Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Web in Afrikaans

Gee voorkeur aan Afrikaans; Sa, 22 Desember 2018 06:47

/fa/83/0/Stel asseblief u webbladleser se taalvoorkeur na Afrikaans.

'n Beduidende deel van die Internet is in Engels, tog is daar ook heelwat Afrikaans op die Net. Mense weet net nie altyd daarvan nie, omdat hul bladlesers se taalvoorkeur nie reg gestel is nie.

Webbedieners (web servers) kan opgestel word om dokumente in die gebruiker se voorkeurtaal aan te stuur. Die gebruiker se taalvoorkeur bepaal dan watter dokument aan die gebruiker opgedis word. Byvoorbeeld, as 'n Afrikaanse en Engelse bladsy beskikbaar is en die gebruiker verkies Afrikaans, sal die Afrikaanse blad vertoon word.

In die meeste gevalle is die voorkeurtaal na installasie Engels. Dit kan egter maklik in u webblaaier se instellings (settings/options) verander word. Mense dink nie altyd daaraan nie, maar dit maak 'n groot verskil in hoe u die Interweb gaan ervaar. As u dit doen sal u agterkom dat groot internasionale maatskappye soos Google en Facebook skielik met u Afrikaans praat. Hoekom meer plaaslike maatskappye die nie doen nie gaan egter my versand te bowe!

Hou dit Afrikaans -
Stel jou taalvoorkeur na Afrikaans!

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Afrikaanse spraaksintese

Blik­stem­; Vr, 21 Desember 2018 16:02

Spraaksintese is die omskakeling van teks na spraak. Die spraak word kunsmatig deur 'n rekenaar voortbring, wat 'n lêer met woorde na oudio omskakel. Die tegnologie hiervoor was tot onlangs slegs in Engels beskikbaar, maar na jare se navorsing om 'n teks-na-spraak-stelsel (TSS) in Afrikaans te ontwikkel, is dit nou uiteindelik haalbaar. Hierdie TSS-sagteware is ontwikkel deur die HLT-navorsingsgroep by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se Meraka-instituut.

Inclusive Solutions, 'n maatskappy wat tegnologie bied aan individue met gestremdheid of 'n kommunikasiegebrek, verskaf die "blikstemme" aan die Suid-Afrikaanse publiek. Die stemme is ook in Zoeloe, Xhosa, Pedi en ander inheemse tale beskikbaar. Die produk kan op hulle webtuiste by http://savoices.inclusivesolutions.co.za/ bestel word.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

My Land, Suid-Afrika

Di, 18 Desember 2018 14:44

MY LAND, SUID-AFRIKA

Suid-Afrika, o land so ruim en vry;
jy is die land deur God gegee aan my;
jou het ek lief! Verkeer my land in nood,
trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood.

Suid-Afrika, o land van son en veld;
jy is gekoop deur bloed van meenge held.
Dierbaar die grond waar helde rus tot nou;
hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou.

Suid-Afrika, die land waar God regeer.
Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer;
gee ons die moed vir dit wat ons moet dra.
Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika!

Woorde: ANDRIES WASSERMAN; gewysig: G.G. CILLIÉ
Musiek: GEORGE W. WARREN, 1892

Musiek & liriek | 0 kommentare

"Voshaarnooi" deur Boerneef

Ma, 17 Desember 2018 09:31

VOSHAARNOOI
deur Boerneef (1959)

Bantom hom so en flennie die snare
ek is verlief op die kind
die son slaan vuur uit die sweetvos hare
ek is verlief op die kind
hoor jy meisie met die sweetvos hare
verstaan jy die praat van die ramkiesnare
ek is verlief op jou, kind


Hierdie gedig is getoonset en deur Louis van Rensburg bekendgemaak in die destydse TV-reeks, Ballade vir 'n enkeling. Hier is Joshua na die Reën se weergawe van die lied:

Prosa & poësie | 2 kommentare

Die Gelofte

So, 16 Desember 2018 06:14

"Die Gelofte" is 'n toonsetting van die Gelofte wat op 16 Desember 1838 deur Sarel Cilliers opgestel is en waarin die Voortrekkers hul afhanklikheid van God in 'n tyd van moedeloosheid en onsekerheid oor die toekoms verklaar. Die lied word deur Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Juan Boucher en Christoph Kotze gesing. Dit is deur Johan Vorster van Inhoud Huis en Kotze getoonset. Die musiekvideo is deur Forum Films vervaardig, en die verspreiding word deur Dapper Media gedoen.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Die Wilgerboom

Vr, 07 Desember 2018 17:27

Wie onthou nog die Wilgerboom van Potchefstroom?



Herbie en Spence begin hulle sangloopbaan in 1969 met 'n talentkompetisie vir LM-radio, wat aan hulle 'n platekontrak besorg. Hulle treffer, Die Wilgerboom, het in 1972 'n roemryke loopbaan in die Afrikaanse musiek ingelei. In 1978 is hulle, ná 'n landswye meningspeiling, as die gewildste sanggroep in Suid-Afrika aangewys. Hier is die lirieke van Die Wilgeboom:

Daar op potchefstroom
staan 'n mooi ou wilgerboom
met twee name in sy stam daaruit gesny
daar het ons ontmoet
die ontmoeting was so soet
ja daar het ons mekaar eens nie geken

die wilger het gegroei
en ons liefde het gebloei
hoe dikwels het ons daar gesit en droom
name uitgesny
en ons harte was so bly
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my vroutjie na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my nooientjie na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

Musiek & liriek | 0 kommentare

Afrikaanse webskakels

Rits saam met ons deur die kuberruimte; Ma, 03 Desember 2018 19:15

Daar is talle pragtige Afrikaanse webtuistes op die internet en ons sal hulle êrens moet begin lys. Die pos is so 'n poging en basies 'n voortsetting van wat jare gelede op dieknoop.co.za begin is. Hierdie skakels sal hopelik later 'n meer prominente plek op die webwerf kry. Tot dan, pos gerus u skakels hier onder.

Kom ons begin met webwerwe wat hierheen skakel:

Blik - 'n aktiewe indeks van Afrikaans op die ope web
https://blik.co.za/item/8927

Rieme - die Afrikaanse soekmasjien
http://www.rieme.co.za/ (kategorie internetportale)

Ditsem Nuus - die nuus wat saakmaak
http://www.ditsem.net/

Openlanguages - leer Afrikaans gratis aanlyn
http://www.openlanguages.net/afrikaans

Kennisgewings | 1 kommentaar

Die Oukraal-liedjie

Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie; Sa, 24 November 2018 08:33

DIE OUKRAAL-LIEDJIE

Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam;
sing ons van waterstrome, slange in olienhoutbome
en 'n ribbok wat daar teen die rantjie staan.

Ons sing, (ons sing,) ons speel (ons speel)
van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel.
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam.




Woorde: MANAS en AMIE DE VILLIERS
Musiek: J.A. BROWN;
Verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Musiek & liriek | 1 kommentaar

"Vergewe en vergeet" deur Totius

Ma, 19 November 2018 06:09

/fa/66/0/VERGEWE EN VERGEET
TOTIUS

Daar het 'n doringboompie
digby die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
'n ossewa verby
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry

"jy het mos, doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap"

die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op

sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom

ook het die loop van jare
die wonde weggewis
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.


("Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben - DEUT. 4:9")

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Swart Nasionaliste Sal Grondwet Wysig Om Wittes Te Onteien

Sa, 17 November 2018 07:37

LP's het Donderdag ten gunste van 'n grondwetwysiging gestem wat die swart nasionalistiese regering in staat sal stel om grond van witmense te steel.

https://telegraaf.co.za/berig/lees?id=3dfe112e-7676-437a-550 e-5832ea0242ac

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    26  27  28  29  30  31  32  33  34  35  36  37  38  39  40  41    »]
Tyd nou: Do Apr 25 23:08:22 MGT 2024