
• Alle ysbere is linkshandig.
• 'n Volstruis se oë is groter as sy brein.
• 'n Volstruis kan tot 70 km/h (43mpu) hardloop.
• Die tong van 'n blouwalvis is so lank soos 'n olifant
• Die hart van 'n blouwalvis is die grootte van 'n klein motorkar.
• 'n Mens kan 'n koei met trappe laat oploop, maar nie af nie!
• Meer mense is banger vir spinnekoppe as om dood te gaan.
• Daar word gemiddeld 12 pasgebore babas aan die verkeerde ouers gegee elke dag!
• Ons oë bly dieselfde grote van geboorte tot dood, maar ons neuse en ore hou nooit op groei nie.
• Donald Duck-strokiesprente was op 'n stadium in Finland verban.... omdat Donald nie 'n broek aanhet nie!
• 40% van McDonalds se profyt is van die verkope van die kinders se Happy Meals.
• Die Eiffeltoring groei elke jaar 150 mm a.g.v. uitsetting in warm weer!
• Die Egiptenare het papier geëet. Hulle het papier van papirus gemaak, 'n plantsoort wat rou of gaar geëet kan word. So, as jy weer nie jou huiswerk gedoen het nie, sê vir jou onderwyser dat jy honger was en jou huiswerk opgeëet het!
• Speelkaarte is tydens Tweede Wêreldoorlog aan Britse vlieëniers gegee. Sou hulle gevang word, kon hulle die kaarte in water week en dan kon hulle 'n kaart sien wat hulle sou kon help om te ontsnap.
• Die gemiddelde Amerikaanse kind sal teen die ouderdom van 10 ongeveer 730 vetkryte opgebruik het.
• Omtrent 100 mense verstik hul dood aan hul balpuntpenne elke jaar.
• Daar is nie 'n Engelse woord wat rym met die woord "MONTH" nie.
• "TYPEWRITER" is die langste woord in Engels wat met die letters van net een ry van 'n rekenaar se sleutelbord gemaak kan word.
Johannesburg – Die Congress of South African Students (Cosas) het
Vrydag daarop aangedring dat alle skole wat Afrikaans as die primêre
medium aanbied, moet sluit.
“Cosas veroordeel enige rassistiese neigings wat daarop uit is om die
deure toe te maak vir swart studente deurdat dié skole Afrikaans as
die hoof medium aanbied,” het Oagile Louw, provinsiale sekretaris in
‘n verklaring gesê.
Hy het bygevoeg dat dit meestal in die Wes Rand is wat Afrikaanse
skole onder "rassistiese Afrikaanse bestuur" is en dat dié skole die
"inheemse volk van Suid-Afrika en Afrika as geheel" uitsluit deurdat
hulle onderrig in "onoorspronklike Afrikaans" aanbied.
“Ons dring dus daarop aan dat sulke skole sluit.”
Cosas het ook lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese
Onderwysersunie (Sadtu) gewaarsku dat die ontwrigting van skole nie
geduld sal word nie.
Sulke lede is, volgens Cosas, nie verbind tot kwaliteit onderwys nie.
– Sapa
Oorsprong:Nuus24 http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Sluit-Afrikaanse-skol e-s%C3%AA-Cosas-20100501]]>Etienne Marais2010-05-02T20:07:05-00:00Afrikaans mag nie verdwyn op universiteit
http://gesellig.co.za/mv/msg/19622/119458/#msg_119458
Afrikaans is nie op die punt om uit te sterf nie, maar
Afrikaanssprekendes kan gerus die digter Breyten Breytenbach se
waarskuwing oor die taal ter harte neem.
Geen kleiner taal is in die vinnig veranderende en toenemend
globaliserende wêreld 100% veilig nie.
Afrikaans het die verdere nadeel dat hy nie deur die ANC-regering as
een van ons inheemse bates beskou word nie.
Afrikaans se hedendaagse prestasie as inheemse Afrika-taal is
ongeëwenaard op die vasteland.
Dit het tot ’n kuns- en wetenskapstaal ontwikkel waarin werke van
wêreldgehalte geskryf kan word.
As algemene spreektaal in al sy verskillende variante is Afrikaans
waarskynlik so gesond soos selde tevore.
Duisende stroom na Afrikaanse kunstefeeste en populêre Afrikaanse
musiek en boeke bloei.
Die probleem is nie op straat of in die kombuis – waar die
verskillende soorte Afrikaans soos kosbare kleinode bewaar moet word
nie.
Dis by wat genoem word die hoër funksies van taal: aan universiteite,
in howe, hospitale, skole en in die regering.
Weliswaar het Afrikaans sy hoër funksies onder ’n NP-regering tydens
apartheid verwerf. Kan dit teen ’n taal gehou word?
Meer as die helfte van Afrikaans se sprekers is bruin.
Hoe drasties Afrikaans se verlies was, blyk uit Afrikaanse onderrig op
skool en universiteit.
Afrikaans-enkelmediumskole het van 1 396 in 1993 tot 667 in 2010
afgeneem.
Is daar nog enige ingenieur, dokter, veearts of wetenskaplike wat hul
graad van die eerste tot die finale jaar in Afrikaans voltooi?
Met Engels se stewige houvas as internasionale en akademiese taal is
groter tale soos Nederlands en Duits ook hieroor bekommerd.
Afrikaanssprekendes kan nie toelaat dat Afrikaans sy posisie as
akademiese taal prysgee nie.
Dit sal tot die skande van die huidige geslag besluitnemers wees as
Afrikaans oor tien jaar ’n vergete taal op universiteit is.
Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/yhj2skg )]]>Etienne Marais2010-03-30T19:18:44-00:00Re: Chaos by UJ oor gratis opvoeding
http://gesellig.co.za/mv/msg/19555/119353/#msg_119353
> Lazola Ndamase, sekretaris-generaal van Sasco, het Woensdag gesê die
> Venda-universiteit, Universiteit van Limpopo, Tshwane Universiteit van
> Tegnologie (TUT), Universiteit van Johannesburg, Durban-universiteit
> van Tegnologie, Universiteit van Zululand, Walter Sisulu-universiteit,
> Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van
> Wes-Kaapland sal Donderdag gesluit wees.
Gelukkig het hulle gefaal om klasse te ontwrig
==================================
Sasco fails to close down varsities
2010-03-04 15:47
Johannesburg - A Sasco vow to shut down nine universities did not
materialise on Thursday, with little disruption to classes despite
attempts at the University of Johannesburg (UJ) to block students from
entering the campus.
The SA Students Congress (Sasco) on Wednesday said it would shut down
operations on campuses countrywide in protest to demand free
education.
Apart from morning protests at UJ, where entrances to the Bunting road
campus were barricaded with stones and burnt items, no serious
disruptions were reported at any of the nine tertiary institutions.
UJ registrar, Professor Marie Muller said: "Academic and student
activities continued as usual.
"This morning (on Thursday), a group of students barricaded the access
points to the Bunting road campus. However, they have been cleared and
the situation is under control."
The police used a water tanker to spray students on several occasions
at UJ on Thursday after they tried to block an entrance.
Former Student Representative Council president Mhlobo Hoyi said they
were not just demanding free education, but also wanted more support
for students who failed their first year studies.
"We have many students who were turned away this year because they
failed...we want more support for them. It's not entirely their fault
that they failed. The education system is very poor," he said.
Barricaded
Sasco president Mbulelo Mandlana said all protests were peaceful and
condemned "reports of unwarranted police brutality at the University
of Johannesburg".
He said there were reports of "pepper spraying and water spraying" and
denied that protesters put burning items in front of some entrances,
as was reported by police spokesperson Julia Claassen.
Mandlana confirmed that Sasco members had barricaded entrances, but
said it did not necessitate the "force" the police used.
He said he could confirm that protests had taken place at UJ, Durban
University of Technology, University of Zululand, Walter Sisulu
University, Tshwane University of Technology and the Cape Peninsula
University for Technology.
All protests were calm, said Mandlana, a statement that was confirmed
by police spokespeople in several provinces, excluding the UJ
demonstrations.
Sasco on Wednesday said it would also protest at the University of
Venda, University of Limpopo and University of Western Cape but there
were no reports of protests at these institutions on Thursday.
TUT spokesperson Gilbert Mokwatedi said classes continued as usual at
all its campuses.
"We didn't have any problems. People were just going on with their
normal business."
Violence
Education department spokesperson Ranjeni Munusamy said the government
could not condone violent protests.
"We were informed late yesterday [on Wednesday] that these protests
would be peaceful demonstrations...
"We were not aware of any intention to barricade entrances and to
prevent students from entering campuses.
"While we are sympathetic to the call for free education, we do not
support any violence on campuses or disruption to the academic
programme," said Munusamy.
Sasco is planning to stage a march to Parliament in Cape Town on
Friday.
Students said they were unhappy because President Jacob Zuma paid
little attention to education in his State of the Nation address.
Mandlana said Sasco wanted to put pressure on the government as more
than 135 000 students were not at tertiary institutions because of
financial constraints.
Asked where he got the 135 000 figure from, Mandlana said it was a
"rough estimation" based on the number of matriculants who passed last
year but who did not register at tertiary institutions.
According to statistics released by Basic Education Minister Angie
Motshekga in January, 93 356 matriculants qualified for higher
certificate studies, while another 131 035 qualified for diploma
studies.
Mandlana said an estimated 100 000 matriculants had registered for
tertiary studies countrywide this year.
( http://tinyurl.com/yeumy7z )]]>Etienne Marais2010-03-04T14:18:40-00:00Chaos by UJ oor gratis opvoeding
http://gesellig.co.za/mv/msg/19555/119351/#msg_119351
============================================================ =========
Chaos by UJ oor gratis opvoeding
2010-03-04 10:33
Johannesburg - 'n Groep studente versper ingange na die Universiteit
van Johannesburg (UJ) met klippe en brandende voorwerpe.
Kapt. Julia Claassen, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die groep
studente betoog nou en keer mense wat wil inkom.
"Die polisie monitor die situasie."
Die polisie het intussen 'n watertenker gebruik om die studente uiteen
te jaag.
Die studente-organisasie Sasco het Woensdag gedreig om nege
universiteite landswyd toe te maak om gratis opvoeding te eis.
Lazola Ndamase, sekretaris-generaal van Sasco, het Woensdag gesê die
Venda-universiteit, Universiteit van Limpopo, Tshwane Universiteit van
Tegnologie (TUT), Universiteit van Johannesburg, Durban-universiteit
van Tegnologie, Universiteit van Zululand, Walter Sisulu-universiteit,
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van
Wes-Kaapland sal Donderdag gesluit wees.
TUT het gevolglik 'n verklaring uitgereik en gesê dat die instansie
nie Donderdag gesluit sal wees nie.
Sasco beplan om Vrydag 'n optog na die parlement te hou.
Studente sê hulle is ontevrede omdat pres. Jacob Zuma te min aandag
aan opvoeding in sy staatsrede gegee het.
Ndamase het gesê Sasco wil druk op die regering uitoefen omdat meer as
135 000 studente weens finansiële beperkings nie op kampus is nie.
Hy het gesê die organisie verwag dat die regering met 'n plan vorendag
kom oor hoe om volgende jaar gratis opvoeding vir voorgraadse studente
in te stel.
– Sapa
( http://tinyurl.com/ya6h7f5 )]]>Etienne Marais2010-03-04T11:26:16-00:00Skoksyfers oor vigs in skole
http://gesellig.co.za/mv/msg/19542/119330/#msg_119330
PRETORIA. - Meer as een uit tien leerlinge en onderwysers in Suid-Afrika het
vigs onder lede. Algeheel het sowat 1,8 miljoen skoliere en 51 745
onderwysers MIV/vigs.
Di� skoksyfers is gister op 'n werksessie van die Afrikaner Burgerlike
Netwerk (ABN) in Pretoria bekend gemaak waar kundiges oor onderwerpe oor
demografie gepraat het.
Die ABN is besig met scenario-beplanning vir moontlike toekomspaaie vir die
land na aanleiding van die Dinokeng-scenario's wat verlede Junie gepubliseer
is en waar die hoofprobleem in die land uitgewys is as 'n kombinasie van die
ondoeltreffende staat en 'n onbetrokke burgerlike samelewing.
Die ABN verteenwoordig 'n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies.
Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie
(SAOU), het met verwysing na gehalte, kundigheid en vaardigheid in die
onderwysstelsel ges� wanneer oor toekomsbeplanning gepraat word, kan die
impak van MIV/vigs nie buite rekening gelaat word nie.
Klopper s� volgens die jongste statisitieke het sowat 13,9% van die
onderwyserkorps MIV/vigs. Dit verteenwoordig 51 745 uit 'n totaal van 372
000 onderwysers.
Die infeksie onder leerlinge staan op 14,52%, met 1,8 miljoen uit die 12,4
miljoen leerlinge in die land wat MIV/vigs het, het hy ges�.
In die ho�ronderwyssektor het 7,10% van alle personeel aan universiteite
MIV/vigs, wat neerkom op 7 714 uit die totaal van 108 687.
Van die totale akademiese personeel van 41 383 by universiteite, het 1 968
(4,76%) die siekte, het Klopper ges�.
Die infeksiekoers onder studente is ook ho�r op 91 892 uit sowat 750 000.
- Klopper het gepraat oor tegniese en tegnologiese opleiding in die land en
ges� die ou tegniese kolleges wat deesdae kolleges vir voortgesette onderwys
en opleiding (VOO) is, het 'n dramatiese inploffing gehad en is geheel en al
disfunksioneel.
Die deelname aan ho�r onderwys is vir die hele bevolking sowat 16%. Wat die
onderskeie rasgroepe betref, is dit 12% vir swartes en bruines, 43% vir
Indi�rs en 54% vir wittes. In 2008 was daar altesame 90 758 wit
Afrikaanssprekende studente uit 'n totaal van sowat 799 490 studente aan
universiteite.
Die inskrywingsgetalle van wit studente het van 38% in 1995 tot 32% in 2003
afgeneem en by voormalige technikons van 41% in 1995 tot 14% in 2003. " 'n
Krisis ten opsigte van tegnici Suid-Afrika in die gesig."
- Klopper het ook verwys na die groeiende krisis rondom Afrikaanse
onderwysers. Verlede jaar was daar 7 270 voorgraadse onderwysstudente aan
die tradisioneel Afrikaanse universiteite. Hiervan is 4 694 Afrikaans en 2
576 Engels. Die prentjie lyk baie anders by nagraadse studie waar van die 19
189 onderwysstudente net 3 274 Afrikaans en 15 915 Engels is.
- Prof. Flip Smit, demograaf en oudrektor van die Universiteit van Pretoria
(UP), het 'n internasionale perspektief op die land se demografie gelewer en
gevaarligte uitgewys soos 'n bevolking van meer as 14 miljoen wat op
welsyntoelae leef, terwyl net 5,3 miljoen belastingbetalers is.
"Maatskaplike welsyn het s� groot geword dat mense na dorpe en stede stroom
en glo hulle hoef nie meer te werk nie."
Hy het ges� daar is 'n nuwe polarisasie in die land op grond van die
verskille tussen ryk en arm. "Die werklikheid is dit gaan nie help om die
veiligheidsmure in stedelike gebiede net ho�r te maak om van die
plakkerskampe weg te kom nie.
"Daarbenewens beleef die onderwysstelsel baie groot terugslae en word die
jeug nie opgelei nie weens vervalle kolleges."
Smit het ges� Suid-Afrika het sedert die 1930's die eerste keer meer as 600
000 arm blankes. "Daar sal indringend gekyk moet word na opheffingswerk
onder di� mense."
- Volksblad]]>ikke2010-02-25T19:05:43-00:00Kan julle 'n plek aanbeveel
http://gesellig.co.za/mv/msg/19211/117915/#msg_117915
Ek wil 'n paar ouens onder my stuur op 'n kursus hoe om 'n presentation aan
te bied, en hoe om voor 'n klomp mense te praat. Indien julle van 'n plek in
SA weet (verkieslik Gauteng) wat so iets aanbied, laat weet my as
Groete]]>Riaan2008-06-26T06:03:26-00:00Re: Kovsies
http://gesellig.co.za/mv/msg/18962/116622/#msg_116622
>
> "Ferdi" < wrote
>
>> Dieselfde brief doen die e-mail rondte - maar nie altyd onder die naam
>> "Willem" nie.
>> Dat daar probleme by Kovsies is, is obvious (sien ook Rhoda Kadali se
>> rubriek wat ek gepos het), maar dat daar wyd propaganda ook van regse
>> kant gemaak word, is ook obvious.
>
> Dankie vir die inligting.
>
>> Ek verwerp rassisme van albei kante en ek verwerp propaganda van albei
>> kante.
>> Wil net noem dat daai Jan-kerel seker 'n reus of iets moet wees. Om
>> twaalf aanvallers so te beveg en al wat hy gekry het is 'n skop op die
>> maermerrie!!
>
> Die Jan-kerel ken ek persoonlik. Het 1e span gespeel vir sy skool in
> matriek. Bring al van laerskooldae sy vakansies op 'n plaas in die Kalahari
> deur. Songebrand, taai soos 'n ratel, nie 'n bang haar op sy kop nie. 'n
> Reus is hy beslis nie, maar sterk is hy baie beslis. Ek weet nie of die 12
> dalk bietjie "vinnig" getel was so tussen die bakleiery deur nie, of soos
> die spreekwoordelike vis groter geword het elke keer wat die storie vertel
> oorvertel word nie, maar van een ding is ek seker: Hy sal nie stilstaan as
> 'n klomp ouens hom gelyktydig pak nie, en hy sal beslis baie vinnig 'n hele
> paar ouens so seermaak dat hulle 2 keer sal dink of hulle lus het om voort
> te gaan!
Die karate instrukteur onder wie ek opleiding gehad het,
John Robbinson 2de Dan JKA, (sy oom Norman Robbinson het ons
graderings gedoen, en was een van die bekende karateka's in die land)
het eendag na 'n paar biere vir my gesê, tydens 'n gesprek oor 'n
flying kick, " die Bruce Lee tipe stories is vir die liggelowiges. Al
wanneer ek 'n flying kick sou gebruik, is as ek deur 'n paar ouens
gepak sou word. Dit sal ek dan gebruik om tussen die lot uit te kan
kom, om weg te hardloop. Dit was gesê kort na hy vir 2de Dan
gekwalifiseer het, en ons praat hier van 'n vegter.
Maar ook iemand wat perke erken het.]]>duif2008-03-13T14:58:20-00:00Re: Kovsies
http://gesellig.co.za/mv/msg/18962/116621/#msg_116621
> Dieselfde brief doen die e-mail rondte - maar nie altyd onder die naam
> "Willem" nie.
>
> Dat daar probleme by Kovsies is, is obvious (sien ook Rhoda Kadali se
> rubriek wat ek gepos het), maar dat daar wyd propaganda ook van regse
> kant gemaak word, is ook obvious.
Dankie vir die inligting.
>
> Ek verwerp rassisme van albei kante en ek verwerp propaganda van albei
> kante.
>
> Wil net noem dat daai Jan-kerel seker 'n reus of iets moet wees. Om
> twaalf aanvallers so te beveg en al wat hy gekry het is 'n skop op die
> maermerrie!!
Die Jan-kerel ken ek persoonlik. Het 1e span gespeel vir sy skool in
matriek. Bring al van laerskooldae sy vakansies op 'n plaas in die Kalahari
deur. Songebrand, taai soos 'n ratel, nie 'n bang haar op sy kop nie. 'n
Reus is hy beslis nie, maar sterk is hy baie beslis. Ek weet nie of die 12
dalk bietjie "vinnig" getel was so tussen die bakleiery deur nie, of soos
die spreekwoordelike vis groter geword het elke keer wat die storie vertel
oorvertel word nie, maar van een ding is ek seker: Hy sal nie stilstaan as
'n klomp ouens hom gelyktydig pak nie, en hy sal beslis baie vinnig 'n hele
paar ouens so seermaak dat hulle 2 keer sal dink of hulle lus het om voort
te gaan!]]>Torreke[1]2008-03-13T13:14:23-00:00