Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die land - liedjie van die jaar!

Di, 16 April 2019 18:27

En die liedjie van die jaar is...

Maar o gaats, Steve Hofmeyr is een van die sangers!
Multichoice gaan nie toelaat dat dit vir 'n Ghoema-prys genomineer word nie... Shocked

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Toilethumor

Do, 11 April 2019 19:40

Here: Staan nader, dis korter as wat jy dink.
Dames: Bly sit vir die volle duur van die vertoning.

Humor & grappe | 0 kommentare

Kosie se laaste skoolldae

Do, 28 Maart 2019 07:07

Juffrou het 'n mini aangetrek en sit op die tafel in die klas.
Sy stamp die blompot af.
In haar haas om dit te keer, gly sy en val lelik.
Drie seuns lag te lekker vir haar.

Juffrou bloos en staan op en vra vies vir die eerste een:
"Jannie, wat het jy gesien?"
"Ek het net kuite gesien juffrou!"
"Gaan staan daar in die hoek! Nee gaan vir ‘n uur lank uit my klas uit!"

Sy kyk na sy maatjie: "En jy?" vra sy vir Pietie.
"Wat het jy gesien, en moenie vir my jok nie?"
"Juffrou, ek het juffrou se bobeen gesien..."
"Nog erger! Loop hier uit en kom môre terug!"

Toe die juffrou omdraai, sien sy klein Kosie pak sy boeksak in.
"Kosie, en waar dink jy gaan jy heen?"
"Juffrou, na wat ék gesien het, dink ek my skoolldae is verby!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Bepaal jou ouderdom

Sa, 16 Maart 2019 19:11

'n Vyfjarige meisie vra vir haar ouma:
  "Hoe oud is ouma nou?"
Ouma:
  "Ooh my kind, ek is so oud ek kannie eers my ouderdom onthou nie."
Meisie:
  "Ouma moet agter in ouma se panties kyk... myne wys 5-6 jaar."

Humor & grappe | 1 kommentaar

BMW vs. Volkswagen-kewer

Di, 12 Maart 2019 06:42

Die BMW vra die Volkswagen-kewer:
  "Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie soos myne binne nie?"
Die Kewer antwoord:
  "Kom ons kyk hoe jy sal lyk as hulle 'n enjin in jou agterent opdruk".

Humor & grappe | 0 kommentare

Die klein stouterd!

Vr, 08 Maart 2019 17:43

'n Vrou loop agter 'n oupa en sy kleinseun in die supermark en merk op die seuntjie is verskriklik stout. Die oupa het sy hande behoorlik vol, want die kind skree vir lekkers en gryp aan alles op die rakke. Die oupa werk stelselmatig sy pad tussen die rakke deur en die vrou hoor hom in 'n beheerste stem sê:
"Kalm bly Jannie, dis nie meer lank nie, wees net kalm."

Ná nóg 'n uitbarsting merk die oupa weer saggies op:
"Dis oukei Jannie, dis oukei, nog net 'n paar minute dan is ons klaar, wees net rustig."

By die betaalpunt gooi die laaitie die goed wild en wakker uit die trollie, en weer hoor die vrou hoe die oupa net stilweg onder sy stem sê:
"Ontspan net Jannie, moet jou nie so ontstel nie. Ons is oor 5 minute by die huis, bly net koel!"

Die vrou is baie beïndruk met die oupa en toe sy hom buite kry waar hy die inkopies
in die kattebak laai, sê sy aan die oom:
"Dit het niks met my te doen nie, maar ek wil darem net noem dat ek vreeslik beïndruk is deur oom se selfbeheersing. Maak nie saak hoe stout die karnallie was nie, oom het net sag gepraat en kalm gebly. Jannie is baie gelukkig om ‘n oupa soos oom te hê!"

"Dankie," merk die oupa op, "maar ek is Jannie, die klein stouterd is Kosie!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Ver in die wêreld

Sa, 02 Maart 2019 19:03

VER IN DIE WÊRELD, KITTIE

Ver in die wêreld Kittie
Kittie, Kittie
Ver in die wêreld Kittie
Kittie, Kittie
Kittie oor die see

Sy laat haar draai
Sy laat haar swaai
Maar sy laat haar nie verraai
Sy laat haar draai
Sy laat haar swaai
Maar sy laat haar nie verraai

Al in die rondte Kittie
Kittie, Kittie
Al in die rondte Kittie
Kittie, Kittie
Kittie om die draai

Hy swaai haar hier
En hy swaai haar daar
Maar sy hou haar bymekaar
Hy swaai haar hier
En hy swaai haar daar
Maar sy hou haar bymekaar

Wie is die kêrel Kittie
Kittie, Kittie
Wie is die kêrel Kittie
Kittie, Kittie
Wat so knaend draai

Dis Piet de Waal
Wat die paal wil haal
Maar sy flous hom elke maal
Dis Piet de Waal
Wat die paal wil haal
Maar sy flous hom elke maal

WOORDE: TRADISIONEEL (FAK)

Musiek & liriek | 0 kommentare

Drosverkragter

Wo, 27 Februarie 2019 17:59

Op 22 September 2018 is die vermeende Dros-verkragter, Nicholas Ninow, in hegtenis geneem. Hy is aangekla vir die verkragting van ’n sewejarige meisie in die toilethokkie van een van dié restaurant se takke in Silverton (Pretoria). Hoewel hy die voorval ontken, is 'n grusame video van die gebeure op die internet versprei.

Drie psigiaters en ’n sielkundige aan die Weskoppies-Psigiatriese Hospitaal het hom geëvalueer en bevind dat hy nie ten tyde van die voorval aan enige sielkundige en psigiatriese steurings gely het nie. Hy was dus toerekeningsvatbaar en is geskik om verhoor te word.

Later is gerapporteer dat sy babatjie in Desember gebore is, terwyl hy verhoorafwagtend die gasvryheid van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geniet. Nodeloos om te sê wil sy voormalige verloofde (met haar pragtige gesonde seuntjie) niks met hom te doen hê nie.

Nuus | 1 kommentaar

Oom Koos gaan tandarts toe

Di, 26 Februarie 2019 18:58

Oom Koos gaan na die tandarts toe en sê vir die tandarts:
"Luister, ek wil 2 tande laat trek en 2 laat stop, kan jy vir my sê hoeveel gaan dit kos?"

Die tandarts haal sy pen, boekie en sakrekenaartjie uit en werk die sommetjie uit.
Tandarts: "Oom, dit sal so R4,200.00 kos."
Oom Koos: "Nee seun, dit is te veel man. Wys eers vir my wat het jy alles op daardie boekie geskrywe."

Tandarts: "Oom, dit is R600.00 vir die verdowingsmiddels."
Oom Koos: "Nee, nee, nee. Ons het nie sulke goed in ons tyd gehad nie, haal dit af. Wat is daar nog?"

Tandarts: "Die gereedskap wat ek moet gebruik, kos so R1,000.00."
Oom Koos: "Nee wat seun, haal dit af. Ons het sommer ‘n draadtang gebruik in ons tyd. Waar is jou draadtang?"

Tandarts: "Ja oom, ek het ‘n draadtang. Sal dit net moet soek."
Oom Koos: "Dis reg, jy moet dit soek. En wat is daar nog op jou boekie?"

Tandarts: "Dit is die antibiotika en ander medisyne wat die pyn en infeksie weg sal vat, wat ook duur is."
Oom Koos: "Nee haal af. Hoekom gebruik julle nie sommer brannewyn of mampoer soos ons gemaak het nie? Nou op hoeveel staan ons nou op die boekie?"

Tandarts: "Dis nog so R1,100.00 oom!"
Oom Koos: "Dit klink beter. Wanneer kan ek die tannie inbring?"

Humor & grappe | 0 kommentare

Mediaverklaring: Nuwe organisasie in landbou

Di, 26 Februarie 2019 18:46

Hieronder volg 'n mediaverklaring van TLU-SA (die Transvaalse Landbou Unie) oor 'n nuwe landbou-organisasie, SAAI (die Suider-Afrika Agri Inisiatief). As SAAI 'n soortgelyke mediaverklaring het, kan dit gerus hier gepos word.

---

TLU SA is oorval met navrae na die berig in Rapport verskyn het oor Dr Theo de Jager se nuwe landbou-organisasie, SAAI. Eenheid in landbou was 'n aspek wat die afgelope jare die groot besprekingspunt was, en boere wou weet hoekom daar nie eenheid in landbou is nie. Hoekom is daar meer as een organisasie? TLU SA het indringende gesprekke gehad met Dr de Jager oor die onderwerp. Hy het besluit om 'n nuwe organisasie te stig. Dit is sy reg en TLU SA respekteer dit. Die vraag oor eenheid in landbou moet nou deur hom beantwoord word.

TLU SA bevestig dat daar met SAAI saamgewerk sal word vir 'n beter bedeling vir boere.

Ter wille van volledigheid bevestig TLU SA sy standpunte en beleid.

TLU SA het nog altyd die boer se standpunt aan die regering verkoop. Nooit die regering se standpunt aan die boere nie. Dit is herhaaldelik op TLU SA se kongresse van die afgelope aantal jare bevestig. TLU SA praat nie vir die boere nie – die boere praat self. Daarmee saam is TLU SA se krag op grondvlak - daar waar dit vir die boer regtig saak maak in sy dag tot dag oorlewing.

Landbou in Suid-Afrika is gekompliseerd met die dat ons in vergeleke met ander lande as 'n marginale landbou-omgewing beskou word. Die onseker beleidsomgewing wat deur die ANC-regering geprojekteer word vererger die situasie. Daar is drie aspekte waarop TLU SA tans fokus wat noodsaaklik is om stabiliteit te verkry. Eerstens die veiligheid van die boere en hul naasbestaandes en werkers op die plase. Die werklikheid is dat die regering grootliks beheer verloor het oor die veiligheid van die inwoners van die land. Die veiligheidskomitee het oor tyd heen homself gevestig waar daar realistiese en haalbare planne geïmplementeer word om na ons eie veiligheid om te sien. Verskeie ander instansies het op die TLU SA model voortgebou. Verder is die onsekerheid oor eiendomsreg wat baie duidelik met 'n politieke agenda geskep word vir geen belegger positief nie. Landbou kan nie gedy onder sulke onseker omstandighede nie en is TLU SA deurlopend besig om nie die ANC se glybaan na sosialisme te ondersteun nie, maar klem te plaas op daardie beginsels wat nodig is om seker te maak dat landbou sal leef. Derdens het die boer op die plaas onder uiterste ekonomiese druk gekom om verskeie redes waarvan die uitmergelende droogte in groot dele van die land seer sekerlik die grootste rede is. TLU SA het op 6 Desember 2018 'n volhoubaarheidskonferensie gehou waarna 'n komitee begin werk het aan 'n manier hoe daar gekyk moet word om die risiko nie hoofsaaklik op die produsent alleen te plaas nie, maar om dit te verskans en te versprei.

TLU SA het kommer dat daar rolspelers is wat die gedagte verkondig dat 20% van die boere 80% van die voedsel produseer en dat die ander 80% net 20% van die voedsel produseer. Daardeur word die indruk geskep dat daar eintlik reggekom kan word met net 20% van ons boere. Daarmee saam kom die vraag ook op of die 20% boere vir 100% van die huidige arbeid in die landbou-omgewing gaan werk verskaf? Dit word selfs opgetel dat sodanige standpunt ondersteun word deur sommige landbouleiers. Soos daar deur die platteland gery word kan enige persoon self sien hoe daar plaas vir plaas geproduseer word en is dit nie slegs die enkele groot plase wat hul bydrae maak nie. TLU SA het deur al die jare daarby gestaan dat die rol van die familieboerdery die basis vorm van landbou en dat dit juis hul bydrae in die landelike omgewing is wat werk skep en die plattelandse dorpe laat leef.

TLU SA dra die laaste aantal jare die boodskap uit dat dit tyd is vir saamstaan. Dit kan net gedoen word saam met mense en instansies wat uit innerlike oortuiging dieselfde ideale nastreef. Die regte beginsels moet uiteraard nagestreef word en is die waardes wat TLU SA sedert sy ontstaan gevestig het steeds daardie waardes wat in belang van elke boer is. Dit word in die Manifes en die Grondwet uiteengesit. Die belangrikste hiervan is steeds die vaste geloof in God Drie-enig soos geopenbaar in sy Woord die Bybel. Daarmee saam staan TLU SA vir die beskerming van eiendomsreg en die feit dat die markkrag beginsel bepalend is in prysvasstelling.

Sedert Januarie 2019 het daar reeds 450 nuwe lede by TLU SA aangesluit. Deur te volhard by daardie beginsels wat in belang van almal is en wat landbou volhoubaar kan laat lewe bring nuwe belangstelling in TLU SA. TLU SA is verbind daartoe om vir die kommersiële boer 'n bedingingstruktuur te wees en daarmee saam 'n brug te bou na die verbruiker toe.

TLU SA se Jongboerkonferensie wat op 22 Februarie 2019 by Weesgerus aangebied was het die jong boere met 'n baie realistiese en positiewe boodskap terug na hulle plase gestuur. Sonder om terug te deins van werklikhede is daar hoop gegee. Die landbou-omgewing het gewis sy uitdagings en deur al die jare het TLU SA nie teruggedeins daarvoor nie. Daar is inteendeel sedert 1897 deurlopend gesoek na uitkomste wat in belang van die kommersiële boer se volhoubare en veilige toekoms is.

Bron: https://www.tlu.co.za/

Landbou & veeteelt | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    22  23  24  25  26  27  28  29  30  31  32  33  34  35  36  37    »]
Tyd nou: Sa Apr 20 05:41:24 MGT 2024